Die klank van stilte

Stilte.

Die wonder van die die bewussyn van stilte.

“Stilte is God se oertaal”  het die 16e eeuse woestynheilige Johannes van die Kruis gesê. Hy het hierdie waarheid tydens sy lang tye van afsondering in die woestyn ervaar.

Later het Thomas Keating die aanhaling uitgebrei: “Silence is God’s first language; everything else is a poor translation. In order to hear that language, we must learn to be still and to rest in God.”

Dit was tydens die wintervakansie van 1967 dat ek “The sound of Silence’ leer ken het. Ons het soos gebruiklik die Julievakansie by die Suidkus deurgebring. Een mddag is ons na die nuwe winkelsentrum toe wat in Beach Road sy verskyning gemaak het. Die besoek aan die CNA was die hoogtepunte van die inkopies want as aandenking aandie vakansie kon elkeen van ons kinders ‘n Solus sewe plaat kies. Toe ek die oranje en wit CBS omslag sien met die logo en die woorde Seven Single wat drie keer daarop herhaal word, het ek die plaatjie binne in herken: Simon and Garfunkel se “The Sound of Silence”  Die lied het oor radiostasies gespeel en my elke keer met sy teenstrydige titel bekoor. Nou was die kans om die plaatjie my eie te maak. Die res van die vakansie het ek met ‘n ongeduld die plaatjie uitgehaal en bewonder. Ek het ‘n sit-rots gehad waar ek smiddae na die see sit ek kyk het. Dan het die liedjie solank in my kop gespeel. Ek sou egter moes wag tot ons tuis kom voor ek dit op ons Pilot radiogram kon speel. Die wag was die moete werd. Oor en oor het ek die Oranje CBS solus sewe gespeel en later die woorde uit my kop geken:

Hello darkness, my old friend
I’ve come to talk with you again
Because a vision softly creeping
Left its seeds while I was sleeping
And the vision that was planted in my brain
Still remains
Within the sound of silence

In restless dreams I walked alone
Narrow streets of cobblestone
‘Neath the halo of a street lamp
I turned my collar to the cold and damp
When my eyes were stabbed by the flash of a neon light
That split the night
And touched the sound of silence

And in the naked light I saw
Ten thousand people, maybe more
People talking without speaking
People hearing without listening
People writing songs that voices never share
And no one dared
Disturb the sound of silence

“Fools”, said I, “You do not know
Silence like a cancer grows
Hear my words that I might teach you
Take my arms that I might reach you”
But my words, like silent raindrops fell
And echoed
In the wells of silence

And the people bowed and prayed
To the neon god they made
And the sign flashed out its warning
In the words that it was forming
And the sign said, “The words of the prophets are written on the subway walls
And tenement halls”
And whispered in the sounds of silence

Hoewel ek nie die omvang an die woorde kon verstaan nie, het ek die “gevoel” van die lied verstaan en hoe woorde soms hol simbole word wat nie meer werklik dit oordra wat wesentlik is nie. In my gedagtes het ek die liedjie as musiekvideo (wat eers later jare sou kom) gesien en ekself was die die figuur in ‘n donker jas wat “neath the halo of a street lamp” gestap het, my jaskraag teen die “cold and damp” opgeslaan het en deur die klank van stilte aangeraak is. Tot vandag toe bly hierdie liedjie een van my allergunstelinge en wek dit so onpeilbare heimwee elke keer as ek dit hoor.

Stilte. Die krag wat ons so dikwels ontken en miskyk in ons dolle gejaag na meer. Tydens ‘n retraite wat ek in 2003 bygewoon het, het ek die krag van stilte herontdek. Ons moes die Saterdagmiddag vir drie ure lank stilraak. Jy kon die kapel opsoek, gaan stap, onder die bome sit of selfs gaan swem. Al voorwaarde was dat jy nie met ander sou praat nie maar in ‘n “lang gesprek” met God sou bly. Ek het vir die eerste keer die monikke bewonder wat ‘n  “vow of silence’ kon nakom vir sulke lang tye. Tog het ek so baie geleer in die drie uur. Ek kon ook die tyd gebruik om dinge neer te skryf waarvoor ek nie andersinds tyd gehad het nie. Die ontdekking van Stilte. Daardie binnestilte wat voel soos die see van Galilea nadat Jesus die storm stilgemaak het. Die klank van die vredige stilte. Mens herken dit.

Op Phlippolis het ek weer die intensiteit en die krag van Stilte ontdek. Op my bakoond-sitplek soggens as die dag  sy gang kry. Saans as ek en my reisgenoot op die voorstoep sit met die eerste sterverskynings. In die mooie kerk met sy boogvensters kon ek die serene stilte ervaar. Laataand terwyl ek alleen in die middel van die labirint sit en die stilte hoor. Mens moet immers oefen om stilte te hoor.

