{"id":1031,"date":"2013-06-03T16:49:53","date_gmt":"2013-06-03T14:49:53","guid":{"rendered":"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/?p=1031"},"modified":"2013-06-04T15:35:50","modified_gmt":"2013-06-04T13:35:50","slug":"n-reis-van-3653-dae","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/?p=1031","title":{"rendered":"&#8216;n Reis van 3653 dae"},"content":{"rendered":"<p><a href=\"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/wp-content\/uploads\/2013\/06\/IMGP9354a-12.jpg\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"aligncenter size-medium wp-image-1036\" alt=\"IMGP9354a-1(2)\" src=\"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/wp-content\/uploads\/2013\/06\/IMGP9354a-12-300x210.jpg\" width=\"300\" height=\"210\" srcset=\"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/wp-content\/uploads\/2013\/06\/IMGP9354a-12-300x210.jpg 300w, https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/wp-content\/uploads\/2013\/06\/IMGP9354a-12.jpg 711w\" sizes=\"auto, (max-width: 300px) 100vw, 300px\" \/><\/a><\/p>\n<p>Om te reis is om te ervaar. Te ontdek. Te l\u00e9\u00e9f.<\/p>\n<p>Een basiese vereiste is dat jy darem moet lewendig wees ten einde te kan reis \u00e9n die reis te kan boekstaaf.<\/p>\n<p>Telkens op my lewensreis\u00a0as ek voor &#8216;n taak te staan gekom het wat soos &#8216;n berg voor my l\u00ea, het ek myself bemoedig met die spreekwoord wat aan die Chinese filosoof Lao-tzu\u00a0 (604 BC &#8211; 531 BC) toegedig word:<\/p>\n<p><em>&#8220;&#8216;n Reis van duisend myl begin met die eerste tree.&#8221;<\/em><\/p>\n<p>Gister was dit die jaarlikse Comrades wedloop &#8211; vanjaar van Durban na Pietermaritzburg. Meer as veertienduisend deelnemers het aangetree om die wedloop van 89 kilometer aan te durf.<\/p>\n<p>Kort na vyf het ek die uitsending begin dophou, geluister hoe die skare by die wegspringstreep bemoedig word met liede soos Nkosi Sikilel, Tshotsholoza en \u00a0die gebruiklike Chariots of Fire . Voor hulle het die 89 kilometer gel\u00ea en sekerlik in hulle harte dievraag:\u00a0Sal ek dit kan voltooi in die vasgestelde tyd? 89 kilometer &#8211; gemiddeld 116,786 tre\u00eb! Ek wil tog glo dat hulle nie aan die aantal tre\u00ea gedink het nie, maar aan elke tree soos hulle dit gee, anders word mens heeltemal oorweldig!<\/p>\n<p>Vandag wil ek skryf oor &#8216;n reis van 3653 dae en wie weet hoeveel tre\u00eb?<\/p>\n<p>Dis vandag\u00a03 Junie 2013. In my gedagtes klim ek in &#8216;n tydkapsule en verplaas my na 3 Junie 2003. Ek l\u00ea in bed 22 in die Chirurgiese saal van die Medi Clinic, Welkom. Later sou ek so daaroor skryf:<\/p>\n<p>&#8220;Something went wrong. Dit sien ek\u00a0op die spesialis-dokter se gesig\u00a0toe hy vra\u00a0dat ek saam met hom na die kantoortjie in die saal moet kom. Die tweebed kamer is nie privaat nie.<\/p>\n<p>Hy deel my die feite nugter mee: Die biopsie bevestig \u2018n infiltrerende ho\u00ebgraadse adenokarsinoom. Die Gleasonskaal toon \u2018n ho\u00eb 7. Die PSA telling wat nul moet wees is hemelhoog: 323 \u2013 net soos die Mazda! (Toe ek die telling later aan \u2018n Doktersvriend van my deurgee, uiter hy net een woord: Bliksem!)<\/p>\n<p>Die spesialis verduidelik die opsies. Hy teken prentjies op die papier \u2013 \u2018n eendimensionele prostaat. dis nie my liggaam wat so lyk nie. Hy voeg die pyltjies in om na die verskillende behandelings-opsies te verwys. Ek neem dit in asof deur \u2018n filter. Vra wat hy sou gedoen het as hy in my (prostaat) skoene gestaan het. Hy vertel. Verduidelik. Skryf moontlikhede op die papier neer. Professionele simpatie, met tog \u2018n tikkie menslikheid wat deurskyn.