{"id":1021,"date":"2013-03-02T10:42:35","date_gmt":"2013-03-02T08:42:35","guid":{"rendered":"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/?p=1021"},"modified":"2013-03-22T11:02:03","modified_gmt":"2013-03-22T09:02:03","slug":"op-die-spoor-van-tobie-muller","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/?p=1021","title":{"rendered":"Op die spoor van Tobie Muller&#8230;"},"content":{"rendered":"<p>&nbsp;<\/p>\n<p><a href=\"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/wp-content\/uploads\/2013\/03\/Tobias-Ballot-Muller-Scan-Eunaa-12.jpg\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"aligncenter size-medium wp-image-1023\" alt=\"Tobias Ballot Muller (Scan Euna)a-1(2)\" src=\"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/wp-content\/uploads\/2013\/03\/Tobias-Ballot-Muller-Scan-Eunaa-12-214x300.jpg\" width=\"214\" height=\"300\" srcset=\"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/wp-content\/uploads\/2013\/03\/Tobias-Ballot-Muller-Scan-Eunaa-12-214x300.jpg 214w, https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/wp-content\/uploads\/2013\/03\/Tobias-Ballot-Muller-Scan-Eunaa-12.jpg 402w\" sizes=\"auto, (max-width: 214px) 100vw, 214px\" \/><\/a><\/p>\n<p>Om \u2018n spoorsnyer te wees, lyk vir my na \u2018n kuns wat besig is om uit te sterf. Want \u2018n spoor wat gevolg word, moet gelees word en verstaan word. Spoorsny verg geduld en volharding.<\/p>\n<p>\u00a0Op Philippolis het ek geleer spoorsny. Nie \u2018n dierespoor nie maar \u2018n mensespoor. \u2018n Verledespoor. \u2018n Spoor wat in 1916 begin en steeds \u2018n indruk laat. Sodat daar bykans \u2018n eeu later op Sondag 24 Februarie 2013, twee spore kon ineenloop.<\/p>\n<p>\u00a0Di\u00e9 spoor het \u2018n naam: Tobie Muller.<\/p>\n<p>\u00a0In Desember 2005 word ons die trotse eienaars van \u2018n historiese huisie op Philippolis \u2013 die Hartjiehortjiehuis. So genoem vanwe\u00eb die hartjiepatrone wat in sy groen vensterluike gesny is. Die huisie is gele\u00eb in\u00a0 Tobie Mullerstraat met sy karaktervolle huisies en spoedig word die huisie en die dorp vir ons\u00a0 \u2018n toevlugsoord tydens naweke\u00a0 en vakansies.<\/p>\n<p>\u00a0Die naam van die straat laat my wonder oor die dominee wat soveel jare gelede op die Philippolis in die bediening was. Op die straatnaambord staan die volgende kernfeite:\u00a0<\/p>\n<p><strong>Tobie Mullerstraat:<\/strong><\/p>\n<p><strong>(13 8 1884 \u2013 25 10 1918)<\/strong><\/p>\n<p><strong>Predikant \u2013 Taalstryder<\/strong><\/p>\n<p>\u00a0Iets in die feite noop my om meer te wil uitvind oor die dominee wat slegs vier-en-dertig jaar oud geword het, maar klaarblyklik \u2018n groot indruk op die dorp en gemeenskap nagelaat het.<\/p>\n<p>\u00a0In die konsistorie van die historiese kerkgebou hang die geraamde foto\u2019s van die eerbiedwaardige predikers wat reeds sedert die gemeente se ontstaan in 1862 hier gedien het. Toe ek by Dr Tobie Muller se foto kom, vertoef ek voor die sepia foto van \u2018n jong man met \u2018n reguit blik wat vanuit die raam terugkyk. Iets in die foto hou my blik gevange \u2013 \u2018n onbevange eerlikheid en tog ook \u2018n tikkie glinster in die oog. Ek wonder weer oor die belowende lewe wat so vroeg kortgeknip is.<\/p>\n<p>\u00a0By die museum kry ek meer inligting en is daar \u2018n foto-uitstalling van Dr Tobie Muller. Ek hoor by die kurator dat Philippolis die jong dominee wat pas sy doktersgraad verwerf\u00a0 het, se eerste gemeente was en dat hy tydens die groot griepepidemie van 1918 gesterf het terwyl hy as pastor ander siekes bygestaan\u00a0 het.