{"id":257,"date":"2010-10-11T21:05:13","date_gmt":"2010-10-11T19:05:13","guid":{"rendered":"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/?p=257"},"modified":"2010-10-12T07:36:51","modified_gmt":"2010-10-12T05:36:51","slug":"die-krag-van-onthou","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/?p=257","title":{"rendered":"Die krag van onthou"},"content":{"rendered":"<p><a href=\"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/wp-content\/uploads\/blog.wimfourie.co.za\/2010\/10\/DSC_5329.jpg\"><\/a><a href=\"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/wp-content\/uploads\/blog.wimfourie.co.za\/2010\/10\/DSC_53291.jpg\"><\/a><a href=\"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/wp-content\/uploads\/blog.wimfourie.co.za\/2010\/10\/DSC_53292.jpg\"><\/a><a href=\"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/wp-content\/uploads\/blog.wimfourie.co.za\/2010\/10\/DSC_5329c-3.jpg\"><\/a><a href=\"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/wp-content\/uploads\/blog.wimfourie.co.za\/2010\/10\/IMGP64371.jpg\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"aligncenter size-medium wp-image-260\" title=\"IMGP6437\" src=\"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/wp-content\/uploads\/blog.wimfourie.co.za\/2010\/10\/IMGP64371-300x199.jpg\" alt=\"\" width=\"300\" height=\"199\" srcset=\"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/wp-content\/uploads\/\/blog.wimfourie.co.za\/2010\/10\/IMGP64371-300x199.jpg 300w, https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/wp-content\/uploads\/\/blog.wimfourie.co.za\/2010\/10\/IMGP64371.jpg 640w\" sizes=\"auto, (max-width: 300px) 100vw, 300px\" \/><\/a><\/p>\n<p>Memories, light the corners of my mind<br \/>\nMisty watercolor memories of the way we were.<br \/>\nScattered pictures of the smiles we left behind<br \/>\nsmiles we give to one another<br \/>\nfor the way we were.<\/p>\n<p>Die vers uit Barbra Streisand se liedjie &#8220;The way we were&#8221;\u00a0 vertel van onthou wat soos &#8216;n waterverfskildery die verhaal van mens se lewe vertel.<\/p>\n<p>Om te kan onthou is &#8216;n rykdom wat mens eers waardeer as jy begin vergeet. Of besef dat die brein soms vanwe\u00eb verkeie redes (soos beroerte, beserings) sy vermo\u00eb om te onthou, kan verloor.<\/p>\n<p>Johan Cilliers vertel die verhaal van die\u00a0Reisiger sonder bagasie (geskryf deur die dramaturg Anouilh) in een van sy boeke:<\/p>\n<p>&#8221;\u00a0\u2019n Jong soldaat word tydens \u2019n oorlog deur \u2019n koe\u00ebl in die kop getref en verloor sy geheue geheel en al. Hy kan nie sy naam onthou nie, weet nie wie sy ouers of waar sy tuisdorp is nie\u2014hy word \u2019n geskiedenislose, identiteitslose man. N\u00e1 die oorlog word \u2019n poging aangewend om sy naasbestaandes deur middel van die radio en die pers op te spoor. \u2019n Hele aantal families doen navraag en daar word re\u00eblings getref dat die jong man van familie tot familie sou reis, in die hoop dat daar \u2019n herkenning en herinnering sou plaasvind. S\u00f3 reis die jong man sonder verlede, sonder die bagasie van gister, toe voort\u2014net om keer op keer teleurgestel verder te moet reis. Tot op \u2019n dag dat hy by \u2019n huis instap en die gesin uit een mond uitroep: <em>Dis mos ons seun! Ons broer!