{"id":374,"date":"2011-01-01T13:07:01","date_gmt":"2011-01-01T11:07:01","guid":{"rendered":"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/?p=374"},"modified":"2011-01-01T23:03:56","modified_gmt":"2011-01-01T21:03:56","slug":"oorvloed","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/?p=374","title":{"rendered":"Oorvloed"},"content":{"rendered":"<p><a href=\"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/wp-content\/uploads\/blog.wimfourie.co.za\/2011\/01\/IMGP6902a-2.jpg\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"aligncenter size-medium wp-image-378\" title=\"IMGP6902a (2)\" src=\"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/wp-content\/uploads\/blog.wimfourie.co.za\/2011\/01\/IMGP6902a-2-199x300.jpg\" alt=\"\" width=\"199\" height=\"300\" srcset=\"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/wp-content\/uploads\/\/blog.wimfourie.co.za\/2011\/01\/IMGP6902a-2-199x300.jpg 199w, https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/wp-content\/uploads\/\/blog.wimfourie.co.za\/2011\/01\/IMGP6902a-2.jpg 319w\" sizes=\"auto, (max-width: 199px) 100vw, 199px\" \/><\/a><\/p>\n<p>Op Kersdag vanjaar het ek die voorreg gehad om op die wal van die Gariepdam te staan en te kyk hoe die vol dam sy oorvloed van water pluimend oor die oorloop stort. &#8216;n Indrukwekkende gesig.<\/p>\n<p>Onwillekeurig het ek aan die ou Halleluja liedjie gedink:\u00a0<\/p>\n<p>Strome van Se\u00ebn van Bowe, daal met verkwikking tans neer; skenk uit U Hemelse volheid, skenk ons &#8216;n oorvloed, O Heer!&#8221;<\/p>\n<p>Mens raak jou net so bewus van die letterlike oorstroming van oorvloed\u00a0as jy die massas water sien stroom. Ek lees dat as die Gariepdam vol is, beslaan dit &#8216;n oppervlakte van meer as 370vk\u00a0km en het dit &#8216;n inhoudsmaat van 6000 miljoen kubieke meter wat deur die 914 meter lange damwal\u00a0in toom \u00a0gehou word.<\/p>\n<p>Oorvloed. Dikwels wens ons mekaar dit toe as goeie geskenk vir die nuwe jaar. maar ek dink ons het die woordjie hol gemaak met ons eie interpretasie van wat oorvloed is. Oorvloed het nie te make met &#8216;n oorvloed van welvaart, besittings en selfsugtige bymekaarmaakgoed nie. oorvloed hou verband met &#8216;n Oorvloedige Gewer wat uit sy onuitputlike oorvloed gee sodat ons sy &#8216;deurgangskanaal&#8221; na ander kan wees.<\/p>\n<p>Ferdinand Deist vertel in sy boek <em>Coram Deo<\/em> die volgende verhaal:<\/p>\n<p>Rabbi Baruk van die dorpie Mezbizh se dogter het hom eendag uitgevra oor die kuns van gee. \u201cMy dogter,\u201d het hy ges\u00ea, \u201cdaar is drie maniere waarop mense gee. Sommige s\u00ea vir hulleself: \u2018Ek sal iets vir di\u00e9 arme drommel gee. Ek is immers die soort mens wat sulke dinge doen.\u2019Ander dink weer: \u2018As ek iets vir hierdie man gee, sal ek hiern\u00e1 voordeel daaruit kan trek.\u2019Hulle wil h\u00ea die hemel moet hulle rente betaal. Maar daar is sommige wat weet: \u2018God het hierdie geld in my hand gesit vir hierdie man, en ek is God se posbode.\u2019\u201d<\/p>\n<p>Dis eers as \u2019n mens geleer het om op die laaste manier te gee, dat jy werklik ervaar: \u201cOm te gee, maak \u2019n mens gelukkiger as om te ontvang\u201d (Hand. 20:35)<\/p>\n<p>Daar is nog &#8216;n verhaaltjie wat die eerste redakteur van De Kat, Johan van Rooyen, \u00a0per geleentheid vertel het.<\/p>\n<p>&#8216;n Baie suinige vrou kon dit nie oor haar hart kry om iets weg te gee nie. Sy het met mag en krag vasgeklou aan al haar besittings. As daar &#8216;n honger persoon of bedelaar by haar deur opgedaag het, het sy hulle met &#8216;n afjak weggestuur. Eendag staan daar &#8216;n baie netjiese, dog arm vroutjie voor haar deur. Sy vra of die vrou nie dalk vir haar iets het het, aangesien haar man sy werk verloor het en hulle sukkel om aan die lewe te bly. In &#8216;n vreemde opwelling van naasteliefde s\u00ea die suinige vrou dat sy in haar kombuis sal gaan kyk, Sy haal niks uit die oorvol spens of groenterak nie. Toe sien sy die weggooi ui wat sy op die asblik neergesit het om uit te gooi. Dit het reeds sulke lang uitloopsels (lowwe). Die suinige vrou neem dit na die deur waar die behoeftige vroutjie staan en gee dit vir haar: &#8220;Dis al wat ek het&#8221;, s\u00ea sy en maak die deur toe.