{"id":15,"date":"2010-06-02T12:45:45","date_gmt":"2010-06-02T10:45:45","guid":{"rendered":"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/?p=15"},"modified":"2011-04-13T12:37:27","modified_gmt":"2011-04-13T10:37:27","slug":"n-spiraalreis-met-n-doel","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/?p=15","title":{"rendered":"&#8216;n Spiraalreis met &#8216;n doel"},"content":{"rendered":"<p><a href=\"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/wp-content\/uploads\/blog.wimfourie.co.za\/2010\/06\/F1000018a4.jpg\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"aligncenter size-medium wp-image-27\" title=\"F1000018a\" src=\"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/wp-content\/uploads\/blog.wimfourie.co.za\/2010\/06\/F1000018a4-300x188.jpg\" alt=\"\" width=\"300\" height=\"188\" srcset=\"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/wp-content\/uploads\/\/blog.wimfourie.co.za\/2010\/06\/F1000018a4-300x188.jpg 300w, https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/wp-content\/uploads\/\/blog.wimfourie.co.za\/2010\/06\/F1000018a4.jpg 640w\" sizes=\"auto, (max-width: 300px) 100vw, 300px\" \/><\/a>\u00a0<\/p>\n<p>Philippolis, Suid-Vrystaat. 9 Augustus 2004<\/p>\n<p>My eerste regte kennismaking met &#8216;n labirint.\u00a0My Reisgenoot en ek\u00a0kuier vir die naweek op Philippolis en sien die dorpie vir die eerste keer.\u00a0Ons ontdek fasette in die dorpie wat ons opgewonde maak. Dis &#8216;n dorpie waar mens\u00a0kan tot verhaal kom. Rustig raak.\u00a0Die sterrehemel met &#8216;n\u00a0psalm 8 verwondering beleef. Die helende stilte beleef.\u00a0Ek dink weer aan die aanhaling wat ek iewers gelees het:\u00a0&#8221; Silence is God&#8217;s first language, all the others are bad translations.&#8221; Ons geniet ons kuier op Planeet Philippolis!<\/p>\n<p>Die Sondagmiddag is dit die ideale tyd om die labirint te verken. Dit vorm deel van die Laurens van der Post Gedenktuin en is teenaan die mooie Moederkerk gele\u00eb.\u00a0Ons stap met die paadjie wat lei vanaf die Suilegang. Dit voel opwindend. &#8216;n Ontdekkingstog. Ons betree die steenpaadjie van die labirint. Dit vorm &#8216;n uitkringende spiraalroete wat jou soms nader aan die middelpunt neem en dan weer verder. Amper soos &#8216;n belofte wat jy weet moet waar word, maar wat soms bietjie dowwer raak. Nes jy dink, nou gaan jy nooit\u00a0 die middelpunt\u00a0bereik nie, dan swenk die paadjie weer belofteryk binnewaarts. Tussen die spirale van die steenpaadjie is daar watervore, dus moet jy mooi opletloop, anders trap jy die paadjie mis en beland kniediep in die waterslootjie. Dit gebeur toe ek dit die minste verwag &#8211; ek probeer &#8216;n foto neem van my eerste labirintreis en trap die paadjie mis. Toe my linkerbeen wegsak in die waterslootjie duik-val ek vorentoe terwyl ek die kamera verbete vashou. So maak ek eerstehands kennis met die steenpaadjie en voel ek die growwe tekstuur van die bakstene teen my wang toe ek daar l\u00ea. Ek glimlag &#8211; dis tipies soos dit gaan in die lewe. Nes jy dink jy is mooi op dreef (&#8220;look Ma, no hands!&#8221;) dan maak jy met &#8216;n slag weer kennis met die harde werklikheid. Gelukkig is nie ek of die kamera beskadig nie nie. Met &#8216;n groter versigtigheid \u00e9n nedrigheid loop ek die oorblywende stuk\u00a0en bereik die kern sonder enige verdere ongevalle. In die kern van die labirint maak ek myself tuis en beskou al die steenkronkelinge om my. So stukkie lewenswaarheid leer ek hier in die hart van die \u00a0labirint &#8211; dit maak nie saak hoeveel draaie en wendings jou lewenspad neem nie, daar is &#8216;n einddoel en dis eers met die aankoms by di\u00e9 doelwit dat jy die patroon van die pad verstaan.<\/p>\n<p>Later lees ek bietjie meer oor die verskil tussen &#8216;n labirint en &#8216;n doolhof. By &#8216;n doolhof kan jy jou vasloop en dan moet jy terugdraai en weer soek na die regte pad. In &#8216;n labirint is daar slegs een roete. Dit kronkel soms verder en soms nader aan die eindpunt, maar dit lei altyd tot by jou eindbestemming. Ek lees ook oor die spirituele simboliek van die labirint. Op jou reis na binne moet jy ligter\u00a0word deur\u00a0van die oortollige bagasie ontslae te raak (&#8216;n baie moeilike opdrag vir my wat so kan opgaar!). Wanneer jy dan die middelstuk van die labirint bereik, moet jy dink oor jou reis terug. Op hierdie terugreis moet jy nuwe dinge saamneem.Dit is die goeie \u00a0ontdekkings wat jy maak oor die sin van jou menswees en jou doel op aarde.<\/p>\n<p>Met my eerste \u00a0 kennismaking met die labirint leer ek dus sommer meer van die lewe en van myself. &#8216;n Jaar later sou ek weer in die middel van die labirint gaan sit om &#8216;n belangrike besluit te neem. So word die labirint &#8216;n belangrike deel van my &#8220;oop-oog reis&#8221;.<\/p>\n<p>\u00a0Gaan loop dus gerus die honderd-vier-en-sestig tre\u00eb van die labirint op Philippolis. En ontdek die vreugde van bagasie minder maak. Hou bietjie lewensvoorradopname. En pak dan die regte\u00a0 benodigdhede in jou reissak., Mooi reis!<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>\u00a0 Philippolis, Suid-Vrystaat. 9 Augustus 2004 My eerste regte kennismaking met &#8216;n labirint.\u00a0My Reisgenoot en ek\u00a0kuier vir die naweek op Philippolis en sien die dorpie vir die eerste keer.\u00a0Ons ontdek fasette in die dorpie wat ons opgewonde maak. Dis &#8216;n dorpie waar mens\u00a0kan tot verhaal kom. Rustig raak.\u00a0Die sterrehemel met &#8216;n\u00a0psalm 8 verwondering beleef. Die [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[1],"tags":[],"class_list":["post-15","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-uncategorized"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/15","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=15"}],"version-history":[{"count":9,"href":"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/15\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":25,"href":"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/15\/revisions\/25"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=15"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=15"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=15"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}