Archive for August, 2010

Panis Angelicus

Thursday, August 26th, 2010

‘n Lied uit my Hoërskooldae, agtervolg my deesdae. Nie een van die treffers van my  vroeg-Hoërskooldae soos Then I kissed her (The Beach Boys), Simon Says (1910 Fruitgum Co),  Sweet Pea (Tommy Roe) of Baby Come back (The Equals) nie. Nee my agtervolglied is baie gewyd en stemmig. Die lied was een van die gunstelingliede wat die Dogterskoor van ons Hoêrskool altyd gesing het. Panis Angelicus.

 Wanneer die verhooggordyn  oopgeskuif het vir die konsert of vir die Eistedfodd en die koorlede staan daar in hul netjiese skoolbaadjies, knielengte rompies gesykous en getieke-hak, dan kon jy maar seker wees dat “Panis Angelicus” deel van hulle repertoire sou wees Destyds was dit vir my ‘n somber lied. Dalk omdat ek nie die Latynse woorde verstaan het nie, of dalk omdat ek  die begeleidster/afrigtertannie se swart rok onthou en die ernstige uitdrukking op haar gesig waarmee sy elke frase beklemtoon het. P-a-n-i-s A-n-g-e-l-i-c-u-s.

 Tog dink ek deesdae anders oor die lied. Kyk ek met die wyser insig van groeiende jare weer na die lied wat so by die koor ingedril is. Verstaan ek iets van die betekenis van die lied. Luister ek anders daarna.

 Verlede jaar woon ek en my Reisgenoot ‘n musiekuitvoering by op ‘n Sondagmiddag. Fanie Smit van “alle  volke loof die Here”-faam bied dit aan saam met ‘n aantal soliste, kore en musikante.

 Aanvanklik is ek nie in die regte stemming vir die uitvoering nie. Dis kort voor drie op ‘n Sondagmiddag na ‘n heerlike ete en ‘n rustige sonslapie. Boonop protesteer my lyf en sukkel ek om te beweeg. Dit sal soveel makliker wees om maar net om te draai en verder te slaap. Tog is daar ‘n diep behoefte na musiek. Die terapeutiese krag van suiwer musiek. Dus woon ons die uitvoering by. Dit word ‘n onvergeetlike middag.

 Die voorganger lei die middag in met ‘n aanhaling  wat die terapeutiese waarde van musiek beklemtoon:

 “…want musiek lei mens langs ‘n pad waar spraak jou nie kan volg nie. Dit is die hoë vesting of die diepverborge skuilplek waar jy onopgemerk van jou wonde kan genees.” (Hildegard Knef – Das Urteil)

  Dit word ‘n gevulde middag. Kore, solo’s, orrel-trompet en klaviermusiek. Fragmente van liede steek in my gedagtes vas soos die  “echoes of mercy” uit ‘n Engelse Hymn.

 Maar dan sing ‘n sopraan die bekende “Panis Angelicus”. Ek luister na die bekende klanke wat vanmiddag vreemd en nuut klink. Vir die eerste keer voel dit asof ek die lied verstaan en die betekenis daarvan my eie kan maak.

 Toe ons tuis kom, soek ek die betekenis van die woorde op:

Latin text An English translation
Panis angelicus

fit panis hominum;

Dat panis coelicus

figuris terminum:

O res mirabilis!

Manducat Dominum.

Pauper, servus et humilis.

Te trina Deitas

unaque poscimus:

Sic nos tu visita,

sicut te colimus;

Per tuas semitas

duc nos quo tendimus,

Ad lucem quam inhabitas.

Amen.

The angelic bread

becomes the bread of men;

The heavenly bread

ends all prefigurations:

What wonder!

consumes the Lord

a poor and humble servant.

Triune God,

We beg of You,

that you visit us,

as we worship You.

By your ways,

lead us who seek

the light in which You dwell.

Amen.

 

Vanmiddag het ek voorwaar Engelbrood geëet –het dié brood se helende krag my versterk soos vir Elia onder sy Besembos.

