{"id":448,"date":"2011-02-12T11:43:12","date_gmt":"2011-02-12T09:43:12","guid":{"rendered":"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/?p=448"},"modified":"2011-02-12T11:50:49","modified_gmt":"2011-02-12T09:50:49","slug":"rotsliefde","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/?p=448","title":{"rendered":"Rotsliefde"},"content":{"rendered":"<p><a href=\"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/wp-content\/uploads\/blog.wimfourie.co.za\/2011\/02\/14-April-vervolg-176a-12.jpg\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"aligncenter size-medium wp-image-449\" title=\"14 April-vervolg 176a-1(2)\" src=\"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/wp-content\/uploads\/blog.wimfourie.co.za\/2011\/02\/14-April-vervolg-176a-12-225x300.jpg\" alt=\"\" width=\"225\" height=\"300\" srcset=\"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/wp-content\/uploads\/\/blog.wimfourie.co.za\/2011\/02\/14-April-vervolg-176a-12-225x300.jpg 225w, https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/wp-content\/uploads\/\/blog.wimfourie.co.za\/2011\/02\/14-April-vervolg-176a-12.jpg 360w\" sizes=\"auto, (max-width: 225px) 100vw, 225px\" \/><\/a><\/p>\n<p>Dis die tyd van die jaar dat die rooi gety \u2018n tsunami word en die w\u00eareld oorspoel. Rooi hartjies, rooi rose, teddies met bloedrooi strikke om die nek en hartvormsjokolades in rooi omhulsels vier hoogty. Dis die Valentysgolf wat meedo\u00ebnloos alles oorspoel. Wanneer die liefde so onbeskaamd kommersi\u00ebel opgeveil word, wonder mens weer oor wat die wesenskwaliteit van die liefde is.<\/p>\n<p>Liefde word al lank die groot valuta wat tranetrekker flieks verkoop. Dink maar aan die\u00a0 stormagtige liefdesverhaal tussen\u00a0 Rhett Butler (Clark Gable) en Scarlet O Hara (Vivien Leigh) in die klassieke film Gone with the wind (1939). Of die hartseer liefdesverhaal van Rick Blaine (Humprey Bogart)\u00a0 en Ilsa Lundt (Ingrid Bergman) in Casablanca (1942).<\/p>\n<p>Wie van die veertigplussers onthou nie die tranetrekker fliek uit die sewentigerjare nie?\u00a0 Love story. Met Ryan O\u2019Neill en Ali Mc Graw in die hoofrolle. Dit was die ikoonfliek\u00a0van daardie era oor die liefde. Hoe kan dit anders wees as\u2019n fliek (en boek) begin met die woorde; \u201cWhat can you say about a twenty-five-year-old girl who died? That she was beautiful and brilliant? That she loved Mozart and Bach, the Beatles, and me?\u201d \u00a0Die trane het beh\u00f2\u00f2rlik gerol. Ernstig \u00a0gerol. Oor die tragiese heengaan van die hoofkarakter.<\/p>\n<p>Saam met die fliek het di\u00e9 veronderstelde wysheid gekom: \u201cLove means never having to say you\u2019re sorry.\u201d\u00a0 Wat onrealisties en onhaalbaar is. Want telkens weer moet mens die Jammerwoord kan s\u00ea. \u00a0En oefen om dit te kan doen.<\/p>\n<p>\u00a0By \u2018n funksie in die Kaap, loop ek na agt-en-dertig jaar weer my standerd ses Engelse onderwyseres raak. Ons gesels oor die interessante kronkelgang van die lewe. Oor waarhede en veranderlikes. Na ons ontmoeting gaan delf ek in my argiewe en spoor di\u00e9 waarheid op wat sy in 1967 in my Vriendskapsboekie geskryf het:<\/p>\n<p>\u00a0Love is the only freedom in the world<br \/>\nbecause it so elevates the spirit<br \/>\nthat the laws of humanity and phenomena<br \/>\nof nature do not alter its course.<\/p>\n<p>Toe ek \u00a0per epos haar herinner aan die woorde wat sy\u00a0 in my boekie geskryf het,\u00a0 druk sy haar verbasing uit dat sy as drie-en-twintigjarige groentjie-onderwyseres so waarheid kon aanhaal. Tog onderskryf sy steeds die waarheid van die woorde.<\/p>\n<p>\u00a0Liefde, daardie vreemde ondefinieerbare begrip.