{"id":189,"date":"2010-09-04T13:12:44","date_gmt":"2010-09-04T11:12:44","guid":{"rendered":"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/?p=189"},"modified":"2010-09-08T18:26:46","modified_gmt":"2010-09-08T16:26:46","slug":"kleikrag","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/?p=189","title":{"rendered":"Kleikrag"},"content":{"rendered":"<p><a href=\"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/wp-content\/uploads\/blog.wimfourie.co.za\/2010\/09\/Turk-Pent-2-265-g2-21.jpg\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"aligncenter size-medium wp-image-191\" title=\"Turk-Pent-2 265 g(2) (2)\" src=\"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/wp-content\/uploads\/blog.wimfourie.co.za\/2010\/09\/Turk-Pent-2-265-g2-21-200x300.jpg\" alt=\"\" width=\"200\" height=\"300\" srcset=\"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/wp-content\/uploads\/\/blog.wimfourie.co.za\/2010\/09\/Turk-Pent-2-265-g2-21-200x300.jpg 200w, https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/wp-content\/uploads\/\/blog.wimfourie.co.za\/2010\/09\/Turk-Pent-2-265-g2-21.jpg 320w\" sizes=\"auto, (max-width: 200px) 100vw, 200px\" \/><\/a><a href=\"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/wp-content\/uploads\/blog.wimfourie.co.za\/2010\/09\/Turk-Pent-2-265-g2-2.jpg\"><\/a><\/p>\n<p>Toe ek die verhaal van Alice Nongebeza en haar kleipotte lees het ek dadelik aan die die kranige Turkse pottebakker Galip Korukcu gedink. Hoewel hulle op verskillende kontinente woon en elk sy\u00a0unieke kleiprodukte maak, is daar by albei &#8216;n passie vir klei. Om dit te omvorm tot iets moois en dikwels ook iets baie bruikbaars.<\/p>\n<p>So rukkie terug het ek oor die broosheid van kleipotte geskryf n.a.v die beskrywing in 2Kor4 van die die mens as kleipot wat maar maklik breek. Tog word daar in dieselfde vers ook melding gemaak van krag &#8211; die binnekrag wat nie van ons af kom nie, maar van ons Skepper. Dis juis hierdie krag wat ook in klei l\u00ea &#8211; Skeppingskrag.<\/p>\n<p>Goeie Vrydag 2008. Ons is bevoorreg om &#8216;n demonstrasie van kleikuns te aanskou. Ons sit in die pottebakkersgrot waar Galip (wat lyk soos &#8216;n Turkse Einstein)\u00a0sy meesterstukke skep. Sy werkswinkel en uitstalruimte is gele\u00eb in die hart van een van die heuwels naby Avanos. Die dorpie Avanos is bekend vir sy erdeware van die hoogste kwaliteit. Die reputasie strek al sedert 3000vC. Die dorpie is gele\u00eb in die sklideragtige Kappadosi\u00eb streek in Turkye. Naby die pottebakkergrot is die Goreme-vallei waar die wonderlikse grotkerkies aangetref wat pragtig versier is met eeue-oue handgeskilderde ikone.<\/p>\n<p>Vanoggend voel Galip se pottebakkkersgrot egter soos een van hierdie kerkies, want ons het pas as toergroep saam nagmaal genuttig. Die Pottebakkerswiel is tydelik omskep tot &#8216;n preekstoel en dit voel eintlik so reg. Die nagmaal word gevier met tuisgemaakte Turkse brood en plaaslike (suur) wyn. Elke nagmaalsganger ontvang sy\/haar wyn in &#8216;n kelkie wat spesiaal vooraf deur Galip vir die toerlede gemaak is. Dit word &#8216;n unieke nagmaalsgeleentheid wat elkeen diep raak.<\/p>\n<p>Na die bediening van die sakrament en die slotgebed, word die die doek en die plank van die pottebakkerswiel afgehaal en kan die meesterpottebakker Galip sy plek inneem. Wat dit\u00a0nog meer merkwaardig maak, is dat hy sy kleikuns skep op &#8216;n eenvoudige pottebakkerswiel wat per voet gedraai word. Met sy primitiewe skopwiel skep Galip vertoonstukke wat oor die w\u00eareld heen pryk. Sy terracotta klei kry hy uit die nabygele\u00eb Kizilirmak rivier (ook bekend as die Rooi rivier).<\/p>\n<p>Vanoggend is ons die toeskouers wat verwonderd kyk hoe so stuk rivierklei onder die hande van die meester gevorm word tot &#8216;n kruik. Moeiteloos, maar met toegespitste aandag werk hy. Wanneer die eindproduk van die wiel afgehaal word, is dit moeilik om te glo dat &#8216;n vormlose stuk klei so gou onder die hande van &#8216;n vaardige meester &#8216;n nuttige voorwerp kan word, met mooi, vloeiende lyne. Later stap ons deur sy uitstalruimte en verwonder ons aan die fyn pottebakkerskuns.