{"id":620,"date":"2011-06-09T21:17:55","date_gmt":"2011-06-09T19:17:55","guid":{"rendered":"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/?p=620"},"modified":"2011-06-09T21:43:15","modified_gmt":"2011-06-09T19:43:15","slug":"met-n-engel-in-n-onverligte-stad","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/?p=620","title":{"rendered":"met &#8216;n engel in &#8216;n onverligte stad"},"content":{"rendered":"<p><a href=\"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/wp-content\/uploads\/blog.wimfourie.co.za\/2011\/06\/Avignon-2a-2.jpg\"><\/a><a href=\"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/wp-content\/uploads\/blog.wimfourie.co.za\/2011\/06\/Avignon-1a-2.jpg\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"aligncenter size-medium wp-image-631\" title=\"Avignon-1a (2)\" src=\"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/wp-content\/uploads\/blog.wimfourie.co.za\/2011\/06\/Avignon-1a-2-300x282.jpg\" alt=\"\" width=\"300\" height=\"282\" srcset=\"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/wp-content\/uploads\/\/blog.wimfourie.co.za\/2011\/06\/Avignon-1a-2-300x282.jpg 300w, https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/wp-content\/uploads\/\/blog.wimfourie.co.za\/2011\/06\/Avignon-1a-2.jpg 640w\" sizes=\"auto, (max-width: 300px) 100vw, 300px\" \/><\/a>\u00a0<\/p>\n<p>Dit is donker en ek is heeltemal\u00a0verdwaal. Buite die stadsmuur van &#8216;n vreemde stad. Ek kan nie juis my pad terugvra nie, want die voertaal is Frans&#8230;My saamwandel-Engel sal vanaand moet help!<\/p>\n<p>Die ho\u00eb stadsmuur wat reg rondom die stadskern gebou is, is juis daargestel om vyandelike magte uit te hou. Op een of ander manier het ek dit reggekry om vanaand vanuit die stadskern deur een van die stadspoorte te loop en bevind ek my nou buite die stadsmuur van hierdie prentjiemooie stad. Dit is donker en ek kry nie weer &#8216;n stadspoort om deur die muur na binne te stap nie.\u00a0terug na die ou stadskern &#8211;\u00a0waar my veilige hotelkamer wag. Gaan hierdie stad wat ek so lankal wou besoek vir my na vanaand dalk net onaangename herinneringe inhou?\u00a0 Die meisie wat lank &#8216;n droombeeld in my gedagtes was &#8211; gaan sy my Lorelei wees wat my in &#8216;n valstrik lei?<\/p>\n<p>Sy was &#8216;n verliefraak-meisie. Met haar ligbruin hare en sielvolle o\u00eb\u00a0het sy harte verower. In die sewentigerjare het sy\u00a0weekliks op die (toe nog nuwe)\u00a0 TV skerms\u00a0verskyn en mense betower. Die meisie van Avignon.<\/p>\n<p>Daar was iets misterieus aan haar. Ontwykend, tog ook uitnodigend. Die ewige femme fatale. Wanneer die melankoliese temamusiek van die reeks gespeel het, was ons gesin voor die Sony beeldradio (in daardie jare het ons nog probeer korrek praat) \u00a0om haar wel en we\u00ea te aanskou. Sover ek onthou was dit meer we\u00eb as wel! Die aktrise wat die hoofrol vertolk het, is\u00a0Marthe Keller.\u00a0Di\u00e9 Switserse aktrise het my ook as student betower met haar vertolking in die film &#8220;And now my Love&#8221;\u00a0\u00a0\u00a0Later het sy ook in heelwat Amerikaanse films gespeel. Tog is dit die rol van die meisie van Avignon wat haar in my\u00a0geheue ingegraveer het.\u00a0<\/p>\n<p>Saam met die heldin het ook die plek waarin dit afspeel &#8216;n groot indruk op my gemaak &#8211; Avignon. Die uitspreek van die naam het mens onwillekeurig laat verlang na vreemde stede &#8211; om te \u00a0reis na plekke met verhale. Eers meer as twintig jaar later sou ek die voorreg h\u00ea om self die mooie Avignon te voet te verken. Alleen, maar tog met &#8216;n Engel aan my sy.