{"id":127,"date":"2010-07-27T16:39:28","date_gmt":"2010-07-27T14:39:28","guid":{"rendered":"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/?p=127"},"modified":"2010-07-30T11:10:45","modified_gmt":"2010-07-30T09:10:45","slug":"die-pienk-impala","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/?p=127","title":{"rendered":"Die Pienk Impala"},"content":{"rendered":"<p><strong><a href=\"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/wp-content\/uploads\/blog.wimfourie.co.za\/2010\/07\/IMGP54801.jpg\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"aligncenter size-medium wp-image-129\" title=\"IMGP5480\" src=\"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/wp-content\/uploads\/blog.wimfourie.co.za\/2010\/07\/IMGP54801-300x200.jpg\" alt=\"\" width=\"300\" height=\"200\" srcset=\"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/wp-content\/uploads\/\/blog.wimfourie.co.za\/2010\/07\/IMGP54801-300x200.jpg 300w, https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/wp-content\/uploads\/\/blog.wimfourie.co.za\/2010\/07\/IMGP54801.jpg 640w\" sizes=\"auto, (max-width: 300px) 100vw, 300px\" \/><\/a><\/strong><\/p>\n<p><strong>\u00a0<\/strong>Die dag toe my Oom Piet met sy gevleuelde \u201858 Plymouth Savoy by ons erf in Stilfontein inry, het alles begin. As\u00a0 vyfjarige knaap het ek die motor onbeskaamd bekyk, bewonder, bestreel. Veral die twee prominente roomkleur vlerke wat uit die motor verrys het. Haaivinne, het die mense dit spottenderwys genoem. Vir my was dit soos die stertvin van \u2018n lieflike dolfyn wat sagweg deur die water klief.<\/p>\n<p>\u00a0Oom Piet het ons vir \u2018n rit geneem. Die motor het sag gewieg en op die luukse sitplek het ek gewens vir \u2018n motor met vlerke. Behoorlike vlerke wat onbeskaamd hulle vlerkwees wys. Anders as Oom Piet het ons maar beskeie rygoed tot op daardie stadium gehad \u2013 \u2018n Tweedehandse groen 1934 seildak Morissie was Pa en Ma se eerste motor. Volgens hulle vertelling het hulle\u00a0 fietse as deposito gedien vir die motortjie. Daarna was dit \u2018n swart Vauxhall Velox(die eerste motor wat ek as kind geken het), Net een keer het Pa afgewyk van die veilige kleure toe hy in 1959 die <em>twotone<\/em> vuilpienk Vauxhall Victor met die roomkleur dak gekoop het. Nadat die motor oorverhit het tydens ons epiese langverlof Kaap toe, het Pa maar weer die veilige roete gevolg en die betroubare\u00a0 liggroen Volksie gekoop.En by versigtige (vervelige?) vinlose motors gebly.<\/p>\n<p>\u00a0Die verlange na \u2018n vlerkmotor het egter gebly.<\/p>\n<p>\u00a0As sesjarige graadtwee\u2019tjie neem ek deel aan die atletiekbyeenkoms van die Laerskool, Saamtrek, Klerksdorp. Die vorige jaar het ek omkyk-omkyk gehardloop en kort voor die wenpaal gestruikel. Vanjaar, besluit ek om soos die Dominee so mooi in\u00a0 die kerk gepreek het, die oog op die wenpaal te hou. Dit werk sowaar en ek wen die sestig tre\u00eb vir seuns onder sewe. In \u2018n rekordtyd. Pa is so opgewonde dat die bruin Kodak \u201cmovie\u201dkamera heen en weer swaai. Toe ons weke later die \u00a08mm ontwikkelde filmpie van die wedloop\u00a0 kry, sien ons skaars die einde \u2013 \u2018n klompie atlete bewe op die skerm.Die oomblik toe\u00a0 ek die wenlint breek, onthou Pa darem\u00a0 sy rol as kameraman en vang die wenmoment vas.<\/p>\n<p>\u00a0Opgewonde oor die oorwinning, neem Pa my kort na die wedloop dorp toe. By Czanks, die gesogte\u00a0 Fotografie- en stokperdjiewinkel in die hoofstraat onthul hy die doel van ons besoek. Ek kan twee modelmotortjies uitsoek as beloning vir die\u00a0 prestasie.<\/p>\n<p>\u00a0Ek voel skoon oorweldig. Die luukse van \u2018n keuse te h\u00ea uit al die splinternuwe karretjies in die vertoonkas! Ek maak net weer seker \u2013 ja dis definitief\u00a0 nie twee klein Matchbox modelle wat ek kan kies nie, maar \u2018n behoorlike speelmotor \u2013 \u2018n\u00a0 Dinky of \u2018n Corgi.<\/p>\n<p>\u00a0Ek maak ten volle gebruik van\u00a0 die gewigtige oomblik. My blik dwaal oor die rye en rye motortjies in die glaskas. Een van die motors wat bo-op sy boksie staan, vang my oog, vanwe\u00eb sy uitsonderlike kleur \u00e9n vanwe\u00eb sy vlerke \u2013 \u2018n helderpienk Chevrolet Impala met twee vlerke wat uitdy na die kante. Vir \u2018n oomblik dink ek dat die motor dieselfde kleur is as Ma se wyerandhoed wat sy met kleinsus se doop gedra het. <em>Shocking pink <\/em>\u00a0was die beskrywing van Ma se hoed en handskoene wat sy saam met die pikswart nousluitende knielengte rok gedra het. Vir my was die skokmooi pienk hoed egter so kleurvol soos die laatmiddagwolke as die son kleinkoppie oor die Wes-Transvaalse rantjies trek.