{"id":233,"date":"2010-09-23T11:47:13","date_gmt":"2010-09-23T09:47:13","guid":{"rendered":"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/?p=233"},"modified":"2010-09-24T17:18:41","modified_gmt":"2010-09-24T15:18:41","slug":"die-aflos-kaartjie","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/?p=233","title":{"rendered":"Die Aflos-kaartjie"},"content":{"rendered":"<p><a href=\"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/wp-content\/uploads\/blog.wimfourie.co.za\/2010\/09\/IMGP6441a-2.jpg\"><\/a><a href=\"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/wp-content\/uploads\/blog.wimfourie.co.za\/2010\/09\/IMGP6441a-21.jpg\"><\/a><a href=\"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/wp-content\/uploads\/blog.wimfourie.co.za\/2010\/09\/Pa-en-Ma-5b2-2.jpg\"><\/a><a href=\"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/wp-content\/uploads\/blog.wimfourie.co.za\/2010\/09\/IMGP6438a-2.jpg\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"aligncenter size-medium wp-image-234\" title=\"IMGP6438a (2)\" src=\"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/wp-content\/uploads\/blog.wimfourie.co.za\/2010\/09\/IMGP6438a-2-199x300.jpg\" alt=\"\" width=\"199\" height=\"300\" srcset=\"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/wp-content\/uploads\/\/blog.wimfourie.co.za\/2010\/09\/IMGP6438a-2-199x300.jpg 199w, https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/wp-content\/uploads\/\/blog.wimfourie.co.za\/2010\/09\/IMGP6438a-2.jpg 319w\" sizes=\"auto, (max-width: 199px) 100vw, 199px\" \/><\/a><\/p>\n<p>\u00a023 September is &#8216;n belangrike datum in ons familie &#8211; a.g.v twee goeie gebeurtenisse op die datum en ook een hartseer rede. Ek skryf graag vandag oor die goeie.Op 23 September 1950 tree &#8216;n negentienjarige jongman in die huwelik met sy geliefde, &#8216;n ses-en twintigjarige jongmeisie. Maar ek wil die verhaal bietjie vroe\u00ebr gaan haal. By &#8216;n kaartjie wat gestuur is in 1915. Vyf-en-negentig jaar gelede.<\/p>\n<p>My oupa en ouma Jacobus\u00a0\u00a0en\u00a0Alwine (Winnie)\u00a0Van Niekerk\u00a0 is getroud op 29 Februarie 1916. Skrikkeldag, midde in die Eerste W\u00eareldoorlog. \u2018n Tyd van onsekerheid en uitsigloosheid. Hulle was albei vyf-en-twintig.<\/p>\n<p>Twee maande voor die troue stuur hy aan haar \u2018n kerskaartjie waarin hy sy liefde aan haar verklaar. Te midde van die grysvaalheid van die oorlog stuur hy aan haar hierdie besondere kaartjie wat vertel van geloof, hoop en liefde. Veral die liefde. \u2018n Romantiese kaartjie wat selfs aan \u2018n braille leser genot sal verskaf, want dit is gedruk in reli\u00ebfwerk.<\/p>\n<p>Voorop is &#8216;n baie simboliese prentjie: Twee hande van geliefdes wat mekaar in \u2018n reddingsboei ontmoet onder\u00a0\u2018n anker van blou vergeet-my-nietjies en die woorde met die silwer-sprinkeling op: With Fond Love. My stil, beskeie Oupa se visuele liefdesverklaring.<\/p>\n<p>Binne-in is daar &#8216;n &#8220;Wishing you a Happy Christmas&#8221; gedrukte wens met &#8216;n gedrukte rypmie by. Dan, in sy eie handskrif\u00a0 staan geskryf:<\/p>\n<p>From Jacobus<\/p>\n<p>To Winnie &#8211; with fondest Love<\/p>\n<p>Christmas 1915<\/p>\n<p>Oupa en Ouma Van Niekerk\u00a0se huwelik\u00a0duur drie-en veertig jaar totdat Oupa op nege-en-sestigjarige ouderdom dood is. Uit hulle huwelik word vyf kinders gebore, waarvan vier volwassenheid bereik. My ma, Alwine, (Winnie) is die vierde van die vyf kinders. Sy trou op 23 September 1950 in Ontdekkers, Johannesburg met Willem (Bokkie) Fourie wat saam met haar in die Rand Leases mynkantore gewerk het.<\/p>\n<p>Jarelank word\u00a0Oupa Jacobus se \u00a0kosbare kaartjie in die ou Hollandse Familiebybel gebere. As kind blaai ek soms deur die Bybel en kyk na die koerantuitknipsels, foto\u2019tjies en selfs \u2019n pers Moedersdagstrikkie wat getrou in die Bybel bewaar word. Maar veral kyk ek na die Fondest Love kaartjie. Na Oupa en ouma se dood bly die Bybel in ons gesin se besit. My Pa en Ma is op &#8216;n paar maande na dertig jaar getroud toe sy onverwags aan &#8216;n hartaanval sterf in 1980 en my Pa vier jaar daarna.<\/p>\n<p>Negentig jaar na die kaartjie se eerste gebruik, word dit weer ingespan.