<\/p>\n<p>\u00a0Ek spoor \u2018n boek oor sy lewe op, getiteld: Tobie Muller \u2013 \u2018n Inspirasie vir jong Suid-Afrika. Die boek het sewe jaar na sy dood verskyn en is geskryf deur B. B. Keet en Gordon Tomlinson.<\/p>\n<p>Daarin word sy lewensverhaal vertel \u2013 van sy geboorte as jongste seun van Ds (later professor) C F J\u00a0 Muller en sy vrou Johanna (gebore Louw) op 13 Augustus 1884 in die pastorie in George.<\/p>\n<p>\u00a0Ek ontdek ook die volgende interessante feite oor sy lewe:<\/p>\n<p>\u00a0Nadat Tobie op Stellenbosch sy graad in Teologie met hoogste onderskeiding afgel\u00ea het, behaal hy twee Doktorsgrade: in Teologie (1912 in Utrecht) en in Filosofie ((1913) in Edinburgh).<\/p>\n<p>\u00a0Terug in Suid-Afrika, l\u00ea hy sy proponents-eksamen af en dien vir drie jaar as hulpprediker in die gemeente Stellenbosch.Hy \u00a0beskik\u00a0 oor die vermo\u00eb om belangrike waarhede op \u2018n verstaanbare manier oor te dra. Dit maak van hom \u2018n\u00a0 baie gewilde leraar.Veral jongmense en studente vind aanklank by sy styl.<\/p>\n<p>\u00a0In Maart 1915 tree hy in Stellenbosch in die huwelik met mej. Bessie Thom en hy word in Junie 1915 as predikant georden, na \u2018n preek deur sy vader, Prof. Muller.<\/p>\n<p>\u00a0Dan gebeur daar \u2018n gelyktydig twee dinge: In Julie 1916 word hy benoem tot professor in Filosofie aan die Victoria-Kollege en daarmee saam ontvang hy \u2018n beroep as leraar na die gemeente van Philippolis in die Vrystaat. Aanvanklik aanvaar hy die benoeming as professor, maar na diepe oorweging besef hy dat sy eintlike taak in die bediening l\u00ea en aanvaar hy die beroep na Philippolis.<\/p>\n<p>\u00a0In Oktober verhuis hy en sy vrou en hulle vier maande oue seuntjie Christof, na Philippolis waar hy op 13 Oktober 1916 sy intreepreek lewer. Sy teksvers is 1 Kor 13:13: En nou bly geloof, hoop en liefde, hierdie drie, maar die grootste hiervan is die liefde.<\/p>\n<p>\u00a0Vir twee jaar werk Dr Tobie in die gemeente van Philippolis en word hy geliefd onder oud en jonk. Hy snoer die gemeenskap oor verdeeldheid wat die oorlo\u00eb teweeggebring het, saam. Hy leef die woorde van die vers van sy intreepreek daadwerklik uit.<\/p>\n<p>Dan, in die jaar wat die eerste w\u00eareldoorlog be\u00ebindig word, breek die Groot Griep uit. Die epidemie tref ook die gemeenskap van Philippolis vroeg in Oktober 1918. Getrou besoek Tobie muller die siekes, hy vertroos en staan hulle by. Dan tref die griep hom ook. Op Sondag 13 Oktober preek hy nog en dan versleg sy toestand. Op Vrydag 25 Oktober verloor hy die stryd teen die siekte. Hy word die volgende dag in \u2018n eenvoudige houtkis begrawe in die begraafplaas op Philippolis. Hy laat \u2018n jong weduwee en twee klein kinders agter. Sy seun Christof is twee jaar oud en sy dogter, Tobie, skaars drie maande oud. Hulle keer kort na sy dood terug na Stellenbosch. Tot sover kon ek die spoor van Tobie Muller volgens volgens die boek van BB Keet volg.<\/p>\n<p>\u00a0Terwyl ek die boek deurblaai en die foto sien van die jong weduwee, Bessie Muller en haar Skoonma, Mev Johanna Muller saam met die twee jong kinders, Christof en Tobie, het ek bly wonder wat het geword van Dr Tobie se nageslag. Is sy kinders later getroud en het hulle kinders van hulle eie gehad? Leef van sy kleinkinders dalk nog? Weet hulle watter belangrike rol hulle oupa in die geskiedenis van Philippolis gespeel het? Weet hulle dat daar \u2018n straat na hom vernoem is? Was enigeeen van hulle al ooit in Philippolis?