{"id":340,"date":"2010-12-09T08:59:33","date_gmt":"2010-12-09T06:59:33","guid":{"rendered":"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/?p=340"},"modified":"2010-12-10T10:39:38","modified_gmt":"2010-12-10T08:39:38","slug":"sitplek-29f","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/?p=340","title":{"rendered":"Sitplek 29F"},"content":{"rendered":"<h1><a href=\"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/wp-content\/uploads\/blog.wimfourie.co.za\/2010\/12\/2008-Paternoster-002.jpg\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"aligncenter size-medium wp-image-341\" title=\"2008-Paternoster 002\" src=\"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/wp-content\/uploads\/blog.wimfourie.co.za\/2010\/12\/2008-Paternoster-002-225x300.jpg\" alt=\"\" width=\"225\" height=\"300\" srcset=\"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/wp-content\/uploads\/\/blog.wimfourie.co.za\/2010\/12\/2008-Paternoster-002-225x300.jpg 225w, https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/wp-content\/uploads\/\/blog.wimfourie.co.za\/2010\/12\/2008-Paternoster-002.jpg 360w\" sizes=\"auto, (max-width: 225px) 100vw, 225px\" \/><\/a><\/h1>\n<p>\u00a0<\/p>\n<p>Vakansietyd. Reistyd. Ervaringstyd.<\/p>\n<p>Een van die lekkerste vorms van reis, is om in &#8216;n straler op &#8216;n hoogte van 33,000 voet bo-oor die landskap te swewe en al die arme drommels jammer te kry wat soos miere op die paaienetwerk (met of sonder slaggate) moet voortkruie. Daarom is die venstersitplek so\u00a0gesogte waarnemingsplek om\u00a0die hele vlugervaring waar te neem. Soms\u00a0vind daar vreemde ontmoetings tydens die vlug plaas, want &#8216;n mens weet nooit langs wie jy op die vlug beland nie.<\/p>\n<p>Natuurlik droom \u2018n mens.\u00a0 Jy het jouself sopas gemaklik probeer ingrawe in die ietwat benouende ruimtetjie wat aan jou toegeken word en dan neem hierdie visioen van \u2018n skoonheid langs jou plaas. \u2018n\u00a0 Vlug met wonderlike vooruitsigte doem voor jou geestesoog op. Wat sal die onsterflike woorde wees waarmee jy die gesprek aan die gang gaan sit? Jy onthou \u2018n fliek uit jou universiteitsdae (And now my Love)\u00a0waarin die twee bestemde verliefdes mekaar nie ontmoet nie. Die ganse fliek handel ook hulle parallelle lewens en soeke na die ideale lewensmaat. Jy kreun by die onthou van hoe hulle mekaar telkens misloop. Onthou egter die \u201cYes, yes, yes\u201d uitroep in jou binneste as die\u00a0 twee in die beseringstyd van die film langs mekaar op die vliegtuig beland. Wanneer die koffie op die vlug bedien word, leun sy oor na sy kant en vra vir \u2018n ekstra sakkie suiker, want sy gooi drie suikers in haar koffie. Die eindtitels rol terwyl die kamera fokus op hulle twee tasse wat \u2018n nadere kennismaking op die terminaal se voerband beleef. En jy weet, vandag kan die dag wees, dat Mej. Reg se sitplekpad joune kruis.<\/p>\n<p>\u00a0Daar altyd ook die buitekans dat \u2018n bekende sport- of rolprentpersoonlikheid jou medereisiger is. Maar Spiderman?<\/p>\n<p>\u00a0Ek het natuurlik eers op die vlug agtergekom wat sy ware identiteit is.<\/p>\n<p>Op die oog af het hy maar gewoon gelyk. Het gewonder oor sy drie sakke handbagasie wat hy sorgvuldig in die bo-luik weggepak het. Toe neem hy plaas in sitplek 29F. Nogal teen die venster waar ek so graag sit. Wie sou kon droom dat hy sy ware kleure as Aartswebmeester, Spiderman, spoedig sou wys?<\/p>\n<p>Langs hom neem &#8216;n goedversorgde, eksotiese vrou plaas. Sy het oosterse gelaatstrekke, \u00a0blinkswart hare en &#8216;n tipe argelose skoonheid. Heimlik wonder ek oor die aantal suikersakkies wat sy in haar koffie gooi. Ek bespiegel ook wat die gesprekstema tussen haar en die passasier in sitplek 29F gaan wees. Sal hy met haar oor astrale reise, eksotiese disse of oosterse gevegkuns as selfverdediging gesels?\u00a0 Sy staar egter stip voor haar uit asof sy enige sulke gesprekke wil ontmoedig.<\/p>\n<p>Met die opstyg staar Spiderman aandagtig by sy ruitjie uit. Seker besig met sy eie netwerk van gedagtes. Die serene skoonheid staar na die ander ruitjie wat hoofsaaklik teen die vlerk vaskyk. En ek wag.<\/p>\n<p>Dit is eers toe die drankies bedien word dat die aksie begin. Spiderman bestel Coke maar die skoonheid in die middel laat die drankies met &#8216;n wuif van die hand by haar verbygaan. Weet sy dan nie dat sy veronderstel is om in &#8216;n welluidende stem te fluister dat sy graag wil koffie h\u00ea nie. Met drie sakkies suiker? Ek is diep\u00a0teleurgesteld.