{"id":1085,"date":"2013-12-07T15:21:34","date_gmt":"2013-12-07T13:21:34","guid":{"rendered":"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/?p=1085"},"modified":"2014-01-03T12:51:00","modified_gmt":"2014-01-03T10:51:00","slug":"die-tenacity-borsel","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/?p=1085","title":{"rendered":"Die Tenacity borsel"},"content":{"rendered":"<p><a href=\"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/wp-content\/uploads\/2013\/12\/2013-boksies-094a-1-2.jpg\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"aligncenter size-medium wp-image-1086\" alt=\"2013-boksies 094a-1 (2)\" src=\"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/wp-content\/uploads\/2013\/12\/2013-boksies-094a-1-2-300x225.jpg\" width=\"300\" height=\"225\" srcset=\"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/wp-content\/uploads\/2013\/12\/2013-boksies-094a-1-2-300x225.jpg 300w, https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/wp-content\/uploads\/2013\/12\/2013-boksies-094a-1-2.jpg 796w\" sizes=\"auto, (max-width: 300px) 100vw, 300px\" \/><\/a><\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>Soms (veral teen die einde van die jaar) is &#8216;n mense\u00a0se moed- en geduldtenk maar boomskraap. Dan het jy versterking nodig!<\/p>\n<p>Onlangs\u00a0luister ek na die inspirerende lied wat Peter Gabriel en Kate Bush sing:\u00a0<em>Don&#8217;t Give up<\/em>. Dit is &#8216;n lied wat inspireer tot volharding en aanhou, selfs al is al die omstandighede teen jou en alles in jou bring \u00a0jou naby die oomblik van handdoek ingooi:<\/p>\n<p>I am a man whose dreams have all deserted<br \/>\nI&#8217;ve changed my face, I&#8217;ve changed my name<br \/>\nbut no one wants you when you lose<br \/>\n<strong>Dan die refrein<\/strong>:<br \/>\ndon&#8217;t give up<br \/>\n&#8216;cos you have friends<br \/>\ndon&#8217;t give up<br \/>\nyou&#8217;re not beaten yet<br \/>\ndon&#8217;t give up<br \/>\nI know you can make it good<\/p>\n<p>Don&#8217;t give up. Hou uit. Hou aan.Volhard.\u00a0<\/p>\n<p>Dit het my onverwags aan die <em>Tenacity<\/em> borsel laat dink. Dit was &#8216;n borsel wat ek as tiener gebruik het om my daaglikse taak uit te voer. Elkeen van ons gesin\u00a0het &#8216;n paar werkies gehad wat ons moes doen in en om die huis: bv.\u00a0 Ma en die sussies het\u00a0kos gemaak, ek het help afdek en Pa het die skottelgoed gewas terwyl ek die afdroogwerk gedoen het en die sussies weggepak het. Kleinboet het dan gewoonlik een of ander nood ontwikkel en het homself verskoon uit die kombuis.<\/p>\n<p>Elkeen het ook &#8216;n oggendtaak gehad om voor skool te verrig. Die sussies het gehelp met huishoudelike take terwyl dit my taak was om elke oggend terwyl\u00a0ma koffiewater kook en ontbyt begin voorberei, elke gesinslid se skoene te poets.<\/p>\n<p>Dit was &#8216;n behoorlike ritueel. Aan die begin van die nuwe kwartaal het ek vir my &#8216;n interessante koerant dubbelblad uitgesoek met heelwat berigte en ook advertensies. Die koerant moes dan die hele kwartaal hou. Soggens terwyl ek die vier pare swart skoolskoene en pa se bruin skoene op die koerant uitpak het ek dan so vlugtig &#8216;n beriggie gelees of &#8216;n advertensie bestudeer. Nodeloos om te s\u00ea: Ek het die koerantblad omtrent uit my kop geken teen die tyd dat ek dit teen die einde van die kwartaal met groot verligting kon weggooi!<\/p>\n<p>Daar, terwyl ek sorvuldig eers die skoene met politoer gesmeer het en dan blinkgepoets het, het die <em>tenacity<\/em> borsel sy verskyning gemaak. Dit was my poetsborsel vir die skoolskoene. Op die rugkant van die borsel het\u00a0die\u00a0 woord <em>Tenacity<\/em> gestaan. Dit was vir my so interessante woord dat ek sy betekenis\u00a0 moes uitvind. Ek vra een oggend vir my ma wat die woord beteken en sy s\u00ea: &#8220;Dit wat jy nou doen, is Tenacity &#8211; jy\u00a0is besig om aan te hou\u00a0poets tot die skoen mooi blink is. Tenacity beteken volharding.&#8221; Later soek ek ook Tenacity in die verklarende Engelse woordeboek op en ek vind\u00a0die volgende sinonieme: firm, stubborn or persistent, cohesive, to stick or adhere. From Latin tenax, to hold.<\/p>\n<p>Menige oggend was ek nie baie lus vir my takie as poetser van skoene nie want dit gevoel asof die skoene in elk geval sommer binne &#8216;n japtrap weer stofvuil sou wees. Tog het ek die koerantblad (wat teen die tyd al &#8216;n paar swart- en bruin merke op gehad het) oopgevou, die <em>Nugget<\/em> politoerblikkie oopgemaak, die borsel in die politoer gedruk en die eerste paar skoene begin politoer. Algaande het ek dan ontdek dat dit eintlik gouer gaan as wat ek gedink het en dat daar tog (moes ek te\u00ebsinnig erken) iets lekkers daaraan\u00a0\u00a0was om vuil skoene te poleer n blink te poets. So voor- en na prentjie. Tog onthou ek die onwilligheid om op &#8216;n ekstra koue wintersoggend onder die kombuislig te kniel en my taak uit te voer, terwyl ek eerder graag nog bietjie snoesig in die bed sou wou l\u00ea!