{"id":56,"date":"2010-06-10T16:58:30","date_gmt":"2010-06-10T14:58:30","guid":{"rendered":"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/?p=56"},"modified":"2010-06-11T10:41:17","modified_gmt":"2010-06-11T08:41:17","slug":"vandag","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/?p=56","title":{"rendered":"Vandag!"},"content":{"rendered":"<p>\u00a0<\/p>\n<p><a href=\"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/wp-content\/uploads\/blog.wimfourie.co.za\/2010\/06\/Vandag-1.jpg\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"aligncenter size-medium wp-image-57\" title=\"Vandag-1\" src=\"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/wp-content\/uploads\/blog.wimfourie.co.za\/2010\/06\/Vandag-1-300x198.jpg\" alt=\"\" width=\"300\" height=\"198\" srcset=\"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/wp-content\/uploads\/\/blog.wimfourie.co.za\/2010\/06\/Vandag-1-300x198.jpg 300w, https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/wp-content\/uploads\/\/blog.wimfourie.co.za\/2010\/06\/Vandag-1.jpg 640w\" sizes=\"auto, (max-width: 300px) 100vw, 300px\" \/><\/a><\/p>\n<p>&#8220;Wat is die mooiste woord in Afrikaans?&#8221;, vra &#8216;n artikelskrywer onlangs. Dan gee hy &#8216;n klompie woorde wat hy as antwoord gekry het op die vraag, o.a. die voorspelbare woorde: liefde, vrede, vreugde, hoop, geloof, vertroue ens. Dan verras hy deur te s\u00ea dat vir hom die mooiste woord in Afrikaans &#8220;VANDAG&#8221; is. Eintlik is dit &#8216;n woord wat mens &#8216;n paar keer vir jouself moet herhaal en dink aan al die moontlikhede. Vandag kan ek iets doen wat ek nog nooit gedoen het nie. Vandag kan ek &#8216;n nuwe woord aanleer.&#8217;n Blog begin. &#8216;n Nuwe vriend(in) ontmoet. &#8216;n Nuwe uitsig kry.<\/p>\n<p>John Denver se mooi liedjie oor vandag bly nog altyd my hieraan herinner:<\/p>\n<p>Today, while the blossoms stil cling to the vine &#8211; I&#8217;ll taste your strawberries, I&#8217;ll drink your sweet wine &#8211; A million tomorrows shall all pass away &#8211; Ere I forget all the joy that is mine, Today.<\/p>\n<p>I can&#8217;t be contented with yesterday&#8217;s glory -I can&#8217;t live on promises winter to spring -Today is my moment, now is my story- I&#8217;ll laugh and I&#8217;ll cry and I&#8217;ll sing.<\/p>\n<p>Carpe Diem. Die Slagspreuk wat Meneer Keating(Robin Williams) aan sy klas leer terwyl hulle staar na al die groepfoto&#8217;s van hul voorgangangers in die portaal van die tradisieryke skool. Dit bly vir my &#8216;n aangrypende toneeltjie uit die aangrypende &#8220;Dead Poet&#8217;s Society&#8221;(1989). Carpe Diem.Gryp die Dag!<\/p>\n<p>My Vandag-foto het ek geneem op &#8216;n spesiale dag wat ek op Paternoster deurgebring het. Heel naweek was die weer mistig\/trietsig\/re\u00ebnerig. Maar hierdie Maandag \u00a07 Junie 2004 was &#8216;n perfekte skoongewaste dag. Eers verlustig ek my in die malse geel blomme wat oral groei en die begraafplaas soos &#8216;n blommeskou laat lyk. Daarna durf ek &#8216;n seestappie aan. Dit voel of die strand skeppingsnuut voor my uitstrek. Ek ervaar die bruisende wete dat vandag onherhaalbaar en onvervangbaar is. Ek tel &#8216;n uitgespoelde seemeeuveer op en skryf die woord: &#8220;Vandag&#8221; in sierletters op die strand.Plaas &#8216;n noodsaaklike uitroepteken langsaan en versier dit met &#8216;n tweelingskulp wat naby l\u00ea. &#8216;n Intense joie de vivre neem van my besit. Hierdie vonkeldag moet verewig word. Met my kamera zoom ek in op die woord en druk die sluiterknoppie. Vandag &#8211; &#8216;n oomblik wat ek ook more en vorentoe sal onthou.<\/p>\n<p>Juis die week word ek aan my &#8220;vandag&#8221;-woord herinner. Ek gaan vir opvolgtoetse in Bloemfontein en voel skoon uitgemergel deur al die Flikkergram- en Xtrale kameras. Voel\u00a0uitgelewer en voos.