{"id":454,"date":"2011-02-25T13:30:30","date_gmt":"2011-02-25T11:30:30","guid":{"rendered":"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/?p=454"},"modified":"2011-02-26T09:28:31","modified_gmt":"2011-02-26T07:28:31","slug":"granaat-van-die-liefde","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/?p=454","title":{"rendered":"Granaat van die liefde"},"content":{"rendered":"<p><a href=\"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/wp-content\/uploads\/blog.wimfourie.co.za\/2011\/02\/IMGP7057a-2.jpg\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"aligncenter size-medium wp-image-455\" title=\"IMGP7057a (2)\" src=\"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/wp-content\/uploads\/blog.wimfourie.co.za\/2011\/02\/IMGP7057a-2-300x199.jpg\" alt=\"\" width=\"300\" height=\"199\" srcset=\"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/wp-content\/uploads\/\/blog.wimfourie.co.za\/2011\/02\/IMGP7057a-2-300x199.jpg 300w, https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/wp-content\/uploads\/\/blog.wimfourie.co.za\/2011\/02\/IMGP7057a-2.jpg 640w\" sizes=\"auto, (max-width: 300px) 100vw, 300px\" \/><\/a><\/p>\n<p>My eerste kennismaking met &#8216;n handgranaat was maar versigtig-versigtig. Dit was tydens &#8216;n &#8220;dril&#8221; op die grens. Net die gedagte dat die granaat in my hand oor soveel potensi\u00eble plofkrag beskik, was genoeg om dit liewer vinnig neer te sit en seker te maak dat die pennetjie nog mooi en stewig in is.<\/p>\n<p>Veeleerder hanteer ek &#8216;n regte egte granaat. Dit l\u00ea my hand rondvol. Geheimsinnig. Uitnodigend. Want soos die handgranaat gelaai is vol &#8220;pitte&#8221; van verwoesting wat wag op die &#8216;sneller&#8221;, so is die granaatvrug gepak vol heerlike deurskynrooi pitte, wat wag op die die oopsny-oomblik. Dit is moeilik om die presiese smaak van &#8216;n granaat te beskryf. Elke keer as jy die verrassende pitjie op jou tong tuismaak, word jy weer verras met die smaak &#8211; die soeterige omhulsel en dan die effe bitterder nasmaak. Elke keer proe jy weer om seker te maak van die eiesoortige smaak. Jy laat die rooi pitjie op jou tong l\u00ea sodat die smaak begin versprei. Dan die stroping van die vlesigheidjie om die pit totdat die vrank smaak begin.\u00a0 So herhaal jy die proses. Pit vir pit.<\/p>\n<p>Granate is ook verlangvrug. Wie terugdink aan\u00a0hulle sorgelose kinderjare of grootwordplek, koppel dikwels die smaak en geure van vrugte daaraan. Coenie de Villiers se &#8220;Lied van die Exiles&#8221; bevat iets hiervan: &#8220;Kom jy dalk van Philippolis op die vlakte van my land, waar die peperbome skadu&#8217;s maak en die son verbete brand. Onthou jy in die skemer hoe die skape huis toe kom; hoe granate in die leivoor soos &#8216;n veldbrand rooi kan blom&#8230;&#8221;<\/p>\n<p>Dit is interessant dat die granaat een van die vrugte is wat die verspieders uit die beloofde land teruggebring het. Naas die reuse druiwetrosse wat aan drastokke teruggebring is, was ook vye en granate. Ons lees daarvan in Num 13:21:<\/p>\n<p>Daarop het hulle tot by die dal Eskol gekom en daar \u2019n rank met een tros druiwe afgesny, en twee het dit aan \u2019n draagstok gedra; ook van die granate en van die vye<\/p>\n<p>Ek kan my net die prosessie voorstel: Twee verspieders met die draagstok op hulle skouers en die reuse druiwetros. Dan die volgende een met &#8216;n houer vol granate en nog een met heerlike vye. Vreemd dat die heerlike vrugtegeskenk nie die volk dadelik oorreed het om nie na die negatiewe verslag van tien van die verspieders te luister oor hoe gevaarlik die land is en hoe reusagtig die mense is nie.<\/p>\n<p>Granate. Nie net beloofdelandvrugte nie, maar ook Hoogliedsvrugte.\u00a0In di\u00e9 liefdesboek van die Bybel,\u00a0word die blommende granaat simbool van die intensiteit van die liefde van die bruid vir haar bruidegom &#8211; die liefde wat roep om die teenwoordigheid van die geliefde<\/p>\n<p>&#8220;Ek is my beminde s\u2019n, en sy begeerte is na my. Kom, my beminde, laat ons uitgaan in die veld, laat ons in die dorpe vernag. Laat ons vroeg na die wingerde gaan, laat ons sien of die wingerdstok uitloop, die druiwebloeisel oopgaan, die granate blom. Daar sal ek u my liefde gee.&#8221; (Hooglied 7:10)OV<\/p>\n<p>Dit laat mens\u00a0wonder of die paradysvrug, wat gewoonlik in Kinderbybels as &#8216;n bloedrooi appel geteken word, nie eerder &#8216;n rooi granaat kon gewees het nie.