{"id":640,"date":"2011-06-19T19:57:24","date_gmt":"2011-06-19T17:57:24","guid":{"rendered":"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/?p=640"},"modified":"2011-06-20T21:00:04","modified_gmt":"2011-06-20T19:00:04","slug":"potskerf-prediker","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/?p=640","title":{"rendered":"Potskerf-prediker"},"content":{"rendered":"<p><a href=\"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/wp-content\/uploads\/blog.wimfourie.co.za\/2011\/06\/IMGP6840b-3.jpg\"><\/a><a href=\"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/wp-content\/uploads\/blog.wimfourie.co.za\/2011\/06\/IMGP6839b-3.jpg\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"aligncenter size-full wp-image-641\" title=\"IMGP6839b (3)\" src=\"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/wp-content\/uploads\/blog.wimfourie.co.za\/2011\/06\/IMGP6839b-3.jpg\" alt=\"\" width=\"127\" height=\"132\" \/><\/a><\/p>\n<p>\u201cAs ek maar net kon\u201d Coenie de Villiers se\u00a0 liedjie oor verlore liefde, bevat die aangrypende frase:<\/p>\n<p>\u00a0Dalk kan ek die seer, met &#8216;n potskerf besweer<\/p>\n<p>of dalk kan &#8216;n mens, deur bloot net te wens en hard te probeer<\/p>\n<p>die verhaal herskryf&#8230;<\/p>\n<p>Is daar werklik omdraaikans en nuwe hoop vir \u2018n vasgeloopte lewe? Kan daar uit die ashoop weer nuwe lewe kom? As mens alles verloor het, is daar nog iets om te wen?<\/p>\n<p>\u00a0Audrey Blignault skryf in haar essay : Nogtans sal ek jubel, dat as sy die dag voel soos \u2018n garsland met doodgaansiekte, dit tyd is om weer die profeet Habakuk se lied in Habakuk 3:17 e.v. te lees.<\/p>\n<p>\u00a0Ek gaan soek graag versterking by Job op sulke dae, want veel slegter kan dit nie met mens gaan as met Job op die ashoop nie. Hy het alles verloor \u2013 sy veetroppe, sy besittings, sy tien kinders en nou staan hy die gevaar om sy vertroue in God ook te verloor hier waar hy op die ashoop sit en himself met \u2018n potskerf\u00a0 krap. Hierdie\u00a0 suksesvolle en gese\u00ebnde Godsman is ook uitgelewer aan \u2018n velsiekte en verder verwyt sy vrou hom. Sy moedig hom aan om God te verwyt vir die dilemma waarin hy (Job) tans is.<\/p>\n<p>\u00a0In die film wat tans op die kringloop wys, Jane Eyre (Charlotte Bronte se klassieke verhaal),\u00a0\u00a0is daar\u00a0\u2018n toneeltjie wat nogal\u00a0aan\u00a0 Job-op-die ashoop herinner. Na verloop van tyd keer Jane terug na die kasteel waar sy as goewernante gewerk het. Sy het Adele, \u00a0die franse meisie wat onder voogdyskap van die edelman Edward Rochester is, opgepas. \u2018n Bus laai haar by die ingang van\u00a0Thornfield Hall,\u00a0af. Sy drafstap die ent pad wat lei tot by die kasteel. Tot haar uiterste skok sien sy toe sy naderkom, dat die kasteel in \u2018n brand verwoes is. Sy dwaal rond in die gebrande\u00a0 oorblyfsels en daar\u00a0kom sy die huishoudster tee. \u00a0Sy hoor by haar dat die versteurde vrou van die edelman een nag die kasteel aan die brand gesteek het in een van haar aanvalle.\u00a0Hy het in die brandende toring opgeklim het om sy vrou te probeer red, maar tevergeefs. Wanneer Jane van die kasteel begin wegstap, sien sy \u2018n verwaarloosde figuur onder \u2018n boom sit met \u2018n hond as geselskap. Kan dit wees?\u00a0 Toe sy so te se by die man is, kyk hy vraend op en vra huiwerig of daar iemand is. Jane kom nader en raak aan sy hand. Hy kyk met onsiende oe op, terwyk hy huierend haar naam noem. Die ryk edelman het alles in die brand verloor, ook sy sig.<\/p>\n<p>\u2018n Klompie jare gelede is ek vir \u2018n paar weke in die Nasionale Hospitaal behandel vir akute psoriase. Oor \u2018n tydperk van maande het die vel-uitslag toegeneem en my met groeiende frustrasie en irritasie gevul. Die rooi uitslag oor my lyf het verander in rowe wat vorm en oopbars. Nie \u2018n plesierige ervaring nie. Kortisoonbehandeling\u00a0 en &#8216;n soutlose dieet vorm deel van die behandeling. Die behandeling word dan\u00a0 opgevolg met \u2018n direkte velbehandeling. \u2018n Dik salflaag word oor jou hele lyf gesmeer\u00a0en dan moet jy \u2018n tipe plastiek-ruimtepak aantrek wat jy dag en nag moet dra totdat die rowe uiteindelik afval. Daarna word die gevoelige vel blootgestel\u00a0 aan \u00a0Ultraviolet A (die\u00a0 behandeling word PUVA genoem). Dit sensitiseer jou vel vir die lig, maar dit bring mee dat jy vir \u2018n paar uur \u2018n donkerbril moet dra omdat jou o\u00eb dan ook uiters sensitief is vir lig.<\/p>\n<p>In die pre-ultravioletfase l\u00ea ek eendag in die hospitaalbed en bedink die vreemdheid van my lyf. Behalwe vir die vreemde plastiekpak, is \u2018n verpleegster boonop besig om steriele papiertjies tussen my tone in te druk sodat die salf tussen die tone kan \u201casemhaal\u201d. Ek voel melaats. Ek bekyk die prentjie en dink skielik dat my voete nou \u2018n klaagmuur geword het, waar gebedsbriefies in die skrefies gedruk kan word. Boonop jeuk my lyf onophoudelik en wens ek vir \u2018n stukkie potskerf om net die volgehoue jeuksensasie te verlig. Ek ervaar Job lyflik en eerstehands. Ek het nie naastenby die somtotaal van sy verliese ervaar nie, maar net die aantasting van my lyf, laat my besef hoe kwesbaar mens is. Hoe gou kan loflied klaaglied word. Al wat ek darem redelik gemaklik kan doen is om te lees en te skryf, want my hande is darem nie besalf nie.