{"id":161,"date":"2010-08-13T11:07:43","date_gmt":"2010-08-13T09:07:43","guid":{"rendered":"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/?p=161"},"modified":"2010-08-13T11:42:12","modified_gmt":"2010-08-13T09:42:12","slug":"lewenstrappies","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/?p=161","title":{"rendered":"Lewenstrappies"},"content":{"rendered":"<p><a href=\"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/wp-content\/uploads\/blog.wimfourie.co.za\/2010\/08\/IMGP6295a-2.jpg\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"aligncenter size-medium wp-image-162\" title=\"IMGP6295a (2)\" src=\"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/wp-content\/uploads\/blog.wimfourie.co.za\/2010\/08\/IMGP6295a-2-300x133.jpg\" alt=\"\" width=\"300\" height=\"133\" srcset=\"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/wp-content\/uploads\/\/blog.wimfourie.co.za\/2010\/08\/IMGP6295a-2-300x133.jpg 300w, https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/wp-content\/uploads\/\/blog.wimfourie.co.za\/2010\/08\/IMGP6295a-2.jpg 640w\" sizes=\"auto, (max-width: 300px) 100vw, 300px\" \/><\/a><\/p>\n<p>Kleintyd die groot opgewondenheid as ons by Oupa en Ouma van Niekerk gaan kuier in Ontdekkers, Johannesburg. Hulle het in Clarendonrylaan 25 gebly &#8211; so mooi ou huis met dertien rooigepoleerde trappies tot by die voorstoep en die mooi voordeur met loodglasprentjies. Nadat ons gegroet het en behoorlik binne was, het ek dadelik\u00a0in die gang af gehardloop en na die afdruk gekyk wat in &#8216;n somber swart raam gehang het. Hoewel ek nog nie kon lees nie, het ek\u00a0die naam van die afdruk gehoor\u00a0:&#8221;The Different Stages of Life&#8221;.<\/p>\n<p>My Ma het eendag vir my verduidelik dat dit die verhaal vertel van &#8216;n mens se lewe &#8211; van geboorte (die baba in die wiegie) tot gryse ouderdom (die\u00a0 omie in die stoel wat weer direk gelyk met die baba sit, maar aan die anderkant van die trappiesboog). Elke tien jaar in &#8216;n mens se lewe word deur &#8216;n trappie voorgestel.<\/p>\n<p>Op die eerste\u00a0trappie staan\u00a0&#8216;n seun van tien jaar wat sy hula hoop rol, dan die jongman van twintig met &#8216;n meisie aan sy sy,\u00a0vervolgens die dertigjare man\u00a0met sy vrou en kindertjies. So gaan dit dan voort tot op vyftig wanneer die man op die kruin van die trappiesboog staan\u00a0waar hy\u00a0terug- \u00e9n vorentoe kyk. Dan begin die trappies afwaarts loop, sestig, sewentig, tagtig, negentig, honderd.<\/p>\n<p>Een prentjie op die afduk het ek goed geken &#8211; die Kinderbybelprentjie van Adam en Eva in die paradys. Adam sit ewe knus onder die Boom van kennis van Goed en Kwaad. Eva staan langs hom met haar lang golwende bruin hare wat strategies haar naaktheid bedek. Maar wat my altyd gefassineer het was dit wat sy in haar uitgestrekte hand vashou\u00a0&#8211; &#8216;n blinkrooi appel met so goudblink skynsel &#8211; onweerstaanbaar! En Adam, in plaas daarvan dat hy na sy mooi vrou kyk, is sy o\u00eb vasgenael op die verleidelike appel. Die skildery beeld dus die presiese oomblik van verleiding uit en die mens se Groot Val. Vandaar dan die hartseer kurwe in die mens se lewensgang. Van kind tot fiere jongman, tot volwassene en dan die geleidelike afname in kragte en die hulp van &#8216;n kierie. Die verkromming en verswakking totdat die honderjarige biddend in sy stoel sit.<\/p>\n<p>Ek onthou my ongeduld om op die volgende trappie te kom. Ek was altyd net iewers tussen die wiegie en die die tienjarige seun. Ek wou so graag saam met die vrolike knaap op sy trappie staan waarop daar geskryf\u00a0 is:<\/p>\n<p>&#8220;Ten years of age , this happy boy<\/p>\n<p>\u00a0 his days are bright and full of\u00a0 joy.&#8221;<\/p>\n<p>Telkens moes ek egter hoor dat ek nog oppad is na di\u00e9\u00a0trappie en eers as ek die dag tien is, daar sal staan. So ook ousus Alwa wat nog net so jaar of wat weg is van die eerste trappie en kleinsus Lana wat nog in die wiegie l\u00ea. Gelukkig was ek baie verder as sy!<\/p>\n<p>Vir my was my ouers en grootouers baie ver op die trappies &#8211; Pa en Ma op die dertig-trappie (Pa eintlik nog in die twintigs want hy was jonger as Ma). Oupa en Ouma op die sestig trappie wat al oor die Bult is en dus BAIE OUD! \u00a0Peinsend het ek na die verskillende trappies gekyk en gewonder of ek ooit bo op die vyftiger kruin sou staan en (byna ondenkbaar!) soos Oupa\u00a0 en Ouma self oor die kruin sou sou stap.