{"id":365,"date":"2010-12-22T14:34:32","date_gmt":"2010-12-22T12:34:32","guid":{"rendered":"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/?p=365"},"modified":"2010-12-22T15:01:24","modified_gmt":"2010-12-22T13:01:24","slug":"n-kind-se-kyk","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/?p=365","title":{"rendered":"&#8216;n Kind se kyk"},"content":{"rendered":"<p><a href=\"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/wp-content\/uploads\/blog.wimfourie.co.za\/2010\/12\/IMGP6790a2.jpg\"><\/a><a href=\"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/wp-content\/uploads\/blog.wimfourie.co.za\/2010\/12\/IMGP6792a-2.jpg\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"aligncenter size-medium wp-image-366\" title=\"IMGP6792a (2)\" src=\"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/wp-content\/uploads\/blog.wimfourie.co.za\/2010\/12\/IMGP6792a-2-300x219.jpg\" alt=\"\" width=\"300\" height=\"219\" srcset=\"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/wp-content\/uploads\/\/blog.wimfourie.co.za\/2010\/12\/IMGP6792a-2-300x219.jpg 300w, https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/wp-content\/uploads\/\/blog.wimfourie.co.za\/2010\/12\/IMGP6792a-2.jpg 640w\" sizes=\"auto, (max-width: 300px) 100vw, 300px\" \/><\/a><\/p>\n<p>Daar is iets wat ek wens ek hierdie Kersfees kon ontvang en ruimskoots uitdeel: Die verwondering\u00a0 in \u2018n kind se kyk.<\/p>\n<p>Onlangs\u00a0sit ek en wag vir my vrou, wat\u00a0 op die besige dag\u00a0 \u2018n paar sake in \u2018n winkelsentrum moet afhandel. En ek kyk na mense wat verbyloop. Sommige stadig en onseker, ander haastig en gedrewe. Party lyk lewensmoeg en ander het \u2018n skyn van energie, maar met \u2018n frons tussen die o\u00eb. Ineens sien ek \u2018n oupa wat stadig stap met sy kleinkind aan die hand. Die oupa sukkel met stram knie\u00eb maar die seuntjie hou sy oupa se hand styf vas en trippel van opgewondenheid langs hom. Later toe hulle van die winkel terugkeer en in die motor langs my klim, sien ek die seuntjie se helder ogies wat verwonderd kyk na alles om hom, maar steeds met sy hand veilg in sy oupa s\u2019n. gereeld met heldeverering na die groot oupa van hom kyk.<\/p>\n<p>\u00a0Iets hiervan weerspie\u00ebl Brenda Race in haar gedig: Through the eyes of a child:<\/p>\n<p>\u00a0The innocence of a child\u2019s soul<\/p>\n<p>Is what makes them seem so whole.<\/p>\n<p>So peaceful and trusting as they reach out<\/p>\n<p>Full of life and rarely a doubt.<\/p>\n<p>Skipping along while holding your hand,<\/p>\n<p>Knowing that you will take their stand.<\/p>\n<p>Loving you entirely for who you are,<\/p>\n<p>Soaring the beauty of your soul with no scar.<\/p>\n<p>As we grow older and more serious in age,<\/p>\n<p>We become fearful and full of rage.<\/p>\n<p>We begin to lose the things that once made us feel loved\u2026<\/p>\n<p>God grant us the gift to look back as a child,<\/p>\n<p>To trust and love with a soul undefiled.<\/p>\n<p>Looking once more through the eyes of a child.<\/p>\n<p>\u00a0Die kyk in \u2018n kind se o\u00eb weerspie\u00ebl presies wat hy\/sy ervaar. Daar is \u2018n stukkie hemelse helderheid in \u2018n kind se kykers. So asof al\u00a0 die filters wat ons volwasse o\u00eb ondersigtig maak, nog nie vastrapplek op hulle kinderhelderte\u00a0 gekry het nie. Dit bly vir my wonderlik om &#8216;n kind dop te hou\u00a0 en te sien hoevel emosies en opgewondheid in hulle o\u00eb weerspie\u00ebl word.