<\/p>\n<p>Ek tel my vertroude Bybel \u00a0met sy bruin leeromhulsel op. Ek blaai weer tot by die geskiedenis van Job: \u201cIn die land van Us was daar \u2018n man met die naam Job. Hy was vroom en opreg en het God gedien en die kwaad vermy\u2026\u201d\u00a0 Geleidelik ontvou die geskiedenis van Job, word hy eietyds. \u2026<\/p>\n<p>\u00a0Uiteindelik l\u00ea ek terug op die hospitaalbed. Die woorde van Job 42:5 bly my by: \u201cTot nou toe het ek net gehoor wat mense van U s\u00ea, maar nou het ek u self gesien.&#8221;<\/p>\n<p>Ek moet die ontdekking met iemand deel. In my bedkassie is \u2018n skryfblok en \u2018n pen. Ek begin met \u2018n Hospitaalbrief: Van een pasient aan \u2018n ander :\u201cLiewe Pa\u201d\u00a0<\/p>\n<p>My Pa l\u00ea in Little Company of Mary hospitaal in Pretoria waar hy behandeling vir \u00a0klierkanker ontvang.\u00a0 Henri Nouwen se treffende boek: \u201cThe wounded Healer\u201d sou eers jare later my pad kruis, maar ek ervaar iets van die heling wat selfs vanuit die pen van \u2018n \u00a0\u201cmelaatse\u201d aan \u2018n ander lydende gebring kan word. Die brief is \u2018n vorm van terapie, want ongemak en pyn word \u2018n vreemde band wat my en my Pa hegter bind as wat ons ooit nog was. \u2018n Maand later is ek by toe my Pa se seerpad voltooi is. Vroe\u00ebr die aand kon ek vir hom lees van ons wat meer as Oorwinnaars is deur Hom wat as\u00a0Gewonde Heelmaker herstel bring.<\/p>\n<p>\u00a0Toe kom Job ook tuis op Philippolis. Elke besoek wat ons aan die dorpie bring, bring nuwe ontdekkings mee.\u00a0Gedurende Desember verlede jaar, \u00a0het ons die eerste keer die Jobhuis in Bergstraat besoek. Die huisie is amptelik op 4 Desember 2010 geopen en huisves 25 skilderye wat die worstelstryd van Job uitbeeld. Tien jaar gelede het die kunstenares, Rina Coetzee \u2018n nuwe ontmoeting met Job gehad, tydens \u2018n oorgangsfase in haar lewe. Nou hang die aangrypende skilderye in \u2018n permanente plek in die\u00a0Jobshuis se galery. Elkeen wat daar besoek afl\u00ea kan troos, versterking en heling vind deur net in die galery te sit en die proses van Job se worsteling\u00a0 in te neem terwyl suiwerende musiek op die agtergrond weerklink. Mooi verhale van heling\u00a0 het al in die paar maande wat die Jobhuis bestaan, hom hier afgespeel. Die drie vroue wat die huisie voltyds \u201cbeman\u201d is ingestel om \u2018n hawe te skep vir mense met seer. So word dit \u2018n katarsisplek. \u2018n Klaagmuur met bedebriefies wat ook \u2018n dankies\u00eaplek word.<\/p>\n<p>Jobhuis het weer vir my \u2018n ontmoetingsplek geword met die potskerf-profeet.<\/p>\n<p>En met die God wat ashoop-potskerf-mense weer hoop gee.<\/p>\n<p>\u201c Hy sal tot God bid, God sal sy gebed verhoor,<\/p>\n<p>Hom met vreugde laat bid,<\/p>\n<p>Dan getuig hy voor die mense:<\/p>\n<p>Hy het my gered,<\/p>\n<p>Ek het nie gesterf nie,<\/p>\n<p>Nou lewe ek weer.\u201d<\/p>\n<p>(Job 33: 26,28)<\/p>\n<p>\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0 <img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" title=\"IMGP6840b (3)\" src=\"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/wp-content\/uploads\/blog.wimfourie.co.za\/2011\/06\/IMGP6840b-3-300x279.jpg\" alt=\"\" width=\"301\" height=\"278\" \/><\/p>\n<p>\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0 (Met erkenning -skilderye deur Rina Coetzee)<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>\u201cAs ek maar net kon\u201d Coenie de Villiers se\u00a0 liedjie oor verlore liefde, bevat die aangrypende frase: \u00a0Dalk kan ek die seer, met &#8216;n potskerf besweer of dalk kan &#8216;n mens, deur bloot net te wens en hard te probeer die verhaal herskryf&#8230; Is daar werklik omdraaikans en nuwe hoop vir \u2018n vasgeloopte lewe? Kan [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[1],"tags":[],"class_list":["post-640","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-uncategorized"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/640","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=640"}],"version-history":[{"count":8,"href":"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/640\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":644,"href":"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/640\/revisions\/644"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=640"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=640"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=640"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}