{"id":133,"date":"2010-08-03T16:10:42","date_gmt":"2010-08-03T14:10:42","guid":{"rendered":"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/?p=133"},"modified":"2010-08-04T10:09:44","modified_gmt":"2010-08-04T08:09:44","slug":"om-te-fiets","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/?p=133","title":{"rendered":"Om te fiets"},"content":{"rendered":"<p><a href=\"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/wp-content\/uploads\/blog.wimfourie.co.za\/2010\/08\/14-April-vervolg-212a21.jpg\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"aligncenter size-medium wp-image-136\" title=\"14 April-vervolg 212a(2)\" src=\"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/wp-content\/uploads\/blog.wimfourie.co.za\/2010\/08\/14-April-vervolg-212a21-300x225.jpg\" alt=\"\" width=\"300\" height=\"225\" srcset=\"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/wp-content\/uploads\/\/blog.wimfourie.co.za\/2010\/08\/14-April-vervolg-212a21-300x225.jpg 300w, https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/wp-content\/uploads\/\/blog.wimfourie.co.za\/2010\/08\/14-April-vervolg-212a21.jpg 640w\" sizes=\"auto, (max-width: 300px) 100vw, 300px\" \/><\/a><\/p>\n<p>Katie Meluha se mooi liedjie:&#8221;Nine Million Bicycles&#8221;\u00a0 vertel van die fietsoorvloed in Bejing:<br \/>\n<strong>&#8220;Nine Million Bicycles&#8221;<\/strong><\/p>\n<p>There are nine million bicycles in Beijing<br \/>\nThat&#8217;s a fact,<br \/>\nIt&#8217;s a thing we can&#8217;t deny<br \/>\nLike the fact that I will love you till I die.<\/p>\n<p>Ek sou ook aan my fiets wou s\u00ea (soos sy aan haar geliefde)\u00a0 &#8220;I will love you till I die.&#8221; Want &#8216;n fiets is meer as net &#8216;n stuk metaal met rubberwiele &#8211; dit word &#8216;n vriend, vertroueling, &#8216;n bondgenoot.<\/p>\n<p>Die oorhoofse tema van die blog-inskrywings is &#8220;om oop-oog te reis.&#8221;\u00a0 My getrouste reismiddel as kind was my fiets. Dit was my poort na vryheid &#8211; die groot lekkerte om nie meer so afhanklik te wees van pa en ma om my by plekke te besorg nie &#8211; om skool toe, sport toe, maats toe te ry op my vetroude fiets, was &#8216;n reuse sprong.<\/p>\n<p>Op my tiende verjaarsdag kry ek na\u00a0&#8216;n lang wag my heel eerste eie fiets &#8211; \u2018n splinternuwe\u00a0droomfiets &#8211;\u00a0 \u2018n no 26 swart Ralleigh sport. Ek is opgewonde saam met my pa om hom te gaan uitsoek by Schiffrens in Klerksdorp se hoofstraat.\u00a0 Ek bewe van opwinding toe ek hom uitkies en pa betaal.My eie wiele. Dis my verjaarsdag geskenk maar ek kry reeds so voorsmakie deur op hom vir &#8216;n kort entjie te mag ry. Die volgende middag kom kuier een van my maats,\u00a0Deon Viljoen vir my op sy BSA Sport. Ek kan nie wag om later saam met hom\u00a0terug te ry na sy huis toe nie. Ek wil so \u00a0graag my Ralleigh toets en sommer vir Deon wys dat die Raleigh die BSA se baas is.<\/p>\n<p>Toe ons met een van die kleiner strate afdraai,\u00a0is ek so kortkop voor, maar\u00a0hou\u00a0nie rekening\u00a0met die feit dat dit \u2018n grondstraatjie\u00a0is nie. Eensklaps is daar so wal sand in die pad.Die fiets se voorwiel\u00a0begin manhaftig in die sand\u00a0inploeg en gee toe die stryd gewonne. Die\u00a0wiel draai \u00a0summier dwars en ek\u00a0trek\u00a0loshande oor die handvatsels en maak\u00a0hard met die \u00a0grond kennis. My ego en my lyf is gekneus, maar ek\u00a0is meer bekommerd oor my splinternuwe fiets waarvan die handvatsels nou dwarsgedraai\u00a0is en die\u00a0wit modderskerm\u00a0gebuig is. My splinternuwe fiets is ineens nie meer so nuut nie. Ek\u00a0knyp die voorwiel tussen my bene vas en draai \u00a0die handvatsels weer reg. Sover moontlik probeer ek \u00a0om die modderskerm weer reg te buig. Ek draai\u00a0bekaf terug\u00a0\u00a0en ry\u00a0hinkepink terug huis toe. So\u00a0leer ek ook die nerf-af deel van fietsry\u00a0ken.<\/p>\n<p>&#8216;n Lang verhouding met my Ralleigh het begin. Herman Van Veen vang iets van hierdie saamgroei-verhouding tussen &#8216;n persoon (hier &#8216;n meisie) en sy of haar fiets so mooi vas in sy liedjie &#8220;Fiets&#8221;<\/p>\n<p>Fiets<\/p>\n<p>H\u00e9 kleine meid op je kinderfiets,<br \/>\nDe zon draait steeds met je mee<br \/>\nH\u00e9 kleine meid op je kinderfiets,<br \/>\nDe zomer glijdt langs je heen<br \/>\nMet je haar in de wind en de zon op je wangen,<br \/>\nRijd je me zomaar voorbij, fiets<\/p>\n<p>H\u00e9 lieve meid op je kleine fiets,<br \/>\nAls een witte stip in het groen<br \/>\nSlingert je blinkende kinderfiets,<br \/>\nZich dwars door het zomerseizoen<br \/>\nEn je rijdt maar door en je fiets wordt steeds kleiner,<br \/>\nPlotseling ben je weer weg, fiets<\/p>\n<p>Toe ons Vrystaat toe trek in my standerd vyf-jaar het die rol wat my fiets in my lewe gespeel het, nog belangriker geword. Dit was my ryperd en\u00a0 later (in standerd nege) ook my vryperd.