{"id":113,"date":"2010-07-24T15:05:49","date_gmt":"2010-07-24T13:05:49","guid":{"rendered":"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/?p=113"},"modified":"2010-07-26T11:35:10","modified_gmt":"2010-07-26T09:35:10","slug":"woestyntog","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/?p=113","title":{"rendered":"Woestyn-ontdekkingstog"},"content":{"rendered":"<p><a href=\"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/wp-content\/uploads\/blog.wimfourie.co.za\/2010\/07\/Picture2a2.jpg\"><\/a><a href=\"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/wp-content\/uploads\/blog.wimfourie.co.za\/2010\/07\/Picture2a21.jpg\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"aligncenter size-medium wp-image-124\" title=\"Picture2a(2)\" src=\"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/wp-content\/uploads\/blog.wimfourie.co.za\/2010\/07\/Picture2a21-300x234.jpg\" alt=\"\" width=\"300\" height=\"234\" srcset=\"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/wp-content\/uploads\/\/blog.wimfourie.co.za\/2010\/07\/Picture2a21-300x234.jpg 300w, https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/wp-content\/uploads\/\/blog.wimfourie.co.za\/2010\/07\/Picture2a21.jpg 640w\" sizes=\"auto, (max-width: 300px) 100vw, 300px\" \/><\/a><a href=\"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/wp-content\/uploads\/blog.wimfourie.co.za\/2010\/07\/Shades-of-Grey2.jpg\"><\/a><\/p>\n<p>Soms wens mens jy kon op die eerste skeppingsdag langs die Skepper staan\u00a0 en iets van die wordingsproses beleef. Tog lyk dit vir my asof die Vader iets van die wonder van die skepping en die lewensgeheim op die onwaarskynlikste plek weggebere het. In die Woestyn<\/p>\n<p>Op een-en-vyftig\u00a0 maak ek vir die eerste keer eerstehands kennis met die woestyn.<\/p>\n<p>Die wesentlike woestyn. Die wonderlike woestyn.<\/p>\n<p>En skielik resoneer al die woestynbeelde uit my kindertyd in my kop:<\/p>\n<p>Hagar met die huilende Ismael-kind uitgelewer in die woestyn. Moses se braambos-ontmoeting in die woestyn. Die volk se veertigjarige woestyntrek. Elia onder die besembos uitgelewer aan die woestyn. Jesus se veertig dae van versoeking in die woestyn.<\/p>\n<p>Terwyl ons deur die skynbare niks van die Gipsvlakte in die Namib reis, weet ek dat die woestyn gereis , geleef, deurgaan moet word.<\/p>\n<p>In hierdie gestroopte landskap vind ek \u2018n klankbord vir versugtinge, \u2018n palet vir inbrandprentjies, \u2018n wydsheid wat nooi en \u2018n oerhart wat lewe klop. Soveel so dat ek op die sandgrond wil gaan l\u00ea en die ritme deur my voel.<\/p>\n<p>Eintlik vorm duin sewe buite Walvisbaai die poort na my woestynervaring. Na baie skilderprentjies in Swakop ry ons na Walvisbaai en ontmoet die woestynlandskap oppad soontoe: die wisselspel van die onvaspenbare duine. Uiteindelik die berugte duin sewe. Dit word \u2018n pelgrimstog teen die duin op, \u2018n bedevaartstog, \u2018n vasbytervaring: Dit begin stap-stap, verander in hande-viervoet en word later \u2018n Survivor reis. Vyftien vorentoe, later tien, selfs vyf, maar later wisselende\u00a0 kruipslae na die ontwykende kruin. Die duin word metafoor vir al die ontwykende drome en die onvermybare struikelblokke. En die bereiking van die kruin \u2018n ononderhandelbare m\u00f2\u00e8t. Die einde is in sig van my eie Everest en Uhuru-piek. \u2018n Bereikpunt met \u2018n vergesig as verrassing. Die afkyk na die oase-palms, die verderkyk na die glooiings van die woestyn, Die seekyk na Walvis se kant. Die opkyk na die hemele wat nader voel. Dis tyd vir \u2018n vlerkfoto!<\/p>\n<p>Die uitbundigheid van die duinafhardloop vergoed vir die kruipslag oppad na die kruin.<\/p>\n<p>Die woestyn is \u2018n lewensplek!<\/p>\n<p>Dit weet ek terwyl ons deur die maanlandskap van die gipsvlakte reis, die ligeen sien reageer op water, die wegskarrel toktokkie sien, die lewende klippe voel pols, die sandlandskap sien in sy verskillende monderings.<\/p>\n<p>Die woestyn\u00a0 is ten diepste skeppingsplek en herskeppingsplek:<\/p>\n<p>Eers die landskap van die niks<\/p>\n<p>Dan die ontdekking van lewe \u2013 ligeen wat reageer op \u2018n druppel<\/p>\n<p>Dan die oerlandskap waar die welwitschia oorleef<\/p>\n<p>Dan die klippe in die klipwoestyn wat uitroep: Kyk na ons uniekheid<\/p>\n<p>Die graspolle<\/p>\n<p>\u2018n Boom<\/p>\n<p>Wild wat skugter verskyn<\/p>\n<p>Dan!\u00a0 Die oorvloed.<\/p>\n<p>In die woestyn leer mens anders kyk. Verby die skynbare niks. Tot jy met X-straal o\u00eb die lewenskrag en energie van die woestyn sien. Sy primitiewe wil tot leef. En dit jou aanpraat.<\/p>\n<p>\u00a0In die woestyn leer jy anders h\u00f2\u00f2r. Hoor jy die klank van suiwerende stilte.