 Elke keer as ek sedertdien my hand uitseek na die stukkie nagmaalsbrood in die bord, dink ek weer aan die lied:

Engelbrood word mense brood. ‘n Broodnodige ondervinding vir ‘n honger mens.

Lewenstrappies

Friday, August 13th, 2010

Kleintyd die groot opgewondenheid as ons by Oupa en Ouma van Niekerk gaan kuier in Ontdekkers, Johannesburg. Hulle het in Clarendonrylaan 25 gebly – so mooi ou huis met dertien rooigepoleerde trappies tot by die voorstoep en die mooi voordeur met loodglasprentjies. Nadat ons gegroet het en behoorlik binne was, het ek dadelik in die gang af gehardloop en na die afdruk gekyk wat in ‘n somber swart raam gehang het. Hoewel ek nog nie kon lees nie, het ek die naam van die afdruk gehoor :”The Different Stages of Life”.

My Ma het eendag vir my verduidelik dat dit die verhaal vertel van ‘n mens se lewe – van geboorte (die baba in die wiegie) tot gryse ouderdom (die  omie in die stoel wat weer direk gelyk met die baba sit, maar aan die anderkant van die trappiesboog). Elke tien jaar in ‘n mens se lewe word deur ‘n trappie voorgestel.

Op die eerste trappie staan ‘n seun van tien jaar wat sy hula hoop rol, dan die jongman van twintig met ‘n meisie aan sy sy, vervolgens die dertigjare man met sy vrou en kindertjies. So gaan dit dan voort tot op vyftig wanneer die man op die kruin van die trappiesboog staan waar hy terug- én vorentoe kyk. Dan begin die trappies afwaarts loop, sestig, sewentig, tagtig, negentig, honderd.

Een prentjie op die afduk het ek goed geken – die Kinderbybelprentjie van Adam en Eva in die paradys. Adam sit ewe knus onder die Boom van kennis van Goed en Kwaad. Eva staan langs hom met haar lang golwende bruin hare wat strategies haar naaktheid bedek. Maar wat my altyd gefassineer het was dit wat sy in haar uitgestrekte hand vashou – ‘n blinkrooi appel met so goudblink skynsel – onweerstaanbaar! En Adam, in plaas daarvan dat hy na sy mooi vrou kyk, is sy oë vasgenael op die verleidelike appel. Die skildery beeld dus die presiese oomblik van verleiding uit en die mens se Groot Val. Vandaar dan die hartseer kurwe in die mens se lewensgang. Van kind tot fiere jongman, tot volwassene en dan die geleidelike afname in kragte en die hulp van ‘n kierie. Die verkromming en verswakking totdat die honderjarige biddend in sy stoel sit.

Ek onthou my ongeduld om op die volgende trappie te kom. Ek was altyd net iewers tussen die wiegie en die die tienjarige seun. Ek wou so graag saam met die vrolike knaap op sy trappie staan waarop daar geskryf  is:

“Ten years of age , this happy boy

  his days are bright and full of  joy.”

Telkens moes ek egter hoor dat ek nog oppad is na dié trappie en eers as ek die dag tien is, daar sal staan. So ook ousus Alwa wat nog net so jaar of wat weg is van die eerste trappie en kleinsus Lana wat nog in die wiegie lê. Gelukkig was ek baie verder as sy!

Vir my was my ouers en grootouers baie ver op die trappies – Pa en Ma op die dertig-trappie (Pa eintlik nog in die twintigs want hy was jonger as Ma). Oupa en Ouma op die sestig trappie wat al oor die Bult is en dus BAIE OUD!  Peinsend het ek na die verskillende trappies gekyk en gewonder of ek ooit bo op die vyftiger kruin sou staan en (byna ondenkbaar!) soos Oupa  en Ouma self oor die kruin sou sou stap.

Oupa is eerste van die Trapboog af in 1959 -op ouderdom 69 (tog so naby die sewentig trappie). Daarna Ouma in 1965 op ouderdom 75  (sy het die verste van almal gevorder). Toe eindig Ma se reis in 1980 op ouderdom 56 en Pa s’n in 1984 op ouderdom 53. Nou staan drie van ons vier kinders op die vyftiger trappie en slegs kleinboet Ewald is op 46 nog oppad  soontoe.