<\/p>\n<p>Vanuit die Griekse en Romeinse mitologie ontdek ons ook die Granaat as simbool van liefde:<\/p>\n<p>\u00a0Daar word vertel hoe die pragtige godin Persephone deur Hades, die god van die doderyk, geroof en na sy onderw\u00eareldse koninkryk gebring. Haar ma, Demeter, die godin van die landbou en vrugbaarheid, is so verbysterd omdat haar dogter nie meer daar is nie, dat sy \u00a0sorg dat alle oeste \u00a0misluk.<\/p>\n<p>Ten einde te verseker dat die grond weer vrugbaar word, word Hades aanges\u00ea om Persephone aan haar ma terug te besorg. Terwyl sy egter in die onderw\u00eareld was, het Persephone die pitte van die granaat ge\u00ebet, \u2019n vrug wat die huwelik versinnebeeld. Dit beteken sy mag nie haar eggenoot verlaat nie.<\/p>\n<p>\u2019n Kompromis word aangegaan: Persephone sal \u00a0toegelaat word om \u2019n deel van die jaar by haar ma te bly, wanneer die gesaaides goed groei (somer), maar die res van die jaar moet sy dan weer by Hades deurbring, wanneer die aarde onvrugbaar word (winter).<\/p>\n<p>Ek was nog nie op &#8216;n huwelik waar &#8216;n granaat aan die pasgetroude paartjie voorgesit is nie, maar dit sal blykbaar nie onvanpas wees omdat die granaat die\u00a0onverbreekbaarheid van die huweliksband simboliseer.<\/p>\n<p>In Anatoli\u00eb, Turkye word die granaat dikwels gebruik as motief op hulle erdeware. Daar word die granaat as &#8216;n heilige vrug gesien (ook juis omdat dit beskou word as die vrug van die Boom van Kennis van Goed en Kwaad.)\u00a0 Boonop word die granaat ook deur hulle verbind met huweliksgeluk en -trou.\u00a0 Daar is dit die gebruik om die pitte van &#8216;n granaat in die huis van &#8216;n pasgetroude paartjie te strooi omdat, so word gegeglo, dit die standhoudendheid van die huwelik bevorder en ook sommer vrugbaarheid verseker. Boonop bring dit ook &#8216;n lang en gelukkige lewe mee.<\/p>\n<p>Tydens ons Turkye toer, reis ons na Iznik, vroe\u00ebr bekend as Nicea, waar een van ons Belydenisskrifte reeds in 325nC ontstaan het. Dit is &#8216;n effe trietsige dag. Vanuit die bus sien ons die landskap en die fyn motreentjie wat neersif. Ons toerleier stuur &#8216;n paar oopgebreekte granate deur die bus, sodat toerlede van die blinkrooi pitte kan uithaal en proe. Granate is eie aan di\u00e9 streek in Turkye. My reisgenoot en ek delf elkeen van die rooi pitte uit die granaatdop en eet terwyl die rooi sap van die granaat aan ons vingerpunte en mondhoeke kleef.<\/p>\n<p>Toe ons by die plek stilhou waar die belydenis geformuleer is, re\u00ebn dit steeds fyntjies. Ons klim uit en stap gesambreel tot by die waterkant waar slegs \u00a0nog die fondamente van die kasteel is waar die biskoppe in die jaar 325nC byeengekom het om die belydenis te formuleer.<\/p>\n<p>Terwyl ons koes-koes onder die sambrele skuil en een van die toerlede vir ons die tydlose Belydenis van Nicea voorlees, proe ek steeds die nasmaak van die granate op my tong. Ek dink daaraan dat net soos die skil van die granaat die pitte bymekaarhou, ons as gelowiges ook deur die liefde van Hom oor wie die belydenis gaan, saamgebind word.<\/p>\n<p>Ons glo in een God, die Almagtige Vader, die Skepper van die hemel en die aarde, van alle sigbare en onsigbare dinge;<br \/>\nen in een Here Jesus Christus, sy eniggebore Seun van God, voor al die eeue uit die Vader gebore:<br \/>\nHy is God uit God, lig uit lig, ware God uit ware God&#8230;<\/p>\n<div><strong>\u00a0<\/strong><\/div>\n<div><strong>\u00a0<\/strong><\/div>\n<div><strong>\u00a0<\/strong><\/div>\n<p><strong>\u00a0<\/p>\n<p><\/strong><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>My eerste kennismaking met &#8216;n handgranaat was maar versigtig-versigtig. Dit was tydens &#8216;n &#8220;dril&#8221; op die grens. Net die gedagte dat die granaat in my hand oor soveel potensi\u00eble plofkrag beskik, was genoeg om dit liewer vinnig neer te sit en seker te maak dat die pennetjie nog mooi en stewig in is. Veeleerder hanteer [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[1],"tags":[],"class_list":["post-454","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-uncategorized"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/454","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=454"}],"version-history":[{"count":5,"href":"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/454\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":457,"href":"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/454\/revisions\/457"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=454"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=454"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=454"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}