{"id":462,"date":"2011-03-01T21:08:45","date_gmt":"2011-03-01T19:08:45","guid":{"rendered":"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/?p=462"},"modified":"2011-03-02T08:01:39","modified_gmt":"2011-03-02T06:01:39","slug":"vadar-tyd","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/?p=462","title":{"rendered":"Vader Tyd"},"content":{"rendered":"<p><a href=\"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/wp-content\/uploads\/blog.wimfourie.co.za\/2011\/03\/Phil-kerk.jpg\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"aligncenter size-medium wp-image-463\" title=\"Phil-kerk\" src=\"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/wp-content\/uploads\/blog.wimfourie.co.za\/2011\/03\/Phil-kerk-200x300.jpg\" alt=\"\" width=\"200\" height=\"300\" srcset=\"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/wp-content\/uploads\/\/blog.wimfourie.co.za\/2011\/03\/Phil-kerk-200x300.jpg 200w, https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/wp-content\/uploads\/\/blog.wimfourie.co.za\/2011\/03\/Phil-kerk.jpg 321w\" sizes=\"auto, (max-width: 200px) 100vw, 200px\" \/><\/a><\/p>\n<p>Elke keer as ons tuiskom by\u00a0ons asemskep-huis op Philippolis,\u00a0is daar by ons die\u00a0afwagting om die slag van die kerkhorhorlosie te hoor. Gewoonlik kom ons vlak voor vyf op \u2018n Vrydagmiddag daar aan en ons het skaars die agterdeur oopgesluit of ons hoor die gerusstellende klank van die kerkhorlosie se slae. Dan kan jy maar jou polshorlosie afhaal en weet \u2013 die kerkhorlosie sal die gang van tyd aankondig.<\/p>\n<p>Tyd. \u2018n begrip wat vir my met oneindigheid verband gehou het toe ek klein was.<\/p>\n<p>As voorskoolse kleuter was\u00a0\u00a0my ouma en oupa\u00a0se \u00a0groot huis met\u00a0 &#8216;n reuse tuin\u00a0my paradys. Agter in die erf was daar \u2018n terras met \u2018n groentetuin op die boonste vlak. Maar in die tuin was daar volop vrugtebome: appelkoos-, lukwart- \u00a0en vyebome.<\/p>\n<p>Ons het nie baie van die lukwartbome gehou nie want ons moes altyd die groot harde blare hark en optel. Wanneer jy die klein oranje lukwartvruggie wou eet, moes jy baie skil aftrek vir \u2018n klein beloning: so bietjie vrug rondom die groot glansende bruin pit. Appelkose was beter: die het jy net oopgebreek, die pitjie uitgehaal en die sonoranje helftes gulsig geeet.<\/p>\n<p>Maar die vye! \u00a0Ai, \u00a0die lekkerte om teen die grys tak op te klim en reikhalsend \u2018n sagte vy te pluk. Jou duim dan by die klein ogie in te druk en die vye oop te skeur: die heerlike sagte rypheid van die vy in te suig tot net die wit binnekant van die skil oorbly. Uiteindelik\u00a0slinger \u00a0jy \u00a0dan die skil skuldig oor die steenmuur tot in die bure se erf , dat alle getuienis van die heerlike vergryp uitgewis kan wees.<\/p>\n<p>Totdat ons op \u2018n dag hoor hoe oupa en ouma praat van hulle bure. Mr en Mrs Tate. Hoe streng hulle is. Toe het ons maar die vyeskille elders verdoesel, maar in ons kindergemoed was daar die begeerte om vir Vader Tyd en sy vrou te sien . Want ons het slegs die Afrikaanse woord TYD geken en gereken as ons hoog genoeg in die vyeboom opklim en oor die muur loer, sou ons sien hoe tyd lyk. Of Vader Tyd \u2018n wit lang baard het en\u00a0Moeder Tyd kromgetrek en klein is van die baie tyd wat sy reeds op aarde is.<\/p>\n<p>Maar ons het hulle nooit gesien nie.<\/p>\n<p>Wanneer ek die eerste kleursels van herfs op die toppe van die Witstinkhoutbome in ons straat gewaar, dan dink ek weer aan die ontwykende Mr\u00a0en Mrs Tate, wat eintlik steeds in my kop Vader en Moeder Tyd is. Dan dink ek ook dat die Prediker sy skrywe oor tyd eintlik aan hulle gerig het.<\/p>\n<p><em>1 <\/em>Elke ding het sy vaste tyd, elke ding in hierdie w\u00eareld het sy tyd:<\/p>\n<p>2 daar is \u2019n tyd om gebore te word,\u2019n tyd om te sterwe,\u2019n tyd om te plant, \u2019n tyd om plante uit te trek,<\/p>\n<p>3 \u2019n tyd om \u2019n lewe te neem, \u2019n tyd om \u2019n lewe te red, \u2019n tyd om af te breek, \u2019n tyd om te bou&#8230; (Prediker 3)<\/p>\n<p>\u00a0Die wonder van mens se kinderjare is die feit dat tyd so oneindig ver gestrek het \u2013 \u2018n Vrydag middag was heerlik lank en gevul met speletjies en planne en dan\u00a0 het\u00a0 die res van die naweek nog ver vooruitgestrek. Dit het oneindig lank gevoel van een Kersfees tot die volgende,\u00a0 van een verjaarsdag totdat jy weer kersies kon