\u00a0<\/p>\n<p>23 September 2005 (wat my ouers se vyf-en-vyftigste huweliksherdenking sou wees) vertrek my Reisgenoot en ek na Philippolis. Ons gaan besigtig &#8216;n historiese huisie wat in die mark is. Eintlik is dit net &#8216;n voorwendsel om haar op Philippolis te kry vir die Groot Vraag. Want die vraag moet in die oopheid van die Karoo gevra word.<\/p>\n<p>Oupa Jacobus se kaartjie wat al die jare in die familiebybel bewaar gebly het, word ingespan\u00a0vir\u00a0die spesiale geleentheid.Op die oop blaadjie na sy liefdesverklaring aan Ouma Winnie, skryf ek my briefie aan my Reisgenoot, Lynette.<\/p>\n<p>Na &#8216;n heerlike romantiese ete te Bokpost (&#8216;n\u00a0gasteplaas in die Philippolis\u00a0distrik)\u00a0gaan kyk ons hoe helder die karoo sterre skyn.\u00a0Ons voer &#8216;n lang gesprek oor die pad\u00a0wat ons saamgeloop het tot hier en ek\u00a0\u00a0oorhandig ek die kaartjie saam met die ring aan haar. Ek weet nie of dit\u00a0die priemende blik van Oupa en Ouma was \u00a0wat vanuit &#8216;n foto in die kaartjie na\u00a0haar gestaar het en of die blinkblou van die saffier in die ring die oorredingswerk gedoen het nie, maar sy\u00a0antwoord \u00a0JA.<\/p>\n<p>\u00a0Die kaartjie word \u2018n kosbare deel van ons Memorabilia. Met die verhuising\u00a0na ons troue, \u00a0raak dit onverklaarbaar weg. En bly net weg. Ons soek oral, dink aan alle moontlike plekke waar dit dalk kan wees. Maar tevergeefs. Oupa Jacobus se kaartjie (en ons s\u2019n ook!) het eenvoudig net verdwyn.<\/p>\n<p>Twee jaar gaan verby. Een Maandagoggend kom\u00a0my Reisgenoot\u00a0met \u2018n jubeling by die studeerkamer in. Sy het die l\u00eaer in die hand met\u00a0Oupa Jacobus se kaartjie en\u00a0\u2018n organza lappie waarin die verloofring toegebind was. Uit vrees dat dit dalk sou verlore gaan het sy dit twee jaar gelede in die l\u00eaer\u00a0\u00a0geb\u00eare en\u00a0 vergeet waar sy dit geb\u00eare het.\u00a0 Die oggend het sy \u2018n dringendheid gehad om in die kas in die spaarkamer te gaan kyk en die l\u00eaer daar gesien.\u00a0Ons vier die herontdekking van Oupa Jacobus\u00a0se\u00a0 kaartjie. Dis immers ook mos nou ons kaartjie. &#8216;n Afloskaartjie van meer as negentig jaar. Wat vertel van liefde wat altyd verrassend nuut bly.<\/p>\n<p>Nou wag die kaartjie, om wie weet dalk eendag, nogeens &#8216;n volgende liefdesverhaal te vertel?<\/p>\n<p><a href=\"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/wp-content\/uploads\/blog.wimfourie.co.za\/2010\/09\/Pa-en-Ma-5b2-21.jpg\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"aligncenter size-medium wp-image-242\" title=\"Pa en Ma-5b(2) (2)\" src=\"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/wp-content\/uploads\/blog.wimfourie.co.za\/2010\/09\/Pa-en-Ma-5b2-21-300x221.jpg\" alt=\"\" width=\"300\" height=\"221\" srcset=\"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/wp-content\/uploads\/\/blog.wimfourie.co.za\/2010\/09\/Pa-en-Ma-5b2-21-300x221.jpg 300w, https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/wp-content\/uploads\/\/blog.wimfourie.co.za\/2010\/09\/Pa-en-Ma-5b2-21.jpg 640w\" sizes=\"auto, (max-width: 300px) 100vw, 300px\" \/><\/a><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>\u00a023 September is &#8216;n belangrike datum in ons familie &#8211; a.g.v twee goeie gebeurtenisse op die datum en ook een hartseer rede. Ek skryf graag vandag oor die goeie.Op 23 September 1950 tree &#8216;n negentienjarige jongman in die huwelik met sy geliefde, &#8216;n ses-en twintigjarige jongmeisie. Maar ek wil die verhaal bietjie vroe\u00ebr gaan haal. [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[1],"tags":[],"class_list":["post-233","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-uncategorized"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/233","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=233"}],"version-history":[{"count":8,"href":"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/233\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":240,"href":"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/233\/revisions\/240"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=233"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=233"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=233"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}