Ek sien nog steeds uit na elke nuwe trappie en die ontdekkings wat dit bring. Tog is daar nie meer die dwingende ongeduld nie. Ek is tevrede om te wees waar ek nou is.

“At fifty he stands still at last

 and views the future and the past.”

Dit is vir my ‘n goeie fase om te wees – om terug te kan kyk en dankie te sê. Dan ook vorentoe te kyk en uit te sien na nuwe ontdekkings wat saamval met die “rustiger” fase van lewe. Tog om eintlik immer jonk te bly, altyd te leef met Hoop in die hart. 

As ek dus deesdae na die afdruk kyk wat nou in ons huis hang en ‘n nuwe raam gekry het, dink ek aan die opdrag van Ps 78:

Ek gaan ’n gedig voordra, ek gaan julle inlei in geheimenisse

uit die verre verlede. Wat ons gehoor het en wat ons weet,

wat ons vaders ons vertel het, sal ons vir ons kinders nie verswyg nie.

Ons sal aan die volgende geslag vertel van die roemryke dade van

die Here en van sy mag,van die wonderdade wat Hy gedoen het. (vs 2-4)

Daar moet dus ‘n aangee wees van die lewensaflosstok aan die volgende geslag. Sodat hulle dit op hulle beurt kan ontdek en weer aangee.

Crosby, Stills, Nash and Young se liedjie : “Teach your children” dra ook die boodskap:

You, who are on the road
Must have a code
That you can live by.
And so, become yourself
Because the past
Is just a goodbye.

Teach, your children well
Their father’s hell
Did slowly go by
And feed them on your dreams
The one they pick
The one you’ll know by.
Don’t you ever ask them why
If they told you, you would die
So just look at them and sigh
And know they love you.

Immer Jonk

Tuesday, August 10th, 2010

Die nuwe groei van die amper-lente laat my vandag nadink oor jeug, jonkwees en daardie rare kwaliteit om jonk van gees te bly.

In my Matriekjaar huiwer ek voor die werklikheid van die “grootmenslewe” wat wag. Eers die lekker van studentewees en dan, ‘n eie loopbaan. Verantwoordelikheid.

Ons sit die middag in die middestad van Johannesburg. My ouers het my gebring vir ‘n beurs-onderhoud. Ek het by Anglo American vir ‘n studiebeurs aansoek gedoen. Binnekort moet ek die intimiderende toringgebou instap. Daar speel ‘n liedjie oor die radio. My Ma draai die volumeknoppie harder en sê: “Luister na die liedjie en maak dit jou eie.” Ek luister na die Lied van Bob Dylan wat so mooi gesing word deur Joan Baez. Die titel van die liedjie –
Forever Young

May God bless and keep you always,
May your wishes all come true,
May you always do for others
And let others do for you.
May you build a ladder to the stars
And climb on every rung,
May you stay forever young,
Forever young, forever young,
May you stay forever young.

May you grow up to be righteous,
May you grow up to be true,
May you always know the truth
And see the lights surrounding you.
May you always be courageous,
Stand upright and be strong,
May you stay forever young,
Forever young, forever young,
May you stay forever young.

May your hands always be busy,
May your feet always be swift,
May you have a strong foundation
When the winds of changes shift.
May your heart always be joyful,
May your song always be sung,
May you stay forever young,
Forever young, forever young,
May you stay forever young.

Die liedjie word vir my ‘n lewenstemalied.
Om jou dromeleer na die sterre te klim, al is daar soms teleurstellings (ek het toe nie die beurs gekry nie), Om steeds ‘n mens te bly wat “upright, courageous and strong”  is.

Op Brekfis met die Shrink was die onderwerp Saterdag juis: ” The art of possibility.” Hoe om te leef en altyd nuwe lewensmoontlikhede te ontgin. Die tragiese is dat daar mense is wat juis ophou leef voordat hulle sterf. Wat eintlik reeds afskeid geneem het van die lewe, voordat hulle enduit en voluit geleef het.

