{"id":29,"date":"2010-06-03T11:34:56","date_gmt":"2010-06-03T09:34:56","guid":{"rendered":"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/?p=29"},"modified":"2010-06-03T12:49:29","modified_gmt":"2010-06-03T10:49:29","slug":"my-something-went-wrong-roos","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/?p=29","title":{"rendered":"My Something-went-wrong-roos"},"content":{"rendered":"<p><a href=\"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/wp-content\/uploads\/blog.wimfourie.co.za\/2010\/06\/Leonides-roos-1a-2.jpg\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"aligncenter size-medium wp-image-49\" title=\"Leonides-roos-1a (2)\" src=\"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/wp-content\/uploads\/blog.wimfourie.co.za\/2010\/06\/Leonides-roos-1a-2-181x300.jpg\" alt=\"\" width=\"181\" height=\"300\" srcset=\"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/wp-content\/uploads\/\/blog.wimfourie.co.za\/2010\/06\/Leonides-roos-1a-2-181x300.jpg 181w, https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/wp-content\/uploads\/\/blog.wimfourie.co.za\/2010\/06\/Leonides-roos-1a-2.jpg 290w\" sizes=\"auto, (max-width: 181px) 100vw, 181px\" \/><\/a>\u00a0<\/p>\n<p>3 Junie 2003.<\/p>\n<p>Vandag is die dag van die UITSLAG.<\/p>\n<p>Die biopsies is gedoen, die bloed is getrek en ontleed. Sonar en skandering is ook agter die rug. Die ongenadige blootstelling van lyf onder kliniese ligte en o\u00eb.<\/p>\n<p>Die dokter sal net na ses vanaand die resultate bring. Dit gaan &#8216;n lang dag wees.<\/p>\n<p>Maar eers bring iemand vir my &#8216;n enkele roos. Tussen die ruikers wat vroe\u00ebr reeds gekom het, lyk die enkele roos maar baie&#8230;..enkel. Tog het die roos &#8216;n storie. So vertel die roosdraer. Ek glo haar want sy ken blomme, veral rose.<\/p>\n<p>Dis &#8216;n Leonides-roos. Die Leonides-roos is nogal &#8216;n gesogte roos. Dit was o.a. Hansie Cronje se gunsteling roos gewees. Op sy begrafnis verlede jaar moes bloemistes bontstaan om genoeg Leonides-rose in die hande te kry.<\/p>\n<p>Ek hoor dat hierdie &#8216;n baie besondere Leonides roos is, een van &#8216;n spesiale groep.<\/p>\n<p>Ek verdiep my in die vertelling: Tydens die kweektyd van die roos en sy roosgenote in die beskutting van hulle kweekhuis is hul gelykmatige en voorspelbare roosbestaan wreed ontwrig. &#8216;n Geweldige rukwind steek op en waai die dak van hulle kweekhuis af. Die gesogte troetelrose word\u00a0eensklaps uitgelewer aan die elemente &#8211; vir die eerste keer voel hulle die skerpte van die son direk op hulle delikate roosblare, die warrel van die wind, maar ook die lafenis van regte re\u00ebn. Natuurlik voel hulle heel weerloos &#8211; hulle is immers ontwerpersrose en nou kry hulle swaar. Byna soos om Koningin Elizabeth na &#8216;n brand in Buckingham paleis in &#8216;n plakkershut met gate in die dak te laat bly.<\/p>\n<p>Die rose regeer op die swaarkry en die sonskyn &#8211; kleurvlekke verskyn- songeel spatsels op hierdie andersinds letsellose rose. Interessante patrone vorm op die buiteblare van elke roos. Elke ontwerpersroos kry &#8216;n unieke karakter. Soos gebeur met &#8216;n foutiewe munt of se\u00ebl wat gedruk word, begin die mense navraag doen oor die unieke Leonides-rose. Die rose kry &#8216;n bynaam: Leonides Something-went-wrong-rose. &#8216;n Paar van die rose beland in Welkom. Een\u00a0word persoonlik afgelewer by bed 22, Chirurgiese saal,\u00a0Medi Clinic. Op die dag van die gevreesde uitslag. Ek identifiseer met die roos en sy verhaal.<\/p>\n<p>Something went wrong. Dit sien ek\u00a0op die spesialis-dokter se gesig\u00a0toe hy vra\u00a0dat ek saam met hom na die kantoortjie in die saal moet kom.