{"id":572,"date":"2011-05-19T18:03:18","date_gmt":"2011-05-19T16:03:18","guid":{"rendered":"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/?p=572"},"modified":"2011-05-21T14:54:08","modified_gmt":"2011-05-21T12:54:08","slug":"reise-met-die-vlieende-koffer","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/?p=572","title":{"rendered":"Reise met die Vlie\u00ebnde Koffer"},"content":{"rendered":"<p><a href=\"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/wp-content\/uploads\/blog.wimfourie.co.za\/2011\/05\/DSCF0269.jpg\"><\/a><a href=\"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/wp-content\/uploads\/blog.wimfourie.co.za\/2011\/05\/DSCF0263b-2.jpg\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"aligncenter size-medium wp-image-576\" title=\"DSCF0263b (2)\" src=\"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/wp-content\/uploads\/blog.wimfourie.co.za\/2011\/05\/DSCF0263b-2-300x225.jpg\" alt=\"\" width=\"300\" height=\"225\" srcset=\"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/wp-content\/uploads\/\/blog.wimfourie.co.za\/2011\/05\/DSCF0263b-2-300x225.jpg 300w, https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/wp-content\/uploads\/\/blog.wimfourie.co.za\/2011\/05\/DSCF0263b-2.jpg 640w\" sizes=\"auto, (max-width: 300px) 100vw, 300px\" \/><\/a><\/p>\n<p>Om op &#8216;n towertapyt te klim en\u00a0tot in enige uithoek van die w\u00eareld te kan reis, is &#8216;n kleintyddroom wat so met die hoor van die verhale uit &#8216;n Duisend en Een nagte gebore is.<\/p>\n<p>Maar &#8216;n reis met &#8216;n vlie\u00ebnde koffer? &#8216;n Koffer is gewoonlik die voorwerp wat jou reis belemmer omdat jy die nodige bagasiestuk oral moet saamsleep (deesdae darem met behulp van wieletjies saamtrek). Tog kan selfs &#8216;n koffer jou droomvoertuig word wat jou na vreemde bestemmings neem.<\/p>\n<p>In 1963 is ek by Juffrou Venter in die klas. So vriendelike, skraal juffrou met sulke kort ligrooi hare en sproete op haar gesig en arms. Sy l\u00ea op &#8216;n vriendelike, dog besliste manier baie klem op die korrekte spelling van woorde. Ek neem haar besorgdheid oor spelling ernstig op en probeer my bes om woorde reg te spel.<\/p>\n<p>Aan die einde van die jaar beloon sy my pogings (of dalk kry sy die\u00a0\u00a0sproetgesig,\u00a0witkopseuntjie maar net jammer wat so hard probeer om die juffrou te behaag) en sy gee aan my &#8216;n boek as prys. Die titel van die boek is: &#8220;Die Vlie\u00ebnde Koffer.&#8221; So mooi prenteboek waarin die prentjies regop staan as jy dit oopmaak.<\/p>\n<p>Jare later besef ek dat dit &#8216;n vertaalde boek is van een of ander Turkse skrywer (Moontlik iemand met die naam van V Kubasta, want die naam verskyn in die hoek van die titelblad, hoewel dit ook die naam van die illustreerder kan wees). Tog vra ek nie te veel vrae oor die herkoms van die boek, skrywer ens. toe ek die geskenkboek ontvang nie, ek geniet dit net. Ek lees darem die verhaal, maar blaai dikwels deur die boek om net die opstaanprentjies te bekyk. Dit maak die verhaal driedimensioneel. Die boek word &#8216;n belangrike deel van my boekversameling en vorm saam met enkele boeke (kinderkrans en Sondagskoolpryse) die oudste lede van my boekery.<\/p>\n<p>Gister herlees ek weer die verhaal en besef maar weer hoe baie lesse in so (skynbaar) eenvoudige kinderverhaal opgesluit l\u00ea. Wat my opval is dat die verhaal in &#8216;n Sultanryk in Turkye afspeel. As kind sou ek nooit kon droom dat ek di\u00e9 eksotiese land sou besoek en selfs in die Beylerbeyi Paleis (gebou in opdrag van Sultan Abdulaziz in 1861) sou rondloop en die prag en praal van &#8216;n Sutan se paleis sou betrag nie.