doodblaas. Tyd was jou bondgenoot. Daar was genoeg tyd om baie dinge te doen, drome te droom, planne te maak. Een Somermiddag kon \u2018n hele ewigheid omvat. Die gevoel word so goed beskryf in Henriette Grove se verhaal \u201cKlein Koninkryk\u201d dat ek net eenvoudig \u2018n groot stuk daaruit moet aanhaal:<\/p>\n<p>\u201cEn tyd, daardie ander stuitsteen van ons sterflikheid? Ek l\u00ea op my rug waar die oorloop van die watertenk mosterdblommetjies en kweek uitstoot. Dit ruik na gras en groen en klam rooigrond. Tyd is &#8216;n dag en &#8216;n dag is oneindig. In die somer &#8216;n lang draal van son en lig en broei. Mossies swerm op uit oom Salmon se populiere en sak neer op sy perskeboord.\u00a0<\/p>\n<p>\u00a0Tyd is heuning.\u00a0 Maans\u00a0 steek sy handskoenhande diep in die stroopsoet nes en hy lig die koek uit. Stroop syg en stoot oor die selle. Nou proe dit na bloekom, maar as die soetdorings blom, gaan dit deurtrek wees van die geur van die goudgeel klossies.<\/p>\n<p>\u00a0 Tyd is vye. Hulle swel ryp in die boom by die sifdraadkoelkas. Die vrugte sit geel in die son. Pluk, kind, pluk, anders suig die streepkewers al die sap uit die soet geswelde putjies. Tyd is groenmielies. Jy loop suutjies deur die smal plantgang, al tussen die geil plante deur, want die skoolkinders s\u00ea as mens jou oor teen &#8216;n stam hou, kan jy die plant hoor groei. Haha, waar het jy van so iets gehoor? Maar jy buk tog en druk jou oor teen die skurwe groen kop. Sjuut nou, dood-, doodstil. Jy hou jou asem op.<\/p>\n<p>\u00a0Wind ritsel. Dan is dit weer doodstil. Jou hart klop binne-in jou ore: doef en doef! Die blink pitte swel net al witter van die mieliemelk en die vrugbaarheidsbaard kielie jou gesig, maar van spraak &#8230; hu, g&#8217;n sprook.<\/p>\n<p>\u00a0&#8220;Spul dooie goed,&#8221; s\u00ea jy teleurgestel, en as jy jou aandkos kry, groenmielies, byt jy diep tussen die wit pitte in. Dit sal hulle leer&#8230;<\/p>\n<p>\u00a0Soos ruimte was tyd konkreet, sowel vrug as fees en ure lank speel in die sand met geen begin en geen einde nie, nes die blou van die lug. Soms het dit stilgestaan, soos &#8216;n op &#8216;n Sondagmiddag wanneer die grootmense l\u00ea en jy self in &#8216;n slaapdonker kamer moes rus, maar die meeste van die tyd was dit soos in die Begin &#8211; dit was m\u00f4re en dit was aand en tussenin kom &#8216;n hele aardryk tot stand.\u201d<\/p>\n<p>Met hierdie kindertyd-prentjie wat\u00a0Henri\u00ebtte Grove\u00a0skilder,\u00a0kan ek my volkome vereenselwig. Juis in hierdie gejaagde en gefragmenteerde tyd waarin ons leef, verlang ek soms terug na die tydlose vreugdes van kindwees, veral ook die skat van tyd waaruit jy daagliks kon put.<\/p>\n<p>Bietjie meer as \u2018n week gelede het die skat van tyd ook opgeraak vir Liedjieskrywer\/sanger Lucas Maree. Sedert sy eerste album Kiekies is ek \u2018n getroue aanhanger van sy musiek. Daarom luister ek met ekstra nostalgie na die die koortjie van sy lied: Die tyd stap aan:<\/p>\n<p>&#8220;Die tyd\u00a0 stap aan, dit vlieg vir jou en my<\/p>\n<p>In doodse stilte gaan die tyd verby<\/p>\n<p>Die tyd stap aan, dit vlieg vir jou en my<\/p>\n<p>Maar elke oomblik voel soos \u2018n ewigheid vir my&#8221;<\/p>\n<p>Dankie Lucas vir jou tydlose lirieke en musiek.<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Elke keer as ons tuiskom by\u00a0ons asemskep-huis op Philippolis,\u00a0is daar by ons die\u00a0afwagting om die slag van die kerkhorhorlosie te hoor. Gewoonlik kom ons vlak voor vyf op \u2018n Vrydagmiddag daar aan en ons het skaars die agterdeur oopgesluit of ons hoor die gerusstellende klank van die kerkhorlosie se slae. Dan kan jy maar jou [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[1],"tags":[],"class_list":["post-462","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-uncategorized"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/462","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=462"}],"version-history":[{"count":7,"href":"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/462\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":466,"href":"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/462\/revisions\/466"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=462"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=462"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=462"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}