{"id":557,"date":"2011-05-11T11:56:50","date_gmt":"2011-05-11T09:56:50","guid":{"rendered":"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/?p=557"},"modified":"2011-05-17T15:51:34","modified_gmt":"2011-05-17T13:51:34","slug":"lewenskonsert","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/?p=557","title":{"rendered":"Lewenskonsert"},"content":{"rendered":"<p><a href=\"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/wp-content\/uploads\/blog.wimfourie.co.za\/2011\/05\/IMGP7081b-3.jpg\"><\/a><a href=\"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/wp-content\/uploads\/blog.wimfourie.co.za\/2011\/05\/DSC_0600a-2.jpg\"><\/a><a href=\"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/wp-content\/uploads\/blog.wimfourie.co.za\/2011\/05\/2008-29-Aug-2008-053b3.jpg\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"aligncenter size-medium wp-image-559\" title=\"2008-29-Aug-2008 053b(3)\" src=\"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/wp-content\/uploads\/blog.wimfourie.co.za\/2011\/05\/2008-29-Aug-2008-053b3-300x246.jpg\" alt=\"\" width=\"300\" height=\"246\" srcset=\"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/wp-content\/uploads\/\/blog.wimfourie.co.za\/2011\/05\/2008-29-Aug-2008-053b3-300x246.jpg 300w, https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/wp-content\/uploads\/\/blog.wimfourie.co.za\/2011\/05\/2008-29-Aug-2008-053b3.jpg 640w\" sizes=\"auto, (max-width: 300px) 100vw, 300px\" \/><\/a><\/p>\n<p>&#8220;Van het concert des levens krijgt niemand \u2018n program\u201d.\u00a0 So lui &#8216;n bekende Nederlandse spreuk.<\/p>\n<p>Die meegaande foto vertel van &#8216;n Melodrama geleentheid in ons gemeente &#8216;n paar jaar gelede toe die gevierde Grafsteensangers hul buiging gemaak het met gebruikmaking van plaaslike talent. (Selfs my Reisgenoot het meegedoen!)<\/p>\n<p>Die lewe is voorwaar soos &#8216;n konsert met die hele spektrum van lag en huil, blydskap en hartseer en altyd &#8216;n verrassing as jy dink jy ken die &#8220;plot&#8221;. Hoe vreemd-wonderlik is dit wat ons Lewe noem. Daar is altyd nuwe ontdekkings, nuwe mense, nuwe moontlikhede.<\/p>\n<p>&#8220;Vivere&#8221; &#8211; om te leef. Om die polsing van lewe te ervaar. Om die lewensmoontlikhede elke dag te ontgin.<\/p>\n<p>Die afgelope paar weke het ek skielik met verskillende vorme van teater en opvoerings te doen gekry &#8211; miskien het die Stef Bos vertoning hier in Welkom &#8216;n kettingreaksie veroorsaak, wie weet?\u00a0 So het\u00a0ek o.a\u00a0 optredes van Anna Davel, Andra, Jannie Moolman en Joseph Clark (Vivere) gesien.\u00a0Ook die baie pittige tong-in-die-kies &#8220;Agent Snoet en die Hondelewe&#8221;.\u00a0 Telkens in die vertonings het dit my opgeval hoe veelkantig die lewe is. Musiek en liede probeer iets van die essensie daarvan vasvang, maar uiteindelik moet die lewe gel\u00e9\u00e9f word, ervaar word. In elk van die vertonings het die pole van die lewe weer na vore gekom &#8211; die wipplank tussen uitbundige vreugde en ineenkrimppyn. Die volheid van liefh\u00ea en die die skreiende uitroep van eensaamheid &#8211; die <em>All by myself<\/em>-gevoel wat jou koggel soos &#8216;n eggo.<\/p>\n<p>Veral in die vertoning van Vivere wat so skitterend uitgevoer is deur Jannie Moolman en Joseph Clark en hul vyftal ewe briljante musikante is die lewe in al sy fasette uitgebeeld &#8211; die passie (Granada) en die pyn (Miserere). En die hele spektrum tussen-in. Ook die humor (la Donna e mobile) met die wisselvallige\u00a0orrelis (Tannie Koekie)\u00a0wat die solis al sy dae gee\u00a0en die tragi-komiese uitbeelding van die Jacques Brel treffer Ne Me Quitte Pas (moenie weggaan nie), waar die ontwykende kollig die ontroue geliefde uitbeeld.