{"id":310,"date":"2010-11-21T18:33:12","date_gmt":"2010-11-21T16:33:12","guid":{"rendered":"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/?p=310"},"modified":"2010-11-22T21:08:45","modified_gmt":"2010-11-22T19:08:45","slug":"paaie","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/?p=310","title":{"rendered":"Paaie"},"content":{"rendered":"<p><a href=\"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/wp-content\/uploads\/blog.wimfourie.co.za\/2010\/11\/Feb-laat06-183b-3.jpg\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"aligncenter size-medium wp-image-311\" title=\"Feb-laat06 183b (3)\" src=\"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/wp-content\/uploads\/blog.wimfourie.co.za\/2010\/11\/Feb-laat06-183b-3-300x225.jpg\" alt=\"\" width=\"300\" height=\"225\" srcset=\"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/wp-content\/uploads\/\/blog.wimfourie.co.za\/2010\/11\/Feb-laat06-183b-3-300x225.jpg 300w, https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/wp-content\/uploads\/\/blog.wimfourie.co.za\/2010\/11\/Feb-laat06-183b-3.jpg 640w\" sizes=\"auto, (max-width: 300px) 100vw, 300px\" \/><\/a><\/p>\n<p>The long and winding road<br \/>\nThat leads to your door<br \/>\nWill never disappear<br \/>\nI&#8217;ve seen that road before<br \/>\nIt always leads me here<br \/>\nLead me to you door<\/p>\n<p>Die Lennon\/Mc Cartney liedjie vul my altyd met &#8216;n sekere nostalgie, want dit vertel van &#8216;n kronkelpad wat lei tot by die bestemming waar die persoon graag wil wees. Daar is baie kronkels op die pad en ook baie te\u00ebspoed en tog, tog maak die wete van die eindpunt die reis die moeite werd.<\/p>\n<p>Daar is iets opwindend aan &#8216;n pad, want dit lei na &#8216;n iewers, &#8216;n bestemming. Soms is &#8216;n pad vir ons maar net &#8216;n middel tot &#8216;n doel. &#8216;n Sekere afstand wat afgel\u00ea moet word. Amper &#8216;n noodwendigheid wat net afgehandel moet word en die reis word maar net die manier om van punt A tot by punt B te kom. Dan word die pad &#8216;n frustrasie. Ek dink almal onthou hoe oneindig lank die pad see toe gevoel het toe jy klein was. Ek dink my Pa het dit besef en wou die &#8220;Hoever is dit nog see toe?&#8221; vraag tot die minimum beperk, daarom het hy ons drie-uur die oggend wakkergemaak en kon ons onsself op die agterste sitplek tuismaak en inrig sodat as ons vieruur gery het, die eerste stuk van die reis tot by Harrismith\u00a0 in rustige slapende toestand kon geskied. Ontbyt was gewoonlik iewers by &#8216;n stilhouplek in die Drakensberg. &#8216;n Enkele keer of wat terwyl die sneeu rondom ons l\u00ea. Dit het die pad aansienlik anders en interessante gemaak. Tog, iewers naby Mooirivier het die onafwendbare vraag opgeklink: &#8220;Pa, hoever nog see toe?<\/p>\n<p>Tog lyk dit my is die ontdekking wat elke mens moet maak, dat die reis deel is van die vakansie en daarom moet dit geniet word. Self ook halt geroep word, as jy onverwags\u00a0 &#8216;n mooi plekkie langs die pad te\u00ebkom.<\/p>\n<p>Robert Frost se gedig vertel van die opwinding van die onontdekte pad:<\/p>\n<h4><strong>Two roads diverged in a yellow wood,<br \/>\nAnd sorry I could not travel both<br \/>\nAnd be one traveller, long I stood<br \/>\nAnd looked down one as far as I could<br \/>\nTo where it bent in the undergrowth;<\/p>\n<p>Then took the other, as just as fair,<br \/>\nAnd having perhaps the better claim,<br \/>\nBecause it was grassy and wanted wear;<br \/>\nThough as for that the passing there<br \/>\nHad worn them really about the same,<\/p>\n<p>And both that morning equally lay<br \/>\nIn leaves no step had trodden black.<br \/>\nOh, I kept the first for another day!<br \/>\nYet knowing how way leads on to way,<br \/>\nI doubted if I should ever come back.<\/p>\n<p>I shall be telling this with a sigh<br \/>\nSomewhere ages and ages hence:<br \/>\nTwo roads diverged in a wood, and I&#8211;<br \/>\nI took the one less traveled by,<br \/>\nAnd that has made all the difference<\/p>\n<p><\/strong><\/h4>\n<p>Met ons epiese langverlof in 1959 het\u00a0 ons die pad Kaap toe aangedurf vanaf Stilfontein. (in my Blog &#8220;die Oop-Oog Reis&#8221; \u00a0het ek reeds iets hiervan vertel)\u00a0\u00a0My Pa het kort tevore sy swart Vauxhall Velox ingeruil op die splinternuwe Vauxhall Victor. Die nuwe motor was\u00a0volgens die heersende mode &#8216;n \u00a0&#8220;two-tone&#8221; met &#8220;whitewall&#8221; bande. Eintlik was die vuilpienk motor met die roomdak vir Pa &#8216;n groot sprong want die eerste motortjie was &#8216;n groen Morissie met &#8216;n seildak\u00a0en daarna het die swart Vauxhall gevolg.<\/p>\n<p>Al wat ek as vyfjarige van die epiese rit Kaap toe onthou is dat die Kaap baaaaie ver was. Ook\u00a0dat ons by die Karoo Hotel oornag het, iewers tussen Beaufort Wes en Laingsburg. &#8216;n Verdere herinnering was\u00a0ook di\u00e9 van\u00a0 doeke wat buite\u00a0die vensters van ons Vauxhall en my Oom-hulle se Austin gewapper het. In elk van die motors was &#8216;n nuwe baba van &#8216;n klompie maande oud. By elke stilhouplek moes daar dan doeke gewas word en in die vensters vasgedraai word om soos wappperende vredesvlae droog te word tydens die rit tot by die volgende dorp. Gelukkig was ons nog te klein om skaam te kry daarvoor, maar ek reken dit was dalk algemene gebruik in daardie tyd aangesien Huggies nog nie op die rakke was nie (en indien dit wel daar sou wees\u00a0\u00a0in elk geval afgemaak sou word as geldmors, want goeie flennie-en handdoekstofdoeke moes net gewas word vir hergebruik en goeie ekonomie).