{"id":326,"date":"2010-12-01T18:13:26","date_gmt":"2010-12-01T16:13:26","guid":{"rendered":"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/?p=326"},"modified":"2010-12-01T18:20:30","modified_gmt":"2010-12-01T16:20:30","slug":"iemand-in-niemandsland","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/?p=326","title":{"rendered":"Iemand in Niemandsland"},"content":{"rendered":"<p><a href=\"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/wp-content\/uploads\/blog.wimfourie.co.za\/2010\/12\/IMGP6137b-3.jpg\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"aligncenter size-medium wp-image-327\" title=\"IMGP6137b (3)\" src=\"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/wp-content\/uploads\/blog.wimfourie.co.za\/2010\/12\/IMGP6137b-3-205x300.jpg\" alt=\"\" width=\"205\" height=\"300\" srcset=\"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/wp-content\/uploads\/\/blog.wimfourie.co.za\/2010\/12\/IMGP6137b-3-205x300.jpg 205w, https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/wp-content\/uploads\/\/blog.wimfourie.co.za\/2010\/12\/IMGP6137b-3.jpg 328w\" sizes=\"auto, (max-width: 205px) 100vw, 205px\" \/><\/a><\/p>\n<p>Adventtyd is die tyd van die ligte.\u00a0 Verligte kersbome, versierde winkelvensters. Huise wat soos sprokieskastele van lig lyk.<\/p>\n<p>Maar wat as dit juis jou tyd van worsteling en donker is?<\/p>\n<p>\u00a0Kan dit so donker raak dat jy op \u2018n plek is waar niemand jou kan sien nie \u2013 selfs nie God nie?<\/p>\n<p>\u00a0Soms voel dit so.<\/p>\n<p>\u00a0Elie Wiesel, \u2018n Jood wat die slegte doodskampe van die die tweede wereldoorlog oorleef het , het \u2018n boekie geskryf met die titel \u201cNight\u201d<\/p>\n<p>\u00a0&#8220;Never shall I forget that night, the first night in camp, that turned my life into one long night seven times sealed.<\/p>\n<p>Never shall I forget that smoke.<\/p>\n<p>Never shall I forget the small faces of the children whose bodies I saw transformed into smoke under a silent sky.<\/p>\n<p>Never shall I forget those flames that consumed my faith forever.<\/p>\n<p>Never shall I forget the nocturnal silence that deprived me for all eternity of the desire to live.<\/p>\n<p>Never shall I forget those moments that murdered my God and my soul and turned my dreams to ashes.<\/p>\n<p>Never shall I forget those things, even were I condemned to live as long as God himself.<\/p>\n<p>Never.&#8221;<\/p>\n<p>\u00a0Nag \u2018n slegte tyd vir worstelaars \u2013 Niemandsland \u2018n slegte plek vir lewensreisigers. Vir Elie Wiesel het die kamp gevoel soos \u2018n ewigdurende nag in Niemandsland. Sonder iemand, sonder God.<\/p>\n<p>\u00a0Die slegste plek waar mens jou kan bevind is Niemandsland \u2013 want daar is jy nog vis nog vlees.<\/p>\n<p>\u00a0In die weermag het ons soms aan die begin van \u2018n\u00a0 Operasie die Niemandsland beleef \u2013 die Kaplyn &#8211; daardie\u00a0 tussen-in strook\u00a0 skoongekapte aarde wat die buffer tussen twee vyandige land uitmaak.Ons het sommer meestal van die \u201cJati\u201d gepraat.<\/p>\n<p>Niemandsland.<\/p>\n<p>\u00a0Hier voel jy sommer naamloos en adresloos. Jy voel soos \u2018n\u00a0 tolbos wat rondrol tussen twee doringdrade, sonder anker en sonder behoortplek.