<\/p>\n<p>Ek blaai\u00a0verlede week deur die nuutste uitgawe van Country Life en ek haak vas by die artikel oor Alice Nongebeza en haar kleipotte. Hierdie Pondo-vrou woon in &#8216;n gehuggie naby Port St John&#8217;s. Haar verhaal is een van verlies. In die vyftigerjare het albei haar seuns op tragiese wyse gesterf en\u00a0kort daarna het haar man haar\u00a0verlaat. Verder nog het daar\u00a0 &#8216;n reeks slegte dinge\u00a0met haar gebeur. Uiteindelik het sy bedags net uitsigloos in haar hut gesit, te hartseer en moedeloos om eers na buite te gaan. In &#8216;n droom een nag\u00a0het sy gehoor hoe haar pa aan haar s\u00ea dat sy nou genoeg gehuil het &#8211; dit was nou\u00a0tyd\u00a0om uit haar hut te gaan en iets te doen. Kort daarna het sy gedroom hoe haar ouma vir haar wink en beduie om haar te volg. In die droom het haar ouma haar gelei tot by &#8216;n weggesteekte lopie in die vallei waar sy haar &#8216;n ryk neerslag van klei aan Alice gewys het. Sy het\u00a0haar opdrag gegee om die volgende dag terug te keer na die spesifieke plek en van die klei uit te grawe. Die volgende dag het Alice inderdaad op die spoor van haar droom geloop en die kleigroef ontdek presies waar haar ouma dit in die droom aangedui het. Sy het van die klei uitgeskep en dit die volle 5km na haar blyplek geda. Daar het sy die klei gebrei en stadig begin om &#8216;n pot te vorm.<\/p>\n<p>Vandag is Alice twee-en-tagtig jaar oud. Sy skep steeds daagliks klei by dieselfde lopie en dra dit terug na haar hut, waar sy\u00a0dit deeglik brei en elke pot met sorg vorm. Nadat dit gevorm is en droog geword het, maak sy pot se oppervlakte glad met &#8216;n rivierklip. &#8216;n Week later word die pot in &#8216;n vuurtjie langs haar hut gebak. Voordat die vuur doodgaan, word die pot met &#8216;n lang stok uit die vuur gehaal en koel dit af. Die volgende dag word die pot skoongemaak en gesmeer met &#8216;n politoer en dan in die son gelaat sodat die was van die politoer diep in die pot kan intrek en\u00a0dit kan\u00a0se\u00ebl. Haar potte word dan opgekoop deur &#8216;n winkel, Krafty Kamelion, wat dit\u00a0 in Port St John&#8217;s van die hand sit.<\/p>\n<p>&#8216;n Eenvoudige bol klei het &#8216;n proses aan die gang gesit. Nie net voorsien dit vir Alice van &#8216;n inkomste nie, maar het dit haar heelgemaak. Sy gee lewe aan die klei en die klei gee lewe aan haar. So eenvoudig, maar tog so waar.<\/p>\n<p>Inderdaad &#8211; Galip \u00e9n Alice sal beaam, in Turks en in Xhosa, die krag van klei kan nooit onderskat word nie!<\/p>\n<p>Die lente wil elkeen roep tot die kleinste vorm van kreatiwiteit. En tot Lewe.<\/p>\n<p>Ns Ek hoor graag van jou met watter vorm van kreatiwiteit jy die winterse doodsheid besweer het!<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Toe ek die verhaal van Alice Nongebeza en haar kleipotte lees het ek dadelik aan die die kranige Turkse pottebakker Galip Korukcu gedink. Hoewel hulle op verskillende kontinente woon en elk sy\u00a0unieke kleiprodukte maak, is daar by albei &#8216;n passie vir klei. Om dit te omvorm tot iets moois en dikwels ook iets baie bruikbaars. [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[1],"tags":[],"class_list":["post-189","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-uncategorized"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/189","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=189"}],"version-history":[{"count":8,"href":"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/189\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":195,"href":"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/189\/revisions\/195"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=189"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=189"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=189"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}