{"id":143,"date":"2010-08-06T21:59:10","date_gmt":"2010-08-06T19:59:10","guid":{"rendered":"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/?p=143"},"modified":"2010-08-06T22:06:52","modified_gmt":"2010-08-06T20:06:52","slug":"n-kainos-kerk","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/?p=143","title":{"rendered":"&#8216;n Kainos Kerk"},"content":{"rendered":"<p>\u00a0<\/p>\n<p><a href=\"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/wp-content\/uploads\/blog.wimfourie.co.za\/2010\/08\/kainos-11.jpg\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"aligncenter size-medium wp-image-145\" title=\"kainos-1\" src=\"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/wp-content\/uploads\/blog.wimfourie.co.za\/2010\/08\/kainos-11-230x300.jpg\" alt=\"\" width=\"230\" height=\"300\" srcset=\"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/wp-content\/uploads\/\/blog.wimfourie.co.za\/2010\/08\/kainos-11-230x300.jpg 230w, https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/wp-content\/uploads\/\/blog.wimfourie.co.za\/2010\/08\/kainos-11.jpg 368w\" sizes=\"auto, (max-width: 230px) 100vw, 230px\" \/><\/a><\/p>\n<p>Kainos. Nuut. Nuwe begin. Nuwe lewe.<\/p>\n<p>Buite in die natuur vind daar oral ontwaking plaas na die\u00a0lang winterslaap. Die Kiepersol (Cussonia Spicata) wat so geskok is deur die swart ryp wat die Vrystaat tweekeer die winter getref het, stoot sy nuwe handjie-blare gretig uit. Byna soos klein bidhandjies wat vra vir &#8216;n nuwe begin.<\/p>\n<p>Kainos nuutheid. Dis wat ek begeer na my lang hibernering die winter. Dikwels moet iemand hierdie nuutheid in ons wakkermaak.<\/p>\n<p>Die liedjie van die King&#8217;s Singers druk hierdie gevoel mooi uit:<\/p>\n<p>New Day<\/p>\n<p>\u00a0I will love you more than me<br \/>\nand more than yesterday<br \/>\nIf you can but prove to me<br \/>\nyou are the new day<\/p>\n<p>Send the sun in time for dawn<br \/>\nLet the birds all hail the morning<br \/>\nLove of life will urge me say<br \/>\nyou are the new day<\/p>\n<p>One more day when time is running out<br \/>\nfor everyone<br \/>\nLike a breath I knew would come I reach for<br \/>\nthe new day<\/p>\n<p>Hope is my philosophy<br \/>\nJust needs days in which to be<br \/>\nLove of life means hope for me<br \/>\nborne on a new day<\/p>\n<p>You are the new day<\/p>\n<p>In die lente van 2005 reis ek na Philippolis om my eie retraite te hou.\u00a0 Op soek na &#8216;n sleutel\u00a0wat \u00a0die nuwe sal innooi en\u00a0die stagnasie van die oue\u00a0sal verdryf. Ek is reg vir &#8216;n totale nuwe fase in my lewe, maar tog huiwerig om die oue (en oorbekende) alleenwees agter te laat. Daarom &#8216;n paar dae in die Artist&#8217;s Retreat op Philippolis om te dink, te doen en te besluit.<\/p>\n<p>Ek kom Sondagaand 18 September daar aan, pak af en verlustig my in die mooi dubbelverdieping Karoo-huis. Die loom Sondagstilte hang oor die dorpie. Deur die venster sien ek &#8216;n geraamde prentjie van die historiese kerkgebou. Net die uurlikse lui van die kerkklok onderbreek die stilte. Ek luister karoomusiek. Later is slegs die stilte\u00a0 salwende musiek vir my siel.\u00a0 Ek stap\u00a0na buite\u00a0en gaan sit in die Labirint om die oneindige sterrehemel te bewonder. Die nagstilte word net soms deur veraf geluide\u00a0onderbreek. Vanwaar ek in die Labirint sit, sien ek die verligte kruis op die koppie. &#8216;n Diep vrede sak op my toe.<\/p>\n<p>Die ritueel herhaal ek elke aand. Dit word &#8216;n geestelike reis. Ook &#8216;n duidelike padwyser na die nuwe hoofstuk in my lewe. Ek is reg om &#8216;n lewensverbintenis aan te gaan.