{"id":604,"date":"2011-06-02T15:11:07","date_gmt":"2011-06-02T13:11:07","guid":{"rendered":"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/?p=604"},"modified":"2011-06-03T18:27:36","modified_gmt":"2011-06-03T16:27:36","slug":"genadejaar","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/?p=604","title":{"rendered":"Genadejaar!"},"content":{"rendered":"<p><a href=\"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/wp-content\/uploads\/blog.wimfourie.co.za\/2011\/06\/30-Aug06a-141-2.jpg\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"aligncenter size-medium wp-image-607\" title=\"30 Aug06a 141 (2)\" src=\"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/wp-content\/uploads\/blog.wimfourie.co.za\/2011\/06\/30-Aug06a-141-2-225x300.jpg\" alt=\"\" width=\"225\" height=\"300\" srcset=\"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/wp-content\/uploads\/\/blog.wimfourie.co.za\/2011\/06\/30-Aug06a-141-2-225x300.jpg 225w, https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/wp-content\/uploads\/\/blog.wimfourie.co.za\/2011\/06\/30-Aug06a-141-2.jpg 360w\" sizes=\"auto, (max-width: 225px) 100vw, 225px\" \/><\/a><\/p>\n<p>Vandag is &#8216;n vierdag!\u00a0 Dit is &#8216;n verjaarsdagkoek-met-een-kersie-dag! Die Blog-baba het vandag sy eerste mylpaal bereik. Tegnies verjaar die Blog op 1 Junie, maar gister was &#8216;n chemodag en het die muse laag gel\u00ea. Dus vier ek die verjaarsdag maar &#8216;n dag laat, die spreekwoord lui immers: Liewers laat as nooit!<\/p>\n<p>Verlede jaar op 1 Junie sit ek in die dorp by &#8216;n eetplek, toe my selfoon lui. Dis vriend Leon wat wil weet of ek dalk by die rekenaar sit. Op my ontkennende antwoord gee hy my die opdrag &#8211; sodra ek tuis kom moet ek\u00a0 my rekenaar aanskakel en die webadres <a href=\"http:\/\/www.wimfourie.co.za\/\">www.wimfourie.co.za<\/a>\u00a0 intik en sien wat gebeur. Ek kan nie gou genoeg by die rekenaar kom om die opdrag uit te voer nie. Ek wag in spanning vir die webwerf om oop te maak en sien verbaas hoe my eie gesig vanuit die skerm na my staar!\u00a0 Regs sien ek die oop kerkdeur van Philippolis se kerk en die opdrag om op die deur te klik. Toe die Blog se mashoof op die skerm verskyn met die woord &#8220;Hallo&#8221; daaronder, voel ek die opgewondenheid deur my are bruis. Hier kom &#8216;n ding! Leon vertel hoe ek te werk moet gaan om die inskrywings te doen en foto&#8217;s te laai. Ek spring weg met my eerste foto en inskrywing: &#8216;n kerk, &#8216;n sjabloon, &#8216;n kamera, &#8216;n kiekie. Dit word die begin van &#8216;n reis met baie haltes (sover reeds 57).<\/p>\n<p>Vandag dink ek net net weer hoe &#8216;n wondelike gawe tyd is. In die afgelope genadejaar het daar heelwat dinge gebeur, waarvan ek &#8216;n hele paar onder my &#8220;goeie dinge wat gebeur&#8221; joernaal kan inskryf. Vir my was die Blog een van die beste dinge wat kon gebeur.\u00a0 Na soveel jare se kondisionering om weekliks &#8216;n boodskap aan die gemeente te moes bring (plus al die openinge, afsluitings en ander boodskappies daarby), is mens in &#8216;n ritme om gedagtes, verse en simbole te soek wat diensbaar kan wees in &#8216;n preek. Dan as die preek-uitlaatklep skielik toegemaak word, dam die idees egter steeds op. Nes &#8216;n grondwalletjie om &#8216;n vrugteboom se stam nie suksesvol weerstand kan bied teen die opdammende water uit die tuinslang se bek nie en uiteindelik iewers moet meegee, so soek opgegaarde gedagtes en prikkels &#8216;n uitlaatklep. Siedaar! Die blog bied so &#8216;n uitloop!<\/p>\n<p>Eintlik het die hele gedagte begin met &#8216;n gesprek die aand verlede jaar by\u00a0 Amariskool se\u00a0 Melodramari. In gesprek met vriende aan tafel, moedig hulle my en Lynette aan om van my foto&#8217;s uit te soek en dan kan ek iets gepas by elkeen skryf. Dalk kan ons werk aan so &#8216;n tipe inspirasiebundel deur\u00a0van die geskrewe stukke saam te voeg. Die volgende oggend begin my reisgenoot en ek om deur my foto&#8217;s van die afgelope paar jaar te sif. Foto&#8217;s met &#8216;n moontlike storie word eenkant gesit in &#8216;n rekenaarl\u00eaer. Ons kry &#8216;n stuk of veertig foto&#8217;s wat moontlikhede het vir die projek en maak afdrukke daarvan. Die bal is aan&#8217;t rol! Die volgende week gesels ek met vriend Leon oor die gedagte. Om dalk te begin deur &#8216;n stukkie elke week te skryf, &#8216;n foto daaraan te heg en dit as epos uit te stuur aan &#8216;n klompie vriende en familie. Hy wys my egter op die weeklikse rompslomp daarvan om so &#8216;n pos aan &#8216;n groot aantal mense te stuur en beveel aan dat ek eerder my gedagtes in Blogvorm moet weergee. Ek is maar onkundig en vra uit oor wat &#8216;n Blog behels en hoe mens te werk gaan om so iets tot stand te bring.\u00a0Hy verduidelik\u00a0 dat dit nie &#8216;n probeem is nie en dat ek dit aan hom moet oorlaat. Groot is my verrassing toe ek &#8216;n\u00a0paar dae \u00a0later sy opdrag kry om die webadres in te tik. Baie vernuftig het hy toe die samestelling van die foto en kerkdeur gedoen. Presies soos ek dit sou wou gehad het!