In die onlangse fliek: “the Curious case of Bejamin Button” ontgin die regisseur juis die tema van jonk vs oud. Wat sal gebeur as jy oud gebore word en dan jonger word tydens jou lewe? Dit is wat met Benjamin Button (goedvertolk deur Bradd Pitt) gebeur. By sy geboorte is hy ‘n verrimpelde stokou babatjie met oudersdomsvlekke. Hy word in die ouetehuis groot (of dan klein!) en begin geleidelik al jonger en fikser word. Tog besef hy dat dit hom isoleer van ander. Hy probeer die liefde van sy lewe oortuig dat ouderdom ‘n relatiewe saak is en dat al wat saak maak, die liefde is wat hulle vir mekaar het. Tog veroorsaak sy jonger word soveel probleme in hul verhouding dat hy uiteindelik van haar weggaan.

Alphaville se lied” Forever Young” druk iets van hierdie versugting uit – om a la Benjamin Button immer jonk te kan wees:

It’s so hard to get old without a cause
I don’t want to perish like a fading horse
Youth is like diamonds in the sun
And diamonds are forever

Forever young, I want to be forever young
Do you really want to live forever, forever forever
Forever young, I want to be forever young
Do you really want to live forever
Forever young

Die uitdaging bly: Nie om noodwendig fisies jonger te word nie, maar om innerlik jonk (en groeikragtig) te bly. Om selfs as volwassene, middeljarige nie ‘n geplooide siel rond te dra nie, maar iets van die entoesiasme van die nuwe polsende lewe te kan ervaar ongeag die datum op jou geboortesertifikaat.

Daarom is die Bybelse beskrywing van die gelowige as immergroen boom (selfs tot in die sg. gryse jare) vir my so treffend:

“Die regverdiges sal sterk wees soos die Palmbome…selfs in hulle ouderdom sal hulle nog toeneem in krag. Hulle sal fris en lewenskragtig wees.” (Psalm 92:13, 15)

Dit lyk vir my dis die geheim – om lewenskragtig te kan bly – lewenslank, omdat jy soos die boom van Psalm 1 geplant is by die regte Bron. Daarom dat jy ook vrugte op die regte tyd dra.

Ons is grootgemaak met die waarskuwing: “Onthou vroeg ryp, vroeg vrot!” Dit het dan meestal gesinspeel op kinders wat op vroeë ouderdom reeds “groot” wil wees. Dit lyk vir my dat die meeste lewensvervulling kom na diegene wat geduldig is met die proses van leef en weet dat die regte beloning ook kom vir hulle wat met verwagting bly leef:  oop-oog en oop-hart. Wat met verwondering kyk na die lewe. Met ‘n verwagting. met hoop.
Dalk is dit juis die kuns – ook vol verwagting te leef en tog ook geanker te wees.

Soos die foto van die klein dopeling wat soveel moontlikhede het wat vir haar voorlê, maar tog die anker het van ‘n ouer/grootouer wat vastigheid bied. Uiteindelik die sekerheid van ‘n anker, maar ook vlerke om te vlieg en drome te kan verwesentlik.

So klompie jaar gelede hou ons vakansie by Badplaas – My Oom en Tannie, albei reeds in hul sestigs, hou saam vakansie. Ons sit vroegaand buite die restaurant waar daar mooi musiek speel. Toe die liedjie van Cliff Richard speel, staan my Oom op en neem hy my Tanne vir ‘n dans. Hulle dans met ‘n grasie én met ‘n uitbundigheid. En maak al dansend die woorde van die liedjie waar:

The young ones
Darling, we’re the young ones
And the young ones
Shouldn’t be afraid
To live, love…

Once in every lifetime
Comes a love like this
I need you,
You need me
Oh, my darling, can’t you see
That young dreams
Should be dreams together
And young hearts
Shouldn’t be afraid
And some day
When the years have flown
Darling, then we’ll teach
The young one of our own

Once in every lifetime
Comes a love like this
I need you,
You need me
Oh, my darling, can’t you see
That young dreams
Should be dreams together
And young hearts
Shouldn’t be afraid
And some day
When the years have flown
Darling, then we’ll teach
The young one’s of our own

‘n Kainos Kerk

Friday, August 6th, 2010

 

Kainos. Nuut. Nuwe begin. Nuwe lewe.

