{"id":583,"date":"2011-05-25T11:20:20","date_gmt":"2011-05-25T09:20:20","guid":{"rendered":"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/?p=583"},"modified":"2011-05-26T14:51:33","modified_gmt":"2011-05-26T12:51:33","slug":"vuurhoutjie-se-verhaal","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/?p=583","title":{"rendered":"Vuurhoutjie se verhaal"},"content":{"rendered":"<p><a href=\"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/wp-content\/uploads\/blog.wimfourie.co.za\/2011\/05\/DSCF0266a-2.jpg\"><\/a><a href=\"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/wp-content\/uploads\/blog.wimfourie.co.za\/2011\/05\/DSCF0273.jpg\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"aligncenter size-medium wp-image-590\" title=\"DSCF0273\" src=\"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/wp-content\/uploads\/blog.wimfourie.co.za\/2011\/05\/DSCF0273-300x225.jpg\" alt=\"\" width=\"300\" height=\"225\" srcset=\"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/wp-content\/uploads\/\/blog.wimfourie.co.za\/2011\/05\/DSCF0273-300x225.jpg 300w, https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/wp-content\/uploads\/\/blog.wimfourie.co.za\/2011\/05\/DSCF0273.jpg 640w\" sizes=\"auto, (max-width: 300px) 100vw, 300px\" \/><\/a><\/p>\n<p>&#8220;Wat het hier gebeur?&#8221;\u00a0 Die skerp klank in Ouma Alwine se stem sal ek nie sommer vergeet nie.\u00a0 Ek krimp ineen, want skielik wonder ek wat<em> het <\/em>gebeur in die pakhoekie agter die kantstoep waar ek kort tevore gespeel het en &#8216;n paar vuurhoutjies getrek het om te kyk hoe vrolik hulle brand.<\/p>\n<p>Ouma staan dreigend met die grasbesem in die hand. Haar daaglikse ritueel is om eers die sementpaadjie om die huis te vee as sy vieruur smiddae kom kuier. Vanmiddag het sy egter net tot by die agterhoek van die huis gevorder waar daar &#8216;n klein inham onderdak is. Hier word &#8216;n paar kartonne en oortollige\u00a0goed geberg, o.a. die blou hout eetstoeltjie wat ons almal se eerste tafelstoel was. Ek vermoed onraad toe ek die reuk van smeulende karton en hout kry. Die volle impak tref my toe ek langs Ouma staan. Van die kartondose smeul swart terwyl &#8216;n rokie nog in die lug hang. Die blou eetstoeltjie het swart vlekke aan die een kant. My hart krimp ineen. Ek het maar net &#8216;n paar vuurhoutjies getoets in die beskutte hoekie om te sien hoe hulle brand. Klaarblyklik het een nog gebrand toe ek dit op die grond neergegooi het en dit het op &#8216;n karton\u00a0geland het en begin smeul. Die tuinslang is gelukkig byderhand en ek spuit verwoed om die smeulrokie te blus. Genadiglik het die vuurtjie nie na die res van die huis versprei nie. Daardie aand kry ek &#8216;n deeglike lesing van Pa oor die gevaar van vuurhoutjies en vuur\u00a0 asook &#8216;n verdiende pak slae.<\/p>\n<p>Vuur, daardie wonderlike, fassinerende ding wat mens betower met sy wisselende vlammedans. Kleintyd het die knetterende kaggelvuur in Floralaan die magiese van winteraande bevestig. Voor die leiklipkaggel is gekuier en baie stories vertel. Uiteindelik is ons kinders se nagklere sommer oor &#8216;n stoelleuning naby die vuur gehang sodat dit kon warm word voor ons dit aantrek. Later is die kaggelvuur met &#8216;n Esse steenkoolstofie vervang wat ook met sy vlammetjies agter die vensterdeurtjies die koue verdryf het, maar nooit met die selfde betowering as die oop kaggel nie.<\/p>\n<p>As tienjarige kry ek van Juffrou opdrag om die volgende dag\u00a0in die klas &#8216;n paar verse van eie keuse uit die Bybel\u00a0lees.\u00a0Ek is hoogs benoud en wend my tot Ma\u00a0 om hulp. Sy beveel die gedeelte in Jakobus\u00a0aan waar gepraat word oor die mag van die tong en die gesproke woord.