<\/p>\n<p>Maar toe begin die onthulling. Oftewel die web van bedrading. Spiderman begin met sy spinsels. Hy slaan die skinkbordtafeltjie af en sit die smal blikkie Coke voor hom neer. Gooi dit sorgvuldig in die plastiese glasie. Dis toe dat ek sien hoe hy sy hand na sy mond bring en begin spin! Die oomblik toe sy hand wegbeweeg van sy mond, vorm daar &#8216;n string drade tussen hand en mond.<\/p>\n<p>Dit lyk asof daar &#8216;n onuitputlike bron sydrade in sy mond is. Hy \u00a0tel die koeldrankblikkie op en die netwerk heg hom stewig aan die blikkie. Lyk soos &#8216;n foefieslide van sy mond tot by die blikopening. Ek wonder benoud wat daarlangs gaan afgly, maar die webmeester spin rustig voort.. Hoe meer hy aan die blikkie of glasie raak, hoe voller span die web. Ek sien uit die hoek van my oog hoe die Oosterse skoonheid met groeiende verbasing en afkeer na die webvorming kyk. Wonder seker of hy beplan om haar netjies in die web vas te vang, toe te kokon en dan in sy handbagasie weg te pak. Dalk staan hy nog bekend as die Spiderman reeksmoordenaar.<\/p>\n<p>\u00a0Mens weet nooit langs wie jy op &#8216;n vliegtuig beland nie.<\/p>\n<p>Ek hou die proses met groeiende ongeloof dop. Want oral waar die man vat, verskyn die wit webdrade. Hy betrek later sy ander hand by die proses en die net span\u00a0 groter en vorm steeds sy draadwerk. Byna soos &#8216;n reuse gomlastiek-tolletjiebrei.<\/p>\n<p>Onwillekeurig flits die kleintyd waarskuwingsrympie wat my ma my geleer het deur my gedagtes:<br \/>\n&#8220;Oh what a tangled web we weave,<br \/>\nwhen first we practise to deceive&#8230;&#8221;<\/p>\n<p>Hier sien ek met my eie o\u00eb hoe dit gebeur. Verwag ook enige oomblik dat die afstroping van die gewone oorklere gaan begin en die kenmerkende rooi en blou Spidermanpak te voorskyn gaan kom. Die vrou in die middel begin al meer wegdeins van Spiderman en sy web. Al kan ek nie haar gesig sien nie, is haar afkeer byna tasbaar en groei (soos die web) elke oomblik. Sy berou sekerlik haar sitpleklot.<\/p>\n<p>Uiteindelik begin die draadwerk bietjie afneem. Spiderman begin die web toerol en in die Cokeblikkie se opening inforseer. Met groot gesukkel kry hy die meeste van die webdrade in die blikkie, maar daar is steeds talle fyn draadjies wat verbete klou.<\/p>\n<p>Dit lyk asof die vrou &#8216;n sug van verligting slaak. Selfs Spiderman lyk<br \/>\nverlig. Toe die lugwaardin met die paadjie afstap en glasies en blikkies<br \/>\nversamel, kan hy nie gou genoeg die blikke aan haar besorg nie.<\/p>\n<p>Hy sit terug in sy sitplek en lyk weer byna gewoon. Maar tog bly hy sy<br \/>\nvingers opmekaar vryf asof\u00a0hy steeds besig is om die onsigbare web\u00a0 af te breek.<\/p>\n<p>Alles keer terug na normaal. Spiderman ontspan. Ek ook. Enige gesprek met die skoonheid is nou vergete. Spiderman staar deur die vliegtuigvenster asof hy enige oomblik verwag dat Catwoman daar gaan verskyn en roep om hulp.<\/p>\n<p>Die res van die vlug verloop in gedempte stilte. Die koffietrollie kom later verby en die skoonheid beduie dat sy ystee wil h\u00ea. Met suiker! Wil ek in my gedagtes wanhopig byvoeg.<\/p>\n<p>\u00a0Die vliegtuig land. Die romantiese fliek was \u2018n klug, besluit ek terwyl ek wag om my drie stukke handbagasie uit die daksluitkas te haal.<\/p>\n<p>Naskrif aan die leser: Moet tog nooit jou kougom met &#8216;n sagte peperment koulekker meng nie, dit omskep\u00a0 kougom in \u2018n web vol ellelange taai drade. Dit het Spiderman op vlug MN 126 van Kaap na JHB ontdek. Ek ook.<\/p>\n<p>\u00a0\u00a0Ek het\u00a0 die instapkaartjie om dit te bewys &#8211; sitplek 29F.<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>\u00a0 Vakansietyd. Reistyd. Ervaringstyd. Een van die lekkerste vorms van reis, is om in &#8216;n straler op &#8216;n hoogte van 33,000 voet bo-oor die landskap te swewe en al die arme drommels jammer te kry wat soos miere op die paaienetwerk (met of sonder slaggate) moet voortkruie. Daarom is die venstersitplek so\u00a0gesogte waarnemingsplek om\u00a0die hele [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[1],"tags":[],"class_list":["post-340","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-uncategorized"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/340","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=340"}],"version-history":[{"count":9,"href":"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/340\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":343,"href":"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/340\/revisions\/343"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=340"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=340"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=340"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}