<\/p>\n<p>Die verhaal is redelik eenvoudig:<\/p>\n<p>&#8216;n Skatryk handelaar wat baie spaarsamig geleef het, laat sy hele fortuin na aan sy spandabelrige seun. Di\u00e9 verkwis die geld (net soos die Verlore seun) totdat hy slegs vier sjielings, &#8216;n groot muurhorlosie, sy pa se portret en &#8216;n ou koffer oor het. Sy enigste klere is &#8216;n ou rooi kamerjas en &#8216;n paar pantoffels. Hy maak die koffer\u00a0oop en verwag om nog geld daarin te ontdek. Al wat hy vind is &#8216;n stukkie papier met &#8216;n boodskap daarop. Hy lees die papiertjie wat vertel dat hierdie &#8216;n wonderkoffer is. As &#8216;n mens op die slot van die koffer druk, kan dit vlieg en mens\u00a0na wonderlike bestemmings neem.<\/p>\n<p>Die seun van die handelaar\u00a0laat nie op hom wag nie. Hy klim in die koffer en net voor hy die deksel laat toeval, druk hy op die slot. Die volgende oomblik styg die koffer op en vlieg deur die lug. Toe die koffer land, is dit aan die buitewyke van &#8216;n Turkse stad. Die man steek die koffer weg en stap die stad in &#8211; hy ontdek dat almal ook sulke klere soos hy dra. Hy doen navraag oor die groot indrukwekkende gebou wat eenkant uittroon en verneem dat dit die Sultan se\u00a0paleis is. Daar steek hy sy beeldskone\u00a0dogter weg omdat\u00a0&#8216;n \u00a0voorspelling gemaak \u00a0is dat &#8216;n voornemende bruidegom eendag haar hart sal breek.<\/p>\n<p>Die handelaar se seun besluit om met sy koffer na die paleis te vlieg. Hy maak so en land op die dak van die paleis, waar hy die skone prinses in &#8216;n hangmat sien slaap. Sy is vir hom so onbeskryflik mooi dat hy nie anders kan as om haar te soen nie. Sy skrik wakker en vra ontsteld wie hy is. Hy verduidelik aan haar dat hy &#8216;n Turkse profeet is wat uit die lug gekom het om haar te besoek. Hy besing haar skoonheid en oorreed haar om met hom te trou. Sy willig in op voorwaarde dat hy Saterdag na die paleis sal kom om die haar pa, die Sultan en\u00a0die\u00a0Sultana te \u00a0ontmoet. By die geleentheid moet hy dan aan hulle hulle &#8216;n storie vol wysheid en humor te vertel sodat hulle hom kan goedkeur as bruidegom. As bewys van haar liefde gee sy aan hom &#8216;n goue sabel en hy beloof om Saterdag weer besoek af te l\u00ea\u00a0om haar ouers te ontmoet. Hy vlieg terug na die buitewyke van die stad, steek weer die koffer weg en gaan koop vir hom &#8216;n nuwe kamerjas met die oog op sy besoek aan die paleis. Toe gaan sit hy by sy koffer en dink aan &#8216;n gepaste storie om aan die Sultan te vertel.<\/p>\n<p>Toe die Saterdag aanbreek, trek\u00a0 die seun van die handelaar sy nuwe kamerjas aan, klim in sy koffer en vlieg na die paleis. Daar aangekom, word hy gul deur die Sultan en sy vrou ontvang. Hulle dring daarop aan dat hy aan &#8216;n hulle &#8216;n storie vol lewenswysheidvertel.<\/p>\n<p>Sy storie is so mooi, dat hulle toestemming verleen dat hy\u00a0met hulle dogter mag trou. Verheug vlieg die man toe terug na sy sy blyplek in die bos. Die aand voor die beplande huwelik sien\u00a0hy hoe die stad verlig word deur hordes vuurwerke wat afgevuur word ter ere van die bruilof wat die volgende dag sal plaasvind.<\/p>\n<p>Het die\u00a0handelaar se seun\u00a0en sy prinses toe lank en gelukkig saamgeleef?