{"id":6,"date":"2010-06-01T18:37:43","date_gmt":"2010-06-01T16:37:43","guid":{"rendered":"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/?p=6"},"modified":"2010-06-01T18:37:43","modified_gmt":"2010-06-01T16:37:43","slug":"n-kerk-n-sjabloon-n-kamera-n-kiekie","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/?p=6","title":{"rendered":"&#8216;n Kerk, &#8216;n Sjabloon, &#8216;n Kamera, &#8216;n Kiekie"},"content":{"rendered":"<p>\u00a0<\/p>\n<p><a href=\"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/wp-content\/uploads\/blog.wimfourie.co.za\/2010\/06\/ruitkerk2.jpg\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"aligncenter size-medium wp-image-9\" title=\"ruitkerk\" src=\"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/wp-content\/uploads\/blog.wimfourie.co.za\/2010\/06\/ruitkerk2-231x300.jpg\" alt=\"\" width=\"231\" height=\"300\" srcset=\"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/wp-content\/uploads\/\/blog.wimfourie.co.za\/2010\/06\/ruitkerk2-231x300.jpg 231w, https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/wp-content\/uploads\/\/blog.wimfourie.co.za\/2010\/06\/ruitkerk2.jpg 371w\" sizes=\"auto, (max-width: 231px) 100vw, 231px\" \/><\/a>Augustus 2005. Rosendal. &#8216;n Badkamervenster.<\/p>\n<p>Wie s\u00ea mens kan nie ver kyk en oop-oog reis in &#8216;n Badkamer nie?<br \/>\nMy Reisgenoot en ek is op &#8216;n verkenningstog in Rosendal, Oos-Vrystaat. Ons verken, verkyk en verluister ons aan alles wat die klein dorpie te bied het. Uiteindelik besoek ons Turksvy Trading. Dis &#8216;n winkel geskoei op die lees van &#8216;n outydse handelshuis. Iets van alles. Nostalgiese goed. &#8216;n Ware ontdekkingstog vir ons twee reisigers.<\/p>\n<p>Selfs die badkamer van die winkeltjie is interessant. &#8216;n Groot ou enemelbord wat ondergronds in myne voorkom, is aangebring by die toilet: GEVAAR. SKIETWERK AAN DIE GANG!<\/p>\n<p>Maar dis die venster wat my boei. Op die ruitjies is daar sjabloonwerk in die vorm van &#8216;n takkie met &#8216;n blaar. Kyk mens egter deur die oop blaargedeelte, is die mooi ou sandsteenkerk van Rosendal sigbaar. Dis &#8216;n foto werd. Met my digitale kamera wat nog &#8216;n nuwe speelding is, fokus ek deur die sjabloonprent op die kerk en druk die sluiter.<br \/>\nOns eie &#8220;kyk&#8221; op die kerk word vasgel\u00ea.<\/p>\n<p>Met hierdie blog-inskrywings wil ek graag probeer anders kyk, verder kyk en moontlik ook nuut kyk. Ons is redelik kykvoos. Herhalende beelde op die TV, moegmakende berigte in koerante, tekens van verwaarlosing wat ons in ons omgewing opmerk, maak ons kyk dof. Verwagtingloos. Laat ons versigtig kyk en kyk sonder verwondering.<\/p>\n<p>Ons kyk blind. Soos die bedelaar wie se verhaal on Lukas 18 so aangrypend vertel word. Jesus vra : Wat wil jy h\u00ea moet Ek vir jou doen? Hy antwoord dringend: Dat ek kan sien!<\/p>\n<p>Sien is nie altyd net die sigbare waarneem van die werklikheid om ons nie &#8211; dis ook om met &#8216;n binne-oog te sien. Met jou hart te kyk. Soos die nuutkyk van &#8216;n kind.<\/p>\n<p>Op hierdie blog &#8220;Om oop-oog te reis&#8221; wil ek graag saam met jou oefen om nuut te kyk. Daarvoor gaan ons foto&#8217;s, skilderye en soms net iets so eenvoudigs soos &#8216;n herfsblaar gebruik.<\/p>\n<p>Ek sien uit na die reis!<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>\u00a0 Augustus 2005. Rosendal. &#8216;n Badkamervenster. Wie s\u00ea mens kan nie ver kyk en oop-oog reis in &#8216;n Badkamer nie? My Reisgenoot en ek is op &#8216;n verkenningstog in Rosendal, Oos-Vrystaat. Ons verken, verkyk en verluister ons aan alles wat die klein dorpie te bied het. Uiteindelik besoek ons Turksvy Trading. Dis &#8216;n winkel geskoei [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[1],"tags":[],"class_list":["post-6","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-uncategorized"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/6","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=6"}],"version-history":[{"count":6,"href":"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/6\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":13,"href":"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/6\/revisions\/13"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=6"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=6"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=6"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}