<\/p>\n<p>Ek luister na die inligting &#8211; uiterlik kalm, maar binnekant begin die gedagtes rondmaal. Nadat die dokter met &#8216;n simpatieke handdruk groet, vra ek die suster of ek in een van die onbesette kamers bietjie kan gaan sit. Sy knik begrypend en lei my na &#8216;n le\u00eb kamer. Sy trek die deur saggies agter haar toe. Ek kyk rond in die tipiese hospitaalvertrek. Waar begin mens om di\u00e9 nuwe inligting deel van jou lewe te maak? Hoe hanteer mens die Aliens in jou lyf? Ek raak stil en vra die Vader vir kalmte. Veral ook vir wysheid om die nuwe stuk pad te loop. Later keer ek terug na bed 22. Skielik voel dit asof ek &#8216; n ander persoon is as wat netnou hier uitgestap het. Ek reis nou in die skaduwee van die Groot K.<\/p>\n<p>My reisgenoot bring vir my \u2018n piouter kruis met \u2018n blou steen in die kruispunt. Sy sit stil by my. So baie om oor te gesels. So min woorde. Ons reispad-vriendskap het dan pas eers begin.&#8221;<\/p>\n<p>Vandag, 3 Junie 2013, dink ek terug aan die vreemde, wonderlike reis van tien jaar, 3653 dae (die drie skrikkeldae ingesluit!).<\/p>\n<p>Vreemd, want dit is &#8216;n ongekarteerde roete, &#8216;n stuk onbekende pad met allerlei vreemde prosesse wat in jou lyf gebeur. Jy word &#8216;n vreemdeling vir jouself &#8211; jou lyf\u00a0voel \u00a0vreemd en die die nuwe ervarings is vreemd. Nuwe toetse, nuwe prosesse, nuwe terminologie\u00eb wat jy skielik deel van jou verwysingsraamwerk moet maak. So word Navalbine, Texotere, Zometa, Androcur, Lucrin en Jevtana die chemo-soldate wat jou help om die vreemde le\u00ebrmag van vyandelike selle in jou lyf aan te durf.<\/p>\n<p>Wonderlik, want daar is soveel nuwe ontdekkings wat mens maak. Veral die ontdekking dat dit wat jy tot dusver as vanselfsprekend aanvaar het, eintlik net &#8216;n gawe is. Die lewe, jou gesondheid, liefde. Wonderlik in die sin dat jy met nuwe o\u00eb kyk na alles en almal. Verhoudings word kosbaar. Mense baie belangriker as dinge. Jy gryp die lewe aan.<\/p>\n<p>En so begin hierdie reis van duisend myl. Tree vir tree. Hoogtepunt. Laagtepunt. Middelpunt. Wagpunt. Punt. Volgende tree.<\/p>\n<p>My reisgenoot is vasbeslote &#8211; sy gaan hierdie onbekende reis saam met my aandurf, die slegte \u00e9n die goeie dele.<\/p>\n<p>In sy bekende boek Around the World in 80 days, vertel Jules Verne die verhaal van Phileas Fogg en sy &#8220;agterryer&#8221; Jean Passepartout wat die weddenskap van 20,000 pond aangaan dat hulle binne 80 dae om die w\u00eareld sal reis.\u00a0 Deesdae klink dit &#8216;n belaglike weddenskap om aan te gaan, want mens kan in &#8216;n dag of drie om die w\u00eareld met &#8216;n straler vlieg. Tog was dit nogal &#8216;n moeilike uitdaging in 1872.Die reis bestaan meestal uit vervoermiddels soos stoombote en treine. Op hierdie reis is hy dikwels moedeloos, maar telkens gebeur daar iets wat hom laat aangaan. Hy keer terug na Londen en dink aanvanklik dat hy &#8216;n dag te laat is om die weddenskap te wen. Tog wys Passepartout\u00a0hom daarop dat hulle oor die internasionale datumlyn gereis het en dat die datum dus &#8216;n dag vroe\u00ebr is as wat hulle gedink het &#8211; dus betyds om sy weddenskap te wen!<\/p>\n<p>Om &#8216;n reis, of die Comrades te voltooi, moet mens gewillig wees om elke deel van die reis\u00a0 mee te maak, elke tree te gee. Sodoende kom die eindpunt stelmatig nader.<\/p>\n<p>Op my reis met die Groot K, het ek weer die Groot A\u00a0 herontdek wat groter is as die Groot K. In my reis die afgelope tien jaar was ek deurentyd bewus dat ek in die skaduwee van die Almagtige reis.