{"id":63,"date":"2010-06-16T13:02:59","date_gmt":"2010-06-16T11:02:59","guid":{"rendered":"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/?p=63"},"modified":"2010-06-16T15:22:09","modified_gmt":"2010-06-16T13:22:09","slug":"die-fontein-van-lewe","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/?p=63","title":{"rendered":"Die fontein van lewe"},"content":{"rendered":"<p><a href=\"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/wp-content\/uploads\/blog.wimfourie.co.za\/2010\/06\/0508080325.jpg\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"aligncenter size-medium wp-image-65\" title=\"0508080325\" src=\"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/wp-content\/uploads\/blog.wimfourie.co.za\/2010\/06\/0508080325-225x300.jpg\" alt=\"\" width=\"225\" height=\"300\" srcset=\"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/wp-content\/uploads\/\/blog.wimfourie.co.za\/2010\/06\/0508080325-225x300.jpg 225w, https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/wp-content\/uploads\/\/blog.wimfourie.co.za\/2010\/06\/0508080325.jpg 360w\" sizes=\"auto, (max-width: 225px) 100vw, 225px\" \/><\/a>29 Augustus 2003<\/p>\n<p>Clarens, Oos-Vrystaat.<\/p>\n<p>Dis vandag (29\/8) my Reisgenoot se verjaarsdag. Ek besluit om haar Clarens toe te ontvoer vir die dag. Ons is nog net &#8216;n paar maande saam op reis. Daar is soveel nuwe horisonne om te verken. Ons\u00a0stap deur die dorpie en\u00a0ontdek ons eie spesiale haltes. By die komberswinkel luister ons na die verhaal van die twee susters wat al soveel jaar saam die besigheid bestuur. Hier kry mens nog die gevoel van &#8216;n outydse handelshuis met ho\u00eb houtrakke en die verkoopsware uitgestal op die rakke, sommige wat met &#8216;n leertjie bereik moet word. Die houtklap van die ou toonbank word opgelig en ons word agtertoe geneem om na &#8216;n groter voorraad komberse te kyk. Ons vind &#8216;n mooi tartan kombers. Die berekeninge word met &#8216;n pen op &#8216;n stukkie karton gedoen. Ons glimlag vir die stukkie nostalgie.<\/p>\n<p>Etenstyd vind ons &#8216;n lekker tafeltjie by Artist&#8217;s Caf\u00e9. In die agtergrond is sielsmooi musiek. Tjello en &#8216;n vrouestem. Ons geniet die gedeelde oomblik. Verken die omgewing deur rond te kyk en sien dan\u00a0&#8216;n interessante fontein buite. Ons\u00a0bekyk\u00a0dit van nader. Die fontein is van klip gebou.\u00a0&#8216;n Geroeste kraan\u00a0spuit &#8216;n dik stroom water\u00a0uitbundig\u00a0in die fonteinbak. Die\u00a0lawende prentjie met die gewillige kraan noop ons om ons hande in die koel fonteinwater te druk en die oomblik te beleef. Ek dink aan die aanklag wat tot die volk gerig word\u00a0in Jeremia 2: (Hulle het ) My , die fontein van lewende water verlaat om vir hulle re\u00ebnbakke uit te kap, gebarste re\u00ebnbakke wat geen water hou nie&#8221;. Ek neem die fontein af en wens ek kon\u00a0tuis ook\u00a0so\u00a0verfrissende oase skep om my aan die oomblik en die Bybelwaarheid te herinner. Die fontein-oomblik word een van my Reisgenoot se kosbaarste geskenke van die dag.<\/p>\n<p>Fonteinwater. Lewensbron.\u00a0<\/p>\n<p>In die treffende film &#8220;Manon of the spring&#8221; (wat volg op die die aangrypende Jean De Florette) word die verhaal vertel van Manon, Jean se pragtige dogter. Sy\u00a0besef dat daar jare gelede &#8216;n onreg teen haar pa gepleeg is, deurdat die fontein wat sy grond van water voorsien, deur &#8216;n gierige Ugolin toegestop is, sodat Jean se blomme-boerdery sou misluk. Die swaarkry en waterdra lei uiteindelik tot haar pa se dood. Na sy dood neem Ugolin die plaas oor en maak die verse\u00eblde fontein weer oop. Hy het &#8216;n florerende boerdery. Op &#8216;n dag ontdek Manon\u00a0die bron van die fontein in &#8216;n ondergrondse grot en stop dan op haar beurt die fontein toe, sodat Ugolin se water opdroog, maar ook die dorpsfontein. Eers waneer daar &#8216;n krisis in die dorpie onstaan a.g.v. die watertekort, kom daar &#8216;n wending by die inwoners en word die onreg van jare\u00a0gelede bely.