{"id":500,"date":"2011-03-26T14:19:57","date_gmt":"2011-03-26T12:19:57","guid":{"rendered":"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/?p=500"},"modified":"2011-03-27T18:19:06","modified_gmt":"2011-03-27T16:19:06","slug":"herfsbriewe","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/?p=500","title":{"rendered":"Herfsbriewe"},"content":{"rendered":"<p><a href=\"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/wp-content\/uploads\/blog.wimfourie.co.za\/2011\/03\/Autumn-solace2.jpg\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"aligncenter size-medium wp-image-507\" title=\"Autumn solace\" src=\"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/wp-content\/uploads\/blog.wimfourie.co.za\/2011\/03\/Autumn-solace2-225x300.jpg\" alt=\"\" width=\"225\" height=\"300\" srcset=\"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/wp-content\/uploads\/\/blog.wimfourie.co.za\/2011\/03\/Autumn-solace2-225x300.jpg 225w, https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/wp-content\/uploads\/\/blog.wimfourie.co.za\/2011\/03\/Autumn-solace2.jpg 360w\" sizes=\"auto, (max-width: 225px) 100vw, 225px\" \/><\/a><a href=\"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/wp-content\/uploads\/blog.wimfourie.co.za\/2011\/03\/Autumn-solace.jpg\"><\/a><\/p>\n<p><a href=\"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/wp-content\/uploads\/blog.wimfourie.co.za\/2011\/03\/Autumn-solace1.jpg\"><\/a>Daar is iets in die lug.<\/p>\n<p>Daar&#8217;s sigbare tekens in die natuur.<\/p>\n<p>My hart se sonnewyser dui op een seisoen. Maartmaand. Vroegherfs.<\/p>\n<p>Dit voel vir my ek is op &#8216;n intense herfsdag gebore. Miskien het &#8216;n sterk bries deur die reuse ou boom langs die kraamsaal gestoot en &#8216;n handvol bont blare deur die lug gedwarrel. Dalk was dit, naas die dokter se\u00a0benoude gesig, die eerste prentjie wat in my ontvanklike breintjie vasgel\u00ea is. &#8216;n Strooisel songeel blare.<\/p>\n<p>\u00a0Want ek kry mos Maartsindroom. Dit begin met my verjaarsdag in die middel van Maart. \u00a0As die eerste blare hul geel spatsels kry, dan dink ek mos aan al die blaarmense aan my boom. Ek verlang na die wat reeds deur die briesie van hul takkie losgelig en nou in die klam grond\u00a0&#8216;n l\u00eaplekkie gevind het.<\/p>\n<p>Maar ek verlang sommer ook na al die blare wat steeds met oorgawe aan die boom dartel (so ala Nikos Kazantakis wat mos die jubelende dans van die blare beskryf). Eintlik beskryf hy ons as die larwes (grubs) wat rondkruip op die blare en oorweldig is deur die omvang van die boom en die afgrond. So s\u00ea die een karakter (Boss) aan Zorba die volgende in die roman Zorba the Greek:<\/p>\n<p>\u00a0&#8220;We are little grubs, Zorba, minute grubs on the small leaf of a tremendous tree&#8221;: Some men &#8212; the more intrepid ones &#8212; reach the edge of the leaf. From there we stretch out, gazing into chaos. We tremble. We guess what a frightening abyss lies beneath us. In the distance we can hear the noise of the other leaves of the tremendous tree, we feel the sap rising from the root of our leaf and our hearts swell. Bent thus over the awe-inspiring abyss, with all our bodies and all our souls, we tremble with terror. From that moment begins. . . the great danger, Zorba. Some grow dizzy and delirious, others are afraid; they try to find an answer to strengthen their hearts, and they say: &#8216;God&#8217;! Others again, from the edge of the leaf, look over the precipice calmly and bravely and say: &#8216;I like it.&#8217;!<\/p>\n<p>Van Kazantzakis kom ook die volgende aanhaling:<\/p>\n<p>I said to the almond tree, &#8220;Friend, speak to me of God,&#8221; and the almond tree blossomed.<\/p>\n<p>\u00a0Nou ja, Maart is my blare-blommaand. Dan voel ek die eerste prikkels van die naderende herfs en sien sy verspieders\u00a0in die boomtoppe sit geklee in\u00a0hul geel monderings. Dan begin ek (ala Lucas Maree) my kiekies (en die openinge tussenin) bekyk.