{"id":1071,"date":"2013-11-13T12:43:14","date_gmt":"2013-11-13T10:43:14","guid":{"rendered":"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/?p=1071"},"modified":"2013-11-14T08:40:27","modified_gmt":"2013-11-14T06:40:27","slug":"die-pad-van-n-storie","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/?p=1071","title":{"rendered":"Die pad van &#8216;n Storie"},"content":{"rendered":"<p><a href=\"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/wp-content\/uploads\/2013\/11\/IMGP8699-1a-2.jpg\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"aligncenter size-medium wp-image-1077\" alt=\"IMGP8699-1a (2)\" src=\"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/wp-content\/uploads\/2013\/11\/IMGP8699-1a-2-300x199.jpg\" width=\"300\" height=\"199\" srcset=\"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/wp-content\/uploads\/2013\/11\/IMGP8699-1a-2-300x199.jpg 300w, https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/wp-content\/uploads\/2013\/11\/IMGP8699-1a-2.jpg 903w\" sizes=\"auto, (max-width: 300px) 100vw, 300px\" \/><\/a>\u00a0<\/p>\n<p>\u00a0Die lentebelofte is tasbaar in die lug. Ek is dertien jaar oud en my Ralleigh\u00a0 fiets is my volbloedperd waarmee ek\u00a0 teen die steil opdraand uitbeur na die\u00a0besigheidsentrum toe om &#8216;n weeklikse aankoop by Pan African kafee te maak. Wanneer ek terugkeer, knyp ek\u00a0 Die Huisgenoot\u00a0onder my arm vas. Huistoe gaan dit haastig want\u00a0 dit is afdraand en ek is\u00a0gretig om verder te lees aan Engela van Rooyen se nuwe vervolgverhaal: &#8220;Die Blaasbalk blaas hard.&#8221;<\/p>\n<p>Iets in die verhaal raak my dertienjarige gemoed. Ook die\u00a0lewensgetroue illustrasies.\u00a0By hoofstuk\u00a0een\u00a0is &#8216;n \u00a0tekening van\u00a0&#8216;n man en &#8216;n meisie wat stap\u00a0in &#8216;n boomryke straat.\u00a0Die \u00a0eikebome is in hul herfskleure geklee en vorm &#8216;n mooi boog oor die paartjie. Hulle is klaarblyklik diep in gesprek &#8211; die man stoot &#8216;n fiets en hulle trap versigtig tussen die blare wat op die sypaadjie gestrooi l\u00ea. Die verhaal handel oor &#8216;n groep tokkelokke op die Kweekskool in Stellenbosch. Vir die volgende klompie weke leef ek my in in die verhaal van Gerhard en\u00a0Dirk\u00a0en die meisie wat so groot groot rol in elk van hulle se lewens speel,\u00a0Edith.<\/p>\n<p>Toe die verhaal eindig, is ek hartseer om afskeid te neem van hulle en van die mooie Stellenbosch. Tog is daar by my &#8216;n binneprentjie geskep van tokkelok-wees op Stellenbosch wat ek agt jaar later self sou ervaar toe ek as eerstejaar Kweekskoolstudent\u00a0 op Stellenbosch aanland. Intussen het die opvolg van Blaasbalk\u00a0 as vervolgverhaal in 1970 verskyn: &#8220;Silwer uit die Smeltoond.&#8221; Dit vertel\u00a0Gerhard en Edith se verhaal verder waar hulle as pastoriepaar in hulle eerste gemeente werk. &#8216;n Paar jaar later verskyn ook\u00a0 die sluitstuk in die trilogie, nl. &#8220;Mooi is die Erfenis&#8221;.<\/p>\n<p>Op die eerste dag van my Matriekeksamen stap ek met vrees en bewing die skoolsaal binne waar ons die eksamen afl\u00ea. Op elkeen van die banke is &#8216;n helder kaartjie met &#8216;n bemoedigende teksvers daarop. \u00a0Op my bank l\u00ea &#8216;n heldergeel kaartjie met die woorde: &#8221; Die meetsnoere het vir my in lieflike plekke geval, ja, my erfenis is vir my mooi.&#8221; (Ps 16:5,6) Dit word &#8216;n mottovers in my lewe. Ek stap as admissiestudent onder die mooi akkerbome in Tomstraat, Potchefstroom. Dit begin al ietwat soos die prentjie van die tydskrif voel, maar ek is nog net BA-student en nog\u00a0nie tokkelok op die kweekskool nie.