{"id":437,"date":"2011-02-05T23:02:03","date_gmt":"2011-02-05T21:02:03","guid":{"rendered":"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/?p=437"},"modified":"2011-02-05T23:10:11","modified_gmt":"2011-02-05T21:10:11","slug":"die-goue-herder","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/?p=437","title":{"rendered":"Die Goue Herder"},"content":{"rendered":"<p><a href=\"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/wp-content\/uploads\/blog.wimfourie.co.za\/2011\/02\/Turk-08a-622.jpg\"><\/a><a href=\"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/wp-content\/uploads\/blog.wimfourie.co.za\/2011\/02\/Turk-08a-620.jpg\"><\/a><\/p>\n<p><a href=\"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/wp-content\/uploads\/blog.wimfourie.co.za\/2011\/02\/Turk-08b-620-2.jpg\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"aligncenter size-medium wp-image-443\" title=\"Turk-08b 620 (2)\" src=\"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/wp-content\/uploads\/blog.wimfourie.co.za\/2011\/02\/Turk-08b-620-2-300x210.jpg\" alt=\"\" width=\"300\" height=\"210\" srcset=\"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/wp-content\/uploads\/\/blog.wimfourie.co.za\/2011\/02\/Turk-08b-620-2-300x210.jpg 300w, https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/wp-content\/uploads\/\/blog.wimfourie.co.za\/2011\/02\/Turk-08b-620-2.jpg 609w\" sizes=\"auto, (max-width: 300px) 100vw, 300px\" \/><\/a>As kind was die verhaal van die Goeie Herder een van die gunstelinge wat \u00a0by die kinderkrans vertel is. Aandagtig het ons as \u00a0kinderskaar op die mat gesit terwyl\u00a0 Tannie Van Schalkwyk op die groen flenniebord die verhaal van die Goeie Herder laat ontvou het. Veral wanneer die Goeie Herder sy nege-en-negentig skape in die kraal gelaat het om na die verlore skapie te soek, het ons intens meegeleef en as\u2019t ware met ons o\u00ea die herder oor die flenniebord-afstand na die verlore skapie in die hoek van die bord gewil.<\/p>\n<p>\u00a0As beloning vir getroue bywoning van die weeklikse kinderkrans, het elkeen van ons \u2018n prent van die Goeie Herder ontvang waar Hy op die mooiste groen weiveld. tussen sy skape staan. Elke keer dat jy in die betrokke kwartaal by die kinderkrans was, het jy \u2018n skapie as beloning gekry \u2013 darem nou nie \u2018n rerige skapie nie, maar \u2018n prentjie van so wolwit skapie wat wag om op die groen weiveld geplak te word. So het die Herder se kudde gegroei met elke besoek aan die kinderkrans. Mits jy getrou was, was die kudde teen die einde van die kwartaal voltallig.<\/p>\n<p>\u00a0Maar soms het ek po\u00ebtiese vryheid gebruik\u00a0 en in my gedagtes van die Goeie Herder die Goue Herder gemaak. Dan het ek hierdie herder aangetrek met \u2018n goue kleed en hom voor die skape laat uittrek \u2013\u00a0 op die paadjie wat met sulke\u00a0 goue kronkels loop na die beste weivelde.<\/p>\n<p>En die goue glans van hierdie herder het aan sy skape afgegee. Hulle wol het soos &#8216;n goue vag gelyk in die strale van die opkomende son. Hoewel dit die Bybelse waarheid so bietjie voller ingekleur het, het dit aan my \u2018n gevoel van tevredenheid gegee.<\/p>\n<p>\u00a0Ek het weer aan die Goue Herder gedink toe ek in Standerd vyf in Oom Saayman se\u00a0 sondagskoolklas sit. Oom Saayman\u00a0het sy naam gestand gedoen. Wyshede en waarhede van die Woord is weekliks in ons\u00a0ontvanklike harte gesaai.<\/p>\n<p>\u00a0Sover ek weet het Oom Saayman nooit enige naskoolse opleiding gehad nie, maar hy was opgelei in die kuns leef en die daadwerklike uitlewing van sy geloof.<\/p>\n<p>\u00a0Kort voor die einde van die betrokke jaar sit hy ons eendag so en aankyk. \u201cJulle weet\u201d s\u00ea hy dan \u201c ons het oor baie dinge gesels die jaar. Meeste van die dinge sal julle seker vergeet. Maar ek wil so graag h\u00ea julle moet onthou dat die Here se liefde eg is en dat dit van ons egte mense maak. Nuwe mense.