\u00a0Ek verkies die privaatheid van die kantoor. Die tweebed kamer is nie privaat nie.<\/p>\n<p>Hy deel my die feite nugter mee: Die biopsie bevestig &#8216;n infiltrerende ho\u00ebgraadse adenokarsinoom. Die Gleasonskaal toon &#8216;n ho\u00eb 7. Die PSA telling wat nul moet wees is hemelhoog: 323 &#8211; net soos die Mazda! (Toe ek die telling later aan &#8216;n Doktersvriend van my deurgee, uiter hy net een woord: Bliksem!)<\/p>\n<p>Die spesialis verduidelik die opsies. Hy teken prentjies op die papier &#8211; &#8216;n eendimensionele prostaat. dis nie my liggaam wat so lyk nie. Hy voeg die pyltjies in om na die verskillende behandelings-opsies te verwys. Ek neem dit in asof deur &#8216;n filter. Vra wat hy sou gedoen het as hy in my (prostaat) skoene gestaan het. Hy vertel. Verduidelik. Skryf moontlikhede op die papier neer. Professionele simpatie, met tog &#8216;n tikkie menslikheid wat deurskyn.<\/p>\n<p>Later toe ek terugkeer kamer toe wag Leonides langs my bed. Ek glimlag wrang vir hom. Something did indeed go wrong.<\/p>\n<p>Ek dink aan &#8216;n\u00a0begrip wat ek iewers in &#8216;n lesing op Universiteit gehoor het &#8211; Felix Culpa &#8211; die gelukkige ongeluk. Die positiewe wat na vore kom uit die hartseer. Vir Leonides was dit so &#8211; hy het &#8216;n interessante geel vlek op sy buiteblaar om dit te bewys. Sy en my Skeppingskunstenaar sal\u00a0hierdie dak-afwaai-liggaam-buite-beheer in &#8216;n Felix Culpa\u00a0 omskep.<\/p>\n<p>My Reisgenoot bring vir my &#8216;n piouter kruis met &#8216;n blou steen in die kruispunt. Sy sit stil by my. So baie om oor te gesels. So min woorde. Ons reispad-vriendskap het dan pas eers begin.<\/p>\n<p>Later terug by die huis kry Leonides Something-went-wrong &#8216;n ereposisie in die wit nis in die gang. Ek neem &#8216;n foto.<\/p>\n<p>Elke keer as ek by my kamerdeur indraai knik ek vertroulik vir hom. Ek verbeel my seker, maar ek is oortuig: sy geel spatsel knik speels terug.<\/p>\n<p>Naskrif: Dis vandag presies sewe jaar sedert die dag van die uitslag. Ek kry nog steeds behandeling en die PSA wat na behandeling tot byna nul afgekom het, is weer oor die 100. Tog het soveel wonderlike dinge intusssen gebeur, veral die feit dat ek en my Reisgenoot &#8216;n huweliksbelofte kon afl\u00ea op &#8216;n herfshelder dag in Clarens.<\/p>\n<p>Die Skepper is ook Herskepper. Die Something-went-wrong word &#8216;n belofte &#8211; Ek laat alles meewerk ten goede.<\/p>\n<p>Kyk Ek maak alles nuut.<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>\u00a0 3 Junie 2003. Vandag is die dag van die UITSLAG. Die biopsies is gedoen, die bloed is getrek en ontleed. Sonar en skandering is ook agter die rug. Die ongenadige blootstelling van lyf onder kliniese ligte en o\u00eb. Die dokter sal net na ses vanaand die resultate bring. Dit gaan &#8216;n lang dag wees. [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[1],"tags":[],"class_list":["post-29","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-uncategorized"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/29","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=29"}],"version-history":[{"count":10,"href":"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/29\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":38,"href":"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/29\/revisions\/38"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=29"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=29"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=29"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}