<\/p>\n<p>In &#8216;n aangrypende Italiaans-Engelse duet (Jannie en Joseph)\u00a0waarin die seer van die liefde uitgebeeld word,\u00a0sing Joseph Clark die\u00a0Queen-treffer: It&#8217;s a hard Life. Die woorde som iets van hierdie soet-suur van die lewe en liefde op:<\/p>\n<p>You win &#8211; you lose<br \/>\nIt&#8217;s a chance you have to take with love<br \/>\nOh yeah &#8211; I fell in love<br \/>\nAnd now you say it&#8217;s over and I&#8217;m falling apart<\/p>\n<p>It&#8217;s a hard life<br \/>\nTo be true lovers together<br \/>\nTo love and live forever in each others hearts<br \/>\nIt&#8217;s a long hard fight<br \/>\nTo learn to care for each other<br \/>\nTo trust in one another right from the start<br \/>\nWhen you&#8217;re in love<\/p>\n<p>I try and mend the broken pieces<br \/>\nI try to fight back the tears<br \/>\nThey say it&#8217;s just a state of mind<br \/>\nBut it happens to everyone<\/p>\n<p>How it hurts &#8211; deep inside<br \/>\nWhen your love has cut you down to size<br \/>\nLife is tough &#8211; on your own<br \/>\nNow I&#8217;m waiting for something to fall from the skies<br \/>\nAnd I&#8217;m waiting for love<\/p>\n<p>Ons is deur my suster, Alwa, uitgenooi na die\u00a0NWU Allumni-funksie van die Vaal-Pukke\u00a0 (met Vivere as hoogtepunt). Voor die vertoning begin, \u00a0kuier ons by my broer, Ewald. Ek het in die vorige blog (First of May) iets oor hom geskryf.\u00a0Hy het\u00a0daaglikse versorging nodig\u00a0na sy ongeluk in 2007, maar nogtans bly hy vir my &#8216;n\u00a0inspirasie en is elke gesprek\u00a0met hom &#8220;food for thought&#8221;.<\/p>\n<p>\u00a0Ons praat oor die lewe en die alles wat die lewe die moeite werd maak. Ten spyte van die feit dat sy lewenswerklikheid gekrimp het tot die saal en die kliniek waarin hy versorg word, blink sy o\u00eb as hy praat oor die feit dat die lewe met passie geleef moet word. Dat die die krag van leef in die NOU l\u00ea en dat ek die boodskap tog aan sy familie en vriende moet oordra.<\/p>\n<p>&#8220;Wat moet ek spesifiek vir hulle s\u00ea&#8221; wil ek van hom weet.<\/p>\n<p>&#8220;Dat hulle nie moet uitstel om te leef nie! Dat die lewe net oomblik vir oomblik geleef kan word en dat ons die lewe afwater deur ons weifeling en twyfel&#8221; is sy onomwonde antwoord.<\/p>\n<p>Ons praat oor &#8216;n moontlike titel van &#8216;n boek oor die onderwerp Lewe. &#8220;&#8221;Life &#8211; and everything that happens between the &#8220;L&#8221; and the &#8220;E&#8221;, besluit ons sal &#8216;n goeie titel wees. &#8220;Ja&#8221;, voeg boet Ewald ewe skerp by&#8221; if&#8221; is die\u00a0tussenwoord in die woord &#8220;Life&#8221;. Die woordjie &#8220;if&#8221; dui op al die moontlikhede en keuses wat ons gebied word in die lewe. &#8220;If only&#8221; \u00a0is seker van die harseerste woorde wat mens kan uiter, want dit vertel van ongeleefde moontlikhede. &#8216;n Anagram vir Life is File.\u00a0&#8216;n Bousteen vir die lewe is geloof, selfs al verstaan ons dit nie elke dag nie. Aldus Ewald.<\/p>\n<p>Ek kyk dus na hierdie herfs en die mooie herfsdae met nuwe o\u00ea. Ewald het my herinner dat ek elke dag, elke oomblik,\u00a0oop-oog moet reis.\u00a0 Met &#8216;n bewussyn van die gawe van elke dag, elke oomblik. En van Genade.