\u00a0Soos Ps 91:1 s\u00ea: Hy\u00a0wat in die skuilplek van die Allerhoogste sit, sal vernag in die skaduwee van die Almagtige. ( Ou Vertaling)<\/p>\n<p>Om in die skadu van die Almagtige te reis is om telkens raak te sien hoe Hy voorsien, sorg. nes Elia in die woestyn &#8216;n engel by sy kop sien staan het met &#8216;n waterkruik en brood, so word mens bewus van elke dag se genadige voorsiening en sorg.<\/p>\n<p>Tydens die Woordfees vanjaar op Stellenbosch, woon ek en my reisgenoot &#8216;n uitstalling van Evette Weyers by. Ons het &#8216;n opsie geneem op een van haar beeldhouwerke, getiteld Nag Engel. Nou vra ons haar meer uit daaroor. Sy verduidelik dat sy tydens reise telkens beelde teegekom het van Hypnos, die Griekse god van slaap. Hy het twee vlerke wat uit sy kop groei waarmee hy sy o\u00eb snags bedek. Dit is ook hy wat mense met sy vlerke toevou dat hulle kan slaap. Evette vertel egter dat sy op een bepaalde plek die beeld van Hypnos gesien het met een vlerk afgebreek. Dit het haar laat wonder: Hoe sou &#8216;n eenvlerk\u00a0 Hypnos nog kon funksioneer? Toe maak sy die beeld getiteld :Nag Engel. Die beeld herinner haar\u00a0dat ons te midde van soveel onvolmaakteheid in die w\u00eareld nog steeds ons taak moet uitvoer. Nag Engel praat met my en my reisgenoot en ons koop dit. Ons het immers baie geleer van reis met een vlerk die afgelope tien jaar. Juis wanneer ons ons eie onvermo\u00eb besef het, het die vlerk van die engel van die Almagtige om ons gevou en ons gedra. Ver bo wat ons kon bid of dink.<\/p>\n<p>So dikwels gedurende hierdie reis het Hy familie en vriende gestuur om ons ander vlerk te wees. Juis terwyl ek nou besig is om hierdie woorde te skryf, stuur &#8216;n goeie vriendin van ons vir my die aanhaling:<\/p>\n<p>&#8220;Ons is almal soos engele met een vlerk; ons kan net vlieg as ons mekaar vashou.&#8221; ( Luciano de Crescenzo )<\/p>\n<p>Dit beaam die Nag Engel waar hy teen die kamermuur hang.<\/p>\n<p>&#8220;n Reis van 3653 dae (and counting!) is net moontlik as mense jou ondersteun, As die skadu van die Almagtige oor jou val&#8230;<\/p>\n<p>\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0 <img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" alt=\"IMGP8280a (2)\" src=\"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/wp-content\/uploads\/2013\/06\/IMGP8280a-2-300x199.jpg\" width=\"300\" height=\"199\" \/><\/p>\n<p>\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0 Sola Gratia<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Om te reis is om te ervaar. Te ontdek. Te l\u00e9\u00e9f. Een basiese vereiste is dat jy darem moet lewendig wees ten einde te kan reis \u00e9n die reis te kan boekstaaf. Telkens op my lewensreis\u00a0as ek voor &#8216;n taak te staan gekom het wat soos &#8216;n berg voor my l\u00ea, het ek myself bemoedig [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[1],"tags":[],"class_list":["post-1031","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-uncategorized"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/1031","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=1031"}],"version-history":[{"count":10,"href":"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/1031\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":1040,"href":"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/1031\/revisions\/1040"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=1031"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=1031"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=1031"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}