{"id":271,"date":"2010-10-18T12:14:04","date_gmt":"2010-10-18T10:14:04","guid":{"rendered":"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/?p=271"},"modified":"2010-10-18T20:53:20","modified_gmt":"2010-10-18T18:53:20","slug":"vreugde","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/?p=271","title":{"rendered":"Vreugde!"},"content":{"rendered":"<p><a href=\"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/wp-content\/uploads\/blog.wimfourie.co.za\/2010\/10\/Joya-2.jpg\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"aligncenter size-medium wp-image-274\" title=\"Joya (2)\" src=\"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/wp-content\/uploads\/blog.wimfourie.co.za\/2010\/10\/Joya-2-300x240.jpg\" alt=\"\" width=\"300\" height=\"240\" srcset=\"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/wp-content\/uploads\/\/blog.wimfourie.co.za\/2010\/10\/Joya-2-300x240.jpg 300w, https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/wp-content\/uploads\/\/blog.wimfourie.co.za\/2010\/10\/Joya-2.jpg 640w\" sizes=\"auto, (max-width: 300px) 100vw, 300px\" \/><\/a><\/p>\n<p>Ons is by Oktober se halfpadmerk &#8211; volgens C Louis Leipoldt die mooiste mooiste maand soos hy dit besing in sy gedig &#8220;Oktobermaand&#8221;<br \/>\nDit is die maand Oktober,<br \/>\n\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0die mooiste, mooiste maand:<br \/>\nDan is die dag so helder,<br \/>\n\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0so groen is elke aand,<br \/>\nSo blou en sonder wolke<br \/>\n\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0die hemel heerlik bo,<br \/>\nSo blomtuin-vol van kleure<br \/>\n\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0die asvaal ou Karoo.<\/p>\n<p>Dit is &#8216;n tyd van die jaar dat mens sou verwag om meer vreugde op mense se gesigte waar te neem &#8211; &#8216;n strawwe winter is immers pas agter die rug en die natuur verras met nuwe kleure en geure. Tog is dit soms die tyd dat mens juis bewus word van jou eie gebrek aan vreugde en lewensblydskap. Daarom het hierdie groot plakkaat wat in Menlyn winkelsentrum opgeplak was my so getref: &#8220;Joy!&#8221;<\/p>\n<p>In \u2018n Peanuts-strokiesprent\u00a0 vra Lucy: \u201c Waarom dink jy is jy op aarde geplaas, Charlie Brown?\u201d<\/p>\n<p>Charlie\u00a0 antwoord: \u201cOm ander gelukkig te maak.\u201d<\/p>\n<p>Daarop s\u00ea Lucy: \u201cEk dink nie ek maak iemand gelukkig nie&#8230; Natuurlik maak niemand my ook besonder gelukkig nie&#8230;\u201d<\/p>\n<p>En dan, in die laaste prentjie, skreeu Lucy kliphard: \u201cIemand doen nie sy werk nie!!\u201d<\/p>\n<p>Dikwels doen ons die\u00a0Lucy-ding:\u00a0ons soek die\u00a0skuld vir\u00a0dit wat ons ongelukkig maak in omstandighede en ander mense maar nie in onsself nie. Dis een van die grootste lewenslesse wat mens op die oop-oog reis leer: Om nie jou vreugde afhanklik te maak van ander en van wisselende omstandighede nie, maar om &#8216;n diep innerlike bron van vreugde te h\u00ea wat onlosmaaklik gekoppel is aan die Bron. (Fil 4:4 Verbly jou in die Here, ek herhaal, verbly jou!&#8221;)<\/p>\n<p>Die afgelope week was ons oogetuies via CNN en die nuus van die dramatiese redding van die die drie-en-dertig vasgekeerde myners in die San Jose-myn \u00a0in Chili.<\/p>\n<p>Wat mens opgeval het was die suiwer vreugde op die gesigte van die gereddenes, die familie, die reddingspan, selfs die Eerste Minister. Daar was nie vrae, verwyte en beskuldigings nie. net egte onvervalste vreugde!<\/p>\n<p>Dit was asof die nege-en-sestig dae in hulle afsonderingskelder hulle weer duideliker laat sien het wat werklik belangrik is &#8211; die mense wat jou lewe verryk en jou as mens versterk: vrou, kinders, ouers, broers, susters, ander familie en vriende. Voor die werklikheid van die Groot Skeiding raak soveel dinge onbelangrik en word die belangrike dinge wat soms vergeet word, weer in hul regmatige posisie herstel. Word God se Teenwoordigheid en beskikking weer onmisbaar.<\/p>\n<p>In daardie eerste omhelsing nadat die mynwerker uit die Feniks 2 kapsule geklim het l\u00ea al die blydskap, verlange en versugtinge van sewe weke opgesluit.<\/p>\n<p>Dalk is dit juis goed dat ons soms afstand inneem &#8211; bietjie van buite kyk na dit wat ons so vanselfsprekend aanvaar &#8211; geliefdes, gesondheid en die gawe van die lewe. Want as daar die gevaar bestaan dat dit van jou weggeneem kan word, juis dan besef jy hoe kosbaar dit is.