{"id":200,"date":"2010-09-11T13:39:19","date_gmt":"2010-09-11T11:39:19","guid":{"rendered":"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/?p=200"},"modified":"2010-09-13T12:04:51","modified_gmt":"2010-09-13T10:04:51","slug":"die-oop-oog-reis","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/?p=200","title":{"rendered":"Die Oop-oog Reis"},"content":{"rendered":"<p><a href=\"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/wp-content\/uploads\/blog.wimfourie.co.za\/2010\/09\/IMGP6408b-2.jpg\"><\/a><a href=\"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/wp-content\/uploads\/blog.wimfourie.co.za\/2010\/09\/IMGP6404c2-2.jpg\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"aligncenter size-medium wp-image-201\" title=\"IMGP6404c(2) (2)\" src=\"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/wp-content\/uploads\/blog.wimfourie.co.za\/2010\/09\/IMGP6404c2-2-300x250.jpg\" alt=\"\" width=\"300\" height=\"250\" srcset=\"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/wp-content\/uploads\/\/blog.wimfourie.co.za\/2010\/09\/IMGP6404c2-2-300x250.jpg 300w, https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/wp-content\/uploads\/\/blog.wimfourie.co.za\/2010\/09\/IMGP6404c2-2.jpg 640w\" sizes=\"auto, (max-width: 300px) 100vw, 300px\" \/><\/a><\/p>\n<p>\u201cOf ek reis en of ek oorbly, U bepaal dit. U is met al my paaie goed bekend.\u201d Ps 139:3<\/p>\n<p>Die woorde pryk voorin \u2018n geskenkboek wat ek ontvang het in 1982 toe ek \u2018n belangrike besluit moes neem oor \u2018n nuwe werkkring. Ek het die reis aangedurf. Sedertdien het di\u00e9 teksvers al in verskillende omstandighede weer die deurslag gegee as ek\u00a0 keuses moes uitoefen.<\/p>\n<p>\u00a0\u201cReis is anders as net ry. Reis is langer, dieper en eindig meer as dikwels nooit nie<strong>.<\/strong> Selfs al kom jy terug, reis dele van jou heeldag. Mens kan in jou kop reis, of sommer net reis wanneer jy die son iewers deur die wolke sien breek. Die alledaagse rompslomp van lewe hoef nie in jou pad te staan nie.\u201d Erens het ek die waar woorde oor reis raakgelees en ongelukkig nie die bron aangeteken nie.<\/p>\n<p>\u00a0Reis is die opwindende avontuur waarvoor jy soms \u2018n reistas nodig het, maar meestal net jou sintuie.<\/p>\n<p>\u00a0Met die aanbreek van die lente is daar reiskriewelings oral in my lyf! Dalk is dit die rede dat ek tans twee reisverhale gelyktydig lees. Ek \u00a0het begin met <strong>\u201cDie Honger Reisiger\u201d<\/strong> van Mari\u00e9 Heese en my verdiep in haar\u00a0 reisvertellings wat elk afgesluit word met \u2018n resep of twee. Terwyl ek nog met die boek besig is, ontdek ek Andr\u00e9 Pretorius se interessante en stimulerende reissketse: <strong>\u201cIets ver <em>en<\/em> nuut.\u201d<\/strong> Hy vertel van sy eerste grootogige reis toe hy as sewentienjarige die Olimpiese Vlam met sy eie o\u00eb sien brand het op die Montijuic-heuwel, Barcelona. Sedertdien reis hy steeds onophoudelik.<\/p>\n<p>Hy som dit as volg op: \u201c Die drang na nuwe insig, \u2018n vars perspekief, \u2018n groter bekendheid met iets of iemand wat my aandag aangryp, die belofte van \u2018n openbaring waarmee ek voorheen onbekend was \u2013 dit neem my altyd weer na lughawens, stasies, hawens.\u201d<\/p>\n<p>\u00a0Die opwindende van reis is steeds dan jy ook met nuwe o\u00eb kyk na jou eie mense, herkoms. Pretorius skryf so daaroor:<\/p>\n<p>\u201c Soms l\u00ea die grootste ontdekking van \u2018n verre bestemming nie in die plek nie, maar in jouself, soms sien jy op die reis niks duideliker as jou eie plek, die mense wat jy agtergelaat het. Want reis gaan net soveel oor menswees as oor besienswaardighede.