<\/p>\n<p>Ek is seker dat die verhaal ook onbewustelik &#8216;n rol gespeeel het toe ek aan die einde van my Admissie-kursus op Potch moet besluit tussen Tukkies en Maties.<\/p>\n<p>Februarie 1975 is ek &#8216;n ingeskrewe student op Stellenbosch. Die impossante Kweekskoolgebou pas presies in die prentjie wat ek het van Maties.\u00a0 Bokant die marmertrappe van die ingang is &#8216;n inskripsie &#8220;Sol Iustitiae Illustra nos.&#8221; (Son van Geregtigtigheid bestraal ons). \u00a0Veral die roete vanaf my koshuis na die kweekskool langs watervore en onder eeue-oue eike vul die prentjie volmaak aan. Menige keer as ek van my koshuis na die kweekskool in Dorpstraat stap, wonder ek in watter huis sou Dirk en Gerhard kon gebly het in die verhaal. Ek kies selfs &#8216;n huis wat vir my die regte prentjie vorm van &#8216;n geskikte studente-skakelhuis. En ek wonder of ek ook my mooie\u00a0 Edith eendag onder die eike gaan raakloop om saam met haar die eensame ruimte van &#8216;n pastorie aan te durf. Intussen lees ek\u00a0\u00a0Engela van Rooyen se nuwe romans : Wenteltrap, Kontrapunt en Vuurwag en word deel van elke verhaal se inkleding en karakters. Ook onder die naam Engela Linde verskyn van haar meer popul\u00eare verhale.<\/p>\n<p>Aan die begin van die tagtigerjare is ek predikant op &#8216;n plattelandse gemeente in die Oos-Kaap. Ek bly in &#8216;n reuse pastorie. Alleen. Ek wonder oor die meetsnoere wat (nog nie) in lieflike plekke geval het nie. By die dorpsbiblioteek vra ek al die nuwe Afrikaanse boeke aan wat ek graag wil lees. Ook &#8220;Vollermaan&#8221; van Engela van Rooyen.\u00a0 Die tydskrifvervolgverhale wat ek so getrou in die Huisgenoot gelees het verskyn ook in die tyd in boekvorm en ek skaf vir my die drieluik verhale aan.<\/p>\n<p>Na drie jaar word ek na &#8216;n gemeente in die Vrystaat beroep. Steeds ongetroud. Eers in 2006 l\u00ea ek en my reisgenoot ons herfsbelofte af in die mooie Clarens terwyl die bome hulle\u00a0 herfstooisels aanbied as versiering. Tydens die geselligheid na die tyd, haal ek Ps 16:5,6 aan. Die meetsnoere het nou inderdaad vir my in\u00a0lieflike plekke geval!<\/p>\n<p>In 2007 moet my reisgenoot vir &#8216;n werksvergadering &#8216;n paar dae in Johannesburg wees. Ek lees in die tyd Engela van Rooyen se outobiografiese &#8220;Seisoene&#8221;\u00a0 Dit is die eerste boek wat ek weer van haar lees sedert die grootse &#8220;Vuur op die Horison&#8221; wat ter herdenking van die Anglo-Boereoorlog verskyn het.<\/p>\n<p>Die outobiografiese vertelling in &#8220;Seisoene&#8221; raak my intens. Toe ek\u00a0 in die klein ure van die nag dit klaar gelees het, gaan haal ek al die boeke wat ek van Engela van Rooyen (Linde) het uit my boekrak en kom sprei dit op die dubbelbed om my. Ek dink aan al die jare van leesgenot wat ek van die skrywer ervaar het sedert die verskyning van &#8220;Die Blaasbalk blaas hard&#8221; as tydskrifverhaal in 1967. Ek besluit om die volgende oggend &#8216;n brief van waardering\u00a0aan haar te stuur via haar Uitgewers, Tafelberg. Ek skryf dan ook die epos en stuur dit aan Tafelberg. &#8216;n Maand of twee gaan verby sonder enige reaksie. Ek besluit om die epos weer aan Tafelberg te stuur. Ek heg al my kontakbesonderhede aan. Ek kry bevestiging dat die epos di\u00e9keer wel aan haar aangestuur is.<\/p>\n<p>Die volgende middag lui my telefoon.