\u00a0 Op sulke oggende het ek die <em>tenacity<\/em> borsel ekstra styf vasgehou en vinnige poetsbewegings gemaak om\u00a0die bloed vinniger deur my lyf te laat pomp.<\/p>\n<p>Soms het ek probeer om\u00a0<em>tenacity<\/em> in Afrikaans te vertaal, maar volharding s\u00ea nie so lekker soos<em> tenacity<\/em> nie. Eers &#8216;n paar jaar later sou ek in die weermag die woordjie vasbyt leer ken wat omtrent die beste vertaling van<em> tenacity<\/em> is. Daardie volhardende vashou terwyl jou geduld en moed al gedaan is. Die aanhou ten spyte van.<\/p>\n<p>Ek bewonder mense wat daardie &#8220;<em>Tenacious<\/em>&#8220;-eienskap het. Vasbyt-mense.<\/p>\n<p>Van so iemand lees ek in een van Dot Serfontein se verhale. In haar boek oor vreeslose Vrystaters,<em>Systap onder die juk<\/em>, vertel sy die verhaal van haar oumagrootjie, Tant Sannie van der Hoven van Leeukuil. &#8216;n Ware Tenacity Tannie. \u00a0Di\u00e9 formidabele vrou was bekend onder almal in die omgewing en ook\u00a0 volksleiers soos Brand, de Wet en Steyn was gaste aan haar huis. Sy het honderd-en-een jaar oud geword en as sy bietjie beter saamgehelp het, kon sy selfs\u00a0heelwat ouer geword het, reken Dot Serfontein.<\/p>\n<p>Die weduwee het haar g&#8217;n laat stuit deur enige te\u00ebspoed of\u00a0 terugslag nie. Toe sy op tagtigjarige ouderdom\u00a0 haar heup breek, het die kleinkinders begin re\u00eblings tref vir versorging en &#8216;n invalidebestaan. Vir veertien dae het sy in die bed gel\u00ea en toe opgesukkel, die heup met boegoebrandewyn ingesmeer en met &#8216;n eetkamerstoel as loopraam\u00a0 gehink tot in die kombuis. En dit was die einde van die gebreekte heup wat haar betref. Van daardie dag af, tot aan die einde van haar lewe, het sy gestap met &#8216;n eetkamerstoel as stut voor haar en met so skewe galoppie deur die huis beweeg. In die tyd het sy drie stinkhoutstoele opgeloop tot dig by hulle matte! Dis vasbyt!<\/p>\n<p>Iets van hierdie (geloofs)vasbyt kry ons by die Ou Testamentiese profeet Habakuk. Te mide van die verwoesting wat die Galde\u00ebrs\u00a0onder \u00a0sy volk en land saai, klim hy op die wagtoring en bly hy in gesprek met God. Te midde van al die verval, vyebome sonder vrug, wingerde sonder druiwe, &#8216;n olyfoes wat misluk en vee wat gesteel word uit kampe, nogtans sing hy sy Vasbyt-lied:<\/p>\n<p><i>kee\u00a0 <\/i>\u00a0<i>kaw-khash&#8217;\u00a0 <\/i><i>an-ee&#8217;\u00a0 <\/i><i>aw-laz&#8217;<\/i><\/p>\n<p>al sou die vrugte teleurstel, nogtans sal ek jubel (spring) van vreugde.<\/p>\n<p>Ek gaan weer soek tot ek iewers &#8216;n Tenacity-borsel raakloop en dan die Habakuk lied sing, terwyl ek my skoene spie\u00eblblink poets!<\/p>\n<p>Daarna\u00a0gaan ek weer aandagtig luister na Peter en Kate se lied:\u00a0<em>Don&#8217;t Give up. <\/em><\/p>\n<p>rest your head<br \/>\nyou worry too much<br \/>\nit&#8217;s going to be alright<br \/>\nwhen times get rough<br \/>\nyou can fall back on us<br \/>\ndon&#8217;t give up<br \/>\nplease don&#8217;t give up<\/p>\n<p>don&#8217;t give up<br \/>\n&#8216;cos you have friends<br \/>\ndon&#8217;t give up<br \/>\nyou&#8217;re not beaten yet<br \/>\ndon&#8217;t give up<br \/>\nI know you can make it good&#8230;<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>&nbsp; Soms (veral teen die einde van die jaar) is &#8216;n mense\u00a0se moed- en geduldtenk maar boomskraap. Dan het jy versterking nodig! Onlangs\u00a0luister ek na die inspirerende lied wat Peter Gabriel en Kate Bush sing:\u00a0Don&#8217;t Give up. Dit is &#8216;n lied wat inspireer tot volharding en aanhou, selfs al is al die omstandighede teen jou [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[1],"tags":[],"class_list":["post-1085","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-uncategorized"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/1085","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=1085"}],"version-history":[{"count":6,"href":"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/1085\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":1093,"href":"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/1085\/revisions\/1093"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=1085"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=1085"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=1085"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}