<\/p>\n<p>Die Dinsdagoggend haal ek die verf en skoon doeke uit wat ek saamgebring het. Dis tyd om my hand aan die kwas te waag. My onmiddelike inspirasie is die kerk wat ek so duidelik deur die lang vertikale venster kan sien. Ek begin by die ligbron. Plak &#8216;n ronde maan van koperfoelie op die doek en begin om die kosmiese woelinge in die naghemel te verf. Toe volg die kerk wat soos &#8216;n skip verrys uit hierdie\u00a0 onstuimige hemel en spiralende aarde. Die spits van die kenmerkende Philippolis-toring reik na bo en word &#8216;n rustige\u00a0baken\u00a0in die ontstuimige heelal. Voor die kerk\u00a0kring die gange van labirint. Maar dit vorm ook &#8216;n menslike brein, met &#8216;n oog en oor om die illusie van &#8216;n kop te skep. In die hart van die brein is &#8216;n goue sleutel. Die ontsluiting van die Kainos. Dit wat ek hier op Philippolis gevind het tydens my retraite. Dan, juis om hierdie nuutheid te bevestig, verf ek die horlosiewysers van die kerkklok dat dit op drie-en-twintig minute oor nege staan. &#8216;n Belangrike datum (23\/9) wat Vrydag voorl\u00ea!<\/p>\n<p>Onderaan die skildery verf ek die woord Kainos en die datum waarop dit geskilder is 20 Sept 2005.<\/p>\n<p>Woensdag vertrek ek terug huis toe, maar eers nadat ek op Bloemfontein\u00a0stilgehou en &#8216;n belangrike aankoop gemaak het.<\/p>\n<p>Vrydagmiddag ry ek en my reisgenoot weer na Philippolis &#8211; die keer om te kyk na &#8216;n besondere historiese huisie wat in die mark is, maar ook vir &#8216;n ander rede waarvan sy nog nie weet nie.<\/p>\n<p>Op die mooie gasteplaas, Bokpost, raak ons die Vrydagaand (23\/9) verloof &#8211; op die selfde datum waarop my ouers vyf-en-vyftig jaar vroe\u00ebr getroud is. Die volgende dag besluit ons ook om wel &#8216;n aanbod op die huisie te maak en die aanbod word kort daarna aanvaar.<\/p>\n<p>Op &#8216;n helder herfsdag op Clarens in die Oos- Vrystaat word ons lewensverbintenis aan mekaar voltrek in &#8216;n sandsteenkerke voor familie en vriende as getuies. Dit is Goeie Vrydag en vir ons voorwaar Goeie Vrydag in die volste sin van die woord. Op ons huweliksuitnodiging pryk die\u00a0prent van die Kainos kerk wat op Philippolis geskilder is.<\/p>\n<p>Saam met vriende en familie vier ons die dag en die vreugde van &#8216;n nuwe begin. S\u00ea ons ook dankie vir Hom wat sy belofte waarmaak:<\/p>\n<p>&#8220;Kyk, Ek maak alles nuut.&#8221;<\/p>\n<p>Hope is my philosophy<br \/>\nJust needs days in which to be<br \/>\nLove of life means hope for me<br \/>\nborne on a new day<\/p>\n<p>You are the new day!<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>\u00a0 Kainos. Nuut. Nuwe begin. Nuwe lewe. Buite in die natuur vind daar oral ontwaking plaas na die\u00a0lang winterslaap. Die Kiepersol (Cussonia Spicata) wat so geskok is deur die swart ryp wat die Vrystaat tweekeer die winter getref het, stoot sy nuwe handjie-blare gretig uit. Byna soos klein bidhandjies wat vra vir &#8216;n nuwe begin. [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[1],"tags":[],"class_list":["post-143","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-uncategorized"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/143","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=143"}],"version-history":[{"count":3,"href":"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/143\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":147,"href":"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/143\/revisions\/147"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=143"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=143"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=143"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}