<\/p>\n<p>Dit sal interessant wees om te hoor wat die bevryde mynwerkers vorentoe s\u00ea oor die keerpunt in hulle lewens, maar &#8216;n mens kan nie maar net met jou lewe aangaan asof niks gebeur het nie, na so ingrypende gebeurtenis nie. Ons een Professor op Universiteit het ons altyd herinner: &#8220;Menere &#8216;n mens is nie &#8216;n stuk polonie nie! Jy het die vermo\u00eb om te leer uit wat met jou gebeur en &#8216;n beter mens te word.&#8221;<\/p>\n<p>As\u00a0 kind het ek soms saam met my ma geluister\u00a0geluister na\u00a0 een van\u00a0haar gunstelingliedjies: &#8220;The Bluebird of Happiness&#8221; gesing deur Jan Peerce. Die liedjie het altyd &#8216;n heimwee by haar ontketen en het &#8216;n diep indruk op my nagelaat:<\/p>\n<p>\u00a0 <strong>Bluebird of happiness<\/strong><\/p>\n<p><strong><br \/>\nThe beggar man and his mighty king are only<br \/>\ndiff&#8217;rent in name,<br \/>\nFor they are treated just the same by fate.<br \/>\nToday a smile and tomorrow tears,<br \/>\nWe&#8217;re never sure what&#8217;s in store,<br \/>\nSo learn your lesson before too late, so<\/strong><\/p>\n<p>\u00a0<strong>Be like I, hold your head up high,<br \/>\nTill you find a bluebird of happiness.<br \/>\nYou will find greater peace of mind<br \/>\nKnowing there&#8217;s a bluebird of happiness.<br \/>\nAnd when he sings to you,<br \/>\nThough you&#8217;re deep in blue,<br \/>\nYou will see a ray of light creep through,<br \/>\nAnd so remember this, life is no abyss,<br \/>\nSomewhere there&#8217;s a bluebird of happiness.<\/strong><\/p>\n<p>Die soektog na geluk en blydskap word ook mooi uitgebeeld in die film &#8220;The Pursuit of Happyness&#8221; (2006).\u00a0Die film\u00a0is gebaseer is op die ware verhaal van Chris Gardner.\u00a0 In die film word die rol\u00a0 van Chris vertolk deur Will Smith. Hy gebruik die gesin se spaargeld om te bel\u00ea in\u00a0masjiene wat gebruik word in beenskandering. Hy verloor die spaargeld want hy kry nie die masjiene verkoop nie. In die proses verlaat sy \u00a0vrou hom en moet hy die versorging van Christopher,sy kleuterseun, waarneem.\u00a0 Hy verloor ook hulle blyplek en hulle is aangewese op plekke wat oornagverblyf aan straatmense verskaf. Een aand is hy en sy seun se enigste keuse om in &#8216;n stasietoilet te oornag. Hy maak die verblyf draaglik deur aan sy seun &#8216;n verhaal te vertel. So leer hulle om in die klein dingetjies vreugde te vind. Selfs die verkeerde spelling, Happyness op &#8216;n winkelvenster (i,p.v Happiness)gee aanleiding tot &#8216;n belangrike gesprek tussen pa en seun en ontleen aan die fliek sy titel. Uiteindelik kry die pa wel &#8216;n werk by makelaars en kan hy weer sorg vir hom en sy seun, maar nou het hulle die werklike waarde\u00a0waarde van\u00a0 dinge geleer raaksien. Dis uiteindelik nie geld wat geluk koop nie, maar kosbare verhoudings wat geluk moontlik maak.<\/p>\n<p>Dit sou die drie-en-dertig mynwerkers heelhartig beaam. Die ontwykende &#8220;bluebird of happiness&#8221; is veel nader aan ons as wat ons besef.<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Ons is by Oktober se halfpadmerk &#8211; volgens C Louis Leipoldt die mooiste mooiste maand soos hy dit besing in sy gedig &#8220;Oktobermaand&#8221; Dit is die maand Oktober, \u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0die mooiste, mooiste maand: Dan is die dag so helder, \u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0so groen is elke aand, So blou en sonder wolke \u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0die hemel heerlik bo, So blomtuin-vol van [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[1],"tags":[],"class_list":["post-271","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-uncategorized"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/271","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=271"}],"version-history":[{"count":6,"href":"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/271\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":277,"href":"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/271\/revisions\/277"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=271"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=271"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=271"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}