<\/p>\n<p>\u00a0Ek doen navraag by die ouer garde van die dorp en vind uit dat Tobie Muller se seun Christof klaarblyklik \u2018n professor in geskiedenis geword het en dat sy dogter die eerste vrou was wat die pos as lektor in Anatomie aan die Universiteit van Pretoria beklee het. Verdere inligting kry ek egter nie.<\/p>\n<p>\u00a0Met die naderkom van die 150-jarige fees van die gemeente te Philippolis verlede jaar, begin ek weer met my navrae. In Julie loods ek \u2018n soektog op die internet. Ek stuur \u2018n navraag aan \u2018n Tobie Muller in Pretoria. Ek kry \u2018n antwoord. Toe ek \u00a0die \u00a0boodskap op my rekenaarskerm sien, wil ek huppel van blydskap: Ja, skryf die persoon \u2013 ek is Tobie Muller en ek is \u2018n kleindogter van Dr Tobie Muller wat op Philippolis was. Ek is die jongste dogter van sy seun, Christof. Eureka! \u2018n Ywerige korrespondensie per e-pos volg waarin al die vrae wat ek wou vra en inligting wat ontbreek het, nou verskaf word. Sy stuur per e-pos aan my verskeie foto&#8217;s van Tobias Ballot (Tobie)\u00a0Muller. Daar is &#8216;n foto van hom wat in 1899 geneem is, terwyl hy saam met sy Pa, Prof Muller vir vier maand in Skotland was. Die treffende foto van die jonge Tobie wat reeds lyk asof hy &#8216;n vergesig het op die nuwe eeu en toekoms wat voorl\u00ea, tref my. Ek laat maak &#8216;n vergroting daarvan vir ons huisie in Tobie Mullerstraat.<\/p>\n<p>\u00a0Ek\u00a0 vind uit dat albei kinders van Dr Tobie reeds oorlede is, maar dat Christof vyf dogters het uit sy huwelik met Liebet Geldenhuys, nl Euna en Elsab\u00e9 (\u2018n tweeling), \u00a0Mari\u00e9, Monica en \u2018n laatlam, Tobie (met wie ek die korrespondensie voer).<\/p>\n<p>\u00a0Dr Tobie se dogter wat op Philippolis gebore is, Tobie,\u00a0 was inderdaad die eerste vrou wat die pos as professor in Anatomie beklee het. Sy is met dr CC\u00a0 Pretorius, \u2018n ginekoloog getroud en uit die huwelik is drie dogters gebore: Elizabeth, Anina en Tobie Henri\u00ebtte.<\/p>\n<p>\u00a0Tobie Muller (die kleindogter in Pretoria) het haar nooiensvan behou na haar huwelik. Agterna dink ek daaraan dat sit baie moeiliker sou wees om haar op te spoor as sy nie haar nooiensvan behou het nie!<\/p>\n<p>\u00a0Ek nooi haar en haar familie om die 150-jarige fees in Opkober verlede jaar te kom bywoon, maar sy het reeds ander verpligtinge in die Kaap daardie naweek.<\/p>\n<p>\u00a0Die re\u00eblingkomitee van die Philippolis-gemeente laat weet \u00a0dat hulle graag wil dat Tobie Muller die gedenksteen van die 150-jarige fees, vroeg vanjaar sal kom onthul.<\/p>\n<p>\u00a0So gebeur dit dat op die laaste naweek van Februarie (verlede naweek), alle paaie Philippolis toe lei.<\/p>\n<p>\u00a0Vrydagmiddag\u00a0 (die 22e) stop daar \u2018n motor met \u2018n GP registrasie voor die Hartjiehortjiehuis. Agter die stuur klim \u2018n sprankelende donkerkop vrou uit, sy stel haarself bekend: Ek is Tobie Muller.<\/p>\n<p>\u00a0Ineens is dit asof die spoor tussen verlede en hede bymekaar begin uitkom! Haar suster Euna Easton klim ook uit en groet. So ook haar niggie Elizabeth Wessels (dogter van Prof Tobie Muller). Drie kleindogters van Dr Tobie en dit in Tobie Mullerstraat!