{"id":545,"date":"2011-05-02T21:43:18","date_gmt":"2011-05-02T19:43:18","guid":{"rendered":"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/?p=545"},"modified":"2011-05-13T13:45:56","modified_gmt":"2011-05-13T11:45:56","slug":"first-of-may-oftewel-kersfees-in-mei","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/?p=545","title":{"rendered":"First of May"},"content":{"rendered":"<p><a href=\"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/wp-content\/uploads\/blog.wimfourie.co.za\/2011\/05\/220px-First_Of_May.jpg\"><\/a><a href=\"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/wp-content\/uploads\/blog.wimfourie.co.za\/2011\/05\/IMGP6863b-2.jpg\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"aligncenter size-medium wp-image-546\" title=\"IMGP6863b (2)\" src=\"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/wp-content\/uploads\/blog.wimfourie.co.za\/2011\/05\/IMGP6863b-2-285x300.jpg\" alt=\"\" width=\"285\" height=\"300\" srcset=\"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/wp-content\/uploads\/\/blog.wimfourie.co.za\/2011\/05\/IMGP6863b-2-285x300.jpg 285w, https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/wp-content\/uploads\/\/blog.wimfourie.co.za\/2011\/05\/IMGP6863b-2.jpg 456w\" sizes=\"auto, (max-width: 285px) 100vw, 285px\" \/><\/a><\/p>\n<p>Sekere liedjies sal altyd &#8216;n herinneringsalbum open. <em>First of May <\/em>van die <em>Bee Gees <\/em>is een so lied. Alhoewel die liedjie eers as snit op die Bee Gees se langspeler <em>Odessa<\/em> verskyn het in 1969 en kort daarna as solus sewe vrygestel is, voel dit asof dit een van die liedjies is wat maar nog altyd daar was. Die liedjie koppel ek aan &#8216;n baie spesiale kersfees. Die Kersfees was weliswaar in 1967 en dus twee jaar voor die verskyning van die liedjie, maar toe First of\u00a0 May\u00a0sy verskyning maak, was dit asof die liedjie reeds die temamusiek van daardie besondere kersfees was en dit sal bly.<\/p>\n<p>Dit was Oukersaand 1967. Ons het dit gevier in Aberdeenweg 16, Virginia. Ons het die vorige jaar daar ingetrek vanaf Klerksdorp en dit was die eerste Kersfees wat ons saam met familie daar sou vier. Die gebruik was dat ons Kersfees beurtelings gevier het by ons (Fourie familie) en my ma se suster-hulle (Die Stander familie) in Vereeniging.\u00a0Di\u00e9 jaar was dit die hulle beurt om\u00a0by ons te wees.\u00a0<\/p>\n<p>Die uitsien en die voorbereidings was altyd die opwindende deel. Die sitkamer is versier met kersversierings wat reeds vorige jare ingespan is. Hier en daar is &#8216;n nuwe toevoeging egter ingeroep om die geledere te versterk.\u00a0 Op die klavier is die rye kerskaartjies wat ontvang is, uitgestal en die ekstra kaartjies wat nie staanplek daar kon kry nie, is oor &#8216;n tou gehang wat gespan van een hoek van die eetkamer na die ander. Die spyskaart is uitgewerk, die geskenke gekoop en toegedraai en die afwagting het byna ondraaglik geword.<\/p>\n<p>Oukersaand het uiteindelik aangebreek met die familie wat die middag reeds aangekom het. Met arendso\u00eb het ons dopgehou toe hulle bagasie ingedra is want gewoonlik het die groot tas die lading geskenke bevat. Ai die wonder wat wag!\u00a0 Soos gebruiklik is daar eers (tydsaam!) vleis gebraai en ge\u00ebet terwyl die ongeduld ons omtrent verteer het. Ons kersboom di\u00e9 jaar was &#8216;n rerige kersboom. &#8216;n Konifer in die voortuin\u00a0(wat in hoogte\u00a0al verby die volwassenes se koppe getroon het), \u00a0is met veelkleurige liggies versier en het sommer soos &#8216;n baken uitgestaan. Selfs van die straat af het die boom &#8216;n indrukwekkende prentjie gevorm. Toe die tasse (een afkomstig van elke familie) geskenke egter onder die boom geplaas is, was die prentjie volmaak. Daar moes egter eers aan &#8216;n\u00a0 jarelange ritueel voldoen word. Die twee mans (Pa Bokkie en Oom Thys) moes met &#8216;n smeekliedjie ooreed word om die geskenke uit te deel. &#8220;Asseblief Oom Bokkie, asseblief Oom Thys, kom deel tog die persente uit!&#8221; Die eentonige herhaling van die liedjie het gewoonlik die gewenste uitwerking en vanjaar het Pa Bokkie die geskenke se ontvangers uitgelees en Oom Thys het dit oorhandig. Dit is behoorlik asof ek die warm Desemberaand weer om my voel as ek die gebeure herleef.