Die volgende verhaal vertel iets daarvan:

Lank lank gelede in antieke Japan, het daar ’n magtige man geleef wat besef het sy dood is naby. Hy het sy enigste dogter, prinses Yumiyo, aangemoedig om te trou.  Hy het vir haar gesê:  “My liefste dogter, die groen van die pruimbome het gekom en gegaan en dis al weer bloeiseltyd.  Maar jy het nog nie ’n man gekies nie.  Al die mans wat sover om jou hand kom vra het, het jy van die hand gewys.  Gaan ek, jou pa, sterf sonder dat ek jou getroud gesien het en sonder om die gesiggies van my kleinkinders te bewonder?”

Prinses Yumiyo het geantwoord:  “Nee, pappa, ek sal ’n drom maak van egte sy. Die man wat die noot hoor as ek die drom slaan,  met daardie man sal ek trou.”“Wat se nonsens is dit!” antwoord haar pa.  “‘n Sy-drom maak geen klank nie. Arme ek, ek sal doodgaan sonder dat ek my kleinkinders gesien het.”

Maar die mooie prinses Yumiyo het ’n sterk wil en sy het haar spesiale drom uit sy gemaak. Baie jong mans het na Yumiyo en haar sy-drom kom luister, nie net omdat sy beeldskoon was nie, maar ook omdat sy skatryk was!  Maar niemand kon die klank van die sy-drom hoor as sy daarop gespeel het nie. Maande het gekom en gegaan, terwyl lang rye potensiële trou-mans hulle opwagting gemaak en dan net so vinnig weer verdwyn het!  Haar vader, het net gesê:  “Ek het mos vir jou gesê! Ek het mos vir jou gesê!”

Toe op ’n dag verskyn daar in die binnehof van die paleis ’n jong, pragtig geklede man. Hy het laag gebuig voor die magtige man en toe voor die prinses.“ Waar kom jy vandaan?” vra die pa.“ Ek kom van ’n plek ver anderkant die berge en die see.” antwoord die jong vreemdeling.“En vir wat het jy so ’n ver afstand gereis?” wou Yumiyo se pa weet.“My heer, ek het gekom om met u dogter te trou.” antwoord die jong man.

“ Sy is net bedoel vir die man wat haar sy-drom se klank kan hoor. Wil jy vir my sê jy kon die klank daarvan hoor in jou veraf koninkryk, oor berge en die see?”, het die pa gevra. ” U is korrek, my heer, geen klank van die drom het my ore bereik nie!”

“Vat dan die pad, jong man, soos al die manne voor jou”  blaf-sê die magtige man beslis.  “Hoekom hang jy nog hier rond?

”Omdat, my heer, ek sy stilte gehoor het en in die stilte, u dogter se hartklop gehoor het.” Prinses Yumiyo het geglimlag en haar sy-drom weggesit, want sy het dit nie meer nodig gehad nie.

Mag die Pase van 2011 ons weer by die kern van onsself en van stilte bring.

Sodat ons weer God se hartklop kan hoor.

Dan kan die verwondering weer herleef.

4 Responses to “Die klank van stilte”

  1. ALWA says:

    Stilte het ‘n kosbare en comfort woord vir my die afgelope 3 jaar geword. – iets met OUDERDOM te doen – dis ook maar goed so – ek het eenkeer (in my vroee verlede as MEVROU en GETROUD – ek is nogsteeds MEVROU – GESKEI) ) die voorreg gehad om die STILTE van ‘n baie baie klein plekkie, Heimville naby SANIPAS so intens te ERVAAR EN BELEEF – DAT MY ORE GEPYN HET VAN DIE STILTE!! – die HELDER VOLROND MAAN het ook die nag sooo helder geskyn in die Hemel en ook op die water – ALLES HET DAARDIE NAG NET INMEKAAR GESMELT – EEN GEWORD – die besef dat GOD juis in stilte die beste “gehoor” kan word!!!!

  2. Rene says:

    Dis reeds nou dat ons die STILTE moet hoor in al die geraas om ons !Gelukkig kan ons stil word met die wete daar is Iemand wat hoor ,luister en terug praat!!!!

  3. Wim says:

    Dis so wonderlik dat elkeen van ons ‘n stilplekkie het waar ons voel hoe die stilte van binne af helend werk, of dit Philippolis, Heimville of die bankie in my tuin is. Dankie Alwa en Rene vir julle gereelde kommentaar. Die blogstuk is soos die middelstuk van ‘n lappieskombers en julle kommentaar voeg by en maak die patroon interessanter!

  4. Danie Malan says:

    Dankie. Philippolis klank die stilte soos min ander plekke in die land. Maar stilte is uiteindelik te vind in die stilte van ons hart, as die Here wat kon slaap in die storm, met een woord stilte en kalmte bring.

Leave a Reply