<\/p>\n<p>\u00a0\u00a0Vanmiddag moet ek weer \u2018n huweliksboodskap bring aan\u00a0 twee jongmense wat op die drumpel van \u2018n nuwe reis staan. Hulle wil bevestiging h\u00ea van die die duursaamheid van die liefde. Dat hul liefde soos \u00a0\u2018n huis op \u2018n rots sal wees wat die aanslae van die storms kan weerstaan. Ek kan nie vir hulle die ingeboude versekering gee dat hulle liefde die storm sal trotseer nie, want menslike liefde is feilbaar en wispelturig. Tog kan ek hulle herinner aan die onfeilbare Rotsliefde\u00a0 wat God vir ons het. En\u00a0 dat ons liefde se duursaamheid in sy Liefde veranker moet wees.<\/p>\n<p>\u00a0Die waarheid bevestig Don Fransisco in sy lied: \u201cI could never promise you\u201d<\/p>\n<p>\u00a0I could never promise you on just my strength alone<br \/>\nThat all my life I&#8217;d care for you, and love you as my own<br \/>\nI&#8217;ve never known the future, I only see today<br \/>\nWords that last a lifetime would be more than I could say<\/p>\n<p>But the love inside my heart today is more than mine alone<br \/>\nIt never changes, it never fails, never seeks it&#8217;s own<br \/>\nAnd by the God who gives it, and who lives in me and you<br \/>\nI know the words I speak today are words I&#8217;m going to do<\/p>\n<p>(Chorus)<br \/>\nAnd so I stand before you now for all to hear and see<br \/>\nI promise you in Jesus&#8217; name the love He&#8217;s given me<br \/>\nAnd through the years on earth and as eternity goes by<br \/>\nThe life and love He&#8217;s given us are never going to die\u2026<\/p>\n<p>Tydens ons wittebrood reis my reisgenoot en ek op nuwe paaie. Ons ontdek die mooi Laeveld en plekke soos Sabie, Hazyview, Nelspruit, Graskop en Pelgrimsrus. Veral Pelgrimsrus is \u2018n karaktervolle dorpie wat oorloop van geskiedenis. Ons verken die dorpie stelselmatig en drink heerlik tee op die stoep van \u2018n sinkgebou restaurantjie. Later stap ons verder straatop en snuffel deur winkeltjies en bekyk die Royal hotel met sy historiese kroeg. Toe stap ons met die steil paadjie uit die dorp, verby die mooi kerkie en tot by die die begraafplaas met sy driehonderd-en-twintig grafte. Tussen die grafte soek ons tot ons die berugte Rowersgraf kry. Ons neem foto\u2019s. My reisgenoot het haar eie kamera en kiek my waar ek tussen die gras l\u00ea om die detail op \u2018n grafsteen af te neem.<\/p>\n<p>Toe ons begin terugstap na die dorpie, rem sy skielik terug. Sy beduie voor ons op die rotsplaat. Daar is \u2018n kunstig gevormde hartjie wat deur erosie gevorm is in die rots. Sy stileer die hartjie met \u2018n blommetjie en ek neem die foto. \u2018n Herinnering dat as mens oopoog reis, jy die oersimbool van die liefde op onverwagte plekke raakloop. Ons lag opgewonde oor die ontdekking. Waarlik Sy Rotsliefde is ons behoud en gee koers aan ons nuwe saamreis.<\/p>\n<p>Al moet mens soms s\u00ea jy is jammer. Dan groei die blomme weer in rotsholtes.<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Dis die tyd van die jaar dat die rooi gety \u2018n tsunami word en die w\u00eareld oorspoel. Rooi hartjies, rooi rose, teddies met bloedrooi strikke om die nek en hartvormsjokolades in rooi omhulsels vier hoogty. Dis die Valentysgolf wat meedo\u00ebnloos alles oorspoel. Wanneer die liefde so onbeskaamd kommersi\u00ebel opgeveil word, wonder mens weer oor wat [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[1],"tags":[],"class_list":["post-448","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-uncategorized"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/448","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=448"}],"version-history":[{"count":4,"href":"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/448\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":451,"href":"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/448\/revisions\/451"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=448"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=448"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=448"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}