\u00a0 Dis Engela wat bel. Sy het my epos ontvang en is baie bly oor die brief en die lang pad wat ek al loop met haar verhale (en vir al die kere dat Kleinwim bult-op getrap het om die nuwe hoofstuk van die vervolgverhaal te koop!). Ons gesels lekker en onderneem om weer kontak te maak &#8211; per epos en per telefoon. Ek vertel my reisgenoot van die goeie ontmoeting en ons s\u00ea dat ons graag eendag in Petoria by Engela en Kobie wil gaan kuier.<\/p>\n<p>\u00a0In 2008 duik daar &#8216;n geleentheid op. Ons moet vir &#8216;n funksie in Pretoria wees en bly oor by vriende. Ek re\u00ebl dat ons die Saterdag by Engela en Kobie &#8216;n kuiertjie sal inpas. Dit word &#8216;n oggend van heerlike kuier-gesels en dit voel of ons haar al jare ken. Ek kry &#8216;n groot geskenk. Sy vul die leemtes in my Engela van Rooyen versameling aan met boeke wat sy op haar rak het. Dit voel soos &#8216;n siklus wat na een-en-veertig jaar voltooi is.<\/p>\n<p>Einde verlede jaar kry ek &#8216;n verdere verrassing. In die pos is daar vir my &#8216;n pakkie van Engela. Toe ek dit oopmaak, is dit al die ou Huisgenote van 1967 en 1970 met die verhale &#8220;Blaasbalk\u00a0blaas hard&#8221; en Silwer uit die Smeltoond&#8221; wat netjies uitgeskeur\u00a0 en genommer is. Ook die voorblaaie van die uitgawes stuur sy saam.\u00a0Ek is kinderlik opgewonde en word weer vir daardie oomblik Kleinwim wat met sy Ralleigh weekliks bult-op trap om die nuwe hoofstuk van Engela se vervolgverhaal te gaan koop!<\/p>\n<p>Die pad van die di\u00e9 storie het inderdaad oor meer as veertig jaar geloop &#8211; van Virginia, via Klerksdorp, my studentejare op Potchefstroom en Stellenbosch, deur my eerste gemeente en tot hier waar ek nou weer in die Vrystaat bevind. Die wonderlike pad\u00a0van &#8216;n storie!<\/p>\n<p><a href=\"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/wp-content\/uploads\/2013\/11\/2008-08-08-093a-12.jpg\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"aligncenter size-medium wp-image-1078\" alt=\"2008-08-08 093a-1(2)\" src=\"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/wp-content\/uploads\/2013\/11\/2008-08-08-093a-12-300x225.jpg\" width=\"300\" height=\"225\" srcset=\"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/wp-content\/uploads\/2013\/11\/2008-08-08-093a-12-300x225.jpg 300w, https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/wp-content\/uploads\/2013\/11\/2008-08-08-093a-12.jpg 682w\" sizes=\"auto, (max-width: 300px) 100vw, 300px\" \/><\/a><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>\u00a0 \u00a0Die lentebelofte is tasbaar in die lug. Ek is dertien jaar oud en my Ralleigh\u00a0 fiets is my volbloedperd waarmee ek\u00a0 teen die steil opdraand uitbeur na die\u00a0besigheidsentrum toe om &#8216;n weeklikse aankoop by Pan African kafee te maak. Wanneer ek terugkeer, knyp ek\u00a0 Die Huisgenoot\u00a0onder my arm vas. Huistoe gaan dit haastig want\u00a0 [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[1],"tags":[],"class_list":["post-1071","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-uncategorized"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/1071","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=1071"}],"version-history":[{"count":9,"href":"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/1071\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":1082,"href":"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/1071\/revisions\/1082"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=1071"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=1071"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=1071"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}