<\/p>\n<p>Oupa is eerste van die Trapboog af in 1959\u00a0-op ouderdom 69 (tog so naby die sewentig trappie). Daarna Ouma in 1965 op ouderdom 75\u00a0 (sy het die verste van almal gevorder). Toe eindig Ma se reis in 1980 op ouderdom 56 en Pa s&#8217;n in 1984 op ouderdom 53. Nou staan drie van ons vier kinders op die vyftiger trappie en slegs kleinboet Ewald is op 46 nog oppad\u00a0\u00a0soontoe.<\/p>\n<p>Ek sien nog steeds uit na elke nuwe trappie en die ontdekkings wat dit bring. Tog is daar nie meer die dwingende ongeduld nie. Ek is tevrede om te wees waar ek nou is.<\/p>\n<p>&#8220;At fifty he stands still at last<\/p>\n<p>\u00a0and views the future and the past.&#8221;<\/p>\n<p>Dit is vir my &#8216;n goeie fase om te wees &#8211; om terug te kan kyk en dankie te s\u00ea. Dan ook vorentoe te kyk en\u00a0uit te sien na nuwe ontdekkings wat saamval met die &#8220;rustiger&#8221; fase van lewe. Tog om eintlik immer jonk te bly, altyd te leef met Hoop in die hart.\u00a0<\/p>\n<p>As ek dus deesdae na die afdruk kyk wat nou in ons huis hang en &#8216;n nuwe raam gekry het, dink ek aan die opdrag van Ps 78:<\/p>\n<p>Ek gaan \u2019n gedig voordra, ek gaan julle inlei in geheimenisse<\/p>\n<p>uit die verre verlede.<sup> <\/sup>Wat ons gehoor het en wat ons weet,<\/p>\n<p>wat ons vaders ons vertel het, sal ons vir ons kinders nie verswyg nie.<\/p>\n<p>Ons sal aan die volgende geslag vertel van die roemryke dade van<\/p>\n<p>die Here en van sy mag,van die wonderdade wat Hy gedoen het. (vs 2-4)<\/p>\n<p>Daar moet dus &#8216;n aangee wees van die lewensaflosstok aan die volgende geslag. Sodat hulle dit op hulle beurt kan ontdek en weer aangee.<\/p>\n<p>Crosby, Stills, Nash and Young se liedjie : &#8220;Teach your children&#8221; dra ook die boodskap:<\/p>\n<p>You, who are on the road<br \/>\nMust have a code<br \/>\nThat you can live by.<br \/>\nAnd so, become yourself<br \/>\nBecause the past<br \/>\nIs just a goodbye.<\/p>\n<p>Teach, your children well<br \/>\nTheir father&#8217;s hell<br \/>\nDid slowly go by<br \/>\nAnd feed them on your dreams<br \/>\nThe one they pick<br \/>\nThe one you&#8217;ll know by.<br \/>\nDon&#8217;t you ever ask them why<br \/>\nIf they told you, you would die<br \/>\nSo just look at them and sigh<br \/>\nAnd know they love you.<\/p>\n<p><a href=\"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/wp-content\/uploads\/blog.wimfourie.co.za\/2010\/08\/IMGP6294a2.jpg\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"aligncenter size-medium wp-image-163\" title=\"IMGP6294a(2)\" src=\"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/wp-content\/uploads\/blog.wimfourie.co.za\/2010\/08\/IMGP6294a2-300x197.jpg\" alt=\"\" width=\"300\" height=\"197\" srcset=\"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/wp-content\/uploads\/\/blog.wimfourie.co.za\/2010\/08\/IMGP6294a2-300x197.jpg 300w, https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/wp-content\/uploads\/\/blog.wimfourie.co.za\/2010\/08\/IMGP6294a2.jpg 640w\" sizes=\"auto, (max-width: 300px) 100vw, 300px\" \/><\/a><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Kleintyd die groot opgewondenheid as ons by Oupa en Ouma van Niekerk gaan kuier in Ontdekkers, Johannesburg. Hulle het in Clarendonrylaan 25 gebly &#8211; so mooi ou huis met dertien rooigepoleerde trappies tot by die voorstoep en die mooi voordeur met loodglasprentjies. Nadat ons gegroet het en behoorlik binne was, het ek dadelik\u00a0in die gang [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[1],"tags":[],"class_list":["post-161","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-uncategorized"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/161","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=161"}],"version-history":[{"count":6,"href":"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/161\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":166,"href":"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/161\/revisions\/166"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=161"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=161"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=161"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}