<\/p>\n<p>Onlangs stop ek voor my suster se woning en sien hoe opgewonde haar twee kleinkinders uitstorm om my te kom verwelkom: Wikne het &#8216;n blom in haar hare en lyk soos &#8216;n fe\u00ebtjie. Kleinboet Wilco kom met uitgestrekte arms\u00a0aangestorm om welkom te s\u00ea. Ek groet hulle, tel hulle op en\u00a0ons gaan sit by\u00a0die tuintafel en stoeltjies. Wilco gaan l\u00ea peinsend op sy armpies. Dit roep vir &#8216;n foto.<\/p>\n<p>\u00a0Geen wonder nie dat Jesus ons herinner dat ons met kinderlike eenvoud Hom moet opsoek:<\/p>\n<p>\u00a0Maar Jesus het die kindertjies nader geroep en ges\u00ea: \u201cLaat die kindertjies na My toe kom en moet hulle nie verhinder nie, want die koninkryk van God is juis vir mense soos hulle. Dit verseker Ek julle: Wie die koninkryk van God nie soos \u2019n kindjie ontvang nie, sal daar nooit ingaan nie.\u201d (Luk 18:16-17).<\/p>\n<p>Daarom: My kerswens aan almal (myself inkluis):<\/p>\n<p>Om weer met kinderverwondering na die w\u00eareld te kyk en met\u00a0 openheid van \u2018n kind weer na die Jesuskind in die krip te kyk en iets van sy matelose liefde te ervaar..<\/p>\n<p>\u00a0Frank O\u2019 Connor vertel \u2018n verhaaltjie van\u00a0 \u2018n seuntjie wat op kersoggend sy begeerde rooi lokomotief as kersgeskenk ontvang het en die groot geskenk saamgeneem het na die vroegoggend Kersdiens.<\/p>\n<p>\u00a0Na die diens het hy by die kersuitbeelding in die liturgiese ruimte gaan staan en peinsend na die Jesuskind in die krippie gekyk. Toe hy besef dat die kindjie geen geskenkie by hom het nie, het \u2018n roekelose vrygewigheid hom beetgepak. Hy het sy rooi lokomotief in die krippie langs die babatjie geplaas en ges\u00ea: \u201cDit is vir jou\u201d. Op daardie oomblik het die seuntjie wat sy geskenk oorhandig het, \u2018n ligtheid ervaar wat hom sy lewe lank bygebly het.<\/p>\n<p>\u00a0Mag ons dieselfde roekelose vrygewigheid ervaar in die Teenwoordigheid van die Geskenkkind. Hy wie se o\u00eb anders na ons kyk.<\/p>\n<p>\u00a0\u00a0Met heelmaak-o\u00eb.<\/p>\n<p>\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0 <img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" title=\"IMGP6790a(2)\" src=\"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/wp-content\/uploads\/blog.wimfourie.co.za\/2010\/12\/IMGP6790a2-300x244.jpg\" alt=\"\" width=\"300\" height=\"244\" \/><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Daar is iets wat ek wens ek hierdie Kersfees kon ontvang en ruimskoots uitdeel: Die verwondering\u00a0 in \u2018n kind se kyk. Onlangs\u00a0sit ek en wag vir my vrou, wat\u00a0 op die besige dag\u00a0 \u2018n paar sake in \u2018n winkelsentrum moet afhandel. En ek kyk na mense wat verbyloop. Sommige stadig en onseker, ander haastig en [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[1],"tags":[],"class_list":["post-365","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-uncategorized"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/365","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=365"}],"version-history":[{"count":4,"href":"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/365\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":368,"href":"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/365\/revisions\/368"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=365"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=365"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=365"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}