{"id":358,"date":"2010-12-21T22:39:17","date_gmt":"2010-12-21T20:39:17","guid":{"rendered":"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/?p=358"},"modified":"2010-12-21T22:43:59","modified_gmt":"2010-12-21T20:43:59","slug":"in-transito-kersfees","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/?p=358","title":{"rendered":"In-Transito-Kersfees"},"content":{"rendered":"<p><a href=\"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/wp-content\/uploads\/blog.wimfourie.co.za\/2010\/12\/IMGP1478a-2.jpg\"><\/a><\/p>\n<p><a href=\"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/wp-content\/uploads\/blog.wimfourie.co.za\/2010\/12\/IMGP1478a-21.jpg\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"aligncenter size-medium wp-image-361\" title=\"IMGP1478a (2)\" src=\"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/wp-content\/uploads\/blog.wimfourie.co.za\/2010\/12\/IMGP1478a-21-271x300.jpg\" alt=\"\" width=\"271\" height=\"300\" srcset=\"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/wp-content\/uploads\/\/blog.wimfourie.co.za\/2010\/12\/IMGP1478a-21-271x300.jpg 271w, https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/wp-content\/uploads\/\/blog.wimfourie.co.za\/2010\/12\/IMGP1478a-21.jpg 434w\" sizes=\"auto, (max-width: 271px) 100vw, 271px\" \/><\/a><\/p>\n<p>Dis &#8216;n tyd vir saamwees met geliefdes en goeie vriende. Soms is dit net so goed om &#8216;n tradisionele tuiskersfees te vier. Om omring te wees deur die die mense wat jy liefhet, in &#8216;n omgewing waar jy tuis voel. Ek onthou die liedjie wat The Goombay Dance Band in die tagtigs gesing het:<\/p>\n<p>Christmas at sea &#8211; far away from home.<br \/>\nNo families and no heavenly snow.<br \/>\nChristmas at sea &#8211; visions of home<br \/>\nSailing tonight all alone.<\/p>\n<p>Terwyl hierdie liedjie tot vervelens oor die eter weerklink het, het ek enersyds gedink: Nog &#8216;n kommersi\u00eble kersliedjie soos Boney M se &#8220;Mary&#8217;s Boy child&#8221;. Tog het &#8216;n ander stemmetjie ges\u00ea: Hoe erg moet dit wees om &#8216;n Kersfees deur te bring, ver van alles en almal wat vir jou bekend en bemind is. Iewers op die wye oseaan dryf \u00a0jy rond op\u00a0 Kersdag, &#8216;n stippeltjie op &#8216;n kaart, met geen vaste grond in sig. Die gedagte was nogal genoeg om &#8216;n hol kol in my binneste te veroorsaak. Kersfees wil jy wees waar jy hoort. Geanker tussen diegene wat jou na aan die hart l\u00ea. Nie onbekend, onbemind en adresloosloos nie.<\/p>\n<p>&#8216;n Kersfees van so\u00a0klompie jaar gelede was vir my so. Ek was met Desembervakansie in die Kaap en het by my broer gekuier. Heerlik, soos net die Kaap kan wees. &#8216;n Dag of wat voor Kersfees het sy planne egter weens onvoorsiene omstandighede verander en\u00a0dit het meegebring dat hy op Kersdag Hermanus toe moes gaan. Juis a.g.v. die komplekse situasie kon ek nie saamgaan nie. Hy het gery en ek het gebly &#8211; weliswaar in &#8216;n luukse dakwoonstel op Bloubergstrand, maar tog alleen.\u00a0 Skielik het die Kaap nie meer so wonderlik gevoel nie. Ek het later na &#8216;n eetplek gaan soek en\u00a0daarna by Seepunt\u00a0 &#8216;n lang ent op die Promenade gestap. Van vooraf het mense aangestap gekom twee-twee of in groepe. Die enkelinge was die uitsondering. &#8216;n Frase uit &#8216;n Peter Sarstedt liedjie, Beirut, het deur my kop gemaal &#8211; &#8220;There stood I so brilliantly alone&#8230;&#8221;<\/p>\n<p>In 2001 het ek dit weer beleef. Ek arriveer stoksiel-alleen by die see. Op Oukersdag. &#8216;n Paar noodaankope om eetgoed aan te skaf word by die winkelsentrum gedoen. Almal lyk besig en gejaagd en asof hulle iewers behoort en na &#8216;n huis oppad is waar iemand op hulle wag (so voel dit vir my). Behalwe ek.<\/p>\n<p>Kersoggend re\u00ebn dit en dis asof dit die hartseer van alleenwees beklemtoon. Die Kersdiens is versterkend maar ek sien oral om my pare en gesinne. Boonop lek die kerk se dak en die druppels plons met gereelde intervalle op die le\u00eb stoel langs my. Na die inspirerende diens groet ek die ouderling wat kersgroete by die deur aan almal oordra, met ekstra hartlikheid en staan rond op die kerk se drumpel. Hoopvol. Dalk\u00a0sal \u00a0iemand my\u00a0nooi vir tee. maar wat is die kans? Mense skarrel verby\u00a0en \u00a0glimlag\u00a0 net skrams\u00a0in hulle \u00a0haas\u00a0om by hulle huise en kreunende kerstafels te kom. My kersmaal\u00a0bestaan uit koue vleis en en slaai met &#8216;n see-uitsig, maar weereens &#8220;Brilliantly alone.