{"id":530,"date":"2011-04-13T12:34:18","date_gmt":"2011-04-13T10:34:18","guid":{"rendered":"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/?p=530"},"modified":"2011-04-13T12:34:18","modified_gmt":"2011-04-13T10:34:18","slug":"die-klank-van-stilte","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/?p=530","title":{"rendered":"Die klank van stilte"},"content":{"rendered":"<p><a href=\"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/wp-content\/uploads\/blog.wimfourie.co.za\/2011\/04\/Phil-kerk-1a-2.jpg\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"aligncenter size-medium wp-image-531\" title=\"Phil-kerk-1a (2)\" src=\"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/wp-content\/uploads\/blog.wimfourie.co.za\/2011\/04\/Phil-kerk-1a-2-200x300.jpg\" alt=\"\" width=\"200\" height=\"300\" srcset=\"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/wp-content\/uploads\/\/blog.wimfourie.co.za\/2011\/04\/Phil-kerk-1a-2-200x300.jpg 200w, https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/wp-content\/uploads\/\/blog.wimfourie.co.za\/2011\/04\/Phil-kerk-1a-2.jpg 321w\" sizes=\"auto, (max-width: 200px) 100vw, 200px\" \/><\/a><\/p>\n<p>Stilte.<\/p>\n<p>Die wonder van die die bewussyn van stilte.<\/p>\n<p>&#8220;Stilte is God se oertaal&#8221;\u00a0 het die 16e eeuse woestynheilige Johannes van die\u00a0Kruis\u00a0ges\u00ea. Hy het hierdie waarheid tydens sy lang tye van afsondering in die woestyn ervaar.<\/p>\n<p>Later het Thomas Keating die aanhaling uitgebrei: &#8220;Silence is God&#8217;s first language; everything else is a poor translation. In order to hear that language, we must learn to be still and to rest in God.&#8221;<\/p>\n<p>Dit was tydens die wintervakansie van 1967 dat ek &#8220;The sound of Silence&#8217; leer ken het. Ons het soos gebruiklik die Julievakansie by die Suidkus deurgebring. Een mddag is ons na die nuwe winkelsentrum toe wat in Beach Road sy verskyning gemaak het. Die besoek aan die CNA was die hoogtepunte van die inkopies want as aandenking aandie vakansie kon elkeen van ons kinders &#8216;n Solus sewe plaat kies. Toe ek die oranje en wit CBS omslag sien met die logo en die woorde Seven Single wat drie keer daarop herhaal word, het ek die plaatjie binne in herken: Simon and Garfunkel se &#8220;The Sound of Silence&#8221;\u00a0 Die lied het oor radiostasies gespeel en my elke keer met sy teenstrydige titel bekoor. Nou was die kans om die plaatjie my eie te maak. Die res van die vakansie het ek met &#8216;n ongeduld die plaatjie uitgehaal en bewonder. Ek het &#8216;n sit-rots gehad waar ek smiddae\u00a0na die see sit ek kyk het. Dan het die liedjie solank in my kop gespeel.\u00a0Ek sou egter\u00a0moes wag tot ons tuis kom voor ek dit op ons Pilot radiogram kon speel. Die wag was die moete werd. Oor en oor het ek die Oranje CBS solus sewe gespeel en later die woorde uit my kop geken:<\/p>\n<p>Hello darkness, my old friend<br \/>\nI&#8217;ve come to talk with you again<br \/>\nBecause a vision softly creeping<br \/>\nLeft its seeds while I was sleeping<br \/>\nAnd the vision that was planted in my brain<br \/>\nStill remains<br \/>\nWithin the sound of silence<\/p>\n<p>In restless dreams I walked alone<br \/>\nNarrow streets of cobblestone<br \/>\n&#8216;Neath the halo of a street lamp<br \/>\nI turned my collar to the cold and damp<br \/>\nWhen my eyes were stabbed by the flash of a neon light<br \/>\nThat split the night<br \/>\nAnd touched the sound of