<\/p>\n<p>Ons groep vriende\u00a0het die middag van 23 Februarie 1999 per trein in Avignon aangekom. Na &#8216;n paar dae se verblyf in die fassinerende stad Barcelona (waar my kamera en films met aankoms gesteel is), is ons weer\u00a0 terug Frankryk toe en Avignon was ons eerste halte. Ek kon nie wag om die stad te verken nie. In &#8216;n klein hotelletjie, ewe gepas genoem Hotel Mignon, gele\u00eb\u00a0in die historiese stadskern, het ons die bagasie gelaat en begin om die stad te voet te verken. Daar is so baie om te sien in hierdie stad wat reeds soveel eeue oud is.<\/p>\n<p>Vir &#8216;n klompie jare in die veertiende eeu, was die stad selfs die setel van die Pous en daarom is ons eerste mikpunt in die stad om die indrukwekkende Pouslike paleis te besigtig. Dit is voorwaar &#8216;n impossante gebou. Ons stap verder en\u00a0sien ook die bekende Pont D&#8217;Avignon waar slegs vier van die oorspronklike agtien brugpilare steeds staan.<\/p>\n<p>Laatmiddag besluit ons dat elkeen op sy eie die stad verder kan verken en ook\u00a0doen waarvoor hy\/sy die aand lus is. Dit is dus &#8216;n ope uitnodiging tot &#8216;n avontuurlustige kennismaking met Avignon. Wie weet dalk loop ek die geheimsinnige Meisie van Avignon iewers raak?<\/p>\n<p>By die Operahuis op die Horloge-plein steek ek vas. Dis &#8216;n indrukwekkende gebou met twee standbeelde weerskante &#8211; Moli\u00e9re en Corneille. Ek wens skielik dat ek dit kan beleef om &#8216;n musiek-uitvoering in die mooie gebou te beleef. Ek stap nader en bestudeer die plakkate. Sowaar &#8211; Op 23 Februarie is daar om 7 nm &#8216;n uitvoering van werke van Beethoven in die Operahuis. Ek koop &#8216;n kaartjie en probeer nie eers die waarde omskakel van Franse Frank na Suid-Afrikaanse Rand nie. Opgewonde loop ek deur die res van die historiese kern en\u00a0begin systraatjies verken.\u00a0 Uiteindelik is dit tyd vir die uitvoering.\u00a0Ek staan in die foyer en beskou die\u00a0indrukwekkkende trappe wat na bo lei. Gelukkig is my sitplek op die boonste vlak. Toe ek plaasneem, voel ek\u00a0soos &#8216;n lid van die koninklike familie. Die sitplek is in een van die uitgeboude balkonnetjies, wat mens gewoonlik net in flieks sien. Vandaar het ek &#8216;n perfekte uitsig op die verhoog waar die rooi fluweelgordyne die gevoel van outydse elegansie verskerp.<\/p>\n<p>Toe ek bykans twee uur later uitstap, weet ek dat ek Avignon altyd sal assosieer met die ervaring van &#8216;n belwenisryke aand\u00a0 in die Operahuis en die musiek van Beethoven. Selfs al was die Meisie van Avignon nie daar nie, het ek my maar verbeel dat sy langs my op die balkonnetjie sit en wuif vir die mense!<\/p>\n<p>Ek stap van die Teater\u00a0en verken die systraatjies &#8211; dit is tipiese ouw\u00eareldse smal\u00a0straatjies met keistene en ou geboue weerskante van die straat. Oor my skouer hang\u00a0my drasak wat ek spesiaal vir die toer saamgebring het. Dit is &#8216;n wit linnesak met &#8216;n engel wat op &#8216;n kantsak geborduur is.