<\/p>\n<p>As standersessie ry ek\u00a0 elke dag skool toe met my fiets, maar die lekkerste bly die terugry huistoe smiddags. Dan is dit grootliks afdraand en ek kies &#8216;n kortpad deur die veld want daar is sulke lekker springhobbeltjies wat &#8216;n toets is vir my ryvernuf. \u00a0My fiets word nou in my gedagtes &#8216;n vurige blinkswart perd wat galop. My (yster)perd kry ook &#8216;n naam wat pas by die talle ou Kaapse swaardvegterverhale wat ek in die tyd lees: &#8221;\u00a0Monsieur!&#8221; Saam durf ek en Monsieur baie uitdagings aan. Die handvatsels word ook aangepas om die &#8220;drop handles look&#8221; te kry met heldergeel handvatselgrepe weerskante. Ek is in my noppies!<\/p>\n<p>Op &#8216;n yskoue winteroggend ry ek en my suster saam skool toe. \u00a0Ons ry langs mekaar. Ek op my Ralleigh en sy op haar groen BSA. Ek druk my hande in my sakke as pantser teen die koue. Die volgende oomblik draai my voorwiel skuins en ek ry in haar vas. My hande sit vas in my sakke en ek kan nie keer nie. Ons albei val op die yskoue teerpad. Dit word &#8216;n laaang, doodstil rit skool toe!<\/p>\n<p>Na drie jaar verhuis ons \u00a0terug Transvaal toe en Monsieur bly my troue bondgenoot. Nou word dit die belangrike voertuig om my Sondagmiddae by my kuierplek te kry.\u00a0Dis &#8216;n rit van ongeveer vyf kilometer en opdraand tot daar, maar my hart sing saam met die speke. Oppad terug (gelukkig dan afdraand!) sing ek die liedjies wat ons saamgeluister het\u00a0kliphard terwyl ek ry.<\/p>\n<p>Dit word tyd vir universiteit. My getroue fiets gaan saam PUK toe. Daar ry ek en kamermaat Etienne met ons fietse padkafee toe om &#8216;n Hamburger en melkskommel te koop. Heerlik! My fiets word ook ingespan vir die ver klasse wat ek moet draf.<\/p>\n<p>Helaas, toe dit tyd word om Maties toe te gaan, word fiets tuis gelaat, want nou het ek mos &#8216;n getroue Volksie wat my bring waar ek wil wees.<\/p>\n<p>Soms ry ek nog bietjie fiets gedurende vakansietye by die huis, maar hy staan meestal in die pakkamer, totdat die tuinjong op &#8216;n dag met smekende o\u00eb &#8216;n skamele bedrag aanbied vir die ryding. Ek verkoop Monsieur en voel asof ek iets kosbaars verloor het.<\/p>\n<p>Jare later koop weer vir my &#8216;n fiets toe ek in Welkom bly en ry soms daarmee, maar besef\u00a0 spoedig dat ek dit nie genoeg gebruik nie en skenk dit vir &#8216;n sendeling.<\/p>\n<p>Tydens ons wittebroodsreis stop ek en my reisgenoot die dag op die plekkie genaamd Tonteldoos by die fiets op die foto. Dit laat ons nostalgies verlang na ons fietse. Ek wonder weer waar my getroue fiets is en hoe dit deesdae lyk?<\/p>\n<p>Plotseling ben je weer weg, fiets&#8230;<a href=\"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/wp-content\/uploads\/blog.wimfourie.co.za\/2010\/08\/14-April-vervolg-212a2.jpg\"><\/a><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Katie Meluha se mooi liedjie:&#8221;Nine Million Bicycles&#8221;\u00a0 vertel van die fietsoorvloed in Bejing: &#8220;Nine Million Bicycles&#8221; There are nine million bicycles in Beijing That&#8217;s a fact, It&#8217;s a thing we can&#8217;t deny Like the fact that I will love you till I die. Ek sou ook aan my fiets wou s\u00ea (soos sy aan haar [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[1],"tags":[],"class_list":["post-133","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-uncategorized"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/133","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=133"}],"version-history":[{"count":7,"href":"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/133\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":139,"href":"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/133\/revisions\/139"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=133"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=133"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=133"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}