{"id":51,"date":"2010-06-07T13:52:16","date_gmt":"2010-06-07T11:52:16","guid":{"rendered":"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/?p=51"},"modified":"2010-06-07T13:52:16","modified_gmt":"2010-06-07T11:52:16","slug":"die-hart-van-lig","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/?p=51","title":{"rendered":"Die Hart van Lig"},"content":{"rendered":"<p><a href=\"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/wp-content\/uploads\/blog.wimfourie.co.za\/2010\/06\/2008-Oktober-08-092.jpg\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"aligncenter size-medium wp-image-52\" title=\"2008-Oktober-08 092\" src=\"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/wp-content\/uploads\/blog.wimfourie.co.za\/2010\/06\/2008-Oktober-08-092-300x225.jpg\" alt=\"\" width=\"300\" height=\"225\" srcset=\"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/wp-content\/uploads\/\/blog.wimfourie.co.za\/2010\/06\/2008-Oktober-08-092-300x225.jpg 300w, https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/wp-content\/uploads\/\/blog.wimfourie.co.za\/2010\/06\/2008-Oktober-08-092.jpg 640w\" sizes=\"auto, (max-width: 300px) 100vw, 300px\" \/><\/a>Hartjiehortjiehuisie. Philippolis. 8 Oktober 2008<\/p>\n<p>Die rare ding gebeur. In die toegeluikte huisie in Tobie Mullerstraat duur die nag langer en word daglig eers gestuit. Totdat &#8211; die son trefseker die uitgesnyde patroon op die luik vind en sy aankoms hartvormig aankondig. Dit word &#8216;n lekker wakkerwordspeletjie &#8211; kyk of die luikhart al lig deurskyn, dan is dit &#8216;n duidelike teken van die nuwe dag.<\/p>\n<p>Lig. Jy weet as dit daar is. veral na &#8216;n lang nag met skrikdrome is lig die verspieder wat verlossing bring. Ek onthou een so uitgerekte wag-vir-die-lig nag toe ek vier jaar oud was.\u00a0Ons het by my\u00a0familie gekuier.\u00a0Die vorige aand het ons &#8216;n oorlogsfilm in die inryteater gaan kyk. Ek dink nie my ouers het besef hoe grafies die geweldstonele\u00a0gaan wees nie.\u00a0 &#8216;n Toneel van &#8216;n geweldige bombardement ruk die\u00a0dorpie aan flarde.\u00a0In die volgende \u00a0toneel hardloop &#8216;n seuntjie beangs deur die vernielde strate opsoek na sy ouers. Uiteindelik vind hy die lyke van sy ouers net buite die dorpie aan die rand van die bos. Hulle l\u00ea \u00a0leweloos verwronge\u00a0met bloed op hulle gesigte. Hy gaan\u00a0kniel by sy ma en tel haar hand op. Dit\u00a0gly\u00a0willoos\u00a0terug. Die kamera fokus op die seuntjie se ontreddering en angs. Die nag sien ek die prentjie\u00a0 eindeloos voor my o\u00ea afspeel. Dit word &#8216;n lang nag. As mantra om die donkerte te besweer prewel ek\u00a0my ouers\u00a0 se name. \u00a0Uiteindelik verval ek in &#8216;n rustelose slaap. Toe ek wakkerword merk ek op dat die gordyne lig\u00a0begin word. Soos die lig toeneem, kan ek die patrone op die gordyne al duideliker uitmaak &#8211;\u00a0 sulke bamgoesgrasse wat geleidelik verkleur. Uiteindelik\u00a0is dit\u00a0dag!<\/p>\n<p>LIG. Net die s\u00ea van die woord\u00a0klink sommer reg. V\u00e9\u00e9rlig. Lig kan niks anders as lig wees nie. Aan die bestaan van lig kan mens nooit twyfel nie &#8211;\u00a0jy w\u00e9\u00e9t wanneer lig teenwoordig is.<\/p>\n<p>Die bevrydende teenwoordigheid van lig maak my altyd opgewonde, veral as dit deurbreek op plekke waar die donker wou \u00a0paaiboelie speel.