<\/em> Di\u00e9 herkenning is egter nie wedersyds nie. Hy staar hulle met onbegrip aan, staan soos \u2019n vreemdeling tussen vreemdes \u2026<strong>\u00a0<\/strong><\/p>\n<p>Die familie konfronteer hom toe met pynlike ervarings uit sy jeugjare in \u2019n poging om hom tot herinnering te skok. Hulle neem hom na \u2019n gevaarlike wenteltrap waar hy as jong seun in \u2019n woedebui \u2019n maat afgestamp en di\u00e9 sy nek en ledemate gebreek het. Hy skud sy kop: <em>\u201cEk kan nie onthou nie \u2026 \u201d<\/em> Die diensmeisie neem hom eenkant en vra met trane in haar o\u00eb of hy dan die leed wat hy haar aangedoen het, heeltemal vergeet het? Hy skud sy kop: <em>\u201c Ek kan nie onthou nie \u2026 \u201d<\/em> S\u00f3 gaan dit aan, sonder sukses.<\/p>\n<p>Toe onthou iemand die geboortevlek aan sy liggaam, iets waarvan tog net sy familie sou weet. Die oomblik toe hy in die spie\u00ebl die geboortevlek sien, keer sy geheue plotseling terug. Toe onthou hy: <em>Ek was geen engel nie<\/em>. Sy verlede, met al die sonde en skuld daarvan, doem s\u00f3 grotesk voor hom op dat dit dreig om hom te oorweldig. Toe besluit hy om toneel te speel, om die feit dat hy sy geheue herwin het, te verswyg. Teen die wense van sy familie in, sit hy die volgende dag sy reis voort \u2026<\/p>\n<p>Die volgende familie by wie hy aanklop, benodig om die een of ander rede \u2019n manlike erfgenaam. Hy kom met hulle ooreen: hy sou hom voordoen as hulle seun, en hulle sou hulle voordoen as sy ouers. Dit het hy gedoen nie ter wille van die erfenis nie, maar om tog net \u2019n nuwe begin te maak, tog net \u2019n skoon blaadjie om te slaan, tog net sy skuldbelade geskiedenis by sy ware familie agter te laat\u2014soos \u2019n vergete tas op \u2019n verlate perron.&#8221;<\/p>\n<p>Soms is onthou te pynlik en dan word dit uitgeblok. Amnesia word die brein se veiligheidsmaatreel. Maar hoe sleg is dit om heeltemal verledeloos te wees, al klink dit soms so aanloklik.<\/p>\n<p>Elkeen van ons het s\u00e9\u00e9r onthou-oomblikke wat ons liewer wil vergeet &#8211; die jeugdige onbesonnenheid, die pynlike gebroke hart na &#8216;n mislukte eerste liefde, daardie onbedagsame opmerking waarmee jy iemand as&#8217;t ware met &#8216;n dolk in die hart gesteek het, daardie versuimde dankie&#8230;. en tog as mens moes kies om jou brein soos &#8216;n lei te kon skoonvee dat jy &#8216;n tabula rasa begin kan maak, sou jy? Wat dan van al die goeie onthou?<\/p>\n<p>Daardie kosbare kleintyd herinnering aan die koestering van &#8216;n oupa\/ouma of pa\/ma? Wat van daardie eerste vreugde van iets wat &#8216;n groot indruk op jou gemaak het? Musiek, smake, &#8216;n gevoel van blydskap oor die lewe? Wat van jou eerste ervaring van verliefdheid\/liefde?<\/p>\n<p>In die 2004 film &#8220;The eternal sunshine of the spotless mind&#8221; word juis hierdie vrae gevra. Die verhaal handel oor oor die teruggetrokke Joel Barish (Jim Carrey) en die spontane Clementine Kruczynski (Kate Winslet) wat op &#8216;n trein ontmoet.<\/p>\n<p>Wat nie een van hulle besef nie is dat hulle\u00a0mekaar reeds\u00a0ontmoet het en in &#8216;n vaste verhouding was, twee jaar gelede. Na &#8216;n hewige uitval het Clementine die New Yorkse firma: &#8220;Lacuna, Bpk&#8221; gekry om om al haar herinneringe oor hulle verhouding uit te wis. (Lacuna beteken gaping of ontbrekende deel).\u00a0 Toe Joel met &#8216;n skok\u00a0ontdek dat sy al hulle herinneringe uit haar brein laat wis het, ondergaan hy dieselfde prosedure. Die vraag is egter of hulle nou weer voor kan begin en die keer &#8216;n suksesvolle verhouding (en nuwe herinneringe) opbou?<\/p>\n<p>Die titel van die film kom uit &#8216;n gedig van Alexander Pope en is geneem uit die woorde wat Eloisa aan Abelard rig:<\/p>\n<p>How happy is the blameless vestal&#8217;s lot!<br \/>\nThe world forgetting, by the world forgot.<br \/>\nEternal sunshine of the spotless mind!