{"id":170,"date":"2010-08-26T21:20:14","date_gmt":"2010-08-26T19:20:14","guid":{"rendered":"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/?p=170"},"modified":"2010-08-26T21:20:14","modified_gmt":"2010-08-26T19:20:14","slug":"panis-angelicus","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/?p=170","title":{"rendered":"Panis Angelicus"},"content":{"rendered":"<p><a href=\"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/wp-content\/uploads\/blog.wimfourie.co.za\/2010\/08\/Belykllas-06-104.jpg\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"aligncenter size-medium wp-image-171\" title=\"Belykllas-06 104\" src=\"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/wp-content\/uploads\/blog.wimfourie.co.za\/2010\/08\/Belykllas-06-104-225x300.jpg\" alt=\"\" width=\"225\" height=\"300\" srcset=\"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/wp-content\/uploads\/\/blog.wimfourie.co.za\/2010\/08\/Belykllas-06-104-225x300.jpg 225w, https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/wp-content\/uploads\/\/blog.wimfourie.co.za\/2010\/08\/Belykllas-06-104.jpg 360w\" sizes=\"auto, (max-width: 225px) 100vw, 225px\" \/><\/a><\/p>\n<p>\u2018n Lied uit my Ho\u00ebrskooldae, agtervolg my deesdae. Nie een van die treffers van my\u00a0 vroeg-Ho\u00ebrskooldae soos Then I kissed her (The Beach Boys), Simon Says (1910 Fruitgum Co), \u00a0Sweet Pea (Tommy Roe) of Baby Come back (The Equals) nie. Nee my agtervolglied is baie gewyd en stemmig. Die lied was een van die gunstelingliede wat die Dogterskoor van ons Ho\u00earskool altyd gesing het. Panis Angelicus.<\/p>\n<p>\u00a0Wanneer die verhooggordyn\u00a0 oopgeskuif het vir die konsert of vir die Eistedfodd en die koorlede staan daar in hul netjiese skoolbaadjies, knielengte rompies gesykous en getieke-hak, dan kon jy maar seker wees dat \u201cPanis Angelicus\u201d deel van hulle repertoire sou wees Destyds was dit vir my \u2018n somber lied. Dalk omdat ek nie die Latynse woorde verstaan het nie, of dalk omdat ek\u00a0 die begeleidster\/afrigtertannie se swart rok onthou en die ernstige uitdrukking op haar gesig waarmee sy elke frase beklemtoon het. P-a-n-i-s A-n-g-e-l-i-c-u-s.<\/p>\n<p>\u00a0Tog dink ek deesdae anders oor die lied. Kyk ek met die wyser insig van groeiende jare weer na die lied wat so by die koor ingedril is. Verstaan ek iets van die betekenis van die lied. Luister ek anders daarna.<\/p>\n<p>\u00a0Verlede jaar woon ek en my Reisgenoot \u2018n musiekuitvoering by op \u2018n Sondagmiddag. Fanie Smit van \u201calle\u00a0 volke loof die Here\u201d-faam bied dit aan saam met \u2018n aantal soliste, kore en musikante.<\/p>\n<p>\u00a0Aanvanklik is ek nie in die regte stemming vir die uitvoering nie. Dis kort voor drie op \u2018n Sondagmiddag na \u2018n heerlike ete en \u2018n rustige sonslapie. Boonop protesteer my lyf en sukkel ek om te beweeg. Dit sal soveel makliker wees om maar net om te draai en verder te slaap. Tog is daar \u2018n diep behoefte na musiek. Die terapeutiese krag van suiwer musiek. Dus woon ons die uitvoering by. Dit word \u2018n onvergeetlike middag.<\/p>\n<p>\u00a0Die voorganger lei die middag in met \u2018n aanhaling\u00a0 wat die terapeutiese waarde van musiek beklemtoon:<\/p>\n<p><em>\u00a0\u201c&#8230;want musiek lei mens langs \u2018n pad waar spraak jou nie kan volg nie. Dit is die ho\u00eb vesting of die diepverborge skuilplek waar jy onopgemerk van jou wonde kan genees.