{"id":280,"date":"2010-10-23T14:51:28","date_gmt":"2010-10-23T12:51:28","guid":{"rendered":"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/?p=280"},"modified":"2010-10-23T20:58:37","modified_gmt":"2010-10-23T18:58:37","slug":"drome","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/?p=280","title":{"rendered":"Drome"},"content":{"rendered":"<p><a href=\"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/wp-content\/uploads\/blog.wimfourie.co.za\/2010\/10\/2008-Paternos-2-060a-2.jpg\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"aligncenter size-medium wp-image-281\" title=\"2008-Paternos-2 060a (2)\" src=\"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/wp-content\/uploads\/blog.wimfourie.co.za\/2010\/10\/2008-Paternos-2-060a-2-192x300.jpg\" alt=\"\" width=\"192\" height=\"300\" srcset=\"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/wp-content\/uploads\/\/blog.wimfourie.co.za\/2010\/10\/2008-Paternos-2-060a-2-192x300.jpg 192w, https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/wp-content\/uploads\/\/blog.wimfourie.co.za\/2010\/10\/2008-Paternos-2-060a-2.jpg 308w\" sizes=\"auto, (max-width: 192px) 100vw, 192px\" \/><\/a><br \/>\nDrome kan goeie vriende wees aldus Vicky Leandros se &#8220;Dreams are good friends&#8221;, maar soms kan drome vae skimme bly wat jou werklikheid moet versag maar nooit self werklikheid word nie.<\/p>\n<p>\u00a0Onlangs vra &#8216;n kollega tydens &#8216;n diens -wat sou jy s\u00ea is die kosbaarste plek in ons stad? Verskillende mense antwoord verskillend hierop, maar dan verras hy deur te s\u00ea: Dis die begraafplaas, want dink net daaraan hoeveel kosbare drome l\u00ea nie hier begrawe nie.<\/p>\n<p>Dis nogal &#8216;n skokkende besef &#8211; soveel mense leef met drome maar die drome bly onvervuld &#8211; dus maar net &#8216;n droom, &#8216;n hersenskim.<\/p>\n<p>Die HAT omskryf drome as: Voorstellings wat op wense en verbeelding berus; lugkastele.<\/p>\n<p>Daar is sekere liedjies wat \u2018n hartseer verhaal vertel : So onthou ek \u2018n 78 plaat wat ek as kind hier in die laat vyftigerjare geluister het \u2013 die plaat is eintlik gekoop vir die hartseer liedjie op die A-kant, maar ons as kinders het gedink die liedjie op die keersy was die treffer, want ons wou dit oor en oor luister. Ons het dit sommer ons &#8220;potte-en-panne&#8221; liedjie genoem want ons het soms potte en panne ingespan om die orkes te begelei! Maar as ons veronderstel was om buite te speel het my ma die plaat omgedraai en aandagtig geluister na die eintlike rede waarom hulle die plaat gekoop het \u2013 &#8216;n liedjie getiteld: &#8220;The ship that never sailed&#8221; Dit het die hartseer verhaal vertel van \u2018n man wie se liefde vir sy beminde vir hom was soos &#8216;n boot wat hy liefdevol gebou het, maar voor die skip te water gelaat is het sy hom verlaat en die droomskip het nooit geseil nie.<\/p>\n<p>I built a dreamboat to sail the sea<br \/>\nWith you by my side when it sailed<br \/>\nYour eyes were the lights<br \/>\nThat would guide my way<br \/>\nA love light that never failed<\/p>\n<p>Your arms I fashioned in sails of white<br \/>\nYour kisses to keep breezes warm<br \/>\nAnd then I pictured your heart of gold<br \/>\nAs an anchor in storm<\/p>\n<p>(Sail away, sail away<br \/>\nDon&#8217;t wait until the dawn<br \/>\nSail away, sail away)<\/p>\n<p>It&#8217;s too late, too late<br \/>\nAnd you are gone<br \/>\nNow here on the shore<br \/>\nAs I stand alone and watch<br \/>\nThe moon that has paled<\/p>\n<p>I&#8217;m left with nothing to call my own<br \/>\nBut the ship that never sailed<br \/>\n(The ship that never sailed)<\/p>\n<p><strong>David Carroll And His Orchestra <\/strong><\/p>\n<p>Tydens verlede jaar se uitdunne van