<\/p>\n<p>&#8216;n Kamera\u00a0 het momente van die Kersfees vasgevang, ongelukkig op &#8216;n skyfiefilm wat iewers in &#8216;n kartondoos l\u00ea, maar die een skyfie is in my geheue ingebrand. Op die skyfie\u00a0 pryk die impossante kersboom met sy veelkleurige liggies. Tog dit is die twee figuurtjies onder die boom wat die aandag trek. Twee driejariges, kaalvoet met hulle kortbroeke en\u00a0 hempies wat oorhang, staan trots met hulle identiese geskenke voor die boom. Boet Ewald en nefie Marius hou elkeen hulle\u00a0 <em>Go kart <\/em>vas, omtrent so groot soos &#8216;n skoendoos. Dit is &#8216;n heldergeel <em>Go kart <\/em>met bloedrooi wiele. Agter die stuur sit &#8216;n blou plastiekmannetjie. Vir die loop van die kerskuier sou daar vele wedrenne tussen die twee nefies met hulle \u00a0karretjies wees terwyl die blou mannetjie agter die stuur hulle verteenwoordig. Die karretjies is \u00a0aan &#8216;n tou om die huis getrek\u00a0om te \u00a0kyk wie eerste weer by die voorstoep is.<\/p>\n<p>&#8216;n Tydlose moment, want in die woorde van First of May verewig word:<\/p>\n<p>First of May &#8211;\u00a0The Bee Gees<\/p>\n<p>\u00a0When I was small, and Christmas trees were tall,<br \/>\nWe used to love while others used to play.<br \/>\nDon\u2019t ask me why, but time has passed us by,<br \/>\nSome one else moved in from far away.<\/p>\n<p>(chorus)<br \/>\nNow we are tall, and Christmas trees are small,<br \/>\nAnd you don\u2019t ask the time of day.<br \/>\nBut you and I, our love will never die,<br \/>\nBut guess who\u2019ll cry come first of May.<\/p>\n<p>The apple tree that\u00a0blooms for you and me,<br \/>\nI watched the apples falling one by one.<br \/>\nAnd I recall the moment of them all,<br \/>\nThe day I kissed your cheek and you were mine.<\/p>\n<p>(chorus&#8230;)<\/p>\n<p>When I was small, and christmas trees were tall,<br \/>\nDo do do do do do do do do&#8230;<br \/>\nDon\u2019t ask me why, but time has passed us by,<br \/>\nSome one else moved in from far away.<\/p>\n<p>Hoewel die hartseer liefdesliedjie eintlik gaan oor &#8216;n onskuldige liefde tussen &#8216;n jong seun en meisie wat mettertyd ontluik (soos uitgebeeld in die film Melody, waarin die lied as temalied gebruik word),\u00a0het hierdie liedjie vir my &#8216;n temalied geword ook van die onderlinge\u00a0band in &#8216;n gesin en naby familie. Die grootword en die groeiende ontnugtering dat die &#8220;Groot Kersbome&#8221; van kindertyd nou so gekrimp het ( net soos al die plekke wat mens uit jou kindertyd onthou, \u00a0baie kleiner is by die weersiens as wat hulle in jou herinnering was). Ek moes stilweg glimlag toe ek verlede jaar ons draadkersboompie op Philippolis\u00a0afneem en dink &#8211; <em>now I am very tall and\u00a0 Christmas trees\u00a0are very small!<\/em><\/p>\n<p>Die hartseer van daardie gestolde oomblik van die Kersfees van 1967 is dat albei nefies met\u00a0hulle \u00a0<em>Go karts <\/em>as volwassenes vier dekades later in ernstige motorongelukke sou beland. Albei met ernstige breinbeserings, wat meegebring het\u00a0dat hulle versorging sou benodig. Ewald tans nog in &#8216;n kliniek in Vereeniging en Marius tot met sy dood in Desember 2007 ook in &#8216;n kliniek net buite Vereeniging.<\/p>\n<p>Met die eerste Mei gister het ek die liedjie weer telefonies vir my susters en vir Ewald gespeel:<\/p>\n<p>Now we are tall, and Christmas trees are small,<br \/>\nAnd you don\u2019t ask the time of day.<br \/>\nBut you and I, our love will never die,<br \/>\nBut guess who\u2019ll cry come first of May.<\/p>\n<p><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" title=\"220px-First_Of_May\" src=\"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/wp-content\/uploads\/blog.wimfourie.co.za\/2011\/05\/220px-First_Of_May.jpg\" alt=\"\" width=\"220\" height=\"219\" \/><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Sekere liedjies sal altyd &#8216;n herinneringsalbum open. First of May van die Bee Gees is een so lied. Alhoewel die liedjie eers as snit op die Bee Gees se langspeler Odessa verskyn het in 1969 en kort daarna as solus sewe vrygestel is, voel dit asof dit een van die liedjies is wat maar nog [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[1],"tags":[],"class_list":["post-545","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-uncategorized"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/545","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=545"}],"version-history":[{"count":10,"href":"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/545\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":548,"href":"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/545\/revisions\/548"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=545"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=545"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=545"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}