{"id":429,"date":"2011-01-29T15:24:23","date_gmt":"2011-01-29T13:24:23","guid":{"rendered":"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/?p=429"},"modified":"2011-01-31T10:15:03","modified_gmt":"2011-01-31T08:15:03","slug":"n-kiekie-met-n-storie","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/?p=429","title":{"rendered":"&#8216;n Kiekie met &#8216;n storie"},"content":{"rendered":"<p><a href=\"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/wp-content\/uploads\/blog.wimfourie.co.za\/2011\/01\/Turk-08-327c-2.jpg\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"aligncenter size-medium wp-image-430\" title=\"Turk-08 327c (2)\" src=\"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/wp-content\/uploads\/blog.wimfourie.co.za\/2011\/01\/Turk-08-327c-2-300x200.jpg\" alt=\"\" width=\"300\" height=\"200\" srcset=\"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/wp-content\/uploads\/\/blog.wimfourie.co.za\/2011\/01\/Turk-08-327c-2-300x200.jpg 300w, https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/wp-content\/uploads\/\/blog.wimfourie.co.za\/2011\/01\/Turk-08-327c-2.jpg 640w\" sizes=\"auto, (max-width: 300px) 100vw, 300px\" \/><\/a><\/p>\n<p>Vandat ek in 1966 my eerste swart-en-wit kiekie met\u00a0my Traveller kamera geneem het, glo ek onwrikbaar dat daar stories agter kiekies (of dan foto\u2019s) l\u00ea. Dit moet net vertel word.<\/p>\n<p>\u00a0Vandag moes ek afdrukke van foto\u2019s gaan maak vir vriende as aandenkings van twee belangrike gebeurtenisse in die onderskeie vriende se lewens. Die eerste was foto\u2019s van \u2018n begrafnis. Die foto\u2019s vertel die verhaal van afskeid van \u2018n lewensmaat van sewe-en-vyftig jaar. Die o\u00eb op die foto vertel die seer verhaal van afskeid. Die tweede stel foto\u2019s is ook van \u2018n afskeid. Die keer die afskeidsfunksie van \u2018n kollega wat sewe-en-twintig jaar in sy werkkring gearbei het en nou weens swak gesondheid demissie ontvang. Die o\u00eb vertel ook hul eie verhaal. Ek dink weer aan die veelseggende lirieke van Lucas Maree se liedjie <em>Kiekies:<\/em><\/p>\n<p><em>My kiekies is bewyse van die feit dat ek ook daar was, die ensiklopedie van my bestaan&#8230;<\/em><\/p>\n<p>\u00a0\u201cn\u00a0Kiekie met \u2018n mooi, dog hartseer verhaal kruis my pad op die geskiedkundige Griekse eiland Rhodos in 2008.<\/p>\n<p>\u00a0Toe ons die helder\u00a0 lenteoggend op Rhodos afklim, is dit met afwagting. Ons stap eers as groot groep saam met die toergids, verken die hawe en besef:\u00a0 een van die sewe wonders van die antieke w\u00eareld was hier gesetel. Die Kolossus van Rhodos \u2013 die massiewe indrukwekkende bronsbeeld het\u00a0 wydsbeen\u00a0 die hawe uitgetroon en waggehou oor seilskepe wat onderdeur die standbeeld vaar. Nou pryk daar net \u2018n beskeie bokkie op elk van die pilare waarop die kolos se voete vroe\u00ebr gerus het.<\/p>\n<p>\u00a0Ons stap tot by die strand. Advertensieblou water begroet ons. Impulsief pak ons die naam : Rhodos met strandklippies uit &#8211; ons monument vir die spesiale dag. Dan spat die groot groep uiteen \u2013elkeen gretig om \u2018n eie verkenning van die eiland te doen. Ek en my reisgenoot vertoef in \u2018n kerkie vol ikone. Ek kyk na\u00a0 die ikone. Hulle kyk terug. Hulle dra kennis van elk van die verskeidenheid van mense wat die kerkie binnekom. Mense met\u00a0 behoeftes en versugtinge.<\/p>\n<p>Onbeantwoorde liefde. Pyn. Dankbaarheid. Die klompie brandende kerse in die sandbak vertel van die hartswense wat tot klein liggebedjies omskep is.<\/p>\n<p>\u00a0Versterk deur verposing, pak ons die dorpie soos wafferse Kruisvaarders aan. Soveel te sien. So min tyd. Ons moet sewe-uur vanaand alweer aan boord van die skip wees.<\/p>\n<p>\u00a0Toe ons met \u2018n skuins straatjie\u00a0 afloop, gewaar ons \u2018n paar van ons toervriende. Hulle het by \u2018n materiaalwinkeltjie vasgehak: S. Ioannides staan op die buitekant. Ben beduie geesdriftig dat ons moet naderstaan \u2013 hulle het vriende gemaak met die gawe winkelier \u2013 \u2018n gedistingeerde Griekse man wat opgewonde is toe hy\u00a0 Afrikaans hoor. Ons stap nader. Die vroue is besig om die groot verskeidenheid van materiale te bestudeer. Ben en ek begin met die eienaar gesels. Hy staan tussen netjies opgevoude materiale. Raak soms takserend aan die tekstuur van \u2018n spesifieke materiaal.