{"id":383,"date":"2011-01-04T16:28:00","date_gmt":"2011-01-04T14:28:00","guid":{"rendered":"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/?p=383"},"modified":"2011-01-11T17:44:13","modified_gmt":"2011-01-11T15:44:13","slug":"drumpels","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/?p=383","title":{"rendered":"Drumpels"},"content":{"rendered":"<p><a href=\"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/wp-content\/uploads\/blog.wimfourie.co.za\/2011\/01\/Turk-08b-612a3.jpg\"><\/a>\u00a0<\/p>\n<p><a href=\"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/wp-content\/uploads\/blog.wimfourie.co.za\/2011\/01\/Turk-08a-614a-2.jpg\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"aligncenter size-medium wp-image-384\" title=\"Turk-08a 614a (2)\" src=\"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/wp-content\/uploads\/blog.wimfourie.co.za\/2011\/01\/Turk-08a-614a-2-200x300.jpg\" alt=\"\" width=\"200\" height=\"300\" srcset=\"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/wp-content\/uploads\/\/blog.wimfourie.co.za\/2011\/01\/Turk-08a-614a-2-200x300.jpg 200w, https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/wp-content\/uploads\/\/blog.wimfourie.co.za\/2011\/01\/Turk-08a-614a-2.jpg 320w\" sizes=\"auto, (max-width: 200px) 100vw, 200px\" \/><\/a><\/p>\n<p>Die diep rooibruin vloer se reli\u00ebf vertel die verhaal van vele voete wat hier ingeloop het op soek na die stil heiligheid wat die gebou omhul. Die ho\u00eb koepel \u2013 \u2018n stil getuie van eeue se asemversugtinge wat biddend na bo gestuur is. Deur die klein boogvenstertjie straal \u2018n ligstreep na binne. Bevestigend. Die glansgoud en blou steentjies se geheel vorm \u2018n stipkykende Jesus \u2013 sy regterhand en vingers se\u00ebnend gelig. Ek ervaar die gedrae stemming van die Hagia Sofia \u2013plek van goddelike wysheid. \u2018n Bakengebou in Istanbul.<\/p>\n<p>Met die binnestap van die indrukwekkende Bisantynse kerk uit die sesde eeu, wys Halit Ucan, ons bekwame gids, die massiewe deure aan ons. Die deure met hul swaar beslag is afkomstig uit Tarsus, Paulus se plek van herkoms. My o\u00eb dwaal van die imposante deure na die Christus- mosaiek wat verwelkomend in die ingang troon. Paulus en Christus. So inter-verweef loop hulle voetspore op hierdie Turkse toer wat ek en my reisgenoot kan meemaak. Terwyl\u00a0ons saam met die ander toerlede en &#8216;n groep uitgelate Turkse laerskoolkinders die verslete spiraalpad na die boonste vloer van die museum-kerk volg, dink ek daaraan hoe elke drumpel mens weer tot \u2018n nuwe ontdekking lei&#8230;<\/p>\n<p>Sommige mense praat soms van \u2018n drumpelvrees: Die letterlike vrees om oor \u2018n drumpel te tree. Dis iets wat eienaars van winkels probeer hokslaan deur hulle ware so uitnodigend as moontlik voor te stel om mense as\u2019t ware die winkel in te lok. Tog gebeur dit dat iemand deur die venster sal staar en selfs \u2018n behoefte het om iets van naderby te kyk en dan omdraai \u2013 dit lyk my dit gebeur veral met mans by juwelierswinkels. (dalk iets met die pryse te doen wat hulle in die vensters sien!)<\/p>\n<p>Die vreemde gevoel van oor die drumpel te tree is tegelyk onseker en opwindend: Ek onthou hoe daar dikwels tussen twee kinders wat haaks was so oomblik van waarheid was. Een van die twee het &#8216;n streep op die grond getrek en ges\u00ea: &#8220;Daar is jou kesh.&#8221; En die ander een weet &#8211; tree jy oor hierdie streep, dan is daar moeilikheid! Dis dalk dan wat dit nie verkeerd sou wees om drumpelvrees te kry nie! Tog word jy dan dalk gebrandmerk as lafaard. Dus trap jy oor die streep&#8230;<\/p>\n<p>Izak de Villiers vertel in sy outobigrafiese boek : Strooidak en Toring van so gebeurtenis toe hy op skool was. Die klasboelie het hom op alle maniere getreiter om hom uit te lok tot \u2018n geveg. Uiteindelik het hy Izak een dag gevolg en paar van sy trawante by hom gehad. Izak hulle probeer ontglip deur met sy fiets in \u2018n smal stegie in te ry. Daar was egter \u2018n hek aan die punt en hy was vasgekeer. Die boelie het grynslaggend nadergestaan met sy twee helpers by hom. Hy het geweet Izak was letterlik en figuurlik in \u2018n hoek gedruk. Toe trek hy \u2018n streep op die grond.\u00a0Hy kom staan toe op die streep en spoeg na Izak. &#8220;Kom toe slaan my!