<\/p>\n<p>Voor ons groet vra ek wat\u00a0 &#8216;n goeie temalied sal wees vir ons gesprek oor lewe. Ek noem &#8216;n paar kunstenaars op waarvan hy\u00a0 hou. Sy keuse behels &#8216;n kortlys van twee liede: The Moody Blues se &#8220;Isn&#8217;t Life Strange&#8221;<\/p>\n<p>Isn&#8217;t life strange<br \/>\nA turn of the page<br \/>\nCan read like before<br \/>\nCan we ask for more?<br \/>\nEach day passes by<br \/>\nHow hard man will try?<br \/>\nThe sea will not wait<\/p>\n<p>Isn&#8217;t love strange<br \/>\nA word we arrange<br \/>\nWith no thought or care<br \/>\nMaker of despair<br \/>\nEach breath that we breathe<br \/>\nWith love we must weave&#8230;<\/p>\n<p>Sy finale keuse is egter Sting se &#8220;Fragile&#8221;<\/p>\n<p><strong>&#8220;Fragile&#8221;<\/strong><\/p>\n<p>If blood will flow when flesh and steel are one<br \/>\nDrying in the colour of the evening sun<br \/>\nTomorrow&#8217;s rain will wash the stains away<br \/>\nBut something in our minds will always stay<br \/>\nPerhaps this final act was meant<br \/>\nTo clinch a lifetime&#8217;s argument<br \/>\nThat nothing comes from violence and nothing ever could<br \/>\nFor all those born beneath an angry star<br \/>\nLest we forget how fragile we are<\/p>\n<p>On and on the rain will fall<br \/>\nLike tears from a star like tears from a star<br \/>\nOn and on the rain will say<br \/>\nHow fragile we are how fragile we are<\/p>\n<p>On and on the rain will fall<br \/>\nLike tears from a star like tears from a star<br \/>\nOn and on the rain will say<br \/>\nHow fragile we are how fragile we are<br \/>\nHow fragile we are how fragile we are<\/p>\n<p>Ja, ons kry nie &#8216;n program vir die Konsert van die Lewe nie en ons is baie broos, maar deur die Genade van die Groot Regisseur is daar vir elkeen van ons &#8216;n belangrike rol om te speel. Voor die eindgordyn sak.<\/p>\n<p>\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0<img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" title=\"DSC_0600a (2)\" src=\"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/wp-content\/uploads\/blog.wimfourie.co.za\/2011\/05\/DSC_0600a-2-300x199.jpg\" alt=\"\" width=\"300\" height=\"199\" \/><\/p>\n<p>\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0 Jannie Moolman en Joseph Clark (foto: Marais Nell)<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>&#8220;Van het concert des levens krijgt niemand \u2018n program\u201d.\u00a0 So lui &#8216;n bekende Nederlandse spreuk. Die meegaande foto vertel van &#8216;n Melodrama geleentheid in ons gemeente &#8216;n paar jaar gelede toe die gevierde Grafsteensangers hul buiging gemaak het met gebruikmaking van plaaslike talent. (Selfs my Reisgenoot het meegedoen!) Die lewe is voorwaar soos &#8216;n konsert [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[1],"tags":[],"class_list":["post-557","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-uncategorized"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/557","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=557"}],"version-history":[{"count":8,"href":"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/557\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":562,"href":"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/557\/revisions\/562"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=557"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=557"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=557"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}