\u00a0 Dan maak Manon weer die fontein se toevoer oop. Dit bring weer water en herstel na die dorpie<\/p>\n<p>Tydens &#8216;n herfskool &#8216;n paar jaar gelede by die\u00a0die PUK (tans die NWU), stap ek een aand na die\u00a0 fontein voor die hoofgebou. Sopas het\u00a0ons \u00a0geluister na &#8216;n besonder inspirerende lesing deur Dr. Johan Cilliers. Sy onderwerp: &#8220;Om God te sien&#8221; &#8216;n Mens kan\u00a0God sien in die klein en alledaagse, herinner hy ons, maar jy het &#8216;n &#8220;wedergeboorte\u00a0&#8221; van jou sintuie nodig.<\/p>\n<p>Terwyl ek by die fontein gaan sit sien ek die helderverligte Hoofgebou voor my. Ek kyk en neem waar asof ek die bekende baken uit my Universiteitsdae vir die eerse keer werklik sien &#8211; die nege dakvensters, die drie balkonne en die twee datumskilde soos harte weerskante van die venster. Die spuitfonteine borrel jubelend en vorm &#8216;n dansbeeld van die weerkaatsing van die gebou in die water.<\/p>\n<p>Onwillekeurig kom die vers waaruit die\u00a0 die leuse van my Alma Mater geneem is, by my op: &#8220;Want by U is die fontein van die lewe; in U lig sien ons die lig.&#8221; (Ps 36:10).<\/p>\n<p>Terwyl ek daar by die fontein sit, dink ek daaraan hoeveel male ek as student hier verbygestap het, Soms selfs met die PUK kandelaar en leuse \u00a0gesakwapen op my baadjie. Tog nie altyd werklik bewus van hoe lawend die fontein is en hoe verhelderend die lig is nie.<\/p>\n<p>Daarom bid ek die aand daar: help my om weer te kan sien, U weer raak te sien. Met verwondering te let op die\u00a0 fyn weefpatroon wat u in elke mens se lewe weef. In die weerkaatsing van die helder lig wat die gebou verlig, sien ek woorde wat ingegraveer is op die granietblok by die fontein. Waterspatsels het van die woorde byna onleesbaar gemaak, maar ek braille as&#8217;t ware die letters uit:<\/p>\n<p>JOHANNES CALVYN 10 JULIE 1509 &#8211; 27\u00a0 MEI 1564<\/p>\n<p>&#8220;EK OFFER MY HART&#8221;<\/p>\n<p>Die slagspreuk van Calvyn word\u00a0weer\u00a0vir my nuut en waar. Om met nuwe o\u00eb te kan sien, het mens &#8216;n nuwe hart nodig. &#8216;n Heelgemaakte hart. &#8216;n Aangeraakte hart. Dan kan mens h\u00e9\u00e9lhartig oop-oog reis.<\/p>\n<p>Vandag terwyl ek die inskrywing van my fonteinherinneringe maak, is dit Jeugdag, 16 Junie 2010.Ek bid dat ons in hierdie land fonteinmense sal wees. Met h\u00e9\u00e9l harte en genoeg lewenswater vir &#8216;n dorstige medemens.<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>29 Augustus 2003 Clarens, Oos-Vrystaat. Dis vandag (29\/8) my Reisgenoot se verjaarsdag. Ek besluit om haar Clarens toe te ontvoer vir die dag. Ons is nog net &#8216;n paar maande saam op reis. Daar is soveel nuwe horisonne om te verken. Ons\u00a0stap deur die dorpie en\u00a0ontdek ons eie spesiale haltes. By die komberswinkel luister ons [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[1],"tags":[],"class_list":["post-63","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-uncategorized"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/63","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=63"}],"version-history":[{"count":5,"href":"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/63\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":68,"href":"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/63\/revisions\/68"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=63"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=63"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=63"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}