&#8221; koggel hy. Izak het geweet dat hy net een kans het. Hy het die boelie op sy knie geskop en toe die vooroor buk, hom met een harde vuisslag teen die kant van sy kop geslaan. Die volgende oomblik slaan die boelie op die grond neer soos \u2018n boom wat deur weerlig getref is.<\/p>\n<p>Die volgende dag is Izak ingeroep na die hoof se kantoor. Hy wou by Izak weet waarom hy die klasmaat geslaan het. Al wat Izak kon antwoord: Meneer soms het mens net een kans om uit \u2018n benarde situasie te kom. Ek moes my een kans gebruik. Die hoof het hom lank aangestaar en toe laat gaan.<\/p>\n<p>Een kans. Soms kom &#8216;n spesifieke drumpelgeleentheid net eenmaal oor jou pad.<\/p>\n<p>So aan die begin van die nuwe jaar kan mens jouself dalk baie verwyt oor verspilde kanse. Jy was te bang, te dom, te ongelowig om die tree te gee. En so het &#8216;n kosbare geleentheid tot iets nuuts verbygeglip. Dalk is dit ook soms nodig dat ons onsself vergewe oor verspilde geleenthede en nie aanhou terugkyk nie. Ons moet eerder ingestel wees op nuwe kanse, nuwe drumpels.<\/p>\n<p>Hieraan herinner Jesaja ons:<br \/>\n&#8220;Maar moenie net aan die vroe\u00ebre dinge dink en by die verlede stilstaan nie.Kyk, Ek gaan iets nuuts doen, dit staan op die punt om te gebeur, julle kan dit al sien kom..<br \/>\n(Jes 43:18,19)<\/p>\n<p>Jesaja plaas ons vir \u2018n oomblik in die sirkus tent \u2013 daar is die tromrol! En dan val die kollig\u00a0op die sweefstokkunstenaar. Hy staan op die\u00a0platform, duik vorentoe, gryp die sweefstok vas en swaai&#8230;.<\/p>\n<p>Aan die oorkant\u00a0 kom nog &#8216;n sweefstok\u00a0in beweging en die kunstenaar moet die een stok los en met perfekte tydsberekening\u00a0 die volgende stok vasgryp.<br \/>\nApplous en gejuig\u00a0klink in die sirkustent op\u00a0as die sweefstokkunstenaar op die regte tydstip die een sweefstok los en\u00a0 die ander een foutloos\u00a0vasgryp.<\/p>\n<p>Sweefstok artieste is meesters van die tussenruimte (Ron Martoia)<br \/>\nJuis in die mate dat hulle bereid is om groot ruimtes oor te steek, is die mate waarin hulle as groot kunstenaars beskou word. Want al is daar \u2018n wetenskaplike berekende linkerbreindimensie aan hulle vaardigheid, is daar terselfdertyd \u2018n geweldige hoeveelheid instink en aanvoeling wat daarmee gepaardgaan. Sweefstokartieste sweef oor gapings. Hulle is eintlik die volmaakte toepassers van die Jesaja 43 beginsel, want die oomblik as hulle die een sweefstok los, is hulle volkome gefokus op die nuwe wat voor hulle l\u00ea, draai nie halfpad in die lug om eers totsiens vir die oue te waai nie, maar strek hulle uit na die nuwe geleentheid, die\u00a0(enigste) geleentheid wat nou belangrik is..<\/p>\n<p>Dit lyk vir my ons sal in die nuwe jaar iets van die sweefstokkunstenaar moet aanleer. Die waagmoed om op die regte tyd te kan laat los en die nuwe vas te gryp. Dit verg geloofsmoed. En &#8216;n oorwinning oor drumpelvrees.<\/p>\n<p>Mooi sweef in 2011.<\/p>\n<p>\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0 <img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" title=\"Turk-08b 612a(3)\" src=\"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/wp-content\/uploads\/blog.wimfourie.co.za\/2011\/01\/Turk-08b-612a3-200x300.jpg\" alt=\"\" width=\"200\" height=\"300\" \/><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>\u00a0 Die diep rooibruin vloer se reli\u00ebf vertel die verhaal van vele voete wat hier ingeloop het op soek na die stil heiligheid wat die gebou omhul. Die ho\u00eb koepel \u2013 \u2018n stil getuie van eeue se asemversugtinge wat biddend na bo gestuur is. Deur die klein boogvenstertjie straal \u2018n ligstreep na binne. Bevestigend. Die [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[1],"tags":[],"class_list":["post-383","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-uncategorized"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/383","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=383"}],"version-history":[{"count":8,"href":"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/383\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":386,"href":"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/383\/revisions\/386"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=383"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=383"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=383"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}