\u00a0Ek\u00a0 verken die swakverligte straatjies van Avignon. Vir een oomblik dink ek hoe onwerklik die situasie is &#8211; hier loop ek, &#8216;n vreemdeling uit Suid-Afrika, kruis en dwars in &#8216;n vreemde stad in Frankryk en ek kyk nie kort-kort oor my skouer of daar dalk &#8216;n vreemde sluipende figuur is wat my wil aanval nie. Heeltyd, terwyl ek stap, speel Stef Bos se liedjie &#8221; Ik wandel met een engel&#8221; \u00a0( eintlike titel Johannesburg)&#8221;, as temalied deur my kop:<\/p>\n<p>Er staat geschreven<br \/>\nDat mijn leven<br \/>\nNiet veel waard is<br \/>\nAls de nacht valt<br \/>\nAls de straten<br \/>\nVogelvrij zijn<br \/>\nAls het laatste licht<br \/>\nVerdwijnt<\/p>\n<p>Maar ik doe net alsof<br \/>\nHet gevaar niet bestaat<br \/>\nWant ik wandel met een engel<br \/>\nDoor een onverlichte straat<br \/>\nIk doe net alsof het gevaar niet bestaat<br \/>\nWant ik wandel met een engel<br \/>\nDoor een onverlichte straat&#8230;<\/p>\n<p>So al wandelende met my engel(sak) aan my sy, verken ek die winkeltjies en die straatjies van Avignon. Dit word laat. Ek hoor &#8216;n horlosie elf slae slaan. Iewers moes ek onbewustelik deur een van die poorte in die stadsmuur gestap het, want toe ek weer sien, is ek buite die eeue-oue grys stadsmuur en ek weet nie waar die stadspoort is om terug te keer na die ou stad nie. Vir &#8216;n oomblik wil ek paniekerig raak. Laataand. Alleen. &#8216;n Vreemde stad. Toe ineens is daar die besef &#8211; maar ook hier is God. Immers &#8211; ons sing mos &#8211;\u00a0op berge en in dale en oral is my God. En ek het &#8216;n Engelsak aan my sy om my daaraan te herinner.<\/p>\n<p>Ek keer &#8216;n voetganger voor. Met &#8216;n konkoksie van Engels\u00a0en &#8216;n \u00a0Franse woord hier en daar en baie gebare beduie ek dat ek deur die stadmuur moet kom. Hotel toe. &#8216;n Lig gaan op. Aanwysings met baie gebaretaal volg. Die engel sorg dat ek iets verstaan en die stadspoort vind.<\/p>\n<p>Miskien het die Meisie van Avignon en die Engel saamgespan want middernag is ek terug in die knusse hotelkamer.\u00a0\u00a0Ek het die mooie stadjie beleef en wil eendag weer terugkom. Met &#8216;n Reisgenoot aan my sy. En &#8216;n Engel.<\/p>\n<p>\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0 <img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" title=\"Avignon-2a (2)\" src=\"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/wp-content\/uploads\/blog.wimfourie.co.za\/2011\/06\/Avignon-2a-2-300x211.jpg\" alt=\"\" width=\"300\" height=\"211\" \/><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>\u00a0 Dit is donker en ek is heeltemal\u00a0verdwaal. Buite die stadsmuur van &#8216;n vreemde stad. Ek kan nie juis my pad terugvra nie, want die voertaal is Frans&#8230;My saamwandel-Engel sal vanaand moet help! Die ho\u00eb stadsmuur wat reg rondom die stadskern gebou is, is juis daargestel om vyandelike magte uit te hou. Op een of [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[1],"tags":[],"class_list":["post-620","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-uncategorized"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/620","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=620"}],"version-history":[{"count":16,"href":"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/620\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":634,"href":"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/620\/revisions\/634"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=620"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=620"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=620"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}