<\/p>\n<p>\u00a0Herfstyd is staptyd, want dan is die lug helder en gevul met &#8216;n intense kwaliteit.<\/p>\n<p>Smiddae gaan stap ek met die twee honde. Terwyl hulle vrolik al die graspos lees, kyk ek na die herfspos in die bome. Prof Willie Jonker (reeds saliger)\u00a0\u00a0het altyd in die\u00a0 Dogmatiekklas ges\u00ea: &#8220;Menere kyk na die herfsblare &#8211;\u00a0dit is briewe van die dood om ons te herinner aan ons eie verganklikheid&#8221;. Eendag in die derdejaarsklas het hy met &#8216;n effense moedeloosheid na ons gekyk. &#8220;Menere julle sal binnekort mense in hulle diepe rousmart moet vertroos en bystaan, maar ken julle die pyn van lyding en die skerp seer wat afskeid meebring?&#8221;<\/p>\n<p>As tuiswerkopdrag vra hy ons toe om die middag twee bundels te gaan koop: &#8220;Passieblomme van Totius&#8221; (wat ek darem oppervlakkig van Afrikaans-Nederlands I geken het) asook die bundel &#8220;Sonder Jou&#8221; van Hester Heese wat so pas verskyn het en wat sy na die dood van haar man, Dr Kallie Heese geskryf het. Ewe getrou is ek en twee vriende die middag na T. Wever Boekhandel in Andringastraat en het\u00a0 ons die boeke aangeskaf. En gelees. En iets begin verstaan van die ons\u00eabare seer van afskeid. Ons verneem toe dat Hester Heese net om die draai van die Kweekskool bly (in Van Ryneveldstraat). Een helder herfsmiddag is ons toe na haar huis toe sodat sy die boeke vir ons kan teken. Ons neem sommer &#8216;n bos wit rose saam en maak ons opwagtig by die voordeur van haar historiese huis. Sy is baie verras om die drie onbekende studente\u00a0op haar drumpel te sien, maar nooi ons toe in vir tee. Dit word &#8216;n heerlike gesels-en kuiermiddag waar\u00a0 sy in haar wysheid iets aan ons afgee &#8211; &#8216;n lewensdankbaarheid, selfs ook ten spyte van verlies en seer&#8230;<\/p>\n<p>Daarom wil my\u00a0 herfskyk\u00a0nie &#8216;n morbiede lyksang wees\u00a0nie. Ek raak dankbaar oor die krag van die seisoen. Want die seisoen praat! Vertel van soveel ryk belewenisse. Herinner ook aan die vlugtige tyd. En dat die lewe juis daarom kosbaar is. NOU.<\/p>\n<p>\u00a0Daarom is herfstyd my vriende-uitreik en -verlangtyd. Ek wil w\u00e9\u00e9t van die blaarbure om my. Hoe hul dans verloop.<\/p>\n<p>\u00a0Herfstyd is ook my inhaaltyd met my herfsmusiek. Die adagio-klanke van ou bekende musiekstukke &#8211; Mozart se Klarinet konsert. Rodrigo se Concierto de Aranjuez. Beethoven se Pathetique. Pachelbel se Canon. Albonini se Adagio, Vivaldi se herfsgedeelte uit die Vier Seisoene, Allegri se Miserere. Te veel om te noem. Maar ook my herfsmusiek uit my jeugjare: Francoise Hardy se melankoliese &#8220;The Rose&#8221;, &#8220;All over the world&#8221;\u00a0en &#8220;Autumn Rendezvous&#8221;, die Moody Blues se &#8220;Forever Autumn&#8221;. Joan Baez se &#8220;Forever Young&#8221; en Plaisir D&#8217;Amour hoort ook hier. So ook Mc Arthur Park (Richard Harris), Cat Stevens se Lady D&#8217;Arbanville\u00a0 en natuurlik die Bee Gees se First of May. Met die luister van die Francoise Hardy liedjie kon ek iets van die pyn van afskeid ervaar wat Prof Willie by ons wou tuisbring:<\/p>\n<p>The Rose (Francoise Hardy)<\/p>\n<p>A lifetime comes and goes<br \/>\nAnd as my friend the rose said only yesterday<br \/>\n&#8220;This morning I was born<br \/>\nAnd baptised in the dawn<br \/>\nI flowered in the dew<br \/>\nAnd life was fresh and new<br \/>\nThe sun shone through the cold<br \/>\nAnd through the day I grew<br \/>\nBy night-time I was old&#8221;<\/p>\n<p>&#8220;At least there&#8217;s never been<br \/>\nNo, you have never seen<br \/>\nA rose more bright and gay&#8221;<\/p>\n<p>A lifetime comes and goes<br \/>\nAnd as my friend the rose said only yesterday<br \/>\n&#8220;The good lord smiled on me<br \/>\nSo why then should it be<br \/>\nI feel I&#8217;m falling now<br \/>\nOh yes, I&#8217;m falling now<br \/>\nMy heart no-one can save<br \/>\nMy head begins to bow<br \/>\nMy feet are in the grave&#8221;<\/p>\n<p>The rose God smiled upon<br \/>\nTomorrow will be gone<br \/>\nForever gone away<\/p>\n<p>A lifetime comes and goes<br \/>\nAnd so my friend the rose was dead at break of day&#8230;<\/p>\n<p>Op die oog af &#8216;n &#8216;n baie hartseer liedjie maar tog ook die natuurlike gang van bruisende lewe na ouderdom en uiteindelik die dood.