{"id":302,"date":"2010-11-10T15:43:27","date_gmt":"2010-11-10T13:43:27","guid":{"rendered":"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/?p=302"},"modified":"2010-11-24T22:20:35","modified_gmt":"2010-11-24T20:20:35","slug":"lewensfles","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/?p=302","title":{"rendered":"Lewensfles"},"content":{"rendered":"<p><a href=\"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/wp-content\/uploads\/blog.wimfourie.co.za\/2010\/11\/IMGP6658a-2.jpg\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"aligncenter size-medium wp-image-303\" title=\"IMGP6658a (2)\" src=\"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/wp-content\/uploads\/blog.wimfourie.co.za\/2010\/11\/IMGP6658a-2-300x199.jpg\" alt=\"\" width=\"300\" height=\"199\" srcset=\"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/wp-content\/uploads\/\/blog.wimfourie.co.za\/2010\/11\/IMGP6658a-2-300x199.jpg 300w, https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/wp-content\/uploads\/\/blog.wimfourie.co.za\/2010\/11\/IMGP6658a-2.jpg 640w\" sizes=\"auto, (max-width: 300px) 100vw, 300px\" \/><\/a><\/p>\n<p>Vier-en twintig\u00a0 jaar\u00a0 gelede koop ek &#8216;n antieke klavier by &#8216;n musiekwinkel. Die handelaar vertel van die bejaarde egpaar wat die klavier vir etlike jare besit het, maar nou weens verswakte gesondheid\u00a0na &#8216;n aftree-oord verhuis het. Hierdie klavier was juis een van die besittings waarvan hulle moeilik afstand gedoen het, maar hulle het nie &#8216;n keuse gehad nie. Ek bekyk die mooi ou klavier en sien dat dit bykans &#8216;n eeu oud moet wees, want daar is tekens waar die kandelare was. Toe ek die deksel oopklap, pryk die vervaardiger se naam daar: CJ Quandt, Berlin. Ook die Suid-Afrikaanse verskaffer het sy naam \u00a0in die staanhoutjie vir musiekstukke gegraveer: J van H Haarburger, Sole Agent, Bloemfontein.<\/p>\n<p>&#8216;n Week of wat later pryk die mooi klavier in die sitkamer van my blyplek. Die klavierstemmer (&#8216;n blinde man) streel met sy hande oor die klavierkas en merk op dat dit baie oud moet wees. Toe hy die boonste paneel afhaal om te begin met die stem van die klavier sien ek die inskripsies op die raam van die klavier. Daar is slegs die voorletters E. C. en dan verder datums: 1916, 1917, 1918, 1919, 1920 en dan 1923 en 1924 wat met potlood neergeskryf is. Ek vertel die stemmer daarvan en hy s\u00ea dat dit waarskynlik die datums is waarop die klavier jaarliks gestem is en later het die gapings begin kom.\u00a0 Toe hy die klavier klaar gestem het, skryf ek die datum September 1986 langs die laaste datum van 1924.\u00a0Ook in 1990 en 2000\u00a0 toe die klavier weer gestem word, voeg ek dit by.<\/p>\n<p>Tydens die\u00a0jaar van aankoop (1986) gaan ek met verlof. In &#8216;n antieke winkeltjie in Graaff-Reinet loop ek twee klavierkandelare raak wat perfek pas op die gaatjies wat gelaat is met die afhaal van die oorspronklike kandelare. Die klavier lyk\u00a0 nou outentiek. Ek ondersoek die klavier en kyk weer na die datums op die binne-raam. Ek haal ook die onderste houtpaneel by die pedale af en ondersoek die binnekant. In die regterhoek aan die binnekant is daar &#8216;n ou vrugtefles. Ongelukkig is dit leeg. Toe ek die stemmer by &#8216;n volgende keer daarna vra, reken hy dat dit dalk was om gif in te plaas vir rotte wat dit dalk binne-in die klavier sou waag. &#8216;n Ander persoon vertel dat dit dalk met water gevul was om te keer dat dat die hout nie te droog word nie. Iewers in my kop sien ek &#8216;n ander prentjie:<\/p>\n<p>Die jongmeisie vir wie die klavier gekoop is, het net o\u00eb vir die jongman wat weekliks vir haar musiekles kom gee op die plaas. Sy stort haar liefde vir die jongman uit in die skryf van liefdesbriefies wat sy nooit aan hom gee nie.