Brittain&#8217;s Got Talent, stap\u00a0deelnemer no 1432 op die verhoog: &#8216;n sewe-en-veertigjarige muisvaal huisvroutjie met haar onversorgde grys hare, outydse kerkrok, donker sykouse en wit ho\u00ebhakskoene en ontlok &#8216;n gelag onder die toeskouers en selfs &#8216;n meerderwaardige: wat-soek-sy-op-die-verhoog kyk van die siniese beoordelaars. Sy is Susan Boyle en op &#8216;n vraag van die beoordelaars &#8211; wat is jou droom, antwoord sy pront: To sing like Elaine Paige. Dit ontlok &#8216;n meewarige gegiggel van die gehoorlede en opgetrekte wenkbroue van die beoordelaarspaneel.<\/p>\n<p>Die oomblik toe die musiek begin speel en sy die eerste note van &#8220;I Dreamed a dream&#8221; (uit Les Misrables) sing, verskyn &#8216;n uitdrukking van ongeloof en verbasing op die gehoor en beoordelaars se gesigte. Sy sing dit so mooi en met gevoel, dat dit klink of die liedjie vir haar geskryf is. Uiteindelik verwerf sy die tweede plek in die landswye kompetisie en begin haar internasionale sangloopbaan op die vooraand van haar vyftigste verjaarsdag. Die lied wat sy gesing het is heel gepas:<\/p>\n<p>I dreamed a dream in time gone by<br \/>\nWhen hope was high and life worth living<br \/>\nI dreamed that love would never die<br \/>\nI dreamed that God would be forgiving<\/p>\n<p>Then I was young and unafraid<br \/>\nAnd dreams were made and used and wasted<br \/>\nThere was no ransom to be paid<br \/>\nNo song unsung, no wine untasted<\/p>\n<p>Uiteindelik vertel die liedjie ook van die hartseer van &#8216;n droom wat gesterf het:<\/p>\n<p>But the tigers come at night<br \/>\nWith their voices soft as thunder<br \/>\nAs they turn your hope apart<br \/>\nAs they turn your dreams to shame<\/p>\n<p>And still I dream he&#8217;d come to me<br \/>\nThat we would live the years together<br \/>\nBut there are dreams that cannot be<br \/>\nAnd there are storms we cannot weather<\/p>\n<p>I had a dream my life would be<br \/>\nSo different from the hell I&#8217;m living<br \/>\nSo different now from what it seemed<br \/>\nNow life has killed the dream I dreamed<\/p>\n<p>Dit bly seker een van die grootste tragedies in die lewe. Nie dat mense sterf nie, maar dat hulle drome sterf. En so ook hulle gees.<br \/>\nIn die treffende liedjie van Cat Stevens, Father and Son, gee &#8216;n pa raad aan sy seun oor die lewe en drome:<\/p>\n<p>It&#8217;s now time to make a change,<br \/>\nJust relax, take it easy.<br \/>\nYou&#8217;re still young, that&#8217;s your fault,<br \/>\nThere&#8217;s so much you have to know.<br \/>\nFind a girl, settle down,<br \/>\nIf you want you can marry.<br \/>\nLook at me, I am old, but I&#8217;m happy.<\/p>\n<p>I was once like you are now, and I know that it&#8217;s not easy,<br \/>\nTo be calm when you&#8217;ve found something going on.<br \/>\nBut take your time, think a lot,<br \/>\nWhy, think of everything you&#8217;ve got.<br \/>\nFor you will still be here tomorrow, but your dreams may not.<\/p>\n<p>Dit bly die hartseer waarheid. Jy mag dalk bly leef, maar jou drome kan tot niet gaan.<\/p>\n<p>Toe ek veertien jaar oud was het ek &#8216;n wenslysie met veertig items opgestel.\u00a0In die lysie \u00a0was my drome vir die toekoms saamgevat. Van die drome het (en sal) ek nooit behaal nie, bv. om die 800m in onder 2min te hardloop. Tog was daar baie drome wat ek gedink het net drome sou bly, wat tog bewaarheid is, bv. om oorsee te reis, veral op &#8216;n sneeupiek in Switserland te staan. Dit kon ek genadiglik\u00a0doen. Ook drome soos: Om die Bybel van voor tot agter deur te lees het ek nog as veertienjarige verwesentlik. Sommige drome het my egter bly ontwyk: Om &#8216;n kortverhaal te skryf en te publiseer, om &#8216;n nuwe taal aan te leer,&#8217;n kruik van klei te maak en self te versier, foto&#8217;s te neem in in &#8216;n galery uit te stal, om my eie huis te besit en die groot droom: om eendag gelukkig getroud te wees.