<\/p>\n<p>\u00a0Een aand aan die begin van \u2018n \u2018n geheime operasie in Angola, het ons die Kaplyn oorgesteek en in die Niemandsland betree. Hier en daar was daar darem \u2018n boom wat die aanslag van die oopkap oorleef het. Daardie aand het ek\u00a0 onder die boom in niemandsland aan die slaap geraak met die besef\u00a0 &#8211; as vyandelike troepe vanaand ons hier betrap sal niemand dalk ooit weet wat van ons geword het nie, want vir my het die niemandsland soos die Bermuda driehoek gevoel wat mense insluk en\u00a0 nooit weer na vore laat kom nie.Net geweet hier moet mens nie vertoef nie. Vir die duur van jou reis en verblyf in die Jati is jy Naamloos, identiteitloos.<\/p>\n<p>\u00a0Tog is dit juis hier waar jy jou behoefte om te behoort beleef.<\/p>\n<p>\u00a0Om \u2018n burger van Niemandsland te wees is om nie sekerhede te h\u00ea waaraan jy kan vashou nie. Om nie die woorde van Jesaja 43:1-3 jou eie te kan maak wat s\u00ea<\/p>\n<p>Moenie bang wees nie, Ek verlos jou, Ek het jou op jou naam geroep,<\/p>\n<p>jy is Myne. As jy deur water moet gaan, is Ek by jou,<\/p>\n<p>deur riviere, hulle sal jou nie wegspoel nie;<\/p>\n<p>want Ek is die Here jou God, die Heilige van Israel, jou Redder<\/p>\n<p>\u00a0Niemandsland is die alleenste alleen. Dis hier waar mens roep en jou eie stem hoor eggo, eggo, eggo\u2026.<\/p>\n<p>\u00a0Eintlik &#8211; terwyl jy\u00a0in jou eie Niemandsland vasgevang, besef jy hoe ondenkbaar Christus se worsteling in die Getsemane-Niemandsland moes wees. Soveel so dat in sy worsteling om aan die wil van sy Vader te voldoen, sy sweetdruppel bloeddruppels geword het&#8230;<\/p>\n<p>\u00a0Dit was die werklike Niemandsland \u2013 Christus se disppels wat hom alleen laat in sy worsteling en aan die slaap raak. Hy wat wat vra: As hierdie beker by my verby kan gaan. Nogtans nie my wil nie maar u wil. Niemandsland &#8211; tog was die Vader daar.<\/p>\n<p>\u00a0Die gevaar met kersfees en lydenstyd is dat ons dit kan romantiseer en dit \u2018n mooi (rooi)baadjie aantrek en so die werklikheid afwater. So kan \u2018n mens dan sing van \u2018n dierbare krippie en kruis, terwyl die kruis self nooit dierbaar kan wees nie, maar net die resultaat van dit wat aan die kruis verkry is, oneindig kosbaar is. \u2018n\u00a0 Mens kry selfs bekende skilderye waar die lydende Christus met \u2018n stralekrans om die kop geteken word.<\/p>\n<p>\u00a0\u2018n Mens kan jou dus indink dat die bekende Duitse skilder Albrecht D\u00fcrer (1471-1528) het met sy skildery Christus as die man van smarte nogal \u2018n redelike opskudding veroorsaak, nie alleen in die kunskringe van destyds nie, maar veral ook in die godsdienstige kringe en die denke oor die lyding van Christus. Hier was \u2018n kunstenaar wat sowaar gewaag het om Christus vir die eerste keer sonder die gebruiklike stralekrans uit te beeld. In die plek van die stralekrans was daar eerder die vlymskerp doringkroon en die gesig van Jesus spreek van lyding. \u2018n Uitbeelding van Een wat nie skoonheid of prag gehad het nie dat ons na Hom sou kyk nie, nie die voorkoms dat ons van Hom sou hou nie; eerder Iemand vir wie die mense die gesig wegdraai (Vgl Jes 53:1-3)<\/p>\n<p>\u00a0Die neiging om \u2018n stralekrans bokant Christus se kop te wil sit,\u00a0is maar in ons bloed. Waarom? Waarskynlik omdat ons nie van die werklikheid van die Gekruisigde hou nie, juis omdat Hy as Gekruisigde die dieptes van ons ellende tot op die been kom blootl\u00ea.