{"id":214,"date":"2010-09-15T22:10:57","date_gmt":"2010-09-15T20:10:57","guid":{"rendered":"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/?p=214"},"modified":"2010-09-17T07:14:55","modified_gmt":"2010-09-17T05:14:55","slug":"cinema-paradiso","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/?p=214","title":{"rendered":"Cinema Paradiso"},"content":{"rendered":"<p><strong><a href=\"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/wp-content\/uploads\/blog.wimfourie.co.za\/2010\/09\/Nuovo-Cinema-Paradiso-Review.jpg\"><\/a><a href=\"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/wp-content\/uploads\/blog.wimfourie.co.za\/2010\/09\/14-April-vervolg-189p-3.jpg\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"aligncenter size-medium wp-image-215\" title=\"14 April-vervolg 189p (3)\" src=\"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/wp-content\/uploads\/blog.wimfourie.co.za\/2010\/09\/14-April-vervolg-189p-3-160x300.jpg\" alt=\"\" width=\"160\" height=\"300\" srcset=\"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/wp-content\/uploads\/\/blog.wimfourie.co.za\/2010\/09\/14-April-vervolg-189p-3-160x300.jpg 160w, https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/wp-content\/uploads\/\/blog.wimfourie.co.za\/2010\/09\/14-April-vervolg-189p-3.jpg 257w\" sizes=\"auto, (max-width: 160px) 100vw, 160px\" \/><\/a><\/strong><\/p>\n<p><strong>\u00a0<\/strong><\/p>\n<p>Die ligte verdof. \u2018n Bre\u00eb straal lig skyn uit die betonleeu se bek tot op die silwerdoek. Swart-en-wit beelde vorm op die doek. Die seuntjie staar verwonderd beurtelings na die ligstraal uit die brullende leeu se bek en die skerm. \u2018n Wonderw\u00eareld ontvou voor sy o\u00eb.<\/p>\n<p>Ek wou nog altyd graag \u2018n film gemaak het. Juis daarom my bewondering teenoor hulle wat dit regkry om m.b.v \u2018n kamera \u2018n verhaal te vertel wat jou aan die hart gryp en deel van jou lewensverwysingsraamwerk word.<\/p>\n<p>Die toneeltjie uit Cinema Paradiso kon net sowel my ervaring van films gewees het. \u00a0Die aangrypende film met Giuseppe Tornatore as regisseur, \u00a0vertel die verhaal van die seuntjie, Toto, se fassinasie met die films wat in hulle teatertjie in \u2018n klein Siciliaanse dorpie vertoon word. Toto se pa het nie teruggekeer na afloop an die oorlog nie en word as vermis beskou. Daarom word Toto se \u00a0besoeke aan die bioskoop sy ontvlugting van die werklikheid en \u2018n kennismaking met \u2018n nuwe (wonder)w\u00eareld. Selfs al moet hy die broodgeld wat hy\u00a0 by sy ma kry om mee winkel toe te gaan, daarvoor gebruik. Die projektor-operateur, Alfredo, word sy getroue bondgenoot.<\/p>\n<p>Die aangrypende Klankbaanmusiek deur Ennio Morricone, dra by om van hierdie film \u2018n nostalgiese reis te maak waarmee\u00a0 meeste \u201cBaby Boomers\u201d sou kon identifiseer. Die jare van onskuld en ontdekking. Veral ook bring dit \u2018n verlangepyn na dit wat \u00a0onherhaalbaar verby is \u2013 die bioskoop (genaamd die Alpha, Phoenix, Apollo, Roxy, Leba of iets dergeliks). Die rooi sitplekke en die fluweelrooi gordyne wat geheimsinnig voor elke vertoning oopswaai. Die \u201cUshers\u201d wat pouse (en soms in die vertoning) rondloop met skinkborde wat met sulke bande om hulle nekke gedra word. Dan skyn hulle met \u2018n flitsie ewe aanloklik oor die lekkergoed op die skinkbord en vind altyd gewillige kopers.<\/p>\n<p>Eintlik dink ek is daar nog self meer nostalgie verbind aan die inry wat in die sestigerjare sy hoogtepunt bereik het. Dit was die algemeen aanvaarbare vorm van gesinsvermaak oor naweke. Die hele aanloop het die uitstappie so lekker gemaak. Jy kon jou\u00a0 nagklere aantrek (mits jy klein genoeg was). Daar is \u2018n kosmandjie gepak\u00a0 en dan het die groot uittog begin. Ons keuse was gewoonlik tussen die Meiringspark\u00a0 of die Lanza. Fase twee van die opwinding was die lang wag voor die hekke van die inry wat nog nie oop was nie. Dan het hordes motors opgedam en het die angs gegroei of ons die afsnypunt sal haal. Veral wanneer \u2018n \u00a0Afrikaanse film vertoon is, \u00a0moes jy ten minste \u2018n uur voor die tyd daar wees, anders was teleurstelling jou voorland as jy weggewys word.