Buite in die natuur vind daar oral ontwaking plaas na die lang winterslaap. Die Kiepersol (Cussonia Spicata) wat so geskok is deur die swart ryp wat die Vrystaat tweekeer die winter getref het, stoot sy nuwe handjie-blare gretig uit. Byna soos klein bidhandjies wat vra vir ‘n nuwe begin.

Kainos nuutheid. Dis wat ek begeer na my lang hibernering die winter. Dikwels moet iemand hierdie nuutheid in ons wakkermaak.

Die liedjie van die King’s Singers druk hierdie gevoel mooi uit:

New Day

 I will love you more than me
and more than yesterday
If you can but prove to me
you are the new day

Send the sun in time for dawn
Let the birds all hail the morning
Love of life will urge me say
you are the new day

One more day when time is running out
for everyone
Like a breath I knew would come I reach for
the new day

Hope is my philosophy
Just needs days in which to be
Love of life means hope for me
borne on a new day

You are the new day

In die lente van 2005 reis ek na Philippolis om my eie retraite te hou.  Op soek na ‘n sleutel wat  die nuwe sal innooi en die stagnasie van die oue sal verdryf. Ek is reg vir ‘n totale nuwe fase in my lewe, maar tog huiwerig om die oue (en oorbekende) alleenwees agter te laat. Daarom ‘n paar dae in die Artist’s Retreat op Philippolis om te dink, te doen en te besluit.

Ek kom Sondagaand 18 September daar aan, pak af en verlustig my in die mooi dubbelverdieping Karoo-huis. Die loom Sondagstilte hang oor die dorpie. Deur die venster sien ek ‘n geraamde prentjie van die historiese kerkgebou. Net die uurlikse lui van die kerkklok onderbreek die stilte. Ek luister karoomusiek. Later is slegs die stilte  salwende musiek vir my siel.  Ek stap na buite en gaan sit in die Labirint om die oneindige sterrehemel te bewonder. Die nagstilte word net soms deur veraf geluide onderbreek. Vanwaar ek in die Labirint sit, sien ek die verligte kruis op die koppie. ‘n Diep vrede sak op my toe.

Die ritueel herhaal ek elke aand. Dit word ‘n geestelike reis. Ook ‘n duidelike padwyser na die nuwe hoofstuk in my lewe. Ek is reg om ‘n lewensverbintenis aan te gaan.

Die Dinsdagoggend haal ek die verf en skoon doeke uit wat ek saamgebring het. Dis tyd om my hand aan die kwas te waag. My onmiddelike inspirasie is die kerk wat ek so duidelik deur die lang vertikale venster kan sien. Ek begin by die ligbron. Plak ‘n ronde maan van koperfoelie op die doek en begin om die kosmiese woelinge in die naghemel te verf. Toe volg die kerk wat soos ‘n skip verrys uit hierdie  onstuimige hemel en spiralende aarde. Die spits van die kenmerkende Philippolis-toring reik na bo en word ‘n rustige baken in die ontstuimige heelal. Voor die kerk kring die gange van labirint. Maar dit vorm ook ‘n menslike brein, met ‘n oog en oor om die illusie van ‘n kop te skep. In die hart van die brein is ‘n goue sleutel. Die ontsluiting van die Kainos. Dit wat ek hier op Philippolis gevind het tydens my retraite. Dan, juis om hierdie nuutheid te bevestig, verf ek die horlosiewysers van die kerkklok dat dit op drie-en-twintig minute oor nege staan. ‘n Belangrike datum (23/9) wat Vrydag voorlê!

Onderaan die skildery verf ek die woord Kainos en die datum waarop dit geskilder is 20 Sept 2005.