<\/p>\n<p>Kort daarna sterf die suinige vrou. Toe sy by die hemelpoort aankom is dit gesluit. Sy roep en vra om ingelaat te word. &#8216;n Stem s\u00ea: &#8220;Dit wat jy weggegee het op aarde, kan jy saambring hemel toe&#8221;. Die volgende oomblik sien die vrou &#8216;n verlepte groen\u00a0lowwe van &#8216;n ui wat oor die muur hang. &#8220;Gryp dit en hys jouself oor die muur&#8221;, s\u00ea die Stem. Die vrou gryp die\u00a0lowwe van die ui krampagtig vas en begin haarself teen die muur optrek.Nodeloos om te s\u00ea: dit\u00a0kon haar gewig nie dra nie en sy stort karplaks neer en val in &#8216;n armsalige hopie langs die muur neer&#8230;<\/p>\n<p>Ja, ek weet die verhaaltjie hou nie rekening met genade nie en klink al te veel na verdienstelikheid wat nodig is om in die hemel te kom, maar ek dink dit illustreer tog wat die Groot Gewer van sy kinders verwag &#8211; &#8216;n ruimhartigheid jeens ander in nood, juis omdat\u00a0elkeen wat \u00a0oorvloed het, dit ook so onverdiend uit sy Hand ontvang.<\/p>\n<p>Daarom sou ek wens, vir myself en ander, dat ons die oorvloed van die Gewer sal raaksien en met dankbaarheid ontvang. Elke dag van die nuwe jaar. Maar dat ons ook , soos Rabbi Baruk dit so mooi gestel het, besef dat ons elkeen God se Posbode is wat ook aan ander moet aflewer&#8230;<\/p>\n<p>Aan sy volgelinge beloof Jesus: &#8220;Ek het gekom sodat hulle lewe kan h\u00ea en dit in oorvloed&#8221; (Joh 10:10b)<\/p>\n<p>As ons besef hoe &#8220;oorvloedig&#8217;\u00a0 die woord &#8220;oorvloed is, sal ons\u00a0 oorvloediger leef en vrymoediger gee. Die woord <em>perissos<\/em> in Grieks beteken: superabundant (kwantiteit) en superior (kwaliteit). Nog sinonieme in Engels is:\u00a0 exceeding, beyond measure, superfluous, extravagant, extra-ordinary, more than sufficient,vehement. Dit laat ons besef hoe power ons uitloop-uie geskenk soms is.<\/p>\n<p>Verder is my wens vir myself en elkeen dat ons oop-oog sal reis vanjaar sodat ons die rykdom van oorvloed waarmee ons gese\u00ebn word elke dag sal raaksien en gebruik. Hieraan herinner Mike and the Mechanics se lied, Beggar on a Beach of Gold:<\/p>\n<p>I didn&#8217;t know when I was lucky<br \/>\nDiscontented feeling bad<br \/>\nFilled with envy<br \/>\nFor possessions other people had<\/p>\n<p>I found my pride had always hurt me<br \/>\nFought the world to gain control<br \/>\nNot realising<br \/>\nI was sitting on a beach of gold<\/p>\n<p>Oh lord I&#8217;m a poor man<br \/>\nWith all the riches I can hold<br \/>\nI&#8217;m a beggar<br \/>\nAnd I&#8217;m sitting on a beach of gold<\/p>\n<p>The problems I encountered<br \/>\nGave me strength helped me sustain<br \/>\nTo know the pleasure<br \/>\nFirst I had to cure the pain<\/p>\n<p>When I was searching for solutions<br \/>\nI found the answer lay in me<br \/>\nI&#8217;m a drifter<br \/>\nBut I&#8217;m drifting on a silver sea<\/p>\n<p>Oh lord I&#8217;m a poor man<br \/>\nWith all the riches I can hold<br \/>\nI&#8217;m a beggar<br \/>\nAnd I&#8217;m sitting on a beach of gold<\/p>\n<p>I didn&#8217;t have courage<br \/>\nMy life was as dark as night<br \/>\nWhen alone in the darkness<br \/>\nI saw the brightest light<br \/>\nLet the light shine down<\/p>\n<p>Are you out there now on empty<br \/>\nFeel you&#8217;ve nothing left to give<br \/>\nSick of trying<br \/>\nHave you lost the will to live?<\/p>\n<p>Don&#8217;t be drowning in the shallows<br \/>\nWith the beach so near at hand<br \/>\nHear the voice say<br \/>\nStand up get up<br \/>\nAnd join me on the gilded sand<\/p>\n<p>Come and join me on the beach<br \/>\nWith all the riches I can hold<br \/>\nCause I&#8217;m a beggar<br \/>\nAnd I&#8217;m sitting on a beach of gold&#8230;<\/p>\n<hr size=\"1\" \/>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Op Kersdag vanjaar het ek die voorreg gehad om op die wal van die Gariepdam te staan en te kyk hoe die vol dam sy oorvloed van water pluimend oor die oorloop stort. &#8216;n Indrukwekkende gesig. Onwillekeurig het ek aan die ou Halleluja liedjie gedink:\u00a0 Strome van Se\u00ebn van Bowe, daal met verkwikking tans neer; [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[1],"tags":[],"class_list":["post-374","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-uncategorized"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/374","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=374"}],"version-history":[{"count":6,"href":"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/374\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":380,"href":"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/374\/revisions\/380"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=374"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=374"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=374"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}