{"id":490,"date":"2011-03-14T23:00:08","date_gmt":"2011-03-14T21:00:08","guid":{"rendered":"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/?p=490"},"modified":"2011-03-14T23:16:43","modified_gmt":"2011-03-14T21:16:43","slug":"om-te-loop-met-hoop","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/?p=490","title":{"rendered":"Om te loop met hoop"},"content":{"rendered":"<p><a href=\"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/wp-content\/uploads\/blog.wimfourie.co.za\/2011\/03\/DSCF0105b-3.jpg\"><\/a><a href=\"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/wp-content\/uploads\/blog.wimfourie.co.za\/2011\/03\/DSCF0115a-2.jpg\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"aligncenter size-medium wp-image-491\" title=\"DSCF0115a (2)\" src=\"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/wp-content\/uploads\/blog.wimfourie.co.za\/2011\/03\/DSCF0115a-2-300x228.jpg\" alt=\"\" width=\"300\" height=\"228\" srcset=\"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/wp-content\/uploads\/\/blog.wimfourie.co.za\/2011\/03\/DSCF0115a-2-300x228.jpg 300w, https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/wp-content\/uploads\/\/blog.wimfourie.co.za\/2011\/03\/DSCF0115a-2.jpg 640w\" sizes=\"auto, (max-width: 300px) 100vw, 300px\" \/><\/a><\/p>\n<p>Sekere sleuteloomblikke in &#8216;n mens se lewe gebeur sonder dat jy die presiese oomblik kan onthou. Ek wens soms ek kan onthou toe ek my eerste tree gegee het &#8211; daardie dapper oomblik toe ek die ondersteunende hand gelos het en op wankele beentjies een voet voor die ander gesit het. Van kleinsus is daar &#8216;n ou 8mm filmpie wat die oomblik vasl\u00ea. Sy was skaars &#8216;n jaar\u00a0 oud is en het in die Dieretuin in Johanneburg haar eerste wankele tre\u00eb na selfstandigheid(selflopigheid?) \u00a0gegee met &#8216;n hoenderboudjie wat sy pas aan gesmul het in haar hand as balanseerstaaf.<\/p>\n<p>Wat wel\u00a0 op die 8 mm filmpies vasgevang is, is my pogings op die atletiekveld. Sommige van die oorwinnings is vasgel\u00ea met die kamera wat teen die einde heen en weer ruk soos die fotograaf (gewoonlik pa of ma) entoesiasties die eindpoging meemaak. Ook van die neerlae is geboekstaaf. Soms is dit &#8216;n vreemde gevoel om as baie ouer ekself (en &#8216;n baie minder mobiele ekself) weer daardie laaste oomblikke te herleef\u00a0&#8211; die verbete vorentoe beur om eerste die lint te breek. Iets van die herinnering l\u00ea diep gesetel en voel nog steeds bekend. Dit bring &#8216;n vreemde heimwee mee as ek na die ou filmpies kyk. Voorwaar <em>Those were the days.<\/em><\/p>\n<p>In 1985 besluit ek op die ingewing van die oomblik dat ek lus is om deel te neem aan die jaarlikse padwedloop tussen Odendaalsrus en Welkom oor &#8216;n afstand van vyftien kilometer. Ek is nie draffiks nie, speel wel gereeld muurbal en besluit om die wedloop op muurbalfiksheid aan te durf. Net om seker te maak dat ek nie na &#8216;n kilo of wat gaan tou opgooi nie, besluit ek om die Saterdag voor die wedloop &#8216;n proeflopie te maak en van Welkom na Riebeeckstad en terug te draf (nagenoeg 20 kilos). Ek voltooi die poging sleepvoetend maar is so uitgeput en lyfseer, dat ek die volgende Saterdag met moeite die wedloop voltooi.\u00a0My reddng is &#8216;n langbeen laerskool dogtertjie wat verby my hardloop toe ons oor die laaste brug voor die eindstreep\u00a0draf\u00a0en roep: &#8220;Komaan oom!&#8221; Met reserwekrag wat ek iewers vandaan optower, haal ek die eindstreep en kry my medalje omdat ek darem in die toegelate tyd klaargemaak het.<\/p>\n<p>Behalwe vir nog twee desperate pogings bykans tien jaar gelede toe ek aan twee 10km wedlope deelgeneem het en darem klaargemaak het (en &#8216;n medalje gekry het vir die grootse pogings!) is dit omtrent die somtotaal van my wedloopgeskiedenis.<\/p>\n<p>Saterdag die 12e Maart het ek die voorreg om weer &#8216;n deelnemer te wees. Die vereiste is &#8216;n minimum afstand van 400meter. Die tyd waarin dit afgel\u00ea word, \u00a0is van geen belang nie. Al vereiste is dat jy moet opdaag en die &#8220;Survivor&#8221; rondte saam met medelopers afl\u00ea. Die geleentheid is Kansa se jaarlikse &#8220;Relay for life&#8221;. Dit is &#8216;n viering van die lewe en betrek diegene wat die stryd teen Kanker aangedurf het en deur die genade gesond genoeg is om te kan deelneem. Daar is oud en jonk, swart, wit en gekleurde survivors.\u00a0 Kinders van &#8216;n jaar of twee oud met die tekens van die strawwe behandeling op hulle gesiggies. Bejaardes met &#8216;n deurwinterde kyk in die o\u00eb. Elkeen kry &#8216;n wit band met die woord &#8220;Survivor&#8221; daarop en &#8216;n goudkleurige medalje aan &#8216;n pers lint. Die vreemde van die wedloop is dat jy jou medalje kry nog voor die wedloop begin. Want jy het immers reeds getoon dat jy met Genade van Bo en die baie liefde en ondersteuning van jou naby-mense sov\u00e9r kon volhard.