Woensdag vertrek ek terug huis toe, maar eers nadat ek op Bloemfontein stilgehou en ‘n belangrike aankoop gemaak het.

Vrydagmiddag ry ek en my reisgenoot weer na Philippolis – die keer om te kyk na ‘n besondere historiese huisie wat in die mark is, maar ook vir ‘n ander rede waarvan sy nog nie weet nie.

Op die mooie gasteplaas, Bokpost, raak ons die Vrydagaand (23/9) verloof – op die selfde datum waarop my ouers vyf-en-vyftig jaar vroeër getroud is. Die volgende dag besluit ons ook om wel ‘n aanbod op die huisie te maak en die aanbod word kort daarna aanvaar.

Op ‘n helder herfsdag op Clarens in die Oos- Vrystaat word ons lewensverbintenis aan mekaar voltrek in ‘n sandsteenkerke voor familie en vriende as getuies. Dit is Goeie Vrydag en vir ons voorwaar Goeie Vrydag in die volste sin van die woord. Op ons huweliksuitnodiging pryk die prent van die Kainos kerk wat op Philippolis geskilder is.

Saam met vriende en familie vier ons die dag en die vreugde van ‘n nuwe begin. Sê ons ook dankie vir Hom wat sy belofte waarmaak:

“Kyk, Ek maak alles nuut.”

Hope is my philosophy
Just needs days in which to be
Love of life means hope for me
borne on a new day

You are the new day!

Om te fiets

Tuesday, August 3rd, 2010

Katie Meluha se mooi liedjie:”Nine Million Bicycles”  vertel van die fietsoorvloed in Bejing:
“Nine Million Bicycles”

There are nine million bicycles in Beijing
That’s a fact,
It’s a thing we can’t deny
Like the fact that I will love you till I die.

Ek sou ook aan my fiets wou sê (soos sy aan haar geliefde)  “I will love you till I die.” Want ‘n fiets is meer as net ‘n stuk metaal met rubberwiele – dit word ‘n vriend, vertroueling, ‘n bondgenoot.

Die oorhoofse tema van die blog-inskrywings is “om oop-oog te reis.”  My getrouste reismiddel as kind was my fiets. Dit was my poort na vryheid – die groot lekkerte om nie meer so afhanklik te wees van pa en ma om my by plekke te besorg nie – om skool toe, sport toe, maats toe te ry op my vetroude fiets, was ‘n reuse sprong.

Op my tiende verjaarsdag kry ek na ‘n lang wag my heel eerste eie fiets – ‘n splinternuwe droomfiets –  ‘n no 26 swart Ralleigh sport. Ek is opgewonde saam met my pa om hom te gaan uitsoek by Schiffrens in Klerksdorp se hoofstraat.  Ek bewe van opwinding toe ek hom uitkies en pa betaal.My eie wiele. Dis my verjaarsdag geskenk maar ek kry reeds so voorsmakie deur op hom vir ‘n kort entjie te mag ry. Die volgende middag kom kuier een van my maats, Deon Viljoen vir my op sy BSA Sport. Ek kan nie wag om later saam met hom terug te ry na sy huis toe nie. Ek wil so  graag my Ralleigh toets en sommer vir Deon wys dat die Raleigh die BSA se baas is.

Toe ons met een van die kleiner strate afdraai, is ek so kortkop voor, maar hou nie rekening met die feit dat dit ‘n grondstraatjie is nie. Eensklaps is daar so wal sand in die pad.Die fiets se voorwiel begin manhaftig in die sand inploeg en gee toe die stryd gewonne. Die wiel draai  summier dwars en ek trek loshande oor die handvatsels en maak hard met die  grond kennis. My ego en my lyf is gekneus, maar ek is meer bekommerd oor my splinternuwe fiets waarvan die handvatsels nou dwarsgedraai is en die wit modderskerm gebuig is. My splinternuwe fiets is ineens nie meer so nuut nie. Ek knyp die voorwiel tussen my bene vas en draai  die handvatsels weer reg. Sover moontlik probeer ek  om die modderskerm weer reg te buig. Ek draai bekaf terug  en ry hinkepink terug huis toe. So leer ek ook die nerf-af deel van fietsry ken.