<\/p>\n<p>\u00a0Dalk moet ons juis in Advent en Kerstyd die klassieke Lydensverse lees van Jes 53:3-5\u00a0<\/p>\n<p>Hy was verag en deur die mense verlaat, \u2019n man van smarte en bekend met krankheid; ja, soos een vir wie \u2019n mens sy gelaat verberg; Hy was verag en ons het Hom nie geag nie. Nogtans het Hy \u00f3ns krankhede op Hom geneem, en \u00f3ns smarte &#8211; di\u00e9 het Hy gedra; maar \u00f3ns het Hom gehou vir een wat geplaag, deur God geslaan en verdruk was. Maar Hy is ter wille van ons oortredinge deurboor, ter wille van ons ongeregtighede is Hy verbrysel; die straf wat vir ons die vrede aanbring, was op Hom, en deur sy wonde het daar vir ons genesing gekom.<\/p>\n<p>\u00a0Die woordjie Chalal (deurboor) wil ons genees van al ons oppervlakkige Jesus-met-die-stralekrans-prentjies.<\/p>\n<p>\u00a0Ons dink net aan die kruis as \u2018n \u201cgladde\u201d plat las wat Jesus moes dra, maar die eintlike las wat Hy moes dra was die skerpte van die sonde as opstand teen God, die hartsprik van ongehoorsaamheid en opstandigheid. Eintlik kan mens amper die kruis sien as \u2018n tipe Spykerkruis (soos die spykerbeddens waarop martelaars soms l\u00ea), want deur die dra van die kruis het die skerpte van elke mens se sonde \u2018n insnyding in Jesus gemaak.<\/p>\n<p>\u00a0Tog kan Chalal ook beteken \u2013 die insny-oomblik wanneer musiek begin \u2013 daardie oomblik wanneer die klank van musiek as\u2019t ware jou oordromme prik en jy bewus word van die geluid \u2013 die eerste roersel van musiek.<\/p>\n<p>\u00a0Toe ons skuld Hom deurboor op Golgota, het die musiek wat in ons dood gegaan het a.g.v. ons skuld, weer begin leef&#8230;..opgeklink, sag, gedemp, maar dit was DAAR!<\/p>\n<p>\u00a0Die lyding van Jesus wil \u2018n verskil maak \u2013 van die kern van my menswees af en verder uitkring. Soos gedempte musiek al wyer hoorbaar word as dit harder begin speel. \u00a0Dit raak my hele lewe \u2013 al my pyn en al my seer \u2013 ook die seer wat reeds baie ver en bykans vergete agter my l\u00ea. Deur Sy wonde het daar vir ons genesing gekom. (Jes 53:5) Selfs vir die pyn wat baie diep l\u00ea en wat ek nog met geen mens kon deel nie.<\/p>\n<p>\u00a0Jesus het immers nie gekom om te sterf vir mense met stralekransies nie maar vir mense met pyn in hulle harte en soms ook hul o\u00eb. Daarom is Hy gestroop van alles om ons diepste seer te kon dra en genees.<\/p>\n<p>Sodat jy en ek kan ontdek: Daar is Iemand in my Niemandsland.<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Adventtyd is die tyd van die ligte.\u00a0 Verligte kersbome, versierde winkelvensters. Huise wat soos sprokieskastele van lig lyk. Maar wat as dit juis jou tyd van worsteling en donker is? \u00a0Kan dit so donker raak dat jy op \u2018n plek is waar niemand jou kan sien nie \u2013 selfs nie God nie? \u00a0Soms voel dit [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[1],"tags":[],"class_list":["post-326","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-uncategorized"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/326","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=326"}],"version-history":[{"count":4,"href":"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/326\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":329,"href":"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/326\/revisions\/329"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=326"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=326"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=326"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}