<\/p>\n<p>\u00a0Maar nou, die Impala. Ek vra om hom van nader te beskou. Hy voel so tuis in my hand. Ek draai hom bewonderend in die rondte. Binnekant is\u00a0 heldergeel bekleedsel\u00a0 en \u2018n grys stuurwiel aan die linkerkant. Maar die beste van alles is die stertkant. Die twee vinne wat so statig uitrys na die kante toe, nes Ma se beskuit wat die toemaakdoek laat lig na \u2018n deeglik kniesessie. Onder die vlerke pryk twee lang rooi ligte, soos twee traandruppels. My keuse is gemaak. Die tweede motortjie word amper terloops gekies \u2013 \u2018n blou Corsair met \u2018n kattebak wat kan oopmaak. Ek kyk met dankbare o\u00eb na Pa. \u2018n Groot geskenk voorwaar.<\/p>\n<p>\u00a0Laatmiddag speel ek met die motortjies. Die Impala kry voorkeur.Net hy mag op die rooi teels van die <em>flowerbox<\/em> ry. Asof dit die presidensi\u00eble motor in \u2018n konvooi is. My bewondering vir die motortjie styg met rasse skrede met die ontdekking dat as ek liggies op die linkerkant van die motor se dak druk, dit na links draai, druk ek regs, dan beweeg die saggeveerde motortjie na regs. In my gedagtes ry ek weer voor in Oom Piet se Plymouth Savoy. Maar nou is dit my eie vlerkmotor.<\/p>\n<p>\u00a0Smiddae na skool kan ek nie wag om met my pienk Impala onder die vrugtebome te ry nie. Die paadjies is sorgvuldig geskraap met \u2018n tamatiekisplankie. As dit koud of re\u00ebnerig is, dien die sitkamermat met sy blokke en ingeweefde paadjies as die perfekte landskap vir my spogmotor.<\/p>\n<p>\u00a0Vyf jaar later verhuis ons na Virginia in die Vrystaat. My speelgoedmotortjies word sorgvuldig in hul bruin tas weggepak. By ons nuwe huis bly hulle ingepak want as tiener is daar daar nuwe belangstellings.<\/p>\n<p>\u00a0Toe ons drie jaar later terugtrek Klerksdorp toe, raak die tas met motortjies onverklaarbaar weg.Teen die tyd is ek in standerd agt en word die verlies nie so intens ervaar nie nie \u2013 die lewe is mos \u2018n avontuur vol nuwe uitdagings. Ek is mos nou groot.<\/p>\n<p>\u00a0Jare later bevind ek my weer in die Vrystaat. Iets van die kleintyd hunkering noop my om modelmotortjies te begin versamel. Ek koop mooi motortjies wat my vertoonkas volstaan en ver laat terugdink, maar nie een voel regtig \u201ceie\u201d\u00a0 nie. Ek mis my vlerkmotor \u2013 my pienk Impala.<\/p>\n<p>\u00a0Jare gaan verby \u2013 dis byna vyftig jaar na die opstel van die rekord en Pa en Ma het lankal verhuis na hul hemelse woning&#8230;<\/p>\n<p>\u00a0\u201c Kom jy kyk? Ek bring my \u201948 Dodge wat ek klaar gerestoureer het na die Motorskou in die Goudveld?\u201d oom Piet se stem klink baie opgewonde toe hy my vroegoggend bel.<\/p>\n<p>\u00a0\u00a0Op \u2018n helder Augustus oggend\u00a0stap ek die skouterrein binne. \u2018n Nostalgiese sestiger liedjie weerklink oor die terrein \u2013 Herman\u2019s Hermits se\u00a0\u201cMy sentimental friend\u201d. Kort daarna ook Peter Sarstedt se \u201cWhere do you go to my Lovely?\u201d Dit plaas my in die regte stemming.<\/p>\n<p>\u00a0Vandag gaan spesiaal wees.<\/p>\n<p>\u00a0\u00a0Ek stap deur die eerste paar rye pragtig gerestoureerde motors opsoek na Oom Piet en sy Dodge. Loop ook verby \u2018n stalletjie met tweedehandse modelmotortjies. Ek moet net gaan kyk. Toe ek binnestap, val die jare weg. Ek is weer die sesjarige voor die vertoonkas. Ja, sowaar, daar staan hy \u2013 gereed om opgetel te word \u2013 die pienk Impala<\/p>\n<p>\u00a0Ek kan die koop nie gou genoeg beklink nie. Ek vind Oom Piet by sy pragtige donkergroen Dodge. En haal trots my eie vlerkmotor uit. Dit voel asof ek vandag \u2018n rekord gebreek het. Vir geduldig wag.<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>\u00a0Die dag toe my Oom Piet met sy gevleuelde \u201858 Plymouth Savoy by ons erf in Stilfontein inry, het alles begin. As\u00a0 vyfjarige knaap het ek die motor onbeskaamd bekyk, bewonder, bestreel. Veral die twee prominente roomkleur vlerke wat uit die motor verrys het. Haaivinne, het die mense dit spottenderwys genoem. Vir my was dit [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[1],"tags":[],"class_list":["post-127","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-uncategorized"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/127","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=127"}],"version-history":[{"count":3,"href":"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/127\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":131,"href":"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/127\/revisions\/131"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=127"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=127"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=127"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}