&#8221;\u00a0 &#8216;n Mens moet tog nie op hierdie spesiale dag alleen wees nie, besef ek.\u00a0<\/p>\n<p>Vlak voor Kersfees 2006 is my Reisgenoot en ek op &#8216;n toer in Turkye. Ons is &#8216;n paar maande getroud en die toer\u00a0voel soos &#8216;n verlengstuk van ons wittebrood.\u00a0Ons vier St Nicholas-dag deur &#8216;n besoek te bring aan die St Nicholas katedraal in Demre, Turkye. Daar is ook &#8216;n\u00a0standbeeld van hom en die kindertjies wat gretig om hom saamdrom. Byna soos Jesus met die kindertjies wat op sy uitnodiging na\u00a0Hom stroom.\u00a0\u00a0Later in die hotel hou ons &#8216;n kersdiens en tydens die aandete daag &#8216;n vrolike kersvader (die vermomde busbestuurder) op met &#8216;n sakvol geskenke vir al die toerlede. Dit voel asof die kersviering &#8216;n korreksie wil bied op\u00a0Kersfeeste wat nie aan die &#8220;prentjie&#8221; beantwoord het nie. Veral omdat\u00a0dit my eerste Kersviering saam met my vrou is.\u00a0<\/p>\n<p>Toe ons &#8216;n paar dae later tyd verwyl op die lughawe in Athene terwyl ons wag vir die Air Olympic-vlug wat ons huis toe moet neem, is \u00a0ons intens bewus van die feit dat dit Kerstyd is. Oral is daar keurig versierde kersbome met liggies en blinkertjies. Dis egter eers toe ek die jong paartjie sien wat by &#8216;n kersboom staan met &#8216;n baba in hul arms, dat ek skielik besef dat dit dalk &#8216;n moderne Josef en Maria kan wees met die Beloofde Kind in hulle arms. Hulle kyk rond asof hulle soek dat iemand die oomblik moet verewig. Ek nader hulle en vra of ek eers vir hulle &#8216;n foto met hulle kamera kan neem en dan ook een met my eie kamera. Hul knik gretig. Gaan staan voor die kersboom by die Tolvrye winkels. Op die oog af is dit die prentjie van &#8216;n jong (Moslem?)paartjie met hulle eersteling in hul arms. Tog word hulle vir my op daardie oomblik die universele Josef en Maria in transito met hulle kosbare kind. Op vlug na &#8216;n vreemde land omdat die lewe van hul beloftekind in gevaar is. Ja ek besef dat die prentjie nie so stralend en goed daar sou uitsien soos die twee mense en hul kind voor my lens nie. Tog word hulle vir my die simbool van die\u00a0Josef en Maria wat onderweg is.<\/p>\n<p>Die eerste Kersfees was nie &#8216;n oordaadfees in &#8216;n stewige gesinshuis met koerende oupas en oumas om die pasgebore kindjie nie. &#8216;n Stal vertel van &#8216;n spartaanse blyplek\u00a0onderweg. met diere en herders as gaste. So anders as ons baie &#8220;veilige&#8221; en geborge Kersfeesvierings. En net daar op die lughawe in Griekeland, besef ek dat ons nie te tuis op hierdie aarde moet raak nie. Ons is immers &#8220;vreemdelinge en bywoners&#8221; op reis na ons eintlike bestemming. Daaraan wil die &#8220;transito-kind&#8221; van Bethlehem \u00a0ons herinner.<\/p>\n<p>Dalk is dit juis die alleenkersfeeste wat ons ook soms hieraan wil herinner.<\/p>\n<p>Sodat ons dankbaar en oop-oog verder kan reis. En ook di\u00e9 raaksien wat &#8220;brilliantly alone&#8221; is.<\/p>\n<p>Gese\u00ebnde Kersfees!<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Dis &#8216;n tyd vir saamwees met geliefdes en goeie vriende. Soms is dit net so goed om &#8216;n tradisionele tuiskersfees te vier. Om omring te wees deur die die mense wat jy liefhet, in &#8216;n omgewing waar jy tuis voel. Ek onthou die liedjie wat The Goombay Dance Band in die tagtigs gesing het: Christmas [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[1],"tags":[],"class_list":["post-358","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-uncategorized"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/358","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=358"}],"version-history":[{"count":3,"href":"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/358\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":362,"href":"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/358\/revisions\/362"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=358"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=358"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=358"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}