{"id":292,"date":"2010-11-01T21:10:20","date_gmt":"2010-11-01T19:10:20","guid":{"rendered":"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/?p=292"},"modified":"2010-11-01T21:21:38","modified_gmt":"2010-11-01T19:21:38","slug":"gewers-en-grypers","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/?p=292","title":{"rendered":"Gewers en Grypers"},"content":{"rendered":"<p><strong><a href=\"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/wp-content\/uploads\/blog.wimfourie.co.za\/2010\/11\/images-3.jpg\"><\/a><a href=\"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/wp-content\/uploads\/blog.wimfourie.co.za\/2010\/11\/rodin-1.jpg\"><\/a><a href=\"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/wp-content\/uploads\/blog.wimfourie.co.za\/2010\/11\/IMGP6612a-2.jpg\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"aligncenter size-medium wp-image-293\" title=\"IMGP6612a (2)\" src=\"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/wp-content\/uploads\/blog.wimfourie.co.za\/2010\/11\/IMGP6612a-2-300x199.jpg\" alt=\"\" width=\"299\" height=\"199\" srcset=\"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/wp-content\/uploads\/\/blog.wimfourie.co.za\/2010\/11\/IMGP6612a-2-300x199.jpg 300w, https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/wp-content\/uploads\/\/blog.wimfourie.co.za\/2010\/11\/IMGP6612a-2.jpg 640w\" sizes=\"auto, (max-width: 299px) 100vw, 299px\" \/><\/a><\/strong>\u00a0<\/p>\n<p>Hande is wonderlike instrumente \u2013 ons gebruik dit om te gee, te werk, te skep, te heel, te groet, te koester en te bid.<\/p>\n<p>Hande is ook selfsugtige instrumente \u2013 ons kan daarmee gryp,\u00a0 verniel, afbreek,\u00a0 wond, doodmaak.<\/p>\n<p>Billy Graham het ges\u00ea: \u201cGod has given us two hands, one to receive with and the other to give with.\u201d<\/p>\n<p>Gewers en Grypers \u2013 \u2018n mens sou die mensdom in twee groot kategorie\u00eb kon verdeel.<\/p>\n<p>In haar boek\u201d Die Gewers\u201d\u00a0 Skryf MER:<\/p>\n<p>\u00a0\u201cDie niet geef\u2019 dat hy heef\u2019<\/p>\n<p>is niet waard dat hy leef\u201d<\/p>\n<p>Sy sien ook die groot tweedeling in die mensdom \u2013 diegene wat met oorgawe gee en die wat selfsugtig gryp dit wat hulle wil h\u00ea<\/p>\n<p>Gewers help dat jy kan s\u00ea: My beker loop oor! Grypers dreineer jou en laat jou droe\u00ebr voel as \u2018n uitgesuigde lemoen.<\/p>\n<p>Die afgelope ruk het ek net so bewus geraak van die twee kategorie\u00eb van mense.<\/p>\n<p>Ek kuier onlangs by \u2018n agt-en-tagtigjarige mentor-vriend. Hy is iemand wat die lewe voluit leef en elke dag nog iets nuuts byleer. Hy gee soveel terug aan die w\u00eareld en die mense om hom. Hy is \u2018n Gewer, want hy leef uit die genade van die Groot Gewer. Verlede jaar het hy begin om mosaiek te doen en nou vul dit soveel van sy tussen-in tydjies. Want ledige uurtjies het hy nie. Hy wil nog \u2018n groot projek met die mosiek aanpak en praat entoesiasties daaroor. Hy is geesdriftig oor elke te\u00ebltjie was sy regte plekkie vind. Oor kleure en teksture. Hy gee graag van sy handewerk weg aan ander. Terwyl ek by hom kuier sien ek die entoesiasme waarmee hy elke projek aanpak. Ek neem \u2018n foto as herinnering.<\/p>\n<p>Die afgelope week het ons ook te doen gekry met die grypende selfsugtige hande.\u00a0Verlede Dinsdag\u00a0kry ons \u2018n slegtenuus-oproep van ons Philippolis buurman. \u2013 hulle het by ons huis op Philippolis ingebreek en \u2018n klomp goed weggedra. In die proses het hulle ook die karaktervolle agterdeur (\u2018n bo-en \u2013 onderdeur met \u2018n venstertjie) met \u2018n koevoet oopgebreek en die deur erg beskadig. Dadelik ervaar ek \u2018n diepe wrewel teeenoor die anonieme \u201chulle\u201d wat met grypende, vernielsugtige hande ons lewe binnegedring het en met hulle \u00a0gierige hande deur ons besittings gesif het om goed te kry wat aan \u201chulle\u201d behoeftes voldoen. Breekhande, gryphande wat gewelddadig mens se lewe binnedring en hulle vuil vingermerke nalaat. Dit bring \u2018n wrang smaak in die mond mee en laat ineens \u2018n wolk oor ons hang. Ons besef dit kon erger gewees het en dat niemand beseer is in die proses nie, maar dit neem nie die gevoel van onbehae weg nie.<\/p>\n<p>Grypende hande hoef nie noodwendig jou beursie, selfoon of besittings te gryp nie. Grypende hande neem ook soms selfsugtig jou tyd, lewe in beslag.<\/p>\n<p>Ek blaai onlangs deur \u2018n kunsboek wat heelwat van die werke van Rodin uitbeeld.<\/p>\n<p>Auguste Rodin is gebore op 14 November 1840. Sy droom van kleintyd af was om te skep. Nadat hy \u2018n \u2018n studiekursus voltooi het wat hom sy passie vir beeldhouwerk laat ontdek het, doen hy aansoek om student te word aan die Ecole des Beaux-Arts in Parys. Sy aansoek word egter\u00a0 drie keer afgekeur omdat hy nie volgens die styl van daardie tyd werk nie en dus nie konformeer nie. Dit word die begin van sy jarelange stryd om erkenning. Eers op sestigjarige ouderdom kry hy erkenning van die kunskringe in Parys met sy uitstalling van honderd-en-vyftig beeldhouwerke\u00a0 vir die internasionale uitstalling van 1900.