<\/p>\n<p>Met my ma se skielike dood aan &#8216;n hartaanval in die herfs van 1980 het die woorde van die liedjie my nogal bygebly terwyl ek die lang rit van Komga af Glencoe toe alleen aangedurf het vir haar begrafnis.<\/p>\n<p>Uieindelik is herfs stropingstyd waar al ons oortollige bagasie (soos die blare van die boom) wegval. In die herfs kry ons kans om &#8220;deur &#8216;n spie\u00ebl in &#8216;n raaisel&#8221; te kyk en te sien dat dit wat ons dood noem net die wegbereider is vir nuwe lewe en groei. Immers hoe sal dit lyk as die lentebloeisels bot en die boom is nog oorlaai van dor wintersblare?<\/p>\n<p>Daarom bly Vroegherfs van NP van Wyk Louw een van my gunsteling gedigte:<\/p>\n<p>Die jaar word ryp in goue akkerblare,<br \/>\nin wingerd wat verbruin, en witter lug<br \/>\nwat daglank van die nuwe wind en klare<br \/>\nson deurspoel word; elke blom word vrug,<br \/>\ntot selfs die traagstes; en die eerste blare val<br \/>\nso stilweg in die rookvaal bos en laan,<br \/>\ndat die takke van die lang populiere al<br \/>\nteen elke ligte m\u00f4re witter staan.<br \/>\nO Heer, laat hierdie dae heilig word:<br \/>\nLaat alles val wat pronk en sieraad was<br \/>\nof enkel jeug, en ver was van die pyn;<br \/>\nlaat ryp word, Heer, laat u wind waai, laat stort<br \/>\nmy waan, tot al die hoogheid eindelik vas<br \/>\nen nakend uit my teerder jeug verskyn.<\/p>\n<p><span style=\"font-family: times new roman; color: #191970; font-size: large;\"><br \/>\n<\/span><span style=\"font-family: times new roman; color: #191970; font-size: large;\"><a href=\"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/wp-content\/uploads\/blog.wimfourie.co.za\/2011\/03\/Autumn-leaves2.jpg\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"aligncenter size-medium wp-image-508\" title=\"Autumn leaves\" src=\"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/wp-content\/uploads\/blog.wimfourie.co.za\/2011\/03\/Autumn-leaves2-238x300.jpg\" alt=\"\" width=\"238\" height=\"300\" srcset=\"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/wp-content\/uploads\/\/blog.wimfourie.co.za\/2011\/03\/Autumn-leaves2-238x300.jpg 238w, https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/wp-content\/uploads\/\/blog.wimfourie.co.za\/2011\/03\/Autumn-leaves2.jpg 382w\" sizes=\"auto, (max-width: 238px) 100vw, 238px\" \/><\/a><\/span><\/p>\n<p><span style=\"font-family: times new roman; color: #191970; font-size: large;\">\u00a0<\/span><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Daar is iets in die lug. Daar&#8217;s sigbare tekens in die natuur. My hart se sonnewyser dui op een seisoen. Maartmaand. Vroegherfs. Dit voel vir my ek is op &#8216;n intense herfsdag gebore. Miskien het &#8216;n sterk bries deur die reuse ou boom langs die kraamsaal gestoot en &#8216;n handvol bont blare deur die lug [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[1],"tags":[],"class_list":["post-500","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-uncategorized"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/500","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=500"}],"version-history":[{"count":10,"href":"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/500\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":510,"href":"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/500\/revisions\/510"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=500"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=500"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=500"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}