<\/p>\n<p>&#8216;n Verrassingsgeskenk wat ek kry, toe ek na die tyd by familie en vriende kuier, plaas sommer die dag in perspektief. Uit &#8216;n onverwagte oord kry ek &#8216;n DVD van Rob Bell, getiteld &#8220;Today&#8221;. Dit bevestig die waarheid dat vandag die enigste ruimte is waarbinne jy kan handel en groei.\u00a0 Die regte geskenk op die regte dag.<\/p>\n<p>Die aansporing van Ef. 5:16&#8243;maak die beste gebruik van elke geleentheid&#8221; is by uitstek &#8216;n &#8220;vandag&#8221;vers. Deur elke geleentheid ten volle te benut\/beleef, bel\u00ea jy in vandag se moontlikhede en sluit jy die nuwe moontlikhede vir more oop.<\/p>\n<p>In sy boek &#8220;Elke dag tel&#8221; vertel John Maxwell van die basketbalafrigter wat sy spelers geleer het dat die oefensessie wat jy vandag gemis het, nie weer more ingehaal kan word nie. Dis vir altyd verlore. Daarom het hy hulle hierdie slagspreuk geleer&#8221; Maak Vandag jou Meesterstuk. Bel\u00ea alles wat jy kan in vandag, dan sal jy na &#8216;n reeks &#8220;vandags&#8221; die goeie vrugte pluk.<\/p>\n<p>Dit sluit aan by die waarheid wat Izak de Villiers uitlig in sy boek: &#8220;Wat dra my deur &#8216;n krisis?&#8221;. Hy verduidelik dat mens soms ontmoedig raak deur die lang proses om oorwinning te behaal oor negatiewe gewoontes en gedagtes. Jy ontmoedig jouself deur te vra: Hoe sal ek dit ooit regkry om in die bepaalde saak bo uit te kom? Hy gee dan die goeie raad om as&#8217;t ware in dagdigte kompartemente te leef, waar jy fokus op elke dag se taak en klein oorwinnings en nie die hele reis probeer vooruitsien nie. Sy raad: &#8220;Bou &#8216;n muur om elke dag&#8221;.<\/p>\n<p>Om oop-oog te reis sal mens dus leer om elke dag &#8216;n muurbouer te wees. Jy &#8220;omring&#8221; as&#8217;t ware elke dag met sy eie muur. Jy ontgin die moontlikhede van vandag en word nie lamgel\u00ea deur gister se foute en verwyte nie. Jy leer om met die genade van Bo met nuwe oop-o\u00eb te kyk en en te weet: vandag is die enigste ruimte en tyd wat ek het om &#8216;n verskil te maak.<\/p>\n<p>Dit lyk my die ou man wat die hoofkarakter is in die film: &#8220;The Milagro Beanfield war&#8221; het die waarheid goed verstaan. Met &#8216;n troeteldiervark as enigste geselskap leef hy op sy lappie grond wat gierige grondbaronne wil inpalm vir hulle selfsugtige doeleindes. Ten spyte van al die woelinge om hom stap hy en sy vark rustig dorp toe waar\u00a0hy steeds sy sake ongejaag afhandel.Hy leef\u00a0elke dag rustig maar tog voluit. Soggens as hy opstaan gaan staan hy voor die spie\u00ebl, strek hom uit en s\u00ea: &#8221;\u00a0Thank you God for letting me live another day.&#8221;<\/p>\n<p>Mag die dankbare ontvangs van &#8220;vandag&#8221;\u00a0jou reis bepaal!<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>\u00a0 &#8220;Wat is die mooiste woord in Afrikaans?&#8221;, vra &#8216;n artikelskrywer onlangs. Dan gee hy &#8216;n klompie woorde wat hy as antwoord gekry het op die vraag, o.a. die voorspelbare woorde: liefde, vrede, vreugde, hoop, geloof, vertroue ens. Dan verras hy deur te s\u00ea dat vir hom die mooiste woord in Afrikaans &#8220;VANDAG&#8221; is. Eintlik [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[1],"tags":[],"class_list":["post-56","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-uncategorized"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/56","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=56"}],"version-history":[{"count":5,"href":"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/56\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":60,"href":"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/56\/revisions\/60"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=56"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=56"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=56"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}