\u201d<\/p>\n<p>\u00a0My eie reiservarings as kind was maar beperk tot die kuiers by familie en vriende. Tog was\u00a0 my eerste groot reiservaring ons uittog van Stilfontein na die Kaap tydens \u2018n langverlof van ses weke\u00a0 in 1959. Dit was \u2018n epiese tog wat ons aangedurf het met die \u201ctwo-tone\u201d Vauxhall Victor wat my pa kort voor die reis gekoop het. Iewers in die haai Karoovlaktes het die motor oorverhit en moes ons met die water-seilsak wat aan die voorste buffer van die motor gehang het, gaan water skep uit \u2018n boer se plaasdam. Daarmee het \u00a0ons weer die verkoeler gevul \u00a0nadat die motor afgekoel het. Maar dis \u2018n verhaal\u00a0 wat vorentoe nog vertel moet word.<\/p>\n<p>\u00a0My reiskatalisator was my eerste kamera, want deur sy\u00a0 lens het nuwe vistas ontvou.<\/p>\n<p>\u00a0My Traveller Double Reflex kamera. Met sy profetiese naam.<\/p>\n<p>\u00a0Virginia, Vrystaat.\u00a0Desember\u00a01966. Ek word die trotse eienaar van die kamera tydens die jaarlikse Kersboom op die sportgronde van die myn se \u201cRecreation Club\u201d.<\/p>\n<p>\u00a0Die Groot Opgewondenheid. Ons stap die sportgronde vol afwagting \u00a0binne. Pa, Ma, Ousus, kleinsus, kleinboet en ek. Ek is twaalf jaar oud. Op die terrein heers daar \u2018n vrolike atmosfeer. Elke kind ontvang \u2018n boekie met afskeurkoepons. Pienkes, bloues, geles, groenes en \u00a0wittes. Vir elke koepon kan jy iets kry in ruil. Die heel belangrikste blou geskenkkoepon (vir seuns) en die pienke(vir dogters). Op die spesiale koepon is daar \u00a0\u2018n getekende Kersvader-prentjie.<\/p>\n<p>\u00a0Elke jaar is die ritueel dieselfde. So teen Juliemaand bring die verteenwoordiger \u2018n verskeidenheid van geskenke waaruit die ouers kan kies.(Dit word vir ons kinders verswyg). Die bepaalde geskenk word dan teenoor die betrokke kind se naam geskryf. Tydens die Kersfunksie ontvang elke kind (via kersvader) dan die geskenk wat deur sy\/haar ouers reeds maande tevore uitgesoek is. Die verwondering is dan \u00a0groot dat kersvader so presies weet wat elkeen se hartsbegeerte is.<\/p>\n<p>\u00a0Dit is dan ook die groot hoogtepunt van die Kersboom die middag \u2013 die aankoms van kersvader. Want eers daarna mag die geskenk koepon ingehandig word.<\/p>\n<p>\u00a0Kersvader arriveer in 1966 nie met \u2018n slee nie, maar wel met \u2018n trekker en versierde sleepwa. \u00a0Hy sit op \u2018n Kersvader-troon en wuif goedig vir die opgewonde skare kinders wat om die sleepwa rondmaal. Uit\u00a0sy skouersak gooi hy lekkers aan wie ookal gelukkig genoeg is om dit raak te vang.<\/p>\n<p>\u00a0Na die indrukwekkende aankoms kan ek nie wag om die die kosbare koepon in te handig nie. In ruil daarvoor word \u2018n kleinerige toegedraaide geskenk aan my oorhandig. Ek skeur die kerspapier met onbetaamlike oorhaastigheid af. Ek kyk na die die prent op die kant van die kartondoos en trek my asem in: \u2018n Kamera! Daar staan dit geskrywe: TRAVELLER\u00a0 DOUBLE REFLEX CAMERA.<\/p>\n<p>Ek \u00a0haal die kamera versigtig uit My hart klop opgewonde. My eie kamera! Met \u2018n 120 film ingesluit. Hoe het Kersvader dan so goed geweet dat ek \u2018n eie kamera begeer? Pa het \u2018n Pentax SP500 wat hy gebruik.\u00a0Soms, net soms mag ek die die kamera vashou en selfs by wyse van uitsondering \u2018n foto neem. Dis so duur kamera, dat dit eintlik net Pa is wat dit mag hanteer. Maar vandag! Ek hou my eie kamera vas.Die dag word \u2018n mallemeule van opgewondenheid en die koepons word een na die ander afgeskeur, \u2018n Gele vir \u2018n roomys, \u2018n witte vir \u2018n koeldrank, \u2018n groene vir \u2018n rit op die speeltreintjie.