Immer Jonk

Die nuwe groei van die amper-lente laat my vandag nadink oor jeug, jonkwees en daardie rare kwaliteit om jonk van gees te bly.

In my Matriekjaar huiwer ek voor die werklikheid van die “grootmenslewe” wat wag. Eers die lekker van studentewees en dan, ‘n eie loopbaan. Verantwoordelikheid.

Ons sit die middag in die middestad van Johannesburg. My ouers het my gebring vir ‘n beurs-onderhoud. Ek het by Anglo American vir ‘n studiebeurs aansoek gedoen. Binnekort moet ek die intimiderende toringgebou instap. Daar speel ‘n liedjie oor die radio. My Ma draai die volumeknoppie harder en sê: “Luister na die liedjie en maak dit jou eie.” Ek luister na die Lied van Bob Dylan wat so mooi gesing word deur Joan Baez. Die titel van die liedjie –
Forever Young

May God bless and keep you always,
May your wishes all come true,
May you always do for others
And let others do for you.
May you build a ladder to the stars
And climb on every rung,
May you stay forever young,
Forever young, forever young,
May you stay forever young.

May you grow up to be righteous,
May you grow up to be true,
May you always know the truth
And see the lights surrounding you.
May you always be courageous,
Stand upright and be strong,
May you stay forever young,
Forever young, forever young,
May you stay forever young.

May your hands always be busy,
May your feet always be swift,
May you have a strong foundation
When the winds of changes shift.
May your heart always be joyful,
May your song always be sung,
May you stay forever young,
Forever young, forever young,
May you stay forever young.

Die liedjie word vir my ‘n lewenstemalied.
Om jou dromeleer na die sterre te klim, al is daar soms teleurstellings (ek het toe nie die beurs gekry nie), Om steeds ‘n mens te bly wat “upright, courageous and strong”  is.

Op Brekfis met die Shrink was die onderwerp Saterdag juis: ” The art of possibility.” Hoe om te leef en altyd nuwe lewensmoontlikhede te ontgin. Die tragiese is dat daar mense is wat juis ophou leef voordat hulle sterf. Wat eintlik reeds afskeid geneem het van die lewe, voordat hulle enduit en voluit geleef het.

In die onlangse fliek: “the Curious case of Bejamin Button” ontgin die regisseur juis die tema van jonk vs oud. Wat sal gebeur as jy oud gebore word en dan jonger word tydens jou lewe? Dit is wat met Benjamin Button (goedvertolk deur Bradd Pitt) gebeur. By sy geboorte is hy ‘n verrimpelde stokou babatjie met oudersdomsvlekke. Hy word in die ouetehuis groot (of dan klein!) en begin geleidelik al jonger en fikser word. Tog besef hy dat dit hom isoleer van ander. Hy probeer die liefde van sy lewe oortuig dat ouderdom ‘n relatiewe saak is en dat al wat saak maak, die liefde is wat hulle vir mekaar het. Tog veroorsaak sy jonger word soveel probleme in hul verhouding dat hy uiteindelik van haar weggaan.

Alphaville se lied” Forever Young” druk iets van hierdie versugting uit – om a la Benjamin Button immer jonk te kan wees:

It’s so hard to get old without a cause
I don’t want to perish like a fading horse
Youth is like diamonds in the sun
And diamonds are forever

Forever young, I want to be forever young
Do you really want to live forever, forever forever
Forever young, I want to be forever young
Do you really want to live forever
Forever young

Die uitdaging bly: Nie om noodwendig fisies jonger te word nie, maar om innerlik jonk (en groeikragtig) te bly. Om selfs as volwassene, middeljarige nie ‘n geplooide siel rond te dra nie, maar iets van die entoesiasme van die nuwe polsende lewe te kan ervaar ongeag die datum op jou geboortesertifikaat.

Daarom is die Bybelse beskrywing van die gelowige as immergroen boom (selfs tot in die sg. gryse jare) vir my so treffend:

“Die regverdiges sal sterk wees soos die Palmbome…selfs in hulle ouderdom sal hulle nog toeneem in krag. Hulle sal fris en lewenskragtig wees.” (Psalm 92:13, 15)

Dit lyk vir my dis die geheim – om lewenskragtig te kan bly – lewenslank, omdat jy soos die boom van Psalm 1 geplant is by die regte Bron. Daarom dat jy ook vrugte op die regte tyd dra.

Ons is grootgemaak met die waarskuwing: “Onthou vroeg ryp, vroeg vrot!” Dit het dan meestal gesinspeel op kinders wat op vroeë ouderdom reeds “groot” wil wees. Dit lyk vir my dat die meeste lewensvervulling kom na diegene wat geduldig is met die proses van leef en weet dat die regte beloning ook kom vir hulle wat met verwagting bly leef:  oop-oog en oop-hart. Wat met verwondering kyk na die lewe. Met ‘n verwagting. met hoop.
Dalk is dit juis die kuns – ook vol verwagting te leef en tog ook geanker te wees.

Soos die foto van die klein dopeling wat soveel moontlikhede het wat vir haar voorlê, maar tog die anker het van ‘n ouer/grootouer wat vastigheid bied. Uiteindelik die sekerheid van ‘n anker, maar ook vlerke om te vlieg en drome te kan verwesentlik.

So klompie jaar gelede hou ons vakansie by Badplaas – My Oom en Tannie, albei reeds in hul sestigs, hou saam vakansie. Ons sit vroegaand buite die restaurant waar daar mooi musiek speel. Toe die liedjie van Cliff Richard speel, staan my Oom op en neem hy my Tanne vir ‘n dans. Hulle dans met ‘n grasie én met ‘n uitbundigheid. En maak al dansend die woorde van die liedjie waar:

The young ones
Darling, we’re the young ones
And the young ones
Shouldn’t be afraid
To live, love…

Once in every lifetime
Comes a love like this
I need you,
You need me
Oh, my darling, can’t you see
That young dreams
Should be dreams together
And young hearts
Shouldn’t be afraid
And some day
When the years have flown
Darling, then we’ll teach
The young one of our own

Once in every lifetime
Comes a love like this
I need you,
You need me
Oh, my darling, can’t you see
That young dreams
Should be dreams together
And young hearts
Shouldn’t be afraid
And some day
When the years have flown
Darling, then we’ll teach
The young one’s of our own

2 Responses to “Immer Jonk”

  1. Leon says:

    Gelukkig word ons net oud aan die buitekant. In elk geval net sommige. Carpe Diem.

  2. Louise says:

    Mens praat van kinderlike vreugde – en tot in jou ouer dae is dit ‘n stukkie egtheid.

Leave a Reply

You must be logged in to post a comment.