<\/p>\n<p>Ai \u2013 die opwinding as jy wel ingelaat word en die soektog na \u2018n geskikte staanplek begin. Dan, die vorentoe-en-agtertoe en heen-en-weer die motor manuvreer totdat almal naastenby die skerm kan sien. Net om dan dalk te ontdek dat die luidsprekertjie wat by die venster ingehaak word, nie werk nie. Ek onthou \u2018n geleentheid toe ek my sus en niggie inry toe\u00a0 geneem het, pas nadat ek my eerste\u00a0motor gekry het. Ons het \u2018n staanplek gevind en toe begin die groot heen-en weer sodat almal kon sien. Die film het net begin en my niggie wat agter gesit het, het aanhou kla dat sy nie kan sien nie. Dan maar weer ongeduldig die motor herrangskik. Toe ons uiteindelik vra hoe dit dan moontlik is dat sy nie kan sien nie, s\u00ea sy daar is woorde op die skerm wat maak dat sy die prentjies nie mooi kan sien nie. Ai tog!<\/p>\n<p>Soms onthou ek eerder die gevoel wat ek buite die motor ervaar het as ons op warm somersaande op \u2018n reisdeken voor die motor kon sit. So onthou ek hoe tydens die\u00a0film \u201cMary Poppins\u201d se uitgerekte animasiegedeelte, \u00a0eerder na die sterrehemel gekyk het as na die film.<\/p>\n<p>Wanneer my streng Duitse Ouma Alwine saamgegaan het inry toe, het ons weliswaar nog lekkerder padkos gehad maar ook &#8216;n selfaangestelde sensor. Sodra Ouma enigsins gevoel het het dat die toneel op die skerm darem te intens was en nie vir kindero\u00eb bedoel is nie, het sy ewe nonchalant haar pakkie Smarties oopgemaak en die inhoud &#8220;per ongeluk&#8221; op die vloer laat\u00a0 val en ons kinders dan aanges\u00ea om die Smarties te soek!<\/p>\n<p>Na die film, was die groot saak om te onthou om die luidsprekertjie terug te plaas voordat jy ry, anders het die geamputeerde luidspreker saamgery! As kind was die bonus\u00a0dat jy kon maak of jy aan die slaap geraak het met die terugrit na die fliek en dan bed toe gedra is deur pa. Dit was die afronding van &#8216;n heerlike aand.<\/p>\n<p>Die talle films het tog \u2018n belangrike neerslag in my lewe gevorm. Grepe uit films het hulle later weer voor my geestesoog afgespeel. Belangrike lewenswaarhede is via flieks ontdek. So\u00a0is my vermoede oor die\u00a0feite van die lewe \u00a0bevestig nadat ek die film: \u201cDebbie\u201dgesien het. Het \u2018n film soos Sound of Music die draaiboek geword vir ons \u201cmiddagvervolgverhaal\u201d wat ons smiddae in die tuin laat afspeel het. Met klankbaan musiek uit ons geradbraakte onthou van die woorde van die klankbaan. Gelukkig is liede soos\u00a0 \u201cDo-Re Me\u201d en \u201cMy favourite things\u201d darem redelik volledig gesing.\u00a0<\/p>\n<p>Grepe lewe wat homself op die silwerdoek uitspeel, het ons drome en ideale bepaal.<\/p>\n<p>Na\u00a0 die film &#8220;Romeo en Juliet&#8221; het die beeldskone Olivia Hussey se plakkaat my muur versier. Sy het Julie Andrews onttroon.Om self maar net weer op haar beurt onttroon te word deur\u00a0Tani de Lange van &#8221; Professor en Prikkelpop&#8221;-faam. Haar geraamde en getekende foto het prominent op my lessenaar gepryk. \u00a0Die held van die Spaghetti westerns, Clint Eastwood, het met sy skrefiestaar vir Paul Newman van die muur laat verdwyn.\u00a0Clint was my model van onverstoorbaarheid. Koelkop en berekenend in enige situasie.<\/p>\n<p>Een naweek is ons op \u2018n gesinsuitstappie na Johannesburg. My pa verras ons \u2013 ons gaan fliek in die Cinerama met sy gebo\u00eb skerm wat jou laat voel jy is deel van die gebeure op die skerm. Ons sien \u201cThe Taming of the Shrew\u201d met Elizabeth Taylor en Richard Burton. Dit voel of ons midde in hulle woord- en vuisgevegte staan.<\/p>\n<p>\u2018n Paar weke gelede gaan kyk ek my eerste 3-D film: \u201cToy Story 3\u201d Ek sit die brilletjie huiwerig op toe die fliek begin. En snak omtrent na my asem oor die onmiddellikheid van die beeld. Dis hier by my en ek is in die storie!