\u00a0 Hy stel homself as Stephanos Ioannides aan ons voor.<\/p>\n<p>\u00a0Uit die gesprek blyk dit dat hy in die middel sestigs in Suidelike Afrika was. Eers het hy op \u2018n plaas in Rhodesi\u00eb gewerk en toe goed bevriend geraak met \u2018n Afrikaanse gesin. Hulle het later na Suid-Afrika verhuis en hy is saam.<\/p>\n<p>\u00a0\u201cDo you know where Krugersdorp is?\u201d, wil hy dringend van ons weet.\u00a0 Ek verseker hom dat ons goed bekend is met die plek, veral aangesien dit my geboorteplek is. Op die derde verdieping van die Krugersdorpse hospitaal het ek immers die lewenslig aanskou.<\/p>\n<p>\u00a0\u201cDo you know Livia Steyn?\u201d is sy volgende, dringender, vraag.\u00a0 Hy spreek die\u00a0\u00a0 naam Livia uit asof hy die geheimsinnige luierende smaak van olywe in sy mond proe. Ons antwoord ontkennend en sien die teleurstelling op sy gesig.<\/p>\n<p>\u00a0Ineens kom daar egter \u2018n opheldering. \u201cWait, I\u2019ll show you a photo of Livia\u201d . Uit sy toonbanklaai haal hy dadelik \u2018n\u00a0sepia kiekie van \u2018n jong glimlaggende meisie in \u2018n baaikostuum. Sy moes pas geswem het want haar kort, bruin hare krul met punte agter haar ore. Sy kyk direk vir die kamera, wat haar tydloos vasvang. In haar o\u00eb \u2018n weerlose onskuld, byna soos \u2018n jong Ingrid Jonker. Langs haar staan \u2018n\u00a0 draagbare radio\u2019tjie. Agter haar pryk \u2018n wit Triumph sportmotor.. Regs van haar arm is die twee van die registrasieletters van die nommerplaat sigbaar: EK.<\/p>\n<p>\u00a0Dan vertel die gryskop Griek vir ons sy verhaal. Hoe hy hartstogtelik op Livia verlief geraak het. In 1967. \u201cIt was true love\u201d sug hy. Die lewenslustige Livia het sy Griekse hart gesteel. Hy het haar gevra om te trou en saam met hom vir altyd en altyd op Rhodos te kom bly. \u201cShe was too young\u201d sug hy dan.\u201dher parents wouldn\u2019t let her.\u201d Hy raak liggies aan die foto asof hy sopas \u2018n rol egte sy-materiaal oopgevou het.<\/p>\n<p>\u00a0Sy hart was gebreek. Hy is alleen terug na Rhodos. \u2018n Ruk daarna het hy die vrou ontmoet met wie hy nou al soveel jare getroud is. Hy het nooit weer met Livia kontak gehad nie. \u201dI often wonder\u201d, peins hy, \u201cis she happy?\u201d<\/p>\n<p>\u00a0Sy\u00a0 goedversorgde vrou onderbreek ons gesprek toe sy van die agterste vertrek ingestap kom. Sy hoor hoe Stephanos opgewonde\u00a0 met ons gesels. Die swart en wit kiekie van Livia\u00a0 l\u00ea steeds op die toonbank. Sy uiter \u2018n paar kortaf woorde in Grieks. Stephanos verdwyn vir \u2018n rukkie en kom dan met \u2018n album terug.<\/p>\n<p>Onder sy vrou se streng en wakende blik, wys hy vir ons die foto\u2019s van hul troudag.<\/p>\n<p>\u00a0\u201cThis is me and my wife Helena.\u201d s\u00ea hy dan\u201d We have two sons and a grandchild.. We are very happy.\u201d<\/p>\n<p>\u00a0Verbeel ek my of s\u00ea hy die laaste woorde terwyl sy o\u00eb nadenkend op die foto van Livia rus?<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Vandat ek in 1966 my eerste swart-en-wit kiekie met\u00a0my Traveller kamera geneem het, glo ek onwrikbaar dat daar stories agter kiekies (of dan foto\u2019s) l\u00ea. Dit moet net vertel word. \u00a0Vandag moes ek afdrukke van foto\u2019s gaan maak vir vriende as aandenkings van twee belangrike gebeurtenisse in die onderskeie vriende se lewens. Die eerste was [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[1],"tags":[],"class_list":["post-429","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-uncategorized"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/429","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=429"}],"version-history":[{"count":5,"href":"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/429\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":432,"href":"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/429\/revisions\/432"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=429"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=429"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=429"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}