<\/p>\n<p>Rodin \u00a0was baie lief\u00a0 om hande d.m.v\u00a0 sy beeldhouwerk uit te beeld en het dikwels die hande geisoleer van die beeld om die kragtige seggingskrag van die hande daarmee uit te beeld.<\/p>\n<p>Is sy kunswerk \u201cGrypende Hand\u201d (1885) \u2013 detail uit \u201cDie Poorte van die Hel\u201d is die desperate grypende hand toonbeeld van iemand wat\u00a0 probeer om self iets te gryp maar ontdek dat hy niks het om aan vas te gryp nie.<\/p>\n<p><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" title=\"images-3\" src=\"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/wp-content\/uploads\/blog.wimfourie.co.za\/2010\/11\/images-3.jpg\" alt=\"\" width=\"225\" height=\"225\" \/><\/p>\n<p>Dit is vir my die simbool van vernietigende en selfsugtige hande: Grypers.<\/p>\n<p>Daarteenoor vorm hy \u2018n aangrypende bronsbeeld in 1908. Hy noem die beeld \u201cDie Katedraal\u201d en laat blyk dat tydens sy besoeke aan kerke en katedrale\u00a0 die vorm en die struktuur van die geboue hom geinspireer het om ook dit in sy beeldhouwerk toe te pas. So vorm die twee hande die effek van die spits van \u2018n katedraal en wys dit op die wonderlike vermo\u00eb wat die mens het om dromer, bouer, spirituele mense en skepper te wees.<\/p>\n<p><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" title=\"rodin-1\" src=\"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/wp-content\/uploads\/blog.wimfourie.co.za\/2010\/11\/rodin-1-163x300.jpg\" alt=\"\" width=\"163\" height=\"300\" \/><\/p>\n<p>Di\u00e9 hande beeld vir my die skeppende en dienende vermo\u00eb van die mens uit: Gewer.<\/p>\n<p>Ek en my Reisgenoot is toe die afgelope naweek Philippolis toe om die skade te gaan ondersoek wat die Grypers gelaat het. Veral was ek hartseer oor die vernielde agterdeur en die gevoel van betreding wat my beetgepak\u00a0 het toe ons deur die huisie stap. Die leegheid van \u2018n sitkamer sonder mooi kleurvolle kelim beklemtoon die verlies.<\/p>\n<p>Tog is daar die positiewe: Die drie skelms is Vrydag aangekeer en klaarblyklik is al die gesteelde goedere teruggekry (hulle het ook by twee ander huise in dieselfde week ingebreek). Ons het selfs \u2018n glimps gekry van ons kelim waar dit geberg word in die polisie se stoor en wat ons hopelik binnekort kan opeis, sodra die saak afgehandel is.<\/p>\n<p>Nog meer positief egter was die helpende hande \u2013 die getroue tuinman, Dawid wat sy hulp kom aanbied om die agterdeur weer te herstel, skarniere reg te buig en kort-kort terwyl hy skroef in die deur nog vaster draai en oor \u2018n vernielde stuk hout stryk, mompel.: \u201cDis \u2018n boggerasie die meneer, maar gelukkig is die boggertjies gevang. Ek sien die are op sy hande wat prominent uitswel terwyl hy die skroef nog \u2018n laaste verbete draai gee. So ook \u2018n borswering teen geweld en vernieting bou. Op sy stil ,beskeie manier is hy \u2018n Gewer.<\/p>\n<p>Uiteindelik is die grootste inspirasie die Hand van Hom wat ons kunstig gevorm het en ons verseker: Niemand sal julle uit my hand ruk nie (Joh 10:28)<\/p>\n<p>Met so bewussyn, van die hand van die Almagtige wat ons lewe rig, kan ons ook ons hande uitsteek en begin bou.<\/p>\n<p>Nehemia het dit gedoen toe die mure van Jerusalem platgel\u00ea het. Hy het die leiers aangespoor om hulle hande uit te steek en te begin met herstelwerk.<\/p>\n<p>So begin sy verslag aan die leiers:<\/p>\n<p><sup>\u00a0<\/sup>En ek vertel hulle van die hand van my God wat goed was oor my.. (Neh 2:18)<\/p>\n<p>Uiteindelik is elkeen van ons se lewe (en hande) bewys van die Skepperhand wat ons lewe rig, of deur ons weggestoot word.<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>\u00a0 Hande is wonderlike instrumente \u2013 ons gebruik dit om te gee, te werk, te skep, te heel, te groet, te koester en te bid. Hande is ook selfsugtige instrumente \u2013 ons kan daarmee gryp,\u00a0 verniel, afbreek,\u00a0 wond, doodmaak. Billy Graham het ges\u00ea: \u201cGod has given us two hands, one to receive with and the [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[1],"tags":[],"class_list":["post-292","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-uncategorized"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/292","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=292"}],"version-history":[{"count":5,"href":"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/292\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":296,"href":"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/292\/revisions\/296"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=292"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=292"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=292"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}