\u00a0 Die\u00a0ontknoping sal \u00a0eers nog moet wag, want die antwoord\u00a0l\u00ea opgesluit\u00a0in die verhaal wat die handelaar se seun aan die Sultan en Sutana vertel het. Daaroor wil ek graag volgende keer skryf.<\/p>\n<p>Tog wil ek nog graag &#8216;n opmerking oor die boek self maak. Miskien het die boek\u00a0&#8216;n rol gespeel in my versugting om eendag ook oorsee te reis, darem nie met &#8216;n vlie\u00ebnde koffer nie, maar\u00a0met &#8216;n \u00a0meer konvensionele vevoermiddel &#8211; &#8216;n vliegtuig.<\/p>\n<p>In 1976 kry ek so &#8216;n kans &#8211; Ons familie skryf in vir &#8216;n kompetisie geloods deur die destydse radio Port Natal. Ons wen toe die prys wat &#8216;n SAL retoerkaartjie vir twee na\u00a0die\u00a0Buiteland\u00a0insluit. In September 1976 vlieg my ma en ek\u00a0met \u00a0SAL na Zurich, Switserland. &#8216;n Droom op my wenslysie word waar! Vir twee weke kry ons kans om die skilderagtige land te verken en sien prentjies wat ons tot dusver nog net op Almanakke gesien het. &#8216;n Wonderlike ervaring!<\/p>\n<p>Die Vlie\u00ebnde \u00a0Koffer (besef ek jare later eers toe ek fyner oplet) het twee eksotiese bestemmings in sy inhoud. Eerstens Turkye (waarin die verhaal afspeel) en Praag in die Tjeggiese Republiek, want by nadere bestudering vind ek die inligting op die laaste blad van die boek: Gedruk 1960, ARTIA, Praag, Tjeggoslovakye.<\/p>\n<p>Met &#8216;n rugsaktoer saam met vriende het ek die voorreg om in 1999 die wonderlike stad Praag te ontdek. Sewe jaar later bied L\u00e9\u00e9f Tydskrif aan my en my Reisgenoot die geleentheid om op die voetspore van Paulus in Turkye te gaan loop. Die dag toe ons in Istanboel die skilderagtige Beylerbeyi \u00a0paleis van die die Sultan Abdulaziz besoek, voel ek nes die handelaar se seun wat pas in sy eksotiese bestemming geland het. Al verskil &#8211; ek hoef nie na die slapende prinses op die paleis se dak te soek nie &#8211; my mooie Reisgenoot staan langs my. Ek neem haar hand, maak my o\u00eb &#8216;n oomblik toe. &#8216;n Wonderreis van kleintyd se drome het waar geword.<\/p>\n<p>\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0 <img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" title=\"DSCF0269\" src=\"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/wp-content\/uploads\/blog.wimfourie.co.za\/2011\/05\/DSCF0269-300x225.jpg\" alt=\"\" width=\"300\" height=\"225\" \/><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Om op &#8216;n towertapyt te klim en\u00a0tot in enige uithoek van die w\u00eareld te kan reis, is &#8216;n kleintyddroom wat so met die hoor van die verhale uit &#8216;n Duisend en Een nagte gebore is. Maar &#8216;n reis met &#8216;n vlie\u00ebnde koffer? &#8216;n Koffer is gewoonlik die voorwerp wat jou reis belemmer omdat jy die [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[1],"tags":[],"class_list":["post-572","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-uncategorized"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/572","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=572"}],"version-history":[{"count":8,"href":"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/572\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":580,"href":"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/572\/revisions\/580"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=572"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=572"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=572"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}