‘n Lang verhouding met my Ralleigh het begin. Herman Van Veen vang iets van hierdie saamgroei-verhouding tussen ‘n persoon (hier ‘n meisie) en sy of haar fiets so mooi vas in sy liedjie “Fiets”

Fiets

Hé kleine meid op je kinderfiets,
De zon draait steeds met je mee
Hé kleine meid op je kinderfiets,
De zomer glijdt langs je heen
Met je haar in de wind en de zon op je wangen,
Rijd je me zomaar voorbij, fiets

Hé lieve meid op je kleine fiets,
Als een witte stip in het groen
Slingert je blinkende kinderfiets,
Zich dwars door het zomerseizoen
En je rijdt maar door en je fiets wordt steeds kleiner,
Plotseling ben je weer weg, fiets

Toe ons Vrystaat toe trek in my standerd vyf-jaar het die rol wat my fiets in my lewe gespeel het, nog belangriker geword. Dit was my ryperd en  later (in standerd nege) ook my vryperd.

As standersessie ry ek  elke dag skool toe met my fiets, maar die lekkerste bly die terugry huistoe smiddags. Dan is dit grootliks afdraand en ek kies ‘n kortpad deur die veld want daar is sulke lekker springhobbeltjies wat ‘n toets is vir my ryvernuf.  My fiets word nou in my gedagtes ‘n vurige blinkswart perd wat galop. My (yster)perd kry ook ‘n naam wat pas by die talle ou Kaapse swaardvegterverhale wat ek in die tyd lees: ” Monsieur!” Saam durf ek en Monsieur baie uitdagings aan. Die handvatsels word ook aangepas om die “drop handles look” te kry met heldergeel handvatselgrepe weerskante. Ek is in my noppies!

Op ‘n yskoue winteroggend ry ek en my suster saam skool toe.  Ons ry langs mekaar. Ek op my Ralleigh en sy op haar groen BSA. Ek druk my hande in my sakke as pantser teen die koue. Die volgende oomblik draai my voorwiel skuins en ek ry in haar vas. My hande sit vas in my sakke en ek kan nie keer nie. Ons albei val op die yskoue teerpad. Dit word ‘n laaang, doodstil rit skool toe!

Na drie jaar verhuis ons  terug Transvaal toe en Monsieur bly my troue bondgenoot. Nou word dit die belangrike voertuig om my Sondagmiddae by my kuierplek te kry. Dis ‘n rit van ongeveer vyf kilometer en opdraand tot daar, maar my hart sing saam met die speke. Oppad terug (gelukkig dan afdraand!) sing ek die liedjies wat ons saamgeluister het kliphard terwyl ek ry.

Dit word tyd vir universiteit. My getroue fiets gaan saam PUK toe. Daar ry ek en kamermaat Etienne met ons fietse padkafee toe om ‘n Hamburger en melkskommel te koop. Heerlik! My fiets word ook ingespan vir die ver klasse wat ek moet draf.

Helaas, toe dit tyd word om Maties toe te gaan, word fiets tuis gelaat, want nou het ek mos ‘n getroue Volksie wat my bring waar ek wil wees.

Soms ry ek nog bietjie fiets gedurende vakansietye by die huis, maar hy staan meestal in die pakkamer, totdat die tuinjong op ‘n dag met smekende oë ‘n skamele bedrag aanbied vir die ryding. Ek verkoop Monsieur en voel asof ek iets kosbaars verloor het.

Jare later koop weer vir my ‘n fiets toe ek in Welkom bly en ry soms daarmee, maar besef  spoedig dat ek dit nie genoeg gebruik nie en skenk dit vir ‘n sendeling.

Tydens ons wittebroodsreis stop ek en my reisgenoot die dag op die plekkie genaamd Tonteldoos by die fiets op die foto. Dit laat ons nostalgies verlang na ons fietse. Ek wonder weer waar my getroue fiets is en hoe dit deesdae lyk?

Plotseling ben je weer weg, fiets…