<\/p>\n<p>In haar outobigrafiese vertelling: &#8220;Om die son te aanskou&#8221; vertel Audrey Blignault van so &#8216;n donker tydperk in haar lewe na die\u00a0motorongeluk waarin haar man dood is en sy ernstig beseer is. Terwyl sy by haar dogter en skoonseun kuier, dra sy die binnedoodsheid van seer en verlies. Dit duur etlike weke. Tot op &#8216;n dag. Haar kleinseun sit in sy stootwaentjie. Sy merk op hoe hy verwonderd die ligstrale dophou en dan\u00a0gryp na \u00a0die klein stofdeeltjies\u00a0wat in die ligbane ronddans. Hy\u00a0gryp aanhoudend en lag uitbundig. Op daardie oomblik gebeur daar iets in\u00a0haar binneste. Sy self sien die lig wat so sonder voorbehoud\u00a0skyn en &#8216;n klein seuntjie gelukkig maak. Skielik voel dit asof die lig &#8216;n pad deur die donker in haar binneste brand. Sy onthou ineens die woorde van die Bybelvers: &#8220;Soet is die lig en goed is dit vir die o\u00eb om die son te aanskou (Pred 11:7).<\/p>\n<p>&#8216;n Wonderlike eienskap\u00a0 van lig bly my by: &#8216;n eksperiment met &#8216;n glasprisma in die Skeinatklas. &#8216;n Sterk ligstraal val met &#8216;n bepaalde hoek\u00a0by die prisma in\u00a0en breek dan oop in\u00a0&#8216;n\u00a0kleure-re\u00ebnboog. Lig herinner altyd aan\u00a0die verrassing wat weggesluit l\u00ea vir diegene wat dieper wil kyk en bereid is om te wag.<\/p>\n<p>In die film : Marvin&#8217;s\u00a0 Room speel &#8216;n jong Leonardo DiCaprio die rol van van Hank, &#8216;n tienerseun vir wie al die komplekse werklikhede van die lewe te veel raak en dan\u00a0uit reaksie\u00a0sy enkelouer ma (gespeel deur Meryl Streep) se\u00a0huis aand die brand steek. Sy ma kry toestemming om hom tydelik na sy oupa, Marvin, te neem. Die oupa is al vir twintig jaar chronies siek en bedle\u00eand. Hank is onwillig , maar wanneer hy wel sy oupa vir die eerste keer ontmoet, vorm daar &#8216;n vreemde band tussen hulle. Hy besef dat sy oupa eintlik niks het om hom te vermaak daar\u00a0in die donker siekekamer \u00a0nie.\u00a0Hank prakseer &#8216;n plan &#8211; met &#8216;n spie\u00ebltjie kaats\u00a0hy die ligstreep wat\u00a0deur &#8216;n spleet in die gordyne val, tot by sy oupa op die bed. Wanneer sy oupa die ligkolletjie opmerk, begin hy reageer en daarna gryp. Met behulp van die spie\u00ebltjie laat Hank die ligkolletjie oral in sy oupa se\u00a0 kamer dans. Hy sien hoe sy oupa dit geniet. So klein gebaar, so groot reaksie.<\/p>\n<p>Om oop-oog te reis beteken dat mens die ligstrale sal raaksien. Soms byna kinderlik weer daarna sal gryp en dit toelaat om tot diep binne jou te skyn. Dan kan mens ook soms soos &#8216;n stukkie spie\u00ebl wees wat die lig inkaats tot by ander wat in gedempte vertrekke smag na die dans van lig.<\/p>\n<p>Die lig skyn in die duisternis, die duisternis kon dit nie uitdoof nie (Joh1:5)<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Hartjiehortjiehuisie. Philippolis. 8 Oktober 2008 Die rare ding gebeur. In die toegeluikte huisie in Tobie Mullerstraat duur die nag langer en word daglig eers gestuit. Totdat &#8211; die son trefseker die uitgesnyde patroon op die luik vind en sy aankoms hartvormig aankondig. Dit word &#8216;n lekker wakkerwordspeletjie &#8211; kyk of die luikhart al lig deurskyn, [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[1],"tags":[],"class_list":["post-51","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-uncategorized"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/51","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=51"}],"version-history":[{"count":3,"href":"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/51\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":55,"href":"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/51\/revisions\/55"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=51"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=51"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=51"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}