\u00a0Die briefies\u00a0word sorgvuldig in die fles geb\u00eare &#8211; \u00a0buite bereik van speurende o\u00eb. Jare later, nadat sy en haar jeugliefde getroud is, verskuif sy die briewe na &#8216;n\u00a0toffieblik met die prentjie van &#8216;n jongmeisie daarop. Nou gebruik sy die fles as geheime spaarbussie om die geld wat sy weekliks inkry vir die verkoop van hoendereiers daar te spaar om later noodsaaklikhede aan te koop. Die klavier word haar getroue bondgenoot vir die speel van haar hartsliedere en as wegsteekplek vir haar hartsgoed. Soms skryf sy &#8216;n wens op &#8216;n flentertjie papier neer en plaas dit in die fles. Dit bly steeds haar spaarbussie vir neseiertjies.<\/p>\n<p>\u00a0In my gedagtes sien ek hoe sy as tagtigjarige vir oulaas voor die klavier gaan sit en speel, die dag voor die\u00a0musiekinstrument verkoop word. Haar vingers is geplooi en haar hande\u00a0 vertoon ouderdomsvlekke. Die tekens van Artritis is ook sigbaar in die effe kromgetrekte vingers. Tog speel sy vir oulaas &#8216;n liedjie van lank gelede en streel liefderik oor die klawers. Dan, wanneer sy die rooi viltlappie troostend oor die note plaas en die klap toemaak, s\u00ea sy saggies dankie vir die klavier wat so lang pad saam met haar gekom het. Hy het twee w\u00eareldoorlo\u00eb saam met haar oorleef en deur haar onsekere jongmeisiejare was hy haar anker. Vir oulaas maak sy dan ook die paneel by die pedale oop en maak die vrugtefles leeg. Die opgespaarde geldjies, saam met die verkoopprys van die klavier, sal genoeg wees om te help betaal vir haar kleindogter se musieklesse en dalk selfs as dit rente loop, kan dit bydra tot haar studiegeld later. Sy lees haar wenspapiertjies en s\u00ea dankie vir soveel daarvan wat waargeword het.<\/p>\n<p>Maandagaand kyk ek na die film wat die\u00a0ware verhaal vertel\u00a0van &#8216;n Katolieke Poolse vrou vrou wat tydens die tweede w\u00eareldoorlog &#8216;n reuse verskil gemaak het in die lewens van ongeveer 2,500 Joodse kinders. Die film is &#8221; The Courageous Heart of Irena Sendler&#8221;. Anna Paquin vertolk die naamrol. Dit vertel hoe sy as Maatskaplike Werker aangegryp is deur die lot van die Joodse kinders in die ghetto in Warskou. Sy\u00a0 begin\u00a0om kinders uit die ghetto te smokkel, soms selfs in &#8216;n gereedskapkas. Sy skryf getrou\u00a0 die naam neer van elke kind wat sy so van &#8216;n gewisse konsentrasiekampdood gered het en plaas dan die name in &#8216;n glasfles. Die fles (en later meer as een fles)\u00a0begrawe sy onder &#8216;n appelboom in die tuin. Sy is egter aangekeer deur die Nazi&#8217;s en het intense marteling ondergaan.\u00a0 Irena het dit oorleef en is vir die duur van die oorlog weggesteek deur vriende. Die Joodse kinders wat uitgesmokkel is, is in die sorg van Poolse gesinne of in &#8216;n Katolieke klooster geplaas. Na die oorlog is die flesse met name opgegrawe en\u00a0het sy\u00a0probeer om die kinders weer met hul Joodse\u00a0familie te versoen, maar meeste van die ouers en familie het omgekom in konsentrasiekampe. Baie van die oorlewende kinders het later weer met haar kontak gemaak om dankie te s\u00ea.