<\/p>\n<p>By hierdie Blogverjaarsdag dus my dankies. Eerstens aan die Vader wat so kreatief in ons lewens werk en ons lei om steeds ontdekkings te maak. Soos die spits van die kerktoring op die foto(die kerk waar ek belydenis van geloof afgel\u00ea het) wys na die son as bron, wil ek ek net baie dankie s\u00ea aan God die Vader as\u00a0Bron van elke skeppende idee en beeld.\u00a0Baie dae\u00a0het ek\u00a0fisies en psigies nie op my beste gevoel terwyl ek begin het om die Blog te skryf nie, maar terwyl ek skryf, ervaar ek net &#8216;n versterking en inspirasie. &#8220;I was an empty vessel &#8211;<br \/>\nYou filled me up inside&#8221; (Pretty Amazing Grace &#8211; Neil Diamond)<\/p>\n<p>\u00a0Baie dankie Leon vir jou praktiese hulp, \u00a0aansporing en inisiatief. Dankie ook aan my reisgenoot vir haar inspirasie met die uitsoek van die foto&#8217;s en die aanmoediging om aan te hou &#8220;blogeer&#8221;.<\/p>\n<p>Dan sekerlik ook &#8216;n reuse dankie aan diegene wat gereeld lees dit wat ek neerskribbel en ook d.m.v opmerkings onderaan die Blog of epos kommentaar lewer. Dit maak die skrywes dubbeld en dwars die moeite werd. Daar is ook diegene wat dit wel lees maar nie spesifiek kommentaar lewer nie. Dankie ook vir julle getroue meelewing. Sonder lesers sal &#8216;n Blog nie oorleef nie. Ter wille van interessantheid: Die blog is die afgelope jaar 8322 keer besoek, d.w.s &#8216;n gemiddeld van 693 besoeke per maand\u00a0-gemiddeld 23 besoeke per dag. Dit is lekker om te weet dat byna twee dosyn persone per dag by my kuier sonder dat ek dit weet! (Gelukkig hoef ek nie soveel koppies koffie te maak nie!).<\/p>\n<p>Die afgelope jaar het ek as genadejaar beleef en ek sien uit om DV\u00a0 op 1 Junie 2012 \u00a0twee kersies dood te blaas!\u00a0 Dalk het die blogs dan ook al in &#8216;n ander formaat verskyn, wie weet? (As dit van my reisgenoot afhang, gaan daar iewers &#8216;n bundel verskyn).<\/p>\n<p>As viering van die genadejaar plaas ek die woorde van die aangrypende liedjie van Neil Diamond: Pretty Amazing Grace<\/p>\n<p>\u00a0<strong>Pretty Amazing Grace <\/strong><br \/>\nPretty amazing grace is what You showed me<br \/>\npretty amazing grace is who You are<br \/>\nI was an empty vessel<br \/>\nYou filled me up inside<br \/>\nand with amazing grace restored my pride<\/p>\n<p>Pretty amazing grace is how You saved me<br \/>\nand with amazing grace reclaimed my heart<br \/>\nlove in the midst of chaos<br \/>\ncalm in the heat of war<br \/>\nshowed with amazing grace what love was for<\/p>\n<p>You forgave my insensitivity<br \/>\nand my attempt to then mislead You<br \/>\nYou stood beside a wretch like me<br \/>\nYour pretty amazing grace was all I needed.<\/p>\n<p>Stumbled inside the doorway of Your chapel<br \/>\nhumbled in God by everything I found<br \/>\nbeauty and love surround me<br \/>\nfreed me from what I fear<br \/>\nask for amazing grace and You appear<\/p>\n<p>You overcame my loss of hope and faith<br \/>\ngave me a truth I could belive in<br \/>\nYou led me to a higher place<br \/>\nshowed Your amazing grace<br \/>\nwhen grace was what I needed<\/p>\n<p>look in a mirror I see Your reflection<br \/>\nopen a book You live on every page<br \/>\nI fall and You&#8217;re there to lift me<br \/>\nshare every road I climb<br \/>\nand with amazing grace You ease my mind<\/p>\n<p>Came to You with empty pockets first<br \/>\nwhen I returned I was rich man<br \/>\ndidn&#8217;t believe love could quench my thirst<br \/>\nbut with amazing grace You showed me that it can<\/p>\n<p>In Your amazing grace I had a vision<br \/>\nfrom that amazing place I came to be<br \/>\ninto the night I wandered<br \/>\nwandering aimlessly<br \/>\nfound Your amazing grace to comfort me.<\/p>\n<p>pretty amazing<br \/>\npretty amazing \u2026.<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Vandag is &#8216;n vierdag!\u00a0 Dit is &#8216;n verjaarsdagkoek-met-een-kersie-dag! Die Blog-baba het vandag sy eerste mylpaal bereik. Tegnies verjaar die Blog op 1 Junie, maar gister was &#8216;n chemodag en het die muse laag gel\u00ea. Dus vier ek die verjaarsdag maar &#8216;n dag laat, die spreekwoord lui immers: Liewers laat as nooit! Verlede jaar op 1 [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[1],"tags":[],"class_list":["post-604","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-uncategorized"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/604","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=604"}],"version-history":[{"count":11,"href":"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/604\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":610,"href":"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/604\/revisions\/610"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=604"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=604"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=604"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}