\u00a0Jy dink aan Leonard Cohen se gedig:<\/p>\n<p>You tell me that silence<br \/>\nis nearer to peace than poems<br \/>\nbut if for my gift<br \/>\nI brought you silence<br \/>\n(for I know silence)<br \/>\nyou would say<br \/>\n\u201cThis is not silence<br \/>\nthis is another poem\u201d<br \/>\nand you would hand it back to me.<\/p>\n<p>Juis vanwe\u00eb die stilte hoor jy dit wat andersinds uitgedoof word.<\/p>\n<p>Hoor jy die roepstem van die tyd.<\/p>\n<p>Hoor jy die lewenshartklop.<\/p>\n<p>En jou eie.<\/p>\n<p>Die woestyn is die regte omgewing vir verwondering.<\/p>\n<p>In die woestyn kan ek anders voel . Want die woestyn brand braambos in my bors. (vgl Rosa Smit se gedig \u2013 Braambos)<\/p>\n<p>\u00a0In\u00a0 die woestyn soek jy die nuwe woorde vir \u2018n ou waarheid. Soek jy dit wat jou nog altyd ontwyk het en dalk in jou\u00a0 binneste versteek was.<\/p>\n<p>Die woestyn stuur jou op \u2018n soekgeselskap na die dinge wat soos \u2018n hersenskim jou ontwyk. Hiervan vertel Koos Kombuis\u00a0 se liedjie: Atlantis in jou lyf<\/p>\n<p>Op \u2019n reis deur die woestyn<br \/>\nverdwyn ons trane in die sand<br \/>\nOp \u2019n gravelpad na die see<br \/>\nsoek ek die unicorn se strand.<\/p>\n<p>Ek grawe kaalhand in die grond<br \/>\nop soek na woorde en witblits<br \/>\nMaar Vader Tyd se uurglas sak<br \/>\nsoos \u2019n deurkosyn in L\u00fcderitz.<\/p>\n<p>En verder:<\/p>\n<p>Ek weet jy is hier iewers<br \/>\nin die klei van Afrikaans<br \/>\nMaar ek ken nog nie jou naam nie<br \/>\njy sing waar die flaminke dans<\/p>\n<p>jy\u2019s die vloek wat my laat skryf<br \/>\ndie Saharas in jou o\u00eb<br \/>\nen Atlantis in jou lyf.<\/p>\n<p>Kyk jy terugskouend na jou woestynfoto&#8217;s , begin jy tog geleidelik musiek hoor. Jy vermoed die meesleurende klanke van Mike Batt se klankbaanmusiek vir Caravans. Dan selfs duideliker klink die woorde van Barbara Dickson se Caravan Song:<\/p>\n<p>Caravans<br \/>\nOh, my soul is on the run<br \/>\nOverland<br \/>\nI am flying<br \/>\nCaravans<br \/>\nMoving out into the sun<br \/>\nOh, I don&#8217;t know where I&#8217;m going<br \/>\nBut I&#8217;m going<\/p>\n<div><span style=\"font-family: Helvetica, Arial, sans-serif; color: #ffffff;\">Caravans, oh\u00a0 the run<br \/>\n<\/span><\/div>\n<div>Die woestyn is die diepste spie\u00ebl waarin jy uiteindelik self moet kyk. Jou eie korreltjie-bestaan raaksien. Jou kwesbaarheid. En jou\u00a0 kern. Want juis in die landskap van die niks word die ware jy oop en vry. Daarom sou ek in die woestyn kaal wou staan. Net ek in my primitiefste ekheid en die wete dat ek onlosmaaklik deel van die hierdie aarde is. Stofmens. Maar juis so raakbaar naby aan die hemel. Veral as snags as die ster-karos oop oor die woestyn gesprei word. Dan sou ek die sterre wou sluk terwyl ek boontoe praat\/sing.<\/div>\n<p>plasse sterre<br \/>\nsterremere se\u00eb van sterre<br \/>\nby Nossob<br \/>\nstaan jy oopmond<br \/>\nverstom<br \/>\nvir die verstommende sterre<br \/>\nso naby dat jy net maar jou hand kan lig<br \/>\njou oop mond oop kan hou om strome<br \/>\nstorms sterre te sluk\u00a0 (Mari\u00e9\u00a0 Blomerus &#8211; Plasse Sterre)<\/p>\n<p>In die woestyn weet jy oerseker dat geloof is om die onsienlike te sien, selfs (juis) in die plek waar daar niks is om te sien nie, maar tog s\u00f2 baie.<\/p>\n<p>\u201cIn die land van skynbare niks<\/p>\n<p>leer U my nuut kyk<\/p>\n<p>\u00a0sien ek selfs die nietigste<\/p>\n<p>toktokkie as bode<\/p>\n<p>van die Groot Kaptein\u2026\u201d<\/p>\n<p>In die woestyn is jy\u00a0 in die werksplek van die Timmerman.<\/p>\n<p>In die binnekamer van die Godsverlatene.<\/p>\n<p>\u00a0Word\u00a0 stamelende stofmens weer jubelende\u00a0 lofmens.<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Soms wens mens jy kon op die eerste skeppingsdag langs die Skepper staan\u00a0 en iets van die wordingsproses beleef. Tog lyk dit vir my asof die Vader iets van die wonder van die skepping en die lewensgeheim op die onwaarskynlikste plek weggebere het. In die Woestyn Op een-en-vyftig\u00a0 maak ek vir die eerste keer eerstehands [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[1],"tags":[],"class_list":["post-113","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-uncategorized"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/113","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=113"}],"version-history":[{"count":8,"href":"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/113\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":126,"href":"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/113\/revisions\/126"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=113"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=113"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=113"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}