\u201d<\/p>\n<p>Toe vertel hy ons die verhaal van die fles vol goue albasters:<\/p>\n<p>\u00a0Die lewe is soos \u2018n stewige glasfles vol\u00a0 goue albasters. Tog te mooi as jy daarna kyk, maar die skyn bedrieg, want sien die meeste van die albasters is nie rerig goud nie, maar eintlik gewone\u00a0 glasalbasters wat maar net met \u2018n lagie goue spuitverf oorgespuit is. Op die oog af lyk almal dieselfde. Jy skeer almal oor dieselfde kam en praat van die fles vol goue albasters. Die oomblik egter as jy die glasfles in die rondte draai en begin skud, gebeur daar iets. Dan begin die kamma goues hulle ware kleur of gebrek aan kleur wys. Met die skudslag begin die albasters teen mekaar skuur. Jy merk dit nie dadelik op nie, maar as jy fyn kyk sien jy tog iets het verander \u2013 by sommige albasters vind \u2018n afsplintering van hulle goue omhulsels plaas. Eers net \u2018n kolletjie hier en later begin die geverfde goudlagie almeer afskilfer en word die die kamma goues al leliker. Ontmasker,<\/p>\n<p>\u00a0Maar \u2018n interessante ding gebeur met die egte goue albasters. Van elke skuur en skudsklag begin hulle blinker word . Die rondskud doen hulle goed, Hulle ware kleure skyn deur. Die wrywing bring hulle ware karakter (kleur) na vore. Hulle is eg.<\/p>\n<p>\u00a0\u201cSo \u201c, som oom \u00a0Saayman dan die vertelling op , \u201cis dit ook met mense . Wie waarlik nuutgemaak is deur\u00a0 God en getrou bly aan Hom\u00a0se \u00a0nuwe-skepsel-in Christus-egtheid sal blyk. Selfs al word dit aan ergere toetsing onderwerp. Wie egter voorgee om \u2018n Christen te wees\u00a0en \u2018n valse front voorhou, sal altyd moet veg om die afskilferkolle weer toe te verf. Toetsing sal hom aan die kaak stel.<\/p>\n<p>\u00a0Dis al meer as veertig jaar gelede dat ek die verhaaltjie gehoor het, tog bly die waarheid daarvan my steeds by.<\/p>\n<p>\u00a0\u2018n Jaar of drie gelede staan ek op die boonste verdieping van die Hagia Sophia katedraal in Istanbul. Ek kyk met verwondering na die indrukwekkende goue mosaieke van Christus. Dit het \u2018n goue gloed. Wonderlike vakmanskap en talle mosaiekblokkies vorm die Christusfiguur wat se\u00ebnend sy regterhand lig. Ek dink weer aan my prentjie van die Goue Herder. Hier is hy in al sy goue glorie uitgebeeld. Indrukwekkend. Koninklik.<\/p>\n<p>\u00a0Tog mis ek ineens die kinderkransprentjie van die Goeie Herder in sy gewone herdersklere wat so tuis tussen sy skape lyk. Die goue mosaiek-Christus lyk afsydig en byna hooghartig.<\/p>\n<p>\u00a0Ineens besef ek dat die Goue Herder se goudheid nie in uiterlike goue mantels en stralekranse l\u00ea nie. Die Goue Herder kom onder ons woon met \u2018n menskleur lagie om hom. Ons herken nie dadelik sy Andersheid en Godheid nie. Hoe langer ons egter in sy teenwoordigheid deurbring, van hom leer en toelaat dat Hy ons verander, hoe meer sien ons sy Go(u)dheid raak en al hoe meer word sy beeld ook sigbaar ins ons lewe.<\/p>\n<p>\u00a0Die Ware Herder leer ons lewensegtheid.\u00a0Niks kan dit van ons wegneem nie.<\/p>\n<p>Niks.<\/p>\n<p>\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0 <img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" title=\"Turk-08a 622\" src=\"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/wp-content\/uploads\/blog.wimfourie.co.za\/2011\/02\/Turk-08a-622-300x200.jpg\" alt=\"\" width=\"300\" height=\"200\" \/><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>As kind was die verhaal van die Goeie Herder een van die gunstelinge wat \u00a0by die kinderkrans vertel is. Aandagtig het ons as \u00a0kinderskaar op die mat gesit terwyl\u00a0 Tannie Van Schalkwyk op die groen flenniebord die verhaal van die Goeie Herder laat ontvou het. Veral wanneer die Goeie Herder sy nege-en-negentig skape in die [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[1],"tags":[],"class_list":["post-437","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-uncategorized"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/437","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=437"}],"version-history":[{"count":4,"href":"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/437\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":441,"href":"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/437\/revisions\/441"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=437"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=437"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=437"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}