<\/p>\n<p>&#8216;n Paar\u00a0 liede word vooraf gesing, &#8216;n gebed word gedoen en dan is die oomblik daar : Die aftelling: vyf-vier-drie-twee-EEN. Dan begin die vreemde optog om die veld beweeg. Anders as die titel van een van van George Weideman se jeugverhale is hierdie nie die <em>Optog van die Aftjoppers<\/em> nie maar die Wedloop van die Wenners. Dit is mense wat die waarheid van Fil 4:13 hul eie gemaak het en steeds maak: &#8220;Ek is tot allles in staat deur Christus wat my krag gee.&#8221;\u00a0 Ja dit is mense wat ook die teenstrydiheid van ons kleipotbestaan ken soos Paulus dit beskryf in 2 <em>Kor 4:<\/em><\/p>\n<p><em>In alles word ons verdruk,maar ons is nie teneergedruk nie;<\/em><\/p>\n<p><em>ons is oor raad verle\u00eb,maar nie radeloos nie;<\/em><\/p>\n<p><em>op die grond neergegooi, maar nie vernietig nie<\/em><\/p>\n<p>\u00a0<em>Die sterwe van Jesus dra ons altyd saam in ons liggaam,<\/em><\/p>\n<p><em>sodat ook die lewe van Jesus sigbaar kan word in ons liggaam.<\/em><\/p>\n<p>Dit voel byna surrealisties om deel van hierdie vreemde optog te wees. My Reisgenoot stap saam met my en ons luister na die uitbundige\u00a0lied: <em>Stand up for the Champions<\/em>\u00a0 wat oor die luidsprekers weerklink. &#8216;n Vreemde versameling mense met een ding in gemeen &#8211; iewers het hulle geleer om met die werklikheid van hul eie verganklikheid gekonfronteer te word. Die reaksie op hierdie konfrontasie &#8211; &#8216;n Vurige keuse vir die lewe en vir &#8216;n lewe vol kwaliteit waar beuselagtighede nie meer &#8216;n plek het nie. Dit gaan nou oor die dinge wat werklik van waarde is. juis daarom kan &#8216;n mens hoor hoe iemand in die groep dikwels onbevange lag. Dit is immers wat hoop doen &#8211; dit laat jou die lag\u00a0temidde van die seer.\u00a0 Bevrydend, want die dood se doppie is geklink. Vir eens en altyd. Deur Hom wat eers sy lewe moes afl\u00ea om die groot Survivor\u00a0te word. Hy\u00a0 loop voor.<\/p>\n<p>Toe ons die einde van die baanrondte nader, dink ek aan die mooi verhaal wat hom afgespeel het tydens die Olipimpiese Spele van\u00a0 1992 wat in Barcelona plaasgevind het:<\/p>\n<p>\u00a0Dit het vir een van die onvergeetlikste oomblikke in \u00a0die geskiedenis van die Spele gesorg.\u00a0 Brittanje se Derek Redmond het sy lewe lank \u2019n droom gekoester \u2013 om die goue medalje in die 400 meter te wen.\u00a0 Die droom was binne sy bereik toe hy nader getree het vir die halfeindrondte.<\/p>\n<p>Hy het soos \u2019n droom weggespring en was besig om die wedloop van sy lewe te hardloop.\u00a0 Hy kon die wenpaal sien toe hy die finale draai neem.\u00a0 Skielik het hy die allerverskriklikste pyn in sy been gevoel.\u00a0 Hy het op die baan neergeval met \u2019n geskeurde dyspier.<\/p>\n<p>Terwyl die noodhulpspan op hom afstorm het, het hy weer op sy voete gekom. \u201cDit was uit pure instink, want ek wou die wedloop klaarmaak\u201d\u00a0 het Redmond later verduidelik.\u00a0 Op een been het hy aan gesukkel eindstreep toe.<\/p>\n<p>Uit die pawiljoen het \u2019n groot man met \u2019n T-hemp aangehardloop gekom en in die proses \u2019n sekuriteitswag uit die pad gestoot.\u00a0 Dit was Jim Redmond \u2013 Derek se pa!\u00a0 \u201cJy hoef dit nie te doen nie, Derek\u201d\u00a0 het hy by sy seun gepleit.\u00a0 \u201cEk wil klaarmaak Pa,\u201d\u00a0 het Derek geantwoord.\u00a0 En sy pa se reaksie was:\u00a0 \u201cDan sal ons dit saam doen.\u201d<\/p>\n<p>En so is pa en seun saam oor die eindstreep.\u00a0 Derek het die dag nie die goue medalje gekry waaroor hy so gedroom het nie, maar hy weggeloop met die wete dat hy vir sy familie saak maak.<\/p>\n<p>Dit is wat dit die loop met hoop moontlik maak &#8211; daardie saamloop met iemand wat die las help dra. Altyd ook die wete Iemand dra my waar ek self nie meer kan loop nie.<\/p>\n<p>\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0<img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" title=\"DSCF0105b (3)\" src=\"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/wp-content\/uploads\/blog.wimfourie.co.za\/2011\/03\/DSCF0105b-3-300x251.jpg\" alt=\"\" width=\"300\" height=\"251\" \/><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Sekere sleuteloomblikke in &#8216;n mens se lewe gebeur sonder dat jy die presiese oomblik kan onthou. Ek wens soms ek kan onthou toe ek my eerste tree gegee het &#8211; daardie dapper oomblik toe ek die ondersteunende hand gelos het en op wankele beentjies een voet voor die ander gesit het. Van kleinsus is daar [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[1],"tags":[],"class_list":["post-490","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-uncategorized"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/490","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=490"}],"version-history":[{"count":6,"href":"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/490\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":495,"href":"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/490\/revisions\/495"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=490"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=490"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=490"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}