<\/p>\n<p>\u00a0Maar die wonderlikste bly steeds die koepon wat aan my die kamera besorg het. Nou is ek \u2018n egte regte fotograaf!<\/p>\n<p>\u00a0My eerste rolletjie 120 film neem ek vinnig klaar. Ongelukkig vergeet ek soms dat die kamera nie self na die volgende raampie aandraai nie en neem dus soms twee foto\u2019s\u00a0 in een raampie. Dit het interessante spesiale effekte tot gevolg. Ek neem bv. \u2018n foto van my\u00a0suster waar sy gehurkend poseer by die dieretuin. Net daarna neem ek \u2018n pou af wat pronkend sy vere sprei. Maar albei in dieselfde raampie. Die resultaat: My suster in die omraming van \u2018n dramatiese veretooisel!<\/p>\n<p>\u00a0\u2018n Paar maande later vertrek ek as dertienjarige standerd sessie op \u2018n skooltoer per trein na die destydse Rhodesi\u00eb. Daar sou my Traveller sy eerste vuurdoop h\u00ea toe ek poog om die asemrowende Victoria-waterval se koe\u00eblronde re\u00ebnboog op film\u00a0te probeer vasvang.\u00a0\u00a0<\/p>\n<p>\u00a0My eerste proesel van \u2018n buitelandse reis en \u2018n kamera om dit vas te l\u00ea! My kamera was my oop-oog reisvennoot.<\/p>\n<p>\u00a0Sedertdien is my kameras my getroue bondgenote om reise, ervarings en mense op film (en deesdae digitaal) vas te l\u00ea.\u00a0Ek (en deesdae met Reisgenoot aan my sy) \u201ctravel\u201d steeds voort. En poog steeds om dit oop-oog en boekstawend te doen.<\/p>\n<p>Koos du Plessis se liedjie <strong>\u201cSwerwers\u201d<\/strong> som die misterie van reis miskien die beste op:<\/p>\n<p>\u00a0jy wat jou op die wysheid roem<br \/>\nwie sou jy die swerwer noem:<br \/>\ndie een wat sonder afskeid ry<br \/>\nof sy wat eensaam agter bly?<br \/>\nof wie?<\/p>\n<p>wie sou die ware swerwer wees<br \/>\ndie een wat reis, die een wat lees<br \/>\ndie enk&#8217;ling op sy slentergang<br \/>\nof elkeen wat na iets verlang<br \/>\nof wie?<\/p>\n<p>wie sou die ware swerwer wees:<br \/>\ndie een te voet, die een in gees<br \/>\ndie een wat deur die ver land stryk<br \/>\nof hy wat deur die rookmis kyk?<br \/>\nof wie?<\/p>\n<p>jy wat jou op die wysheid roem<br \/>\nwie sou jy die swerwer noem:<br \/>\ndie een met tas en reisbiljet<br \/>\nof elkeen wat nog drome het?<br \/>\nof wie?<\/p>\n<p>\u00a0<img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" title=\"IMGP6408b (2)\" src=\"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/wp-content\/uploads\/blog.wimfourie.co.za\/2010\/09\/IMGP6408b-2-300x199.jpg\" alt=\"\" width=\"300\" height=\"199\" \/><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>\u201cOf ek reis en of ek oorbly, U bepaal dit. U is met al my paaie goed bekend.\u201d Ps 139:3 Die woorde pryk voorin \u2018n geskenkboek wat ek ontvang het in 1982 toe ek \u2018n belangrike besluit moes neem oor \u2018n nuwe werkkring. Ek het die reis aangedurf. Sedertdien het di\u00e9 teksvers al in verskillende [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[1],"tags":[],"class_list":["post-200","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-uncategorized"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/200","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=200"}],"version-history":[{"count":9,"href":"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/200\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":206,"href":"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/200\/revisions\/206"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=200"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=200"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=200"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}