silence<\/p>\n<p>And in the naked light I saw<br \/>\nTen thousand people, maybe more<br \/>\nPeople talking without speaking<br \/>\nPeople hearing without listening<br \/>\nPeople writing songs that voices never share<br \/>\nAnd no one dared<br \/>\nDisturb the sound of silence<\/p>\n<p>&#8220;Fools&#8221;, said I, &#8220;You do not know<br \/>\nSilence like a cancer grows<br \/>\nHear my words that I might teach you<br \/>\nTake my arms that I might reach you&#8221;<br \/>\nBut my words, like silent raindrops fell<br \/>\nAnd echoed<br \/>\nIn the wells of silence<\/p>\n<p>And the people bowed and prayed<br \/>\nTo the neon god they made<br \/>\nAnd the sign flashed out its warning<br \/>\nIn the words that it was forming<br \/>\nAnd the sign said, &#8220;The words of the prophets are written on the subway walls<br \/>\nAnd tenement halls&#8221;<br \/>\nAnd whispered in the sounds of silence<\/p>\n<p>Hoewel ek nie die omvang an die woorde kon verstaan nie, het ek die &#8220;gevoel&#8221; van die lied verstaan en hoe woorde soms hol simbole word wat nie meer werklik dit oordra wat wesentlik is nie. In my gedagtes het ek die liedjie as musiekvideo (wat eers later jare sou kom) gesien en ekself was die die figuur in &#8216;n donker jas wat &#8220;neath the halo of a street lamp&#8221; gestap het, my jaskraag teen die &#8220;cold and damp&#8221; opgeslaan het en deur die klank van stilte aangeraak is. Tot vandag toe bly hierdie liedjie een van my allergunstelinge en wek dit so onpeilbare heimwee elke keer as ek dit hoor.<\/p>\n<p>Stilte. Die krag wat ons so dikwels ontken en miskyk in ons dolle gejaag na meer. Tydens &#8216;n retraite wat ek in 2003 bygewoon het, het ek die krag van stilte herontdek. Ons moes die Saterdagmiddag vir drie ure lank stilraak. Jy kon die kapel opsoek, gaan stap, onder die bome sit of selfs gaan swem. Al voorwaarde was dat jy nie met ander sou praat nie maar in &#8216;n &#8220;lang gesprek&#8221; met God sou bly. Ek het vir die eerste keer die monikke bewonder\u00a0wat &#8216;n \u00a0&#8220;vow of silence&#8217; kon nakom vir sulke lang tye. Tog het ek so baie geleer in die drie uur. Ek kon ook die tyd gebruik om dinge neer te skryf waarvoor ek nie andersinds tyd gehad het nie. Die ontdekking van Stilte. Daardie binnestilte wat voel soos die see van Galilea nadat Jesus die storm stilgemaak het. Die klank van die vredige stilte. Mens herken dit.<\/p>\n<p>Op Phlippolis het ek weer die intensiteit en die krag van\u00a0Stilte ontdek.\u00a0Op my\u00a0bakoond-sitplek soggens as die dag\u00a0 sy gang\u00a0kry. Saans\u00a0as ek en my reisgenoot op die voorstoep sit met die eerste sterverskynings. In die mooie kerk met sy boogvensters kon ek die serene stilte ervaar.\u00a0Laataand terwyl ek alleen in die middel van die labirint sit en die stilte hoor. Mens moet immers oefen om stilte te hoor.<\/p>\n<p>Die volgende verhaal vertel iets daarvan:<\/p>\n<p>Lank lank gelede in antieke Japan, het daar \u2019n magtige man geleef wat besef het sy dood is naby. Hy het sy enigste dogter, prinses Yumiyo, aangemoedig om te trou.\u00a0 Hy het vir haar ges\u00ea:\u00a0 \u201cMy liefste dogter, die groen van die pruimbome het gekom en gegaan en dis al weer bloeiseltyd.\u00a0 Maar jy het nog nie \u2019n man gekies nie.\u00a0 Al die mans wat sover om jou hand kom vra het, het jy van die hand gewys.\u00a0 Gaan ek, jou pa, sterf sonder dat ek jou getroud gesien het en sonder om die gesiggies van my kleinkinders te bewonder?