<\/p>\n<p>In 1999 het &#8216;n onderwyser in Kansas sy leerlinge uitgedaag om &#8216;n projek te begin wat &#8216;n verskil in ander mense se lewens sou maak. Hulle motto moes wees: &#8220;He who changes one person, changes the world entire&#8221;\u00a0Vier leerlinge het op &#8216;n beriggie oor Irena Sendler afgekom en begin om hulle projek oor haar te doen. Hulle\u00a0skryf &#8216;n toneelstuk oor haar lewe\u00a0en begin dit opvoer. Die stuk se naam is: &#8220;Life in a Jar&#8221; Dit is\u00a0handel oor Irena se lewe en\u00a0die kinders wat deur\u00a0haar gered is en wie se name in &#8216;n fles bewaar is. Die projek het baie aandag getrek en het meegbring dat Irena opgespoor is en selfs in 2007 genomineer is vir die Nobel Vredesprys.<\/p>\n<p>Op 12 Mei 2008 sterf Irena op\u00a0agt-en negentigjarige ouderdom. &#8216;n Merkwaardige vrou met &#8216;n merkwaardige verhaal. En &#8216;n fles wat &#8216;n verskil gemaak het tussen lewe en dood.<\/p>\n<p>Soms wens mens jy kon ook kosbare dinge bewaar in\u00a0&#8216;n fles. Soos die eienares van die klavier en Irena Sendler gedoen het.<\/p>\n<p>Jim Croce se liedjie: Time in a Bottle herinner ons hieraan:<\/p>\n<p><strong>Time in Bottle \u2013 Jim Croce<\/strong><\/p>\n<p>\u00a0If I could save time in a bottle<br \/>\nThe first thing that I&#8217;d like to do<br \/>\nIs to save every day<br \/>\nTill Eternity passes away<br \/>\nJust to spend them with you<\/p>\n<p>If I could make days last forever<br \/>\nIf words could make wishes come true<br \/>\nI&#8217;d save every day like a treasure and then<br \/>\nAgain, I would spend them with you<\/p>\n<p>But there never seems to be enough time<br \/>\nTo do the things you want to do<br \/>\nOnce you find them<br \/>\nI&#8217;ve looked around enough to know<br \/>\nThat you&#8217;re the one I want to go<br \/>\nThrough time with<\/p>\n<p>If I had a box just for wishes<br \/>\nAnd dreams that had never come true<br \/>\nThe box would be empty<br \/>\nExcept for the memory<br \/>\nOf how they were answered by you<\/p>\n<p>But there never seems to be enough time<br \/>\nTo do the things you want to do<br \/>\nOnce you find them<br \/>\nI&#8217;ve looked around enough to know<br \/>\nThat you&#8217;re the one I want to go<br \/>\nThrough time with<\/p>\n<p>Naskrif: Die stuk oor die klavier het toe &#8216;n speurtog tot gevolg om die presiese ouderdom van die klavier vas te stel. Ek kon &#8216;n webwerf in Toronto, Kanada opspoor wat die presiese ouderdom van die klavier kan\u00a0bepaal mits die volledige inligting oor die klavier deurgegee word. So ontdek ek toe met behulp van vriende in Kanada wat die inligting deurgestuur het, dat die CJ Quandt &#8220;upright&#8221; klavier in 1904 in Berlyn vervaardig is. Dit verdien &#8216;n viering!<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Vier-en twintig\u00a0 jaar\u00a0 gelede koop ek &#8216;n antieke klavier by &#8216;n musiekwinkel. Die handelaar vertel van die bejaarde egpaar wat die klavier vir etlike jare besit het, maar nou weens verswakte gesondheid\u00a0na &#8216;n aftree-oord verhuis het. Hierdie klavier was juis een van die besittings waarvan hulle moeilik afstand gedoen het, maar hulle het nie &#8216;n [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[1],"tags":[],"class_list":["post-302","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-uncategorized"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/302","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=302"}],"version-history":[{"count":6,"href":"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/302\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":305,"href":"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/302\/revisions\/305"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=302"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=302"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=302"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}