<\/p>\n<p>Die aand voor my Skriflesing lees ek die gedeelte in Jakobus 3\u00a0oor en oor:<\/p>\n<div><strong>\u00a0<\/strong><span lang=\"AF\">\u00a0 Moenie baie leermeesters wees nie, my broeders, omdat julle weet dat ons \u2019n groter oordeel sal ondergaan.<span lang=\"AF\">Want ons almal struikel dikwels.\u00a0As iemand in woorde nie struikel nie, is hy \u2019n volmaakte man, in staat om ook die hele liggaam in toom te hou.<span lang=\"AF\"><sup>\u00a0<\/sup>Kyk, ons sit stange in die perde se bekke, sodat hulle ons gehoorsaam kan wees, en ons stuur hulle hele liggaam daarmee.<sup> <\/sup>Kyk, ook die skepe, alhoewel hulle so groot is en deur hewige winde voortgedryf word, word gestuur deur \u2019n baie klein roer net waarheen die stuurman wil.<sup> <\/sup>Net so is die tong ook \u2019n klein lid en beroem hom op groot dinge &#8211; kyk hoe \u2019n groot hoop hout steek \u2019n klein vuurtjie aan die brand.<sup> <\/sup>Die tong is ook \u2019n vuur..&#8221;<\/span><\/span><\/span><\/div>\n<div><span lang=\"AF\"><span lang=\"AF\"><span lang=\"AF\">\u00a0<\/span><\/span><\/span><\/div>\n<div><strong>\u00a0<\/strong>Oppad skool toe ry ek met met my Ralleigh in \u00a0Floralaan afdraand tot by Adalaan waar ek regs draai. Heeltyd bly fragmente van die Skrifgedeelte in my kop. Ek moet dit tog net reg lees vanoggend!\u00a0<\/div>\n<p>Dit gaan\u00a0betreklik goed met die lees van die stuk, hoewel ek bietjie kortasem en dro\u00ebmond\u00a0\u00a0is. Tog besef ek die waarheid van die ontembaarheid van die tong toe ek &#8220;skape&#8221; i.p.v.\u00a0 &#8220;skepe&#8221; lees. Dit klink toe so: &#8220;Kyk, ook die skape, alhoewel hulle so groot is en deur hewige winde voortgedryf word&#8230;&#8221;\u00a0 Daar is &#8216;n ligte geproes in die klas toe enkeles wat fyn luister wel hoor van die &#8220;skape wat deur hewige winde voortgedryf word..&#8221; Tog oorleef ek darem my eerste &#8220;klaspreek&#8221;.<\/p>\n<p>Ek het in die vorige blog\u00a0\u00a0genoem van\u00a0die verhaal wat die handelaar se seun aan die Sultan en Sultana\u00a0moes vertel\u00a0voor hy met hulle dogter, die beeldskone prinses, \u00a0kon trou.<\/p>\n<p>So klink sy verhaal:<\/p>\n<p>Daar was eenmaal &#8216;n dosie vuurhoutjies wat baie trots was op hul ho\u00eb afkoms. Hulle kon hul geslagsregister nagaan tot by &#8216;n ho\u00eb denneboom in die bos. Tans het hulle hul egter op &#8216;n kaggelrak bevind tussen &#8216;n tonteldoos en &#8216;n ou ysterpot met wie hulle dikwels gesels het. &#8220;Ai, toe ons nog aan die groen takke was, &#8220;het hulle ges\u00ea, &#8220;het ons tog te heerlik gelewe. Elke oggend het ons dou gedrink vir tee en die hele dag het ons sonskyn gehad terwyl al die klein vo\u00ebltjies vir ons stories vertel het. Maar toe kom die houtkapper, kap die denneboom af en so is ons familie opgebreek. Die hoof van die familie het &#8216;n pos gekry as hoofmas op &#8216;n pragtige skip, die ander takke van ons familie is in alle rigtings gestuur en ons, helaas, het die taak gekry om lig te verskaf aan gewone mense. So het dit dan gebeur dat mense van ons aansien deesdae in &#8216;n kombuis woon.&#8221;<\/p>\n<p>Al die gereedskap in die kombuis waar die vuurhoutjies hul bevind, \u00a0besluit\u00a0 een aand om &#8216;n jolige partytjie te hou. Die borsel plaas &#8216;n krans van groen blare om die pot en hulle dans vrolik terwyl die vuurhoutjies met veragting na die verspottigheid kyk. Die teepot word gevra om te sing, maar omdat sy verkoue het, word die kanarie gevra om in te staan. Al die joligheid laat die stoel se sitplek in twee skeur. Die besem moedig almal aan om mee te doen aan die feestelikhede.\u00a0 Net toe gaan die deur oop en die diensmeisie kom binne. Almal\u00a0 staan skielik doodstil en dink hoe hulle nog die aand kon geniet het as dit nie deur die binnekoms van die diensmeisie onderbreek sou word nie. Ook dink elkeen aan al die wonderlike dnge wat hulle nog sou doen as&#8230;..