\u201d<\/p>\n<p>Prinses Yumiyo het geantwoord:\u00a0 \u201cNee, pappa, ek sal \u2019n drom maak van egte sy. Die man wat die noot hoor as ek die drom slaan,\u00a0 met daardie man sal ek trou.\u201d\u201cWat se nonsens is dit!\u201d antwoord\u00a0haar pa.\u00a0 \u201c\u2018n Sy-drom maak geen klank nie. Arme ek, ek sal doodgaan sonder dat ek my kleinkinders gesien het.\u201d<\/p>\n<p>Maar die mooie prinses Yumiyo het \u2019n sterk wil en sy het haar spesiale drom uit sy gemaak. Baie jong mans het na Yumiyo en haar sy-drom kom luister, nie net omdat sy beeldskoon was nie, maar ook omdat sy skatryk was!\u00a0 Maar niemand kon die klank van die sy-drom hoor as sy daarop gespeel het nie. Maande het gekom en gegaan, terwyl lang rye potensi\u00eble trou-mans hulle opwagting gemaak en dan net so vinnig weer verdwyn het!\u00a0\u00a0Haar vader, het net ges\u00ea:\u00a0 \u201cEk het mos vir jou ges\u00ea! Ek het mos vir jou ges\u00ea!\u201d<\/p>\n<p>Toe op \u2019n dag verskyn daar in die binnehof van die paleis \u2019n jong, pragtig geklede man. Hy het laag gebuig voor die magtige man en toe voor die prinses.\u201c Waar kom jy vandaan?\u201d vra die pa.\u201c Ek kom van \u2019n plek ver anderkant die berge en die see.\u201d antwoord die jong vreemdeling.\u201cEn vir wat het jy so \u2019n ver afstand gereis?\u201d wou Yumiyo se pa weet.\u201cMy heer, ek het gekom om met u dogter te trou.\u201d antwoord die jong man.<\/p>\n<p>\u201c Sy is net bedoel vir die man wat haar sy-drom se klank kan hoor. Wil jy vir my s\u00ea jy kon die klank daarvan hoor in jou veraf koninkryk, oor berge en die see?\u201d, het die pa gevra. &#8221;\u00a0U is korrek, my heer, geen klank van die drom het my ore bereik nie!\u201d<\/p>\n<p>\u201cVat dan die pad, jong man, soos al die manne voor jou\u201d\u00a0 blaf-s\u00ea die magtige man beslis.\u00a0 \u201cHoekom hang jy nog hier rond?<\/p>\n<p>\u201dOmdat, my heer, ek sy stilte gehoor het en in die stilte, u dogter se hartklop gehoor het.\u201d Prinses Yumiyo het geglimlag en haar sy-drom weggesit, want sy het dit nie meer nodig gehad nie.<\/p>\n<p>Mag die Pase van 2011 ons weer by die kern van onsself en van stilte bring.<\/p>\n<p>Sodat ons weer God se hartklop kan hoor.<\/p>\n<p>Dan kan die verwondering weer herleef.<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Stilte. Die wonder van die die bewussyn van stilte. &#8220;Stilte is God se oertaal&#8221;\u00a0 het die 16e eeuse woestynheilige Johannes van die\u00a0Kruis\u00a0ges\u00ea. Hy het hierdie waarheid tydens sy lang tye van afsondering in die woestyn ervaar. Later het Thomas Keating die aanhaling uitgebrei: &#8220;Silence is God&#8217;s first language; everything else is a poor translation. In [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[1],"tags":[],"class_list":["post-530","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-uncategorized"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/530","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=530"}],"version-history":[{"count":2,"href":"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/530\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":533,"href":"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/530\/revisions\/533"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=530"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=530"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=530"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}