\u201d (Hildegard Knef \u2013 Das Urteil)<\/em><\/p>\n<p>\u00a0\u00a0Dit word \u2018n gevulde middag. Kore, solo\u2019s, orrel-trompet en klaviermusiek. Fragmente van liede steek in my gedagtes vas soos die \u00a0\u201cechoes of mercy\u201d uit \u2018n Engelse Hymn.<\/p>\n<p>\u00a0Maar dan sing \u2018n sopraan die bekende \u201cPanis Angelicus\u201d. Ek luister na die bekende klanke wat vanmiddag vreemd en nuut klink. Vir die eerste keer voel dit asof ek die lied verstaan en die betekenis daarvan my eie kan maak.<\/p>\n<p>\u00a0Toe ons tuis kom, soek ek die betekenis van die woorde op:<\/p>\n<table border=\"1\" cellspacing=\"0\" cellpadding=\"0\">\n<tbody>\n<tr>\n<td><strong>Latin text<\/strong><\/td>\n<td><strong>An English translation<\/strong><\/td>\n<\/tr>\n<tr>\n<td>Panis angelicus<\/p>\n<p>fit panis hominum;<\/p>\n<p>Dat panis coelicus<\/p>\n<p>figuris terminum:<\/p>\n<p>O res mirabilis!<\/p>\n<p>Manducat Dominum.<\/p>\n<p>Pauper, servus et humilis.<\/p>\n<p>Te trina Deitas<\/p>\n<p>unaque poscimus:<\/p>\n<p>Sic nos tu visita,<\/p>\n<p>sicut te colimus;<\/p>\n<p>Per tuas semitas<\/p>\n<p>duc nos quo tendimus,<\/p>\n<p>Ad lucem quam inhabitas.<\/p>\n<p>Amen.<\/td>\n<td>The angelic bread<\/p>\n<p>becomes the bread of men;<\/p>\n<p>The heavenly bread<\/p>\n<p>ends all prefigurations:<\/p>\n<p>What wonder!<\/p>\n<p>consumes the Lord<\/p>\n<p>a poor and humble servant.<\/p>\n<p>Triune God,<\/p>\n<p>We beg of You,<\/p>\n<p>that you visit us,<\/p>\n<p>as we worship You.<\/p>\n<p>By your ways,<\/p>\n<p>lead us who seek<\/p>\n<p>the light in which You dwell.<\/p>\n<p>Amen.<\/td>\n<\/tr>\n<\/tbody>\n<\/table>\n<p>\u00a0<\/p>\n<p>Vanmiddag het ek voorwaar Engelbrood ge\u00ebet \u2013het di\u00e9 brood se helende krag my versterk soos vir Elia onder sy Besembos.<\/p>\n<p>\u00a0Elke keer as ek sedertdien my hand uitseek na die stukkie nagmaalsbrood in die bord, dink ek weer aan die lied:<\/p>\n<p>Engelbrood word mense brood. &#8216;n Broodnodige ondervinding vir &#8216;n honger mens.<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>\u2018n Lied uit my Ho\u00ebrskooldae, agtervolg my deesdae. Nie een van die treffers van my\u00a0 vroeg-Ho\u00ebrskooldae soos Then I kissed her (The Beach Boys), Simon Says (1910 Fruitgum Co), \u00a0Sweet Pea (Tommy Roe) of Baby Come back (The Equals) nie. Nee my agtervolglied is baie gewyd en stemmig. Die lied was een van die gunstelingliede [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[1],"tags":[],"class_list":["post-170","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-uncategorized"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/170","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=170"}],"version-history":[{"count":3,"href":"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/170\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":174,"href":"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/170\/revisions\/174"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=170"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=170"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=170"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}