<\/p>\n<p>Die drome het ek gedink sou net drome bly. Ses jaar gelede ontdek die wenslysie wat ek in 1968 opgestel het. En steeds kon ek baie wense nie met &#8216;n regmerkie afmerk nie. Ja ek was vyftig jaar oud en in &#8216;n beroep waar ek &#8216;n verskil in mense se lewens kon maak. Ek het al heelwat gereis en interessante plekke gesien. Tog was daar sekere belangrike mylpale wat ek nie bereik het nie. Ek was steeds ongetroud, ongepubliseer en het &#8216;n behoefte gehad aan &#8216;n kreatiwiteit. En boonop was ek siek, reeds &#8216;n jaar met kanker gedagnoseer. My wenslysie sou nou my &#8220;bucket list&#8221; moes word!<\/p>\n<p>Vroe\u00ebr vanjaar kyk ek weer na my lysie. Besef ineens dat soveel van die ongemerkte items nou &#8216;n merkie het. Ja, ek kan nog steeds nie die 800m in onder 2 minute hardloop nie. (Dalk loop in 20min!) en ek kan steeds nie Frans praat nie. Tog\u00a0is ek\u00a0op soveel ander maniere gese\u00ebn. Ek het vir my reisgenoot &#8216;n kleikruik gemaak met &#8216;n Hebreeuse teks daarop. Met die opening van die\u00a0galery op Philippolis kon ek van my foto&#8217;s uitstal.\u00a0Ek\u00a0kon\u00a0ook artikels en kortverhale skryf. Gaan Backpack vir &#8216;n maand in Europa, tweekeer &#8216;n toer na Turkye meemaak. Op Paulus se voetspore loop. Op &#8216;n Griekse eiland in winkeltjies snuffel,\u00a0Veral is ek dankbaar vir die helder herfsdag in Clarens toe ek en my Reisgenoot lewensmaats geword het. Die groot regmerkie kon ek afmerk. <\/p>\n<p>Einde September vanjaar kuier my Reisgenoot en ek vir &#8216;n week in ons Hartjiehortjie Huisie op Philippolis. Terwyl ek daar by die greinhout tafel sit en Pekanneute uitdop wat ek sopas van ons eie boom in ons eie tuin gepluk het, besef ek net hoe gese\u00ebnd ons is. En hoeveel merkies op my lysie die afgelope ses jaar bygekom het. Ervaar ek &#8220;welgeluksaligheid&#8221;. En voltooiingsvreugde. Besef ek net weer die waarheid van Psalm 1 vs 1-3 (OV)wat ek ook as veertienjarige ontdek het:<\/p>\n<p>Welgeluksalig is die man wat nie wandel in die raad van die goddelose nie&#8230;maar sy behae is in die wet van die HERE, en hy oordink sy wet dag en nag. En hy sal wees soos \u2019n boom wat geplant is by waterstrome, wat sy vrugte gee op sy tyd en waarvan die blare nie verwelk nie, en alles wat hy doen, voer hy voorspoedig uit.<span id=\"_marker\">\u00a0<\/span><\/p>\n<p>Drome (wense)\u00a0kan waar word. Die Droomgewer sorg daarvoor.<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Drome kan goeie vriende wees aldus Vicky Leandros se &#8220;Dreams are good friends&#8221;, maar soms kan drome vae skimme bly wat jou werklikheid moet versag maar nooit self werklikheid word nie. \u00a0Onlangs vra &#8216;n kollega tydens &#8216;n diens -wat sou jy s\u00ea is die kosbaarste plek in ons stad? Verskillende mense antwoord verskillend hierop, maar [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[1],"tags":[],"class_list":["post-280","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-uncategorized"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/280","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=280"}],"version-history":[{"count":10,"href":"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/280\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":285,"href":"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/280\/revisions\/285"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=280"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=280"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=280"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}