<br \/>\nEach pray&#8217;r accepted, and each wish resign&#8217;d;<br \/>\nLabour and rest, that equal periods keep&#8230;<\/p>\n<p>Die afgelope paar weke is gevul met soveel goeie onthou-oomblikke dat ek net weer besef hoe arm mens sal wees sonder jou geheuefilmpie&#8230;<\/p>\n<p>In September woon my Reisgenoot en ek die huwelik\u00a0 van my oudste suster se jongste dogter by. Ek moet die bevestiging waarneem. Dit word gehou op die mooi huwelik- en onthaalplek: Memoire. Die naam noop mens\u00a0 om te besef dat hier nuwe, onthoubare herinneringe geskep word. Nie verniet staan daar onder die pleknaam, Memoire die woorde: &#8220;where every moment is a memory&#8221;, geskryf nie. Hier kan goeie nuwe verhale en herinneringe geskep word.<\/p>\n<p>Die diens vind plaas in &#8216;n skldermooi kerkie tussen &#8216;n woud van bome. Reg rondom die kerkie is vensters wat die natuur binnenooi. Dis paradysmooi. Toe die bruid aan die hand van haar Ma die paadjie afstap met vioolbegeleiding voel die prentjie byna volmaak. Die paartjie soen mekaar met die ontmoetslag en kom staan voor die kansel met &#8216;n intense bewussyn van die plegtige oomblik.<\/p>\n<p>Dit word die begin van &#8216;n reis &#8211; die &#8220;ek en ek&#8221; wat nou die &#8220;Ons-reis aanpak &#8211; die verste (maar wonderlikste reis) van een mens na &#8216;n ander.<\/p>\n<p>Toe die se\u00ebn oor die paartjie uitgespreek word, en hulle met die mooi lied &#8220;I&#8217;ll walk with God&#8221; toegesing word, is daar net so diep bewussyn van die Teenwoordigheid van die Almagtige wat ook hulle sal begelei op hierdie nuwe reispad. Hy sal hulle help om die foto-album van mooi onthou&#8217;s te versamel en ook Hy sal sorg dat die donker van toets-oomblikke nie allesoorheersend sal wees nie.<\/p>\n<p>Reis mooi op hierdie pad, Marcel en Alda\u00a0en onthou dat julle altyd onthou word, veral deur Hom wat ges\u00ea het:<\/p>\n<p>Die Here is die almagtige God, die Here sal onthou.<span id=\"_marker\">\u00a0(Hos 12:6)<\/span><\/p>\n<div style=\"text-align: center;\"><span lang=\"AF\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" title=\"DSC_5329c (3)\" src=\"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/wp-content\/uploads\/blog.wimfourie.co.za\/2010\/10\/DSC_5329c-3-300x199.jpg\" alt=\"\" width=\"300\" height=\"199\" \/>\u00a0<\/span><\/div>\n<div><span lang=\"AF\">\u00a0<\/span><\/div>\n<div><span lang=\"AF\">\u00a0<\/span><\/div>\n<p><span lang=\"AF\">\u00a0<\/p>\n<p><\/span><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Memories, light the corners of my mind Misty watercolor memories of the way we were. Scattered pictures of the smiles we left behind smiles we give to one another for the way we were. Die vers uit Barbra Streisand se liedjie &#8220;The way we were&#8221;\u00a0 vertel van onthou wat soos &#8216;n waterverfskildery die verhaal van [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[1],"tags":[],"class_list":["post-257","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-uncategorized"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/257","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=257"}],"version-history":[{"count":6,"href":"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/257\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":266,"href":"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/257\/revisions\/266"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=257"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=257"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=257"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}