<\/p>\n<p>Met ons huweliksonthaal noem ek my begeerte om regisseur van \u2018n draaiboek te wees \u2013 in beheer van elke skoot en verhaallyn. Besef egter dat daar \u2018n Groot Regisseur is wat die storielyne wonderlik tot \u2018n geheel saamvoeg.<\/p>\n<p>Aan die einde van Cinema Paradiso woon Toto as volwasse man en suksesvolle regisseur die begrafnis van\u00a0sy getroue\u00a0vriend\u00a0Alfredo by. Alfredo het hom bekendgestel aan al die geheimenisse van die projektorkamer. So het Alfredo die projektor geswaai sodat die ligstraal deur die\u00a0venster geskyn het en die beeld op &#8216;n oorkantste muur in die\u00a0buiteplein geval het. So is die rolprent aan die hele dorpie vertoon. In die projektorkamer het hy ook gesien hoe Alfredo\u00a0stukkies wit papier invoeg in die filmrol as die priester die film sensor. Die priester het &#8216;nvoorskou van die film gehad en het in die voorste ry gesit. Wanneer daar &#8216;n soentoneel was of die paartjie net te amoreus na sy sin begin raak het, het hy die klokkie\u00a0gelui en Alfredo moes die toneel dan uitsny uit die film. Hy het nie my ouma se taktiek met die Smarties geken nie!<\/p>\n<p>Wanneer Toto na die begrafnis die blik oopmaak wat Alfredo aan hom nagelaat het, \u00a0is dit vol stukkies filmknipsels wat \u00a0gesensor was deur die priester en nou deur Alfredo tot \u2018n aaneenlopende film saamgevoeg. So ontdek\u00a0Toto al die verlore brokkies van sy lewe.<\/p>\n<p>Soms laat \u2018n film jou as\u2019t ware in die spie\u00ebl kyk. Sien jy brokkies lewenswaarhede wat saam &#8216;n groot\u00a0eenheid vorm. Weet jy dat wanneer die eindtitels van jou lewe eendag op die groot skerm van die Heelal verskyn, daar soveel medespelers in die verhaal van jou lewe verskyn. Besef jy ook dat doodgewone gebeurtenisse eintlik jou lewe help vorm het.<\/p>\n<p>Dan \u00a0weet jy dat die verhaal wat die Regisseur verfilm het, uniek is. En dat die dele wat jy graag sou wou &#8220;uitklokkie&#8221; met die rooi van kruisbloed gekleur is en nou nuut vertoon.<\/p>\n<p>Amanda Strydom vertel\u00a0van die\u00a0groot Regisseur en die lewensdrama \u00a0in haar liedjie \u201cMy Kamer\u201d<\/p>\n<p>Die w\u00eareld is my woning nie, Totius sou verstaan<br \/>\nEk reis al meer na binne<br \/>\ntot dit tyd word om te gaan<\/p>\n<p>Ons ken die komplot van die drama<br \/>\nElke eeu word daar flink repeteer<br \/>\nNet die rolverdeling en dekor verander<br \/>\nMaar waar is die groot regisseur, waar is die groot regisseur<\/p>\n<p>Die w\u00eareld is my woning nie, Totius sou verstaan<br \/>\nEk reis al meer na binne<br \/>\ntot dit tyd word om te gaan\u2026<\/p>\n<p>\u00a0\u00a0<img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" title=\"Nuovo-Cinema-Paradiso-Review\" src=\"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/wp-content\/uploads\/blog.wimfourie.co.za\/2010\/09\/Nuovo-Cinema-Paradiso-Review-300x256.jpg\" alt=\"\" width=\"300\" height=\"256\" \/><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>\u00a0 Die ligte verdof. \u2018n Bre\u00eb straal lig skyn uit die betonleeu se bek tot op die silwerdoek. Swart-en-wit beelde vorm op die doek. Die seuntjie staar verwonderd beurtelings na die ligstraal uit die brullende leeu se bek en die skerm. \u2018n Wonderw\u00eareld ontvou voor sy o\u00eb. Ek wou nog altyd graag \u2018n film gemaak [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[1],"tags":[],"class_list":["post-214","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-uncategorized"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/214","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=214"}],"version-history":[{"count":15,"href":"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/214\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":218,"href":"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/214\/revisions\/218"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=214"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=214"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=214"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}