<\/p>\n<p>\u00a0Dit word \u2018n feesnaweek in die volste sin van die woord. Vrydagaand kuier hulle saam met Lynette, my vrou en ek asook twee vriendinne wat saam kuier uit Welkom.<\/p>\n<p>\u00a0Saterdag woon ons almal die \u2018n feestelike kuier\u00a0 in die Jobhuis by, waarna \u2018n heerlike ete volg. Die res van die middag verken die drie kleindogters die dorp waar hulle Oupa sulke diep spore getrap het. Hulle besoek ook die kerkgebou\u00a0 en sy graf.<\/p>\n<p>\u00a0Saterdagaand is \u2018n perfekte volmaanaand op Philippolis. Die groep hou piekniek onder die sterre by die labirint, digby die kerk.<\/p>\n<p>\u00a0Sondagoggend is daar \u2018n\u00a0 diens wat aansluit by die 150-jarige fees van die gemeente. Tydens die diens word ook hulde gebring aan die werk van die leraars wat oor soveel jare in die gemeente gedien het, veral ook Dr Tobie Muller wat sy lewe gegee het in diens aan die gemeente.<\/p>\n<p>\u00a0Tydens die diens word \u2018n feesbundel aan elk van die drie kleindogters oorhandig deur Dr Carin van Schalkwyk, huidige leraar van die gemeente.<\/p>\n<p>\u00a0Die diens word afgesluit met \u2018n voorlesing van 1 Kor 13 deur Hannalize Nel.<\/p>\n<p>Na die erediens, word die gedenksteen in die voorportaal deur Tobie Muller onthul. Skielik voel dit asof die spore inderdaad ineenloop, want op die steen staan:<\/p>\n<p>\u00a0Gedenkplaat \u2013 150 jaar van Genade Oktober 2012 \u2013 onthul deur Tobie Muller, kleindogter van Dr Tobie Muller \u2013 24 Februarie 2013<\/p>\n<p>\u00a0Op daardie oomblik sien ek in die glimlag van die kleindogter, iets van die glimlag van haar oupa.<\/p>\n<p>\u00a0Die spoorsny was die moeitewerd!<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p><a href=\"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/wp-content\/uploads\/2013\/03\/Image295a-1-2.jpg\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"aligncenter size-medium wp-image-1022\" alt=\"Image295a-1 (2)\" src=\"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/wp-content\/uploads\/2013\/03\/Image295a-1-2-255x300.jpg\" width=\"255\" height=\"300\" srcset=\"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/wp-content\/uploads\/2013\/03\/Image295a-1-2-255x300.jpg 255w, https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/wp-content\/uploads\/2013\/03\/Image295a-1-2.jpg 426w\" sizes=\"auto, (max-width: 255px) 100vw, 255px\" \/><\/a><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>&nbsp; Om \u2018n spoorsnyer te wees, lyk vir my na \u2018n kuns wat besig is om uit te sterf. Want \u2018n spoor wat gevolg word, moet gelees word en verstaan word. Spoorsny verg geduld en volharding. \u00a0Op Philippolis het ek geleer spoorsny. Nie \u2018n dierespoor nie maar \u2018n mensespoor. \u2018n Verledespoor. \u2018n Spoor wat in [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[1],"tags":[],"class_list":["post-1021","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-uncategorized"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/1021","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=1021"}],"version-history":[{"count":5,"href":"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/1021\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":1025,"href":"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/1021\/revisions\/1025"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=1021"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=1021"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=1021"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}