<\/p>\n<p>Iewers in die Moordenaarskaroo het die nuwe two-tone Vauxhall egter geprotesteer deur te oorverhit. Ons moes drasties halt roep en met die seil watersak (wat aan die buffer gehang het vir koue water tydens die rit) gaan water\u00a0haal in &#8216;n sinkdam by &#8216;n windpomp. Dit het my vertroue in die nuwe spogmotor &#8216;n fatale knou gegee. Boonop het die temperatuurmetertjie wat ewe deftig op die neus van die motor gemonteer was, iewers op hierdie Kaapse rit verloor. Die nuwe motor het sy feilbaarheid gewys.<\/p>\n<p>Later jare sou ek talle kere as student op Stellenbosch weer en weer die pad aandurf met my Gunston Volla&#8217;tjie en nogal dink aan daardie eerste reis in 1959.\u00a0 Ek het dikwels nadat ek die laaste vraestel geskryf het die dag, gepak\u00a0en dan teen middernag in die pad geval en in die pikdonker oor die Du Toitskloofpas gery. Met sonsopkoms was ek gewoonlik op Laingsburg. Dan het die Moordenaarskaroo nog voorgel\u00ea. Op Beaufort Wes het ek geweet dat &#8216;n derde van die rit agter die rug was en dat daar nog net 1000 kilo&#8217;s oor was tot in Glencoe, Natal. Wanneer ek oor\u00a0Van Reenenspas in \u00a0Drakensberg gery het, het ek gewoonlik musiek begin luister op die bandspeler wat my kon &#8220;inkatrol&#8221; huis toe. &#8216;n Gunsteling in die tyd was John Denver se \u00a0&#8220;(take me home) Country Roads&#8221;.<\/p>\n<p>Almost heaven, west virginia<br \/>\nBlue ridge mountains, shenandoah river<br \/>\nLife is old there, older than the trees<br \/>\nYounger than the mountains, blowing like a breeze<\/p>\n<p>Country roads, take me home<br \/>\nTo the place, I be-long<br \/>\nWest virginia, mountain momma<br \/>\nTake me home, country roads<\/p>\n<p>Met die koortjie gedeelte het ek lustig saamgesing en die woordjie be-long ekstra hard en uitgerek gesing.<\/p>\n<p>Ook die versie:<\/p>\n<p>I hear her voice, in the mornin\u2019 hours she calls to me<br \/>\nThe radio reminds me of my home far a-way<br \/>\nAnd drivin\u2019 down the road I get a feeling\u2019<br \/>\nThat I should have been home yesterday, yesterday<\/p>\n<p>het ek lustig saamgesing.<\/p>\n<p>Jare later ry ek en my Reisgenoot weer oor die Drakensbergpas. Ons is op ons wittebroodsreis en ek wil vir haar\u00a0my\u00a0weermagkamp, (5SAI)\u00a0op Ladismith wys asook die huis in Glencoe\u00a0waar my ouers gewoon het \u00a0toe ek op universiteit was. Ek vertel haar van my lang ritte huistoe tydens universiteitsvakansies. Selfs ook van die enigste keer dat ek in &#8216;n tronksel geslaap het toe die Volla se brandstof (tydens die jare van die beperkings) opgeraak het by Paul Roux. Ek en &#8216;n klasmaat moes mooi vra om slaapplek in die selle van die klein polisiestasie te kry!\u00a0<\/p>\n<p>\u00a0Ek en my reisgenoot stop by die klein gedenkkkerkie in\u00a0Van Reenenspas. Die &#8220;little church&#8221;\u00a0 (\u00a0Llandaff Oratory) \u00a0is gebou ter herinnering aan Matthew Maynhard se seun wat gesterf het terwyl hy probeer het om sy makkers te red tydens &#8216;n mynongeluk in 1925. Ons vertoef in die kerkie en s\u00ea dankie vir al die paaie waarop ons tot dusver gereis het. Ook vir veilige bewaring op al die roetes wat ons al moes ry. En veral s\u00ea ons dankie vir die nuwe pad wat ons twee dae vantevore saam betree het op ons Huweliksreis. Ons besef ons is reisgenote in die skadu en teenwoordigheid van die Ware\u00a0Reisgenoot.<\/p>\n<p>Ons het al voor ons huwelik dikwels reise onderneem, maar nou l\u00ea die opwinding van ons nuwe pad voor. En ons weet &#8211; die pad moet met verwondering en dankbaarheid gereis word. Oop-oog.<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>The long and winding road That leads to your door Will never disappear I&#8217;ve seen that road before It always leads me here Lead me to you door Die Lennon\/Mc Cartney liedjie vul my altyd met &#8216;n sekere nostalgie, want dit vertel van &#8216;n kronkelpad wat lei tot by die bestemming waar die persoon graag [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[1],"tags":[],"class_list":["post-310","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-uncategorized"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/310","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=310"}],"version-history":[{"count":7,"href":"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/310\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":318,"href":"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/310\/revisions\/318"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=310"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=310"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=310"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}