<\/p>\n<p>Die diensmeisie tel die dosie vuurhoutjies op, haal een uit en trek dit teen die swawelkant van houer. Vir &#8216;n oomblik brand daar &#8216;n helder vlammetjie. &#8220;Ai,&#8221;\u00a0 s\u00ea\u00a0die vuurhoutjie trots, &#8220;nou kan almal sien uit watter vooraanstaande familie ek kom en watter helder lig ek gee.&#8221;<\/p>\n<p>En terwyl die vuurhoutjie nog praat, verbrand hy tot as.<\/p>\n<p>Tot sover die verhaal wat die man aan die Sultan vertel het.Omdat die verhaal soveel lewenswaarhede bevat, stem die Sultan in dat die man met sy dogter kan trou.<\/p>\n<div>Die aand voor die beplande bruilof vier die hele stad fees. Die aanstaande bruidegom besluit om te deel in die feesvieringe en klim met &#8216;n handvol vuurwerke en klappers\u00a0in sy vlie\u00ebnde koffer. Hy vlieg oor die stad en gooi telkens brandende vuurwerke uit. Die Turke stroom uit hulle huise om na die vreemde verskynsel, wat vir hulle soos &#8216;n meteoor lyk, te kyk. Na afloop van die skouspelagtige vertoning gaan b\u00eare die handelaar se seun weer sy koffer in die bos. Hy stap na die stad om te hoor wat die mense\u00a0s\u00ea. &#8220;Ek het die groot profeet met my eie o\u00eb gesien&#8221; s\u00ea die een. &#8220;Hy het weggevlieg in &#8216;n mantel van vuur,&#8221; s\u00ea die ander. Die aanstaande bruidegom is hoogs tevrede met die reaksie en keer terug na waar hy die koffer geb\u00eare het. Tot sy uiterste skok ontdek hy dat die koffer uitgebrand het a.g.v. &#8216;n vonkie van &#8216;n vuurwerk wat in die koffer agtergebly het. Die towerkoffer is verbrand tot as. Die handelaar se seun sou nooit weer daarin kon vlieg nie en dus ook nie weer sy bruid besoek nie. Die arme prinses het dag en nag op die dak van die paleis sit en treur oor haar bruidegom wat haar in die steek gelaat het.<\/div>\n<div>So het die verhaal wat die handelaar se seun vertel het uiteindelik ook sy lot voorspel : Hoogmoed kom voor &#8216;n val (vuur).<\/div>\n<div>Een vuurhoutjie, een vonk en als kan verbrand tot as.<\/div>\n<div>Die waarheid dus van Jak 3 en die verhaal is dat mens uiters versigtig wees met jou tong wat &#8216;n (skinder)veldbrand kan veroorsaak en met hoe jy die gawe van vuur gebruik &#8211; positief (in die knusse kaggel) of negatief (om &#8216;n huis af te brand).<\/div>\n<div>Vuur vra verantwoordelikheid, dit het ek daardie dag in Floralaan geleer!<\/div>\n<div>\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0 <img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" title=\"DSCF0266a (2)\" src=\"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/wp-content\/uploads\/blog.wimfourie.co.za\/2011\/05\/DSCF0266a-2-300x232.jpg\" alt=\"\" width=\"299\" height=\"231\" \/>\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0<\/div>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>&#8220;Wat het hier gebeur?&#8221;\u00a0 Die skerp klank in Ouma Alwine se stem sal ek nie sommer vergeet nie.\u00a0 Ek krimp ineen, want skielik wonder ek wat het gebeur in die pakhoekie agter die kantstoep waar ek kort tevore gespeel het en &#8216;n paar vuurhoutjies getrek het om te kyk hoe vrolik hulle brand. Ouma staan [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[1],"tags":[],"class_list":["post-583","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-uncategorized